Kommunikasie aan onderwysers

Ons streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter 'n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer: Indien jy dringend met 'n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle 'n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy 'n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra.  Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband. Kontakbesonderhede: Adri (ontvangs) - 021 423 4209 Roxanne (Huppelland) - 021 424...

Blokkies bou: BCSA en CapeLUG-uitstalling

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom. Graad 1 - 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 - 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou. Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie. Information for donations   What is Brick Club SA Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and free. Every Child, Every Brick, Every Possibility.   Where your donations go: Club Boxes We wash and sort both new and used genuine LEGO® and pack them into Club Boxes issued to participating librarians. We choose libraries because they are...

Geagte Ouers / Voogde – 12 September 2025

Ek glo dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet. Die warmer weer is so goed vir almal se gemoed en dit het net betyds gekom om die aanvang van ons somersportoefeninge te komplimenteer. Ons het skaars met nog ‘n suksesvolle wintersportseisoen afgesluit en ons skop sommer onmiddellik met die somersportprogram af. Ons leerders geniet werklik die sportaanbieding by ons skool en veral die spanformaat wat deur wintersporte gebied word. Die belangrikheid vir kinders om aan sport deel te neem en in die proses aktief te wees, hoef ek nie vir julle as ouers te verduidelik nie. Die belangrike lewenslesse wat sport bied, kan nie altyd tussen die vier mure van ‘n klaskamer geleer word nie. Ons werk sedert 2022 baie hard om die sport by ons skool te verbeter en meer geleenthede vir ons leerders te skep. Graag deel ek met julle ‘n bietjie wintersport-statistieke (hokkie, netbal & rugby) om die vooruitgang en ontwikkeling van sport by ons skool sedert 2022 te bevestig. Ons leerders het gedurende die 2025-wintersportseisoen (Kwartale 2 en 3) aan 897 wedstryde deelgeneem; dit sluit natuurlik liga-wedstryde, sportdae en toernooie in. Ek dink dit is merkwaardig en ‘n welverdiende kompliment aan die sportkantoor onder leiding van ons Hoof van Sport, mnr. Leon, wat weer vanjaar seker gemaak het dat ons Jannies voldoende wedstrydblootstelling en goeie afrigting ontvang. Sien gerus hier onder die grafiese illustrasie van die aantal wintersportwedstryde per jaar wat vanaf 2022 tot 2025 plaasgevind het. Daar was sedert 2022 tot 2025 ‘n toename van 69,8% in die aantal wintersportwedstryde waaraan ons deelgeneem het. Die groei in leerderdeelname aan netbal, rugby...

Trots op ons Jannies: Matriekraad 2025/2026

Baie geluk aan ons Jannies wat tot die 2025/2026 Matriekraad verkies is! ’n Spesiale geluk aan Fredrich Erasmus (hoofseun), Luca Zulch (hoofdogter) en Daniel Wasserman (onderhoofseun). Ons is ook trots op die res van die leerderraad wat oud-Jannies is nl. Kate Heyns, Lara Pieterse, Hendrik Bredenkamp, Elle Nortje, Jan Karsten, Carla Snijders en Mia...

Geagte Ouers / Voogde – 5 September 2025

Die seisoen het gedraai en Septembermaand het die afgelope week sy welkome verskyning gemaak. Vir die eerste keer in my vyf jaar by die skool is ek met heerlike sonskyndae bederf om Lentedag en -week te vier. Ons weet ook dat Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen en warmer weer sommer sonder teenstand aan Kaapstad en omgewing te oorhandig nie. Lentedag word tradisioneel oral in Suid-Afrika op 1 September gevier, maar hier in die Moederstad kan die permanente lenteweer ons heel moontlik op ’n latere stadium beskore wees. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warm, sonskynweer waar die son lekker warm op ’n mens se gesig val, terwyl ons pragtige lentebloeisels kan geniet. Kom ons hoop dat ons ons warm baadjies vir eers kan wegpak en mag die sonnige dae sommer ook ons gemoedstoestand ’n lekker hupstoot gee. Die afgelope naweek het ons ook amptelik die 2025-wintersportseisoen met ’n sportnaweek teen Laerskool Welgemoed in die noordelike voorstede op ’n hoogtepunt afgesluit. Hierdie week het ons eers ’n breek van sport geneem voordat die somersportoefeninge op 8 September afskop. Op Vrydagmiddag, 29 Augustus, het ons spreekwoordelik heelwat houe tydens die hokkiewedstryde teen Laerskool Welgemoed gevat, en was die sterk opposisie die beter spanne op die dag. Graag wil ek hul eerste hokkiespanne (seuns en dogters) uitlig wat met uitmuntende spel die oorhand gekry het. Dit was ’n moeilike dag en ek het na afloop van die wedstryde, veral met ons eerste spanne, probeer moed inpraat. Dit was vir hulle baie moeilik om die seisoen op dié manier af te sluit. Ek het onder...

Uitvoerende funksies

Uitvoerende funksies

Almal van ons benodig uitvoerende funksies. Vir sommige kinders is dit ’n natuurlike proses, maar vir baie kinders bly dit ’n uitdaging en ’n frustrasie. Hierdie vaardigheid is een van die belangrikste vaardighede om te funksioneer in ons besige leefstyl.

WP Topskole Toernooi

Ons o.9-span gaan die naweek deelneem aan die WP Topskole Toernooi.  Ons wens elke speler en afrigter alle sterkte toe – julle harde werk en toewyding bring ons groot trots! Ons weet julle gaan beslis die Jannie-naam hoog hou en ons skool met trots verteenwoordig. Kom ons staan almal saam agter ons jong...

Dané aangewys as Top 10 junior danser

Dané Olivier het in Augustus aan die TIME-danskompetisie deelgeneem, waar daar sowat 3 000 inskrywings was in verskeie dansstyle. Sy het uitstekend presteer en plekke in ballet- sowel as kontemporêre solo’s en groepe behaal. Sy is ook aangewys as een van die Top 10 junior dansers. In Desember gaan Dané Barcelona toe om aan die internasionale Youth Grand Prix-balletkompetisie deel te neem. Sy is een van slegs vyf dansers van haar balletskool wat vir hierdie groot geleentheid gekies...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor