Uitvoerende funksies

Het jy al ooit van Uitvoerende funksies (Executive functioning) gehoor?

Of jy nou bekend is met terminologie soos neurotipies, neurodivers, sensories sensitief of -soekend – ons almal moet die verskillende uitvoerende funksies baasraak om effektiewe kognitiewe ontwikkeling moontlik te maak.

Jannies blink uit by wiskundeolimpiade

Baie geluk aan die volgende Jannies wat die Top 100 in die land tydens die Horizon wiskundeolimpiade behaal het! Hier volg hul posisies uit 25 000 inskrywings.  Jamie Jordaan (Gr.6) - 28ste Ruben de Ridder (Gr.7) - 70ste Katryn Silvis (Gr.7) - 5de Welgedaan Jannies! Ons is vreeslik trots op...

Ondersteun die skool deur jou MySchool-kaart te gebruik

Wat is 'n MySchool-kaart? Die MySchool-kaart is ’n maklike manier om jou skool te ondersteun sonder dat dit jou iets ekstra kos. Elke keer as jy met jou kaart by deelnemende winkels betaal, skenk die winkel ’n persentasie van jou aankoop direk aan ons skool. Jy dra dus by tot waardevolle projekte en hulpbronne, eenvoudig deur jou alledaagse inkopies te doen. Registreer by hierdie skakel: Registreer:...

Geagte Ouers / Voogde – 22 Augustus 2025

Week 5 van kwartaal 3 kom tot ’n einde met die interskole-deelname van die afgelope naweek teen Laerskool Dirkie Uys wat nog vars in ons geheue is. Ons sportspanne het vanjaar weereens deur die bank puik gevaar met die skaakwedstryde wat op Dinsdag, 12 Augustus, hokkiewedstryde wat op Vrydag, 15 Augustus, en die rugby- en netbalwedstryde wat op Saterdag, 16 Augustus, te Moorreesburg plaasgevind het. Laat my toe om al ons eerstespanne (skaak, dogtershokkie, seunshokkie, netbal en rugby) hartlik geluk te wens met hul onderskeie uitslae asook onoorwonne status vir die derde agtereenvolgende jaar: Skaak A-span wen 5 – 1 Dogtershokkie (o/13A) wen 3 – 0 Seunshokkie (o/13A) speel gelykop 1 – 1 Netbal (o/13A) wen 15 – 11 Rugby (o/13A) wen 36 – 28 Gunstige tellingborde is beslis nie al waaroor interskole vir my gaan nie, maar eerder oor sportmanskap, deursettingsvermoë, spanwerk, karakterbou en die geleentheid vir ons leerders om ook nuwe vriende te maak. Ek wil nie graag ’n span uitsonder nie, maar wil spesiale melding van die o/13A-rugbyspan maak. Om tydens halftyd, tydens ’n moeilike en fisieke interskolewedstryd, 10 – 28 agter te wees en dinge werk eenvoudig nie volgens wedstrydplan nie, kon dit vir seker so maklik vir ons seuns gewees het om net eenvoudig op te gee en toe te laat dat die spreekwoordelike God se water oor God se akker loop. Die meeste spanne sou in die situasie sekerlik maar net aanvaar het dat dit nie hul dag was nie, en die verloor op die ken gevat het. Opgee bestaan egter nie in ons eerste rugbyspan, onder mede-kapteinskap van Carter Schoeman en Rudi...

100 jaar Afrikaans! 104 jaar LS Jan van Riebeeck!

Marinda Brink – 27 Julie 2025 Ek lees ‘n eeu oue verhaal van lewenswel en -weë, soos Laurika sing waar Japie Louw en Trudie de Waal Afrikaans as Moedertaal spoke jaag om ons taal amptelik te bewaar.   En waarheen al die woorde is, sal net Jannies kan verklaar. Afrikaans, ons taal - groei en vernuwe om nog ‘n 100 jaar amptelik te bly staan.   Japie, ons is jou dankbaar wat voet-by-stuk gehou het dat ‘n Jan van Riebeeck-kultuur fier en vors trots kan staan om liefde vir ons mooie taal met die ander elf Tale te deel.   LS JvR jou waardes geëets teen Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel Respek Eerlikheid Verantwoordelikheid Omgee Lig omhoog jou heilsaamheid om kinders in wêreldburgers te omskep.   Voorwaarts vir Afrikaans – ons mooie taal vir nog eeue om te...

Senior Koortoer na George: 9-11 Augustus

Die senior koor het die afgelope naweek na George getoer om aan die Cantamus Nasionale Skole Koorfees en -kompetisie deel te neem. Die koor het vroeg Saterdagoggend uit Kaapstad vertrek en reeds Saterdagmiddag by ’n konsert in die George Burgersentrum gesing. Deel van die opwinding en spesiale belewenis was die geleentheid om na ander kore van regoor die land te luister. Die kompetisie het Sondagmiddag plaasgevind, en die koor het deelgeneem in die kategorie vir laerskoolkore. Ons senior koor het vier liedere gesing, waaronder die bekende Afrikaanse kunslied “Malie, die slaaf, se lied” van S. le Roux Marais. Die aand is afgesluit met ’n prysuitdelingseremonie waar ons aangewys is as die wenners in die kategorie vir laerskoolkore. Ons het ook ’n algehele derde plek behaal, met ’n gemiddelde persentasie van 85%. Ons is ongelooflik dankbaar vir die positiewe uitslag en verheug dat die leerders se harde werk en toewyding op hierdie manier beloon is. Dit was ’n trotse oomblik wat die koor vir altyd sal bybly. ’n Besonderse woord van dank gaan aan mnr. Leon Starker vir sy leiding en geloof in die koor. Ons koormammas verdien ook elk ’n massiewe “dankie” vir hul ondersteuning en hulp met die organisering en bestuur van die toer: Joanita du Toit, Thelma Janse van Rensburg, Louiza Rademan, Coreen Scholtz, Suzanne Jacobsz, Samantha le Roux en Catherine Lawson. Dankie ook aan al die ander ouers wat ons vergesel het – julle ondersteuning en omgee beteken baie. Elkeen se insette en hulp het ’n bydrae gelewer tot die koor se ongelooflike lekker naweek! Baie geluk, senior koor! Ons is ongelooflik trots op julle harde...

Hoërskool JvR Eisteddfod

Baie geluk aan die volgende leerders wat puik gevaar het by die hoërskool se kunstefees se voordrag-afdeling! Christa-Bella Swart: A+ Elisabet Marais: A+ Chris Derksen: A+ Heike Louw: A+ Petronella Gouws: A+ Mika van der Walt: A+ Frannie Samuel: A+ Cornelia Opperman: A++ Jean-Jacques Rossouw: A++ Antjie Samuel:...

Skaakspanne trap Interskole af met oorwinning!

Ons o.13-skaakspan het Dinsdag die Interskole afgeskop en meegeding teen Laerskool Dirkie Uys. Die A-span het 5–1 gewen, en die B-span het ook weggestap met ’n wen van 3,5 teen 2,5. Hulle het die Tiere gewys wie baas is, en ons is ongelooflik trots op hierdie span wat aanhou hard werk en...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor