Kategorie: Kuns en Kultuur

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom.
Graad 1 – 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 – 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou.
Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie.

Om vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling
Beskik jy oor ’n unieke vaardigheid wat jy graag met ons leerders wil deel? Kontak my gerus by marinda@jvrprim.co.za.
Die senior koor het die afgelope naweek na George getoer om aan die Cantamus Nasionale Skole Koorfees en -kompetisie deel te neem. Die koor het vroeg Saterdagoggend uit Kaapstad vertrek en reeds Saterdagmiddag by ’n konsert in die George Burgersentrum gesing. Deel van die opwinding en spesiale belewenis was die geleentheid om na ander kore van regoor die land te luister. Die kompetisie het Sondagmiddag plaasgevind, en die koor het deelgeneem in die kategorie vir laerskoolkore. Ons senior koor het vier liedere gesing, waaronder die bekende Afrikaanse kunslied “Malie, die slaaf, se lied” van S. le Roux Marais.
Die aand is afgesluit met ’n prysuitdelingseremonie waar ons aangewys is as die wenners in die kategorie vir laerskoolkore. Ons het ook ’n algehele derde plek behaal, met ’n gemiddelde persentasie van 85%. Ons is ongelooflik dankbaar vir die positiewe uitslag en verheug dat die leerders se harde werk en toewyding op hierdie manier beloon is. Dit was ’n trotse oomblik wat die koor vir altyd sal bybly.
’n Besonderse woord van dank gaan aan mnr. Leon Starker vir sy leiding en geloof in die koor. Ons koormammas verdien ook elk ’n massiewe “dankie” vir hul ondersteuning en hulp met die organisering en bestuur van die toer: Joanita du Toit, Thelma Janse van Rensburg, Louiza Rademan, Coreen Scholtz, Suzanne Jacobsz, Samantha le Roux en Catherine Lawson. Dankie ook aan al die ander ouers wat ons vergesel het – julle ondersteuning en omgee beteken baie. Elkeen se insette en hulp het ’n bydrae gelewer tot die koor se ongelooflike lekker naweek!
Baie geluk, senior koor! Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, fokus en toewyding.
- Klavier
- Viool
- Tjello
- Kitaar
- Dwarsfluit
- Saksofoon
- Klarinet
- Blokfluit
- Sang
- Dinsdag, 29 Julie: Koor Oefenkamp 13h15 – 16h45 (skoolsaal)
- Dinsdag, 29 Julie: Ouervergadering oor George Toer 17h00-17h30 (skoolsaal)
- Maandag, 4 Augustus: Tafelberg Koorfees 18h00 (Hoërskool JvR)
- Dinsdag, 5 Augusuts: Reddam Sings (Reddam Constantia) 18h00
- 9-11 Augustus: Cantamus Koorfees en Kompetisie (George)
- 23 September: Nootvas Musiekfees (Curro Durbanville)
Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat.
Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom.
Voorlopige program:
Ouma- en oupadag (19 Sept.)
The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.
Curro-musiekfees (23 Sept.)
Jannies Talent (25 Sept.)
Baie geluk aan ons leerders wat aan die Spraak-afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem het. Ons leerders het uitstekend gevaar. Die uitslae word aangedui soos dit op die sertfikate verskyn. Die uitslae is as volg:
Diploma: 95%-100%
Hoogste Lof: 90%-94%
Lof: 80%-89%
Eervolle Vermelding: 70%-79%
Gr.R
Afdeling: Voordrag
- Hoogste Lof: Adele de Wet, Isa Rademan.
- Lof: Amelie Rossouw, Daniël Oosthuizen, Louis Crotz, Imari Steyn.
Gr.1
Afdeling: Voordrag
- Hoogste Lof: Frannie Samuel, Christopher Styan, Floris Muller, Heike Louw
- Lof: Hugo Derksen, Lukas Molenaar, Remi Pereira, Lily Jordaan, Rumi Benson, Cara van Rensburg, Joshua du Toit, Emma Kuys, Johannes Smit, Leah Wille, Marlina Maartens, Mathias Ackermann, Luna Coetzer, Emma Venter.
Gr.2
Afdeling: Voordrag
- Hoogste Lof: Cornelia Opperman, Izak Steyn, Peta Partner, Joe Barnard.
- Lof: Lia Sauer, Lukas de Goede, Martin Crots, Mila Maree, Jude Murray.
Gr.3
Afdeling: Voordrag
- Dilpoma: Jean-Jacques Rossouw
- Hoogste Lof: Michiel Ackermann, Petronella Gouws
- Lof: Klara Kemp, Rene Coetzee, Michaela Lawson, Michael Meyer, Sienna-Isabella Kruger, Anna Sophia Leach, Alexander Styan, Deidre Louw, Octavia Ackermann.
- Eervolle Vermelding: Celeste de Wet
Afdeling: Unprepared Reading
- Lof: Jean-Jacques Rossouw, Alexander Styan, Anna Sophia Leach
Afdeling: Onvoorbereide lees
- Hoogste Lof: Jean-Jacques Rossouw, Petronella Gouws, Anna Sophia Leach
Gr. 4
Afdeling: Voordrag
- Diploma: Mika van der Walt
- Hoogste Lof: Christa-Bella Swart, Elliott Coetzee, Kitty Partner, Henry Jordaan.
- Lof: Olivia Faling, Hanna Louw, Inge Engelbercht, Pieter Derksen, Benji Ntloko, Dirk van Eeden, Jan Jurie Fourie, Anabelle Enslin, Emilie Theron, Noa Rademan, Sofia Cleghorn.
Afdeling: Prosa
- Lof: Hanna Louw, Jan Jurie Fourie, Anabelle Enslin.
Afdeling: Unprepared reading
- Lof: Henry Jordaan, Anabelle Enslin.
- Eervolle Vermelding: Hanna Louw.
Afdeling: Onvoorbereide Lees
- Lof: Kitty Partner, Mateo Pereira, Henry Jordaan, Anabelle Enslin.
Gr.5
Afdeling: Voordrag
- Diploma: Antjie Samuel.
- Hoogste Lof: Coreen Scholtz.
- Lof: Hanna Thom, Leah Coetzee, Natalie Lawson, Leah Jacobz, Hannah de Stadler.
- Eervolle Vermelding: Ella Nel.
Afdeling: Onvoorbereide lees
- Hoogste Lof: Antjie Samuel, Coreen Scholtz.
- Lof: Jacob Venter, Heleen de Kock, Natalie Lawson.
Gr.6
Afdeling: Voordrag
- Hoogste Lof: Gerhard Conradie, Chris Derksen.
- Lof: Anouk van der Linde, Rupert Janse van Rensburg, Anya Maritz, Bella Naylor, Jana Nel, Anabella Boshoff, Pieter Rademeyer.
- Eervolle Vermelding: Ella van der Walt.
Afdeling: Prosa
- Eervolle Vermelding: Ella van der Walt.
Afdeling: Unprepared reading
- Hoogste Lof: Jamie Jordaan.
- Lof: Jenna Erasmus, Anabella Boshoff.
- Eervolle Vermelding: Ella van der Walt.
Afdeling: Onvoorbereide lees
- Hoogste Lof: Gerhard Conradie, Chris Derksen.
- Lof: Bella Naylor, Jamie Jordaan, Anabella Boshoff, Ella van der Walt.
Gr.7
Afdeling: Voordrag
- Hoogste Lof: Elisabet Marais, Dane Olivier, Katryn Silvis, Sabine Barnard.
- Lof: Alexander Weideman, Zani Scholtz, Kyle Meissenheimer, Abigail Fourie.
Afdeling: Prosa
- Hoogste Lof: Dane Olivier.
- Lof: Abigail Fourie, Kyle Meissenheimer.
Afdeling: Unprepared reading
- Hoogste Lof: Susie Samuel, Dane Olivier, Katryn Silvis, .
- Lof: Zani Scholtz.
Afdeling: Onvoorbereide lees
- Hoogste Lof: Dane Olivier, Katryn Silvis, Susie Samuel, Sabine Barnard.
- Lof: Zani Scholtz, Abigail Theron, Kyle Meissenheimer.
Daar lê ‘n heerlike toer na George voor waarna die senior koor kan uitsien. Ter voorbereiding van die kompetisie, Cantanus Koorfees, waaraan die koor in George gaan deelneem, wil ons graag ‘n oefenkamp reël op Dinsdag, 29 Julie @ 13:15–17:00. Dit sal ons kans gee om rustig met die kinders deur al die repertorium te werk, en aandag te gee aan aspekte van ons musiek waarvoor ons normaalweg nie tyd het nie.
Datum: Dinsdag, 29 Julie
Tyd: 13:15 – 17:00
Bywoning is verpligtend, en ouers moet asseblief by my verskoning maak indien iemand dit nie kan bywoon nie.
OUERVERGADERING OOR KOORTOER NA GEORGE
Ons wil ook hierdie middag gebruik om inligting rakende die toer met ouers te deel. Hierdie sessie sal dan direk ná ons oefening begin: 17:00–17:30.
Datum: Dinsdag, 29 Julie
Tyd: 17:00 – 17:30
Vra gerus indien daar onsekerheid oor iets is.
Kontak vir Juf. Rolene: rolene@jvrprim.co.za
Cape Town Eisteddfod Uitslae – Junie 2025
Met trots deel ons die uitslae van die jaarlikse Cape Town Eisteddfod @ Seepunt.
Deelname aan hierdie byeenkoms is opsioneel, maar bied altyd ’n waardevolle danservaring vir ons junior en senior dansers.
Baie dankie aan ons wonderlike ouers vir hul ondersteuning, liefde en hulp met oefentye – ons waardeer julle opreg!
Die volgende solo-dansers het tussen 2 en 8 Junie 2025 deelgeneem. Baie geluk aan elkeen met hul uitstekende optredes en uitslae:
Graad 1 (6 jaar)
-
Heike Louw – Diploma, Finalis + Wenner
-
Scarlett Hugo – Honours
Graad 2 (7 jaar)
-
Cornelia Opperman – Merit
-
Emma-Jane Wilke – Honours, Finalis
-
Emily Theron – Merit
-
Mila Maree – Honours
-
Amatullah Barsadien – Merit
Graad 3 (8 jaar)
-
Anya Greeff – Honours
-
Ciera February – Honours, Finalis
-
Ella Fischer – Merit
Graad 4 (9 jaar)
-
Mika van der Walt – Diploma, Finalis
Graad 5 (10 jaar)
-
Heidi van Heerden – Honours, Finalis
-
Natalie Lawson – Merit
Graad 6 (11 jaar)
-
Solange Stevens – Honours, Finalis
Graad 9 (14 jaar)
-
Karlien van der Walt – Honours, Finalis
-
Kerala Allewell – Honours, Finalis + Wenner
Graad 10 (15 jaar)
-
Lara Basson – Honours
🎉 Baie geluk aan ons 8 finaliste, en spesiale geluk aan Heike Louw en Kerala Allewell wat hul afdelings gewen het!
Ons is baie trots op elke danser. Hou aan dans met passie en styl!
Groete
Juf Barbie
Belangrike Datums
september 2025
oktober 2025
november 2025
desember 2025
januarie 2026
februarie 2026
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026