Klara blink uit in Gimnastiek

Baie geluk aan Klara Jansen van Vuuren (Gr.6) wat Vrydag, 29 Augustus gekies is vir SA nasionale kampioenskappe in Gimnastiek wat op 2- 5 Oktober in Pretoria sal plaasvind. Klara het Vrydag haar WP klere ontvang.   Baie geluk, Klara! Ons is trots op jou!   

’n Groot Dankie!

Ons wil graag vir David Matthews en sy span ’n hartlike dankie sê vir al die kantoor-skryfbehoeftes wat hulle aan ons geskenk het. Ons waardeer dit opreg!

Ouma- en Oupadag: 19 September

Ons sien met groot opwinding uit na Ouma- en Oupadag wat op Vrydag, 19 September, plaasvind. Dis altyd ’n spesiale geleentheid waar ons die belangrike rol van grootouers in ons kinders se lewens vier. ????️ Kaartjies is nou beskikbaar op Karri! Maak seker jy bespreek betyds om nie hierdie kosbare dag mis te loop nie. ???? Vir meer inligting en besonderhede, sien asseblief hier...

Christian gekies vir WP-Stoei

Dit is vir ons ’n groot vreugde om aan te kondig dat Christian Cronje gekies is om die Wes-Kaapse Stoeivereniging te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe in Pretoria van 9–11 Oktober 2025. Ons wens hom alles van die beste toe met die voorbereiding en die...

Geagte Ouers / Voogde – 29 Augustus 2025

Ek het al gewonder of dit ‘n versugting is om uit te spreek dat tyd net te vinnig verby vlieg, aangesien ons hierdie naweek spreekwoordelik van Augustus-maand afskeid neem. Dit beteken meer as die helfte van kwartaal 3 is alweer agter die rug. Hierdie week het juf. Cornel (Gr. 5) ook as aflosonderwyser in juf. Mardry se plek by ons aangesluit aangesien juf. Mardry vir die volgende 4 maande met kraamverlof is. Ons beste wense vergesel juf. Mardry, haar man Kyle en baba-Bailey wat binnekort haar opwagting gaan maak. Hierdie naweek sluit ons dan ook amptelik met 'n baie suksesvolle wintersportseisoen af en besoek ons vir Laerskool Welgemoed in die noordelike voorstede met hokkiewedstryde wat gister- en vanmiddag afgelê word. Netbal- en rugbywedstryde sal môre die amptelike 'eindfluitjie' vir die sportseisoen blaas. Ek glo julle het dit net soveel soos ons leerders geniet. Hartlike dank aan ons toegewyde afrigters, ons lojale ouers/voogde wat al die wedstryde so getrou ondersteun het en dan laaste, maar nie die minste nie, ons toegewyde leerders wat getrou hul oefeninge bygewoon het en elke wedstryd net hul beste vir hul onderskeie spanne gegee het – ons is so trots op julle! Die afgelope week het die volgende nie-sportaktiwiteite by die skool plaasgevind: Die bekende skryfster van jeugfiksie, naamlik Christien Neser, het ons skool op Donderdag, 21 Augustus, besoek. Sy het met ons gr. 5- en 6-dogters oor haar gewilde jeugboeke kom gesels asook ‘n puik skryfkursus vir hulle aangebied. Vanaf 18:00 die aand het sy ‘n baie interessante gesprek (Help! My kind is anders) rakende neurodiversiteit met ons ouers in die mediasentrum gevoer. ‘n...

WOW-spelfees distriksrondte uitslae

Van ons Jannies het op 22 Augustus aan die distriksrondte van die WOW-spelfees deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar. Die top 4 in elke graad gaan deur na die provinsiale rondte wat op 13 September in Wellington plaasvind. Graad 1: Joshua du Toit (1ste) en Frannie Samuel (2de) Graad 2: Izak Steyn (3de) en Mary-Anne du Toit (4de) Graad 3: Charles Thompson (1ste) en Petronella Gouws (2de) Graad 4: Mika van der Walt (1ste), Mateo Pereira (2de) en Benjie Ntloko (3de) Graad 5: Dirk de Jager (2de), Jacob Venter (3de) en Noah Karusseit (4de)  Graad 6: Ghia Pereira (1ste) en Ella van der Walt (2de) Welgedaan, Jannies! Julle maak ons...

Boodskap van Merwe Scholtz, Beheerraadvoorsitter

Beste JvR-ouers,   Koöpteer van beheerraadslede   Ek glo dat dit goed met julle en jul kinders gaan en dat julle die skool geniet.    Daar is van ons beheerraadslede wie se termyn in die komende maande tot ‘n einde kom. Daar is vele strategiese kwessies op die horison, insluitend ingrypende wysigings tot die skolewet. Ter selfde tyd moet ons vir Naas en sy span die nodige ruimte skep om voort te gaan met die uitstekende werk wat hulle doen en ons unieke skoolomgewing met sy wees jouself-manier van doen te handhaaf en verder uit te bou. Dit midde die toenemende finansiële voetwerk wat nodig is om in 'n openbare skool die boeke te laat klop.   Ek doen 'n beroep op minstens twee van ons ouers wat volgende jaar kinders in graad R, 1, 2 of 3 het wat belangstel en bereid is om betrokke te raak. Kontak my (mscholtz@genfin.co.za). Ons het spesifiek ‘n behoefte aan finansiële kundigheid en breër bestuursvaardighede.   Dit is nodig om ouers wat kinders het wat minstens nog 5 jaar by ons op skool is tot die beheerraad te verkies, sodat hulle twee termyne kan dien en so die nodige kontinuïteit kan verskaf.   Stuur asseblief ook aan ander ouers wat julle voel kan help.   Groetnis,   Merwe 082 783...

Ouersportdag 2025 – Slegs 1 span oor!

Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees! Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan. Kom wys jou vaardighede in: Netbal 7’s Raakrugby 8’s Hokkie Aflosswem Tennis Skaak Daar is nog slegs plek vir 1 span, bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees. ???? Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te...

Mediasentrum nou oop tydens tweede pouse!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat die mediasentrum vanaf 2 September gedurende tweede pouses oop sal wees. Kom loer in en neem ’n boek uit – daar wag iets vir elke smaak en belangstelling!

Jan Kas gesluit – 2 Oktober

Neem asseblief kennis dat Jan Kas op 2 Oktober gesluit sal wees as gevolg van 'n personeelfunksie. Vir enige navrae, kontak vir Megan by megan@jvrprim.co.za

Skoollied

Waar Suidoos se spierwit pluime oor ou Tafelberg afval, en teen Vlaeberg se hange die kanonskoot twaalfuur knal: waar die see se blinkblou branders teen ou Tafelbaai aanspoel, staan ons skool, die Jan van Riebeeck, met ‘n groot en edel doel. Vas en stewig soos die berge is ons moedertaal geplant, liefde daarvoor sal ons uitdra oor ons hele vaderland. In ons werk en in ons lewe streef ons al wat goed is na, want ons skool sal van ons altyd net die allerbeste vra. Woorde: Alba Bouwer Musiek: H. Pieter v.d....

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor