Egalite Tennistoernooi: Julie 2025

Laerskool Jan van Riebeeck se eerste seuns en dogterspanne het hul tennisvaardighede en spanpoging ten volle ten toon gestel tydens die Egalite Tennistoernooi wat van 21 tot 25 Julie in Sun City gehou is. Van die land se top skole het aan die kompetisie deelgeneem en die Jannies het behoorlik uitgeblink.  Die seunspan het dit tot die uitspeelwedstryde vir derde plek gemaak en moedig gestoei tot 'n puik vierde plek. Die dogterspan het hul teenstanders oorrompel en die toernooi met eerste plek afgesluit, 'n uitsonderlike prestasie.  Die hele skool is uiters trots op elke leerder wat die Jannie-naam met trots, vasberadenheid en sportmangees verteenwoordig het. Julle het beslis Sun City bietjie Jannie-mag laat beleef. ...

Karri-Kaart Bestellings

Indien jy nie in kwartaal 2 'n Karri-kaart bestel het nie en nou een wil hê, kan jy direk deur hul webtuiste vir jou kind 'n kaart bestel. Jy kan jou eie adres gebruik vir aflewering.  Volg hierdie skakel om 'n kaart te bestel: KARRI KAART 

Maia en Willem neem deel aan WP o.11 Tennistoernooi

Maia du Toit en Willem Viljoen het die afgelope naweek die Wes-Kaap verteenwoordig in die o.11-dubbels tennistoernooi teen Boland. Hoewel Boland uiteindelik die toernooi gewen het, was daar verskeie baie noue en kompeterende wedstryde. Goed gedaan, Maia en Willem – ons is trots op julle deelname en...

Aiyana verteenwoordig Wes-Kaap op Nasionale Dansverhoog

Ons is trots om aan te kondig dat Aiyana Alfredo op 17 Julie die Wes-Kaap verteenwoordig het by die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg. Sy het ’n uitstekende telling van 8.9 uit 10 vir haar vertoning behaal. Baie geluk, Aiyana – ons is ongelooflik trots op jou...

Jantrap Fietsry Klub Trap Weg!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat die Jantrap Fietsry Klub amptelik afskop met ons eerste fietsrydag op Vrydag, 27 September om 09:00! Hierdie is die perfekte geleentheid vir almal – van beginners tot ervare fietsryers – om saam te kom, nuwe mense te ontmoet en die buitelewe te geniet. Wil jy deel wees van die avontuur? Sluit aan by ons WhatsApp-groepie vir meer inligting, roetes en opdaterings.  Kliek hier om aan te sluit: Jantrap WhatsApp-Groep Maak seker jou fiets is reg, en trap saam met ons 'n nuwe...

Begin met Musieklesse

Die musiekdepartement bied heelwat opsies indien jou kind daarin belangstel om met musieklesse te begin. Die instrumente waarvan leerders kan kies is: Klavier Viool Tjello Kitaar Dwarsfluit Saksofoon Klarinet Blokfluit Sang Kontak gerus vir Juf. Rolene (rolene@jvrprim.co.za) vir meer inligting, of sien die Musiekinskrywingsvorm hier onder: [pdf-embedder...

Senior Koor: Kwartaal 3 Belangrike Datums

Daar lê ’n opwindende derde kwartaal vir die senior koor voor, met ’n hele paar optredes en ’n toer na George om aan die Cantamus Koorfees en Kompetisie deel te neem. Neem asseblief kennis van die datums en tye, en hou die Senior Koor WhatsApp-groep dop vir spesifieke reëlings oor elke geleentheid:   Dinsdag, 29 Julie: Koor Oefenkamp 13h15 - 16h45 (skoolsaal) Dinsdag, 29 Julie: Ouervergadering oor George Toer 17h00-17h30 (skoolsaal) Maandag, 4 Augustus: Tafelberg Koorfees 18h00 (Hoërskool JvR) Dinsdag, 5 Augusuts: Reddam Sings (Reddam Constantia) 18h00  9-11 Augustus: Cantamus Koorfees en Kompetisie (George) 23 September: Nootvas Musiekfees (Curro Durbanville)   Kontak gerus vir Juf Rolene met enige vrae. ...

Geagte Ouers / Voogde – 25 Julie 2025

Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel die week hartlik na ‘n welverdiende wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai, en dat julle slaggereed is vir nog ‘n besige kwartaal, propvol opwindende aktiwiteite. Op Dinsdag, 22 Julie, het ons Jannies en onderwysers met groot opwinding terug skool toe gekeer. Die eerste dag van Kwartaal 3 is tradisioneel met ‘n saalbyeenkoms begin, waartydens ek almal amptelik na die heerlike vakansie kon terug verwelkom. Mnr. Ben het die saal met ‘n puik boodskap geopen. Daar is verder heelwat sport- en kultuurgeleenthede (Koortoer & Eisteddfod) om na uit te sien – veral die jaarlikse interskole, wat vanjaar weg tydens die naweek van 15 en 16 Augustus te Moorreesburg plaasvind – asook die Senior Koortoer wat vanaf 9–11 Augustus aan die gewilde Cantamus Koorkompetisie te George gaan deelneem. Die Suid-Kaap Sporttoer, wat vanaf 23–27 Junie 2025 plaasgevind het, was weereens ‘n reuse sukses, en die leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring – veral om teen ander skole buite ons onmiddellike area te speel, asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het. Ons het vanjaar weer nie toegelaat dat die leerders hul selfone saam op toer kon neem nie. Hulle het dus saans ná die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer. Weereens, baie dankie aan die personeel (Leon, Ischké, Shahneé, Sharon,...

Ouerbesoeke – 28 & 29 Julie 2025

Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning. ???? Volg hierdie skakel om 'n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur 'n e-pos aan...

Geagte Ouers / Voogde – 27 Junie 2025

So breek die einde van ‘n lang en besige, maar tog ‘n opwindende kwartaal propvol hoogtepunte aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport en julle as ouers/voogde ook ‘n elektroniese weergawe via e-pos om erkenning te gee vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders hartlik gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Spograpporte behels nie net altyd uitmuntende punte nie, maar sluit ook in waar positiewe vordering deur middel van toewyding, deursettingsvermoë en harde werk getoon word. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en -prestasies. Geniet ‘n welverdiende wintervakansie saam met jul kinders om sommer alles te doen wat julle as gesinne nie die afgelope tyd as gevolg van die eksamen en/of assesserings voor tyd gehad het nie. Dit is dan my eer en voorreg om amptelik in die nuusbrief die Hoofseun en Hoofdogter vir 2025, wat op 20 Junie aangewys is — naamlik Nils le Roux en Katryn Silvis — bekend te maak en geluk te wens. My beste wense vergesel hulle met hul nuwe rol as die hoofleerderleiers by ons skool. Mag dit vir hulle ‘n groot eer en ‘n verrykende ervaring wees. Katryn volg in die spore van haar broer, Jan-Willem, wat gedurende 2023 ons hoofseun was. Ons is baie trots op Nils en Katryn! Die Intersen (Gr. 4–7) se kwartaalikse musiekkonsert is op Donderdagaand, 19 Junie, deur ons musiekdepartement, onder leiding van juf. Rolene en haar dinamiese musiekonderwysers, in die saal aangebied. Die saal was uiters stylvol vir die spogaand voorberei. Baie dankie, mnr. Ben — jou stylvolle hand...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor