Klasbraai – Vrydag 8 Februarie
Ons herinner alle ouers aan ons klasbraai wat volgende Vrydagaand vanaf 18:30 op die Conradieveld sal plaasvind. Die skool sal sorg dat daar genoeg braaidromme en hout vir elke klas sal wees, maar al die ander dinge moet julle asseblief self saambring. Jy moet dus self 'n rooster, 'n lamp, glase, eetgerei, stoele, komberse, drink- en eetgoed, ensovoorts saambring. Ek is seker daar sal genoeg braaiers, helpers en skinkers wees vir al die enkelouers, maar veral vir die enkel ma's... so jy hoef regtig nie die geleentheid mis te loop omdat jy nie kan braai nie! Ons hoop om almal daar te...
The Green Team
The Green Team se eerste uitstappie was 'n reuse sukses! Baie dankie aan al die Jannies wat kom rommel optel het in De Waal Park! Ons maak volgende Donderdag om 16:30 weer so.
Hoede en waterbottels
Ons wil 'n vriendelike versoek op alle leerders doen wat aan buitemuurse aktiwiteite deelneem om asb. 'n hoed te dra en 'n waterbottel saam te bring. Daar was alreeds middae wat die temperatuur naby aan 40°C gedraai het. Kom ons beskerm ons kinders teen die nagevolge van die son. U samewerking in die verband sal baie waardeer...
O/13 Krieketwedstryd, 31 Januarie
Die Jan van Riebeeck O13-krieketspan het Kronendal in hul eerste krieketwedstryd van die 2019-seisoen met 5 paaltjies gewen. Ons seuns het eerste geboul en almal het op die veld bygedra. Thornely was ons voorste paaltjiewagter, met 4 paaltjies vir net 4 lopies, gevolg deur Bernard, wat 2 vir 2 geneem het. Beide boulers was op 'n “hat-trick” gewees! Jordan het met 'n briljante vangskoot die veldwerk afgehandel en Kronendal is vir net 25 lopies uitgeboul. Hierdie lae totaal was nie maklik om te jaag nie en ons het 'n paar vroeë paaltjies verloor. Jordan en Bernard het gelukkig die skip op koers gehou en 'n oorwinning in die sewende boulbeurt verseker. Jordan het boonop 11 nie uit nie, behaal.Welgedaan manne, met 'n uitstekende eerste...
O/11 Krieketuitslae van 13 Feb
Die O/11's het Woensdag, 13 Februarie, tuis teen Kronendal gespeel. Kronendal het besluit om eerste veldwerk te doen. Ons teken 62 aan in 15 boulbeurte met Alexander Benecke wat die meeste lopies (9) aangeteken het. Kronendal verbeter die lopies binne 12 boulbeurte. Ons beste bouler was Jan Karsten met syfers van 3 beurte, 3 paaltjies en 5 lopies. Ongelukkig verloor ons die wedstryd met 5 paaltjies, maar soos hulle sê "onwards and...
Verlore Goedere
Onthou asb. die volgende: 1) Gemerkte verlore items word terugbesorg in die eienaar se hand! Die graad sesse behartig hierdie reuse taak. 2) Ongemerkte items word in die wit kas skuins oorkant die biblioteek geplaas. Moet asb. nie in hierdie kas grawe vir gemerkte items nie! Dit is 'n reuse taak om hierdie kas netjies te...
Jannies vir Jesus
'n Groep onderwysers nooi al die Jannies uit om deel te wees van ons splinternuwe klub: "Jannies vir Jesus". Ons gaan begin deur elke Donderdagoggend van 07:00 af saam te sing in die saal. Belangstellendes is welkom om aan te sluit sodra hulle by die skool arriveer. Enige ouer wat betrokke wil raak, kan vir juf. Lucia de Jager 'n e-pos stuur:...
Interskole Atletiek van 26 Januarie
Ons wag nog om die finale uitslae van Saterdag se byeenkoms te ontvang, maar dit het Saterdag baie goed gegaan met ons atlete. Baie dankie vir al die ouers se ondersteuning. Die voorbereiding van ons atlete vir hierdie byeenkoms het reeds in 2018 begin met die Kleureatletiek. Ons skool se atlete het Saterdag duidelik bo die ander skole se atlete uitgestaan wat vaardighede en ontwikkeling betref, hiervoor kan ons baie dankie sê aan al ons atletiekafrigters vir hul deeglike voorbereiding en beplanning. Die atlete wat deurdring na die volgende rondte neem weer op 15 Februarie in Bluedowns aan die Distrik Sentraal se byeenkoms...
Deelnemers aan die Distrik skaakproewe 1-2 Feb
Ons wil vir die volgende leerders baie sterkte toewens vir die skaakproewe wat hierdie naweek by Laerskool Surrey gaan plaasvind: Keegan Schoeman, Melandi Du Plooy, Heino Du Plooy, Liezel Snijders, Emma Snijders, Peet Karsten, Jan Karsten, Bernard Lombaard, Louis Bosman en Petrus...
Tennisuitslae
Ons seuns en dogters A- spanne het gister al die pad Brackenfell toe gegaan om teen Laerskool Bastion se Seuns O/13 B en Dogters O/13 A spanne te speel. Bastion het al 1900 leerders en het ons met oop hande en harte verwelkom. Dit was 'n tawwe stryd vir ons dogters en hulle het ongelukkig verloor. Die Seuns het nie teruggestaan nie en het 'n oorwinning van 6-0 gehad. Ons Dogterspan het bestaan uit Leila Lonte, Mia Symington, Jacomien van der Westhuizen en Heloïse Strauss. Die Seunspan was Alexander Newton, Marcel Eygenberger, Danny Newton en Daniel van Reenen. Ons sien baie uit na hierdie...
Mathletics
My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou? Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak. Basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gestimuleer. Die program het ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr. R tot Gr. 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Die rekenaarlokaal is elke middag tot 15:00 oop, behalwe op ‘n Donderdag. Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskundige uitslae te verbeter. Gaan kyk op die tuiste. Mathletics raak goedkoper as daar meer leerders registreer. Die normale tarief is R695 per jaar. Hier is die afslag pryse, afhangende van hoeveel leerders belangstel: 11-39 leerders: R375 40-79 leerders: R300 80-199 leerders: R250 200-599 leerders: R200 Indien jy sou belangstel om die jaar deel te wees van die Mathletics-program, stuur 'n e-pos na leon@jvrprim.co.za. Sodra ons die getalle het van alle leerders, kan ek aandui hoeveel dit per leerder gaan kos. Dankie vir almal wat reeds laat weet het. Die finale getalle, kostes en alle instruksies sal volgende week in die nuusbrief verskyn. Wiskunde groete, Mnr....
Tweekampatlete op pad na Oudtshoorn
Eerskomende naweek neem 18 van ons atlete deel aan die Interprovinsiale tweekampkompetisie in Oudtshoorn. Dit sluit in WP, Grens, Boland en SWD. Hierdie altete neem nie net vir hulle self deel nie, maar ook vir Jan van Riebeeck in die skolekompetisie. Ons is een van die drie top skole in die WP wat gekwalifiseer het om deel te neem aan die kompetisie, saam met Laerskool Kenridge en Durbanville. Die atlete wat ons gaan verteenwoordig is: Ané Swanepoel, Isabella Marais, Delmar Benecke, Adriaan Wessels, Ruald Naudé, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Alexander Benecke, Albert Griesel, Lourens van der Walt, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Kian Eksteen, Christiaan Viljoen, Mari Swanepoel, Stephan Griesel, John Willcox en Stef Mostert. Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe en ons kan nie wag om te hoor hoe dit gegaan het nie.'n Groot dankie aan mnr. en juf. Hanekom wat hulle sal vergesel en...
Sistemiese evaluering: Uitslae van 2018
Trots om ‘n Kapenaar te wees
Ons poog om hierdie jaar die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck te verryk deur blootstelling aan 'n verskeidenheid Kapenaars wat sukses op een op ander manier behaal het, te gee. Ons wil spog met die Mense van Kaapstad en ons leerders inspireer en motiveer om hulself te wees en om sukses op hul eie manier te behaal deur te fokus op die proses eerder as 'n spesifieke eindproduk. Hierdie sprekers sal regdeur die jaar tydens saalbyeenkomste optree. Ons is trots om Kapenaars genoem te word, om deel te wees van 'n diverse gemeenskap en daarom dat ons besluit het om hierdie jaar klem op isiXhosa te plaas. Ons sal weekliks nuwe woorde aan leerders en ouers op 'n verskeidenheid maniere bekend maak. Ons vertel in 'n volgende nuusbrief meer...
JvR Hoërskoolnuus
Hoërskool Jan van Riebeeck het hierdie jaar vyf graad 8-verteenwoordigers op die VRL en hulle het reeds saam met die res van die leiers hulle opleiding ontvang. Johann Jordaan, Simon van den Berg, Adam Liebenberg, Adriaan Huysamen en Timoné Joubert verskyn hier saam met die skoolhoof, mnr. André Franken.Drie van hulle is ons oud-leerders...
Belangrike Datums
augustus 2026