Kategorie: Sport
Op Saterdag, 5 Oktober, het ons O.13A-tennisdogters deelgeneem aan ‘n tennistoernooi wat deur Laerskool Brackenfell aangebied is. Agt skole het in die toernooi deelgeneem, met Laerskool Brackenfell, Welgemoed en Stellenbosch in ons groep. Ons dogters het teen Laerskool Brackenfell en Welgemoed gewen en teen Laerskool Stellenbosch verloor. Die top twee skole van elke groep het na die semi-finaal deurgedring. Ons span het daarna teen Laerskool Durbanville 11-6 gewen, en in die finaal teen Laerskool Paarl Meisies 12-4 oorwin. Ons dogters het met ‘n eerste plek getriomfeer. Welgedaan!


Ons Skool se 1ste tennisspan maak geskiedenis!
Met groot trots deel ons die opwindende nuus dat ons skool se 1ste dogters tennisspan vir die eerste keer deelgeneem het aan die gesogte Top Schools Tennistoernooi. Hierdie toernooi wat vanjaar plaasgevind het bring die beste skole van regoor Kaap se streek bymekaar.
Vanaf die oomblik dat ons spelers die baan betree het, het hulle ‘n sterk gees van samewerking en uithouvermoë getoon. Teen strawwe kompetisie het hulle elke wedstryd met passie aangepak en het hulle elke keer die skool se naam met trots verteenwoordig. Met elke stel het hulle beter en sterker gespeel, ons is trots op ons dogters.
Ons span hul beste pogings ingespan en daarin geslaag om ‘n oorwinning te behaal wat hulle verseker het van ‘n 5de plek.
Uitslae beloop soos volg:
JVR vs. Hendrik Louw, gelykop gespeel en met ń super tiebreaker verloor.
JVR vs. Gene Louw, wen 6-0
JVR vs. Durbanville, 6-2
Ons spanlede, insluitend Amelie van der Walt, Stella Pansegrouw, Jeanne van Heerden en Ané Swanepoel het ongelooflike vaardigheid en deursettingsvermoë getoon op die baan. Hierdie merkwaardige prestasie is nie net ‘n bewys van die talent van ons spelers nie, maar ook van die toewyding van ons afrigters en ondersteuning van ouers. Ons sien uit daarna om hierdie momentum vorentoe te neem en volgende jaar nog hoër te mik!
Baie geluk aan ons span, julle het geskiedenis gemaak en ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

Na ‘n lang winter is dit weer tyd dat Dapper Stappers die natuur gaan verken! Ons gaan op 26 Oktober gebruik maak van ‘n geleentheid om sommer geld ook in te samel vir “Walk for little feet”, ons Welwillendheidsprojek vir kwartaal 4.
INLIGTING
Plek: Camps Bay Primary School Symmonds Field, Cape Town
Datum en tyd: Sat, 26 Okt 2024 at 09:00 am
Kaartjies: Grootmense R80 / Tieners (13-17 years) R40 / Kinders (0-12 years) FREE
Die hele familie is welkom! Kaartjies vir die stap en meer inligting kan by hierdie skakel gevind word.
Koop jou kaartjie en kom neem deel aan ‘n lekker dag van stap, kos en samesyn. Sien julle daar!

Ons hokkiespanne het 26 Julie, weg teen Langebaan Curro gespeel:
Seuns:
O7B wen 1-0
O7A wen 7-0
O8B wen 5-0
O8A verloor 1-4
O9C verloor 0-5
O9B wen 4-0
O9A verloor 1-2
O10B verloor 0-4
O10A wen 3-0
O11A verloor 1-2
O13A wen 2-0
Dogters: (WEG)
O7A wen 4-1
O8A verloor 1-5
O9A wen 2-0
O10B verloor 0-1
O10A wen 1-0
O11A wen 3-0
O13A gelykop 0-0
0.7A verloor 1-4
0.7B verloor 0-4
0.7C verloor 0-14
0.8A verloor 2-13
0.8B verloor 0-16
0.9A verloor 8-10
0.9B verloor 1-12
0.9C verloor 0-13
0.10A verloor 3-15
0.10B verloor 0-20
0.10C verloor 1-21
0.11A verloor 8-10
0.11B verloor 5-13
0.11C verloor 1-7
0.12A wen 8-6
0.12B verloor 2-14
0.12C verloor 4-12
0.13A verloor 12-32
0.13B verloor 7-18
0.13C verloor 2-19
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027

Tennis








