Eerskomende naweek neem 18 van ons atlete deel aan die Interprovinsiale tweekampkompetisie in Oudtshoorn. Dit sluit in WP, Grens, Boland en SWD. Hierdie altete neem nie net vir hulle self deel nie, maar ook vir Jan van Riebeeck in die skolekompetisie. Ons is een van die drie top skole in die WP wat gekwalifiseer het om deel te neem aan die kompetisie, saam met Laerskool Kenridge en Durbanville.

Die atlete wat ons gaan verteenwoordig is:
Ané Swanepoel, Isabella Marais, Delmar Benecke, Adriaan Wessels, Ruald Naudé, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Alexander Benecke, Albert Griesel, Lourens van der Walt, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Kian Eksteen, Christiaan Viljoen, Mari Swanepoel, Stephan Griesel, John Willcox en Stef Mostert.

Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe en ons kan nie wag om te hoor hoe dit gegaan het nie.’n Groot dankie aan mnr. en juf. Hanekom wat hulle sal vergesel en aanmoedig!