Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Groot was die opwinding op Vrydag, 03 November, vir leerders, ouers en personeel om die Bokke in die stad te gaan toejuig as deel van die Bokke se trofeetoer deur die Moederstad en die res van die land. Talle geesdriftige Suid-Afrikaners het in die stadskom saamgedrom en dit was ‘n riem onder die hart om te sien dat die Bokondersteuners omtrent elke kultuur van ons reënboognasie verteenwoordig het. Die Bokke het beslis die vermoë om alle Suid-Afrikaners van elke moontlike agtergrond, kultuur en geloof bymekaar te bring en te herenig met volkstrots. Die Bokke is die enigste span wat die Webb Ellis-beker op drie verskillende kontinente (Afrika, Asië en Europa) gewen het. As Suid-Afrkaners kan ons gerus onsself ‘n klop op die skouer gee, want ons veerkragtigheid staan wêreldwyd soos ‘n paal bo water uit. Dit is belangrik dat ons nou op die momentum bou en die Proteas ook ondersteun. Wie weet, dalk is ‘n dubbele wêreldbeker vir 2023 ons beskore.

Op Vrydag, 17 November, begin die finale eksamen vir die gr. 7’s. Die assesserings vir die Grondslagfase is reeds volstoom aan die gang. Vir die eerste keer skryf ons gr. 1’s en 2’s deurlopende assesserings en net die gr. 3’s volg ‘n amptelike rooster. Ek mag mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Dinsdag, 21 November, begin die gr. 4 – 6 leerders ook met hul eksamen en ek wens al ons leerders, ouers/voogde en personeel voorspoed toe. Eksamens verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as personeel te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen te bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat enige persoon snak na sy asem, maar dit is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees. Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok te slaan:

  • Berei betyds voor. Help om saam met jou kind/ers betyds ‘n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd gee om ook te ontspan en vroeg saans in die bed te spring sodat hulle genoeg slaap kry. Handhawing van ‘n roetine sal beslis help!
  • Skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer vry van stressors by die huis vir jou kind/ers om te leer.
  • Skep ‘n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting en vry van geraas.
  • Skep ‘n emosionele band met jou kind/ers dat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Vra vir hulle hoe die eksamen was en spreek positiewe woorde uit. Laat hulle verstaan dat julle vir hulle nog steeds baie lief sal wees, ongeag die uitslae en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel word nie.
  • Help jou kind/ers om ‘n gewoonte te kweek dat hulle die regte skryfbehoeftes en die regte toerusting vir die dag inpak.
  • Vermy gejaagdheid en om op die nippertjie soggens voor die eksamen by die skool jou kinders af te laai, want dit maak leerders angstig.

So tussen die eksamen en die leer gaan die somersportprogram in skooltyd vir gr. 1 – 3-leerders voort terwyl die gr. 4 – 7 leerders slegs op atletiek gaan fokus a.g.v. die kleure-atletiek wat op Woensdag, 06 Desember, (Velditems) en Vrydag, 08 Desember, (baanitems) by die hoërskool se velde plaasvind. Die dirigente word ook die week aangewys en binne die kleurgroepe gaan daar lekker gesing en voorberei word.

Op Maandag, 06 November, het die jaarlikse begrotingsvergadering met ouers vanaf 18:00 in die biblioteek plaasgevind. Die 2024 begroting en verhogings van skoolfooie is soos volg goedgekeur:

Die 2024 skoolgelde is op R39 400 per GF-leerder en R40 400 per ISF-leerder vir die Laerskool, en Huppelland: R44 200 per leerder vir Graad R en R43 200 vir voor-Graad R vasgestel. Baie dankie ons Finansiële Bestuurder, Liesel Hammond, en ons Tesourier, Susan van der Walt, vir jul kosbare tyd en harde werk om ‘n uitstekende en effektiewe begroting vir finale goedkeuring te kon voorlê. Baie dankie aan die ouers/voogde wat die belangrike vergadering bygewoon het.

Hiermee wil ek ook ons ouers/voogde versoek om ernstig met jul kind/ers te praat oor die gebruik van sosiale media. Die onderwysers het die afgelope week onder my aandag gebring dat verskeie leerders mekaar op sosiale media platforms, veral TikTok en Snapchat aanvat, onvanpaste video’s maak en plaas asook onaanvaarbare dinge kwyt raak. Hierdie tipe sosiale media platforms is nie ouderdomsgepas vir ons leerders nie en alhoewel dit buite skoolure plaasvind, is ek bekommerd dat ouers/voogde dalk salig onbewus is dat hul kind/ers dit gebruik of jul toestemming daarvoor het. Ons beplan om net na die eksamen weer met ons leerders oor die gevare van sosiale media te praat.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Mary Lou Retton oor positiewe denke. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet en nou moet ons, ons volle gewig agter die Proteas gooi.

“If you stay positive
good things and
good people will be drawn to you’’.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus
  • Bestel foto’s aanlyn teen 24 November.
  • Webtuiste: Lunchbox Photography
  • Wagwoord: JVR2020
  • Indien jy die afsnydatum vir bestellings mis, kan jy steeds aanlyn bestel. Jy gaan wel net self vir die aflewering moet betaal.
  • Stuur gerus ‘n e-pos indien jy enige vrae het: info@lunchboxphotography.co.za

/ Algemeen, Nuus

November het onverwags sy opwagting gemaak met Oktober wat as gevolg van die rugby- en krieketwêreldbeker net te vinnig verby gesnel het. Ek glo dat na die Springbokke se naelskraap oorwinning in die finaal teen die All Blacks om as wêreldkampioene bekroon te word, moet ons van nou af in Suid-Afrika die maand Oktober na Boktober herdoop. Die Bokke het beslis die vermoë om die land te verenig soos niemand anders kan nie. Hulle bewys weereens dat uitnemendheid in ons land moontlik is en dat ons almal daarna moet streef!

Ek dink almal stem saam dat die Bokke se laaste 3 wedstryde om elke keer met net een punt te wen, werk nie vir ‘n stoere bokondersteuner se senuwees nie. Ek glo die rugbywêreld wag al sedert 1995 vir die klassieke finaal tussen die magtige All Blacks en die Springbokke. Die Springbokke het vir seker die moeilikste pad na die finaal gehad, maar tog het hulle volhard om die eerste span in die geskiedenis te word wat die gesogte titel vir ‘n 4de keer te kon inpalm. Merkwaardig is dat hulle die gesogte titel vir 2 jaar agtereenvolgens kon verdedig en die indrukwekkende Webb Ellis-trofee weer terug na Suid-Afrika kon bring. Die Springbokke leer ons almal groot lewenslesse met hul voete plat op die aarde en ‘n nederige kaptein, Siya Kholisi, wat saam met sy span tot die bittereinde baklei het vir hul land. Soos Rassie gesê het: hulle speel nie vir hulle self nie, maar vir elke Suid-Afrikaner wat elke dag soveel buitengewone uitdagings moet trotseer. Wel gedaan, Bokke! Julle staan vir eenheid en nederigheid en maak elke Suid-Afrikaner so trots!

Verlede Vrydag, 27 Oktober, was Hoërskool Jan van Riebeeck se jaarlikse gholfdag wat op die idilliese Atlantic Beach gholfoord aangebied is. Die puik georganiseerde dag is deur heelwat van ons laerskoolouers ook bygewoon. Die gholfbaan is in ‘n puik kondisie as gevolg van die goeie winterreën. Die laerskool se gholfspan is deur myself, Warren, Rashard en die bekende sportster, Herschelle Gibbs verteenwoordig. Dit was ‘n groot voorreg om Herschelle te kon ontmoet en dan nog 18 putjies gholf saam met hom te kon speel. Hy is voorwaar ‘n legende en kan omtrent enige sport met groot gemak speel.

Die opwinding was groot op Maandag, 30 Oktober, met die amptelike opening van Jan Kas (die nuwe klerewinkel). Die opening behels dan ook die bekendstelling van Jan Kas se aanlyn aankoop platform wat deur Marié Cruywagen ontwerp en geskep is vir ons ouers/voogde se gerief. Dit maak aankope soveel makliker en soomloos. Juf. Suzaan, baie dankie dat jy vir ons Jan Kas met ‘n vriendelike glimlag gaan bestuur. Baie geluk aan Hila Hertzog en Ruben Eksteen wat met die gepaste naam Jan Kas vorendag gekom het na afloop van ‘n kompetisie onder die gr. 6-leerders om met ‘n kreatiewe naam vir die nuwe klerewinkel na vore te kom.

Ek herinner weer en nooi al ons ouers/voogde na die jaarlikse begrotingsvergadering uit wat op Maandag, 06 November, om 18:00 in die biblioteek plaasvind. Tydens hierdie belangrike vergadering word die skoolfooie vir 2024 bekragtig asook die 2024 begroting amptelik deur ouers/voogde goedgekeur.

Verder nooi ek ook al ons ouers/voogde uit om na die vierkant wat oor die afgelope naweek pragtig verfraai is, te kom kyk. Ons beplan om dit oor tyd in ‘n pragtige lushof te omskep waar leerders en personeel tydens pouses kan gaan sit en heerlik ontspan asook om daar buitelug-funksies aan te bied.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling rakende tyd. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet en nou moet ons ons volle gewig agter die Proteas gooi. Stel julle voor ons wen beide die rugby- en krieketwêreldbekers in dieselfde jaar, dan gee president Cyril ons seker ‘n hele week af.

“Tyd is te stadig vir die wat wag,
te lank vir die wat treur,
te kort vir die wat haastig is,
maar vir die wat liefhet , staan tyd stil om dankbaar te wees.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Vandag is nie sommer net weer die gewone “#Bok-Vrydag” nie! Vandag gaan ons groot om die Springbokke voluit te ondersteun in hul soeke na roemryke glorie om vir die 4de keer as die Wêreldbeker-wenner uit die stryd teen New Zealand te tree. Die ‘Rassie-plan’ moet eenvoudig net môreaand teen die All Blacks beter uitgevoer word. Die naelskraap oorwinnings met 16 – 15 teenoor die arrogante Engelse asook teen die Franse Hane het menigte bokondersteuners se senuwees behoorlik opgekyl. Die Bokke het teen Engeland weereens nie hul beste spel op die dag gelewer nie, maar hulle het vir 80 minute gespeel en in hulself geglo. Nooit het hulle paniekerig geraak nie en dit terwyl alles op die dag verkeerd geloop het. Die Engelse spelers was die spreekwoordelike kaartmannetjies op die veld en het hard probeer om die Bokke te ontsenu. Die Springbokke het ons veral die afgelope 2 weke beslis ‘n paar belangrike lewenslesse geleer en ek kan kortliks dit soos volg saamvat:

  • Moet nooit moed opgee nie, glo in jouself en bly gefokus!
  • Deursettingsvermoë word beloon.
  • Wees nederig, handhaaf jouself en stel altyd ‘n voorbeeld al loop dinge nie volgens jou verwagtinge nie.
  • Wees aanpasbaar en dankbaar.

Ons wag al sedert 1995 vir nog ‘n spesiale finaal teen die All Blacks en dit realiseer môreaand om 21:00 in Parys te Stade de France. Alhoewel Parys bekend staan as die die stad van liefde, gaan daar beslis bittermin liefde tydens die wedstryd wees, maar wel wedersydse respek tussen die twee merkwaardige spanne. Jy het nie meer ‘n keuse nie, vandag op “#Bok-Vrydag” en môre moet jy asseblief jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp, of net iets groen en goud moet aantrek of jouself laat groen verf om die Bokke ten volle te ondersteun. Mag die Bokke die naweek geskiedenis maak en ons land weer verenig oor alle kulture en hoop gee vir ‘n beter Suid-Afrika waar daar dringende aandag aan armoede, misdaad en korrupsie gegee moet word. “Go Bokke Go, just one more time. Together we are stronger!”

Op Dinsdag, 24 Oktober, het ons vir die eerste keer ‘n suskesvolle mini-krieketdag by die Conradieveld aangebied. Die volgende skole uit ons onmiddellike omgewing het deelgeneem:

  • Laerskool Kampsbaai
  • Laerskool Llundudno
  • Laerskool Kronendal
  • Laerskool Houtbaai
  • Reddam House

Op Donderdagaand, 19 Oktober, het Huppelland hul jaarlikse kunsuitstalling in die opgegradeerde klubhuis aangebied. Louise en haar span het hulself weereens oortref met die pragtigste uitstalling van ons leerders se kinderkuns wat Huppelland-ouers kon aankoop. Dit vorm ook deel van die gewilde onthouboeke. Louise het vanjaar die volgende skilders gebruik en die verskillende grade het hul eie kunswerke daarop baseer:

  • Shakes Tembani (Gr. 00)
  • Ruschka du Toit (Gr. 0)
  • Michael Taylor (Gr. R)

Ons Huppelland-ouers het die aand in groot getalle opgedaag, selfs die weer het saamgespeel met een van die mooiste en windlose aande in die Moederstad. Die lekker samesyn en omgee-kameradie onder die ouers was amper tasbaar. Die bouprojek by Huppelland is amper voltooi en vroeg volgende jaar hoop ons om bouprojeknommer 2 te begin, naamlik die bou van ‘n balletsaal, nuwe ingang en ontvangsarea. Hierdie projek word ook deur ‘n weldoender befonds waarvoor ons baie dankbaar is.

Verlede naweek was Hoërskool Jan van Riebeeck se 50ste reünie m.a.w. die matrikulante van 1973. Twaalf van hulle was vanaf gr. 1 by die laerskool en ek het die voorreg gehad om hulle Vrydagmiddag, 20 Oktober, by die laerskool te ontmoet en vir ‘n kort toer deur die skool te vergesel. Wyle mnr. du Preez was destyds die laerskoolhoof en merkwaardig was al die stories en staaltjies wat hulle rakende hul laerskoolloopbaan met my gedeel het.

Die opwinding is baie groot met die opening van Jan Kas (ons eie nuwe klerewinkel) op Maandag, 30 Oktober. Die ou konsertstoor is opgegradeer tot ‘n pragtige en funksionele klerewinkel. Die hele projek sluit ook die loods van die Jan Kas aanlyn aankope platform wat deur Marié Cruywagen (BR-Lid en ouer van ons skool) ontwerp is om juis skooldragaankope so gerieflik moontlik vir ouers/voogde te maak. Ons is haar baie dankbaar vir al die tyd en werk wat sy by die skool insit. Groot dankie ook aan ons OOV-Voorsitter, Coreen Scholtz, asook Elmarie Erasmus wat met die voorraadoorname en voorbereiding van Jan Kas gehelp het. Baie dankie ook aan Marinda, Liesel (finansies) en Suzaan wat ook hard agter die skerms gewerk het om die sukses van die projek te verseker. Suzaan gaan vir ons Jan Kas bestuur en beman.

Dit is dan my voorreg om met julle te deel dat Raché de Goede-Turner vanaf 01 Januarie 2024 amptelik deur die departement (WKOD) as ons nuwe Hoof van die grondslagfase aangestel is. Baie geluk en welverdiend, Raché. Sterkte met die groot taak wat voorê.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende bekende aanhaling van Walt Disney. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet terwyl ons styf duimvas hou dat die Springbokke die naweek geskiedenis gaan maak.

“Laughter is timeless,
Imagination has no age,
Dreams are forever”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Alle leerders wat besonderse prestasies behaal het of veelsydigheid toon op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir ‘n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die VORM en handig die vorm en bewyse van prestasies (hardekopieë) teen Vrydag, 19 November, by juf. Lucia de Jager in. Leerders het hierdie week die vorm ontvang.

/ Algemeen, Nuus

Uiteindelik daag die somer na ‘n lang afwesigheid in die Moederstad op. Die lekker warm weer is die spreekwoordelike balsem vir die siel, veral na die baie lang en koue winter. Die nuwe seisoen bevestig weereens die prag en praal van Oktober-maand in ons wonderlike land – vra maar vir die digter C. Louis Leipoldt met sy alombekende gedig dat Oktober-maand die mooiste, mooiste maand is:

‘Viooltjies in die voorhuis –
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!’

Vandag is dit weer “#Bok-Friday”. Die Springbokke se soeke na glorie loop beslis volgens die ‘Rassie-plan’ al was dit ‘n naelskraap oorwinning met 29 – 28 oor die Franse Hane tydens die titaniese kwarteindstryd op Sondagaand, 15 Oktober. Hierdie senutergende wedstryd het elke Bok-ondersteuner kersregop laat sit met veral die laaste 2 minute wat soos 20 minute gevoel het. Die Bokke het dalk nie hul beste spel op die dag gelewer nie, maar hulle was steeds genadeloos op verdediging en het in die proses die Franse se harte gebreek. Môre sit hulle hul wêreldbeker-rugbyveldtog teen Engeland tydens die semi-finale in Parys te Stade de France voort. Dit is dus belangrik dat jy vandag op “#Bok-Friday” en môre jou Springboktrui, of ‘n Springbok t-hemp, net iets groen en goud met trots sal aantrek om die Bokke te ondersteun. Mag die Bokke die naweek die Pommies wys waar Dawid die spreekwoordelike wortels gegrawe het. “Go Bokke Go. Together we are stronger!”

Op Dinsdag, 17 Oktober, het die jaarlikse matrieksaal tydens die weeklikse saalbyeenkoms plaasgevind waartydens ons alle oud-Jannies wat vanjaar in matriek is, uitgenooi het om die spesiale saal by te woon. Die doel van die matrieksaal is om vir die graad 7’s van 2018 wat vanjaar in verskeie skole in hul matriekjaar is, weer bymekaar te kry, hulle so ‘n bietjie terug te neem in tyd, erkenning te gee vir die belangrike rol wat hulle as oud-leerders in die skool gespeel het en af te sluit deur vir hul sterkte vir die komende nasionale eksamen asook hulle toekoms toe te wens. Ek ken nie persoonlik die spesifieke oud-Jannies nie, maar in ‘n baie kort rukkie het ek gou besef die voorreg wat ons het om met kwaliteit leerders en indirek met merkwaardige ouers/voogde te kan werk. Baie dankie Pieter Rademeyer (Skoolhoof van HS Jan van Riebeeck) dat jy ook die spesiale saal bygewoon het om jou matrikulante te ondersteun! Baie dankie Marinda vir die spesiale boodskap wat jy aan hulle deurgegee het en mag hulle altyd groot droom deur net hulself te wees. Vir seker gaan hulle volgende jaar diep spore trap waar ookal hulle hulsef mag bevind.

Ons junior- en senior kore het op Dinsdagaand, 17 Oktober, aan die Weskus Koorfees te Laerskool Tableview gaan deelneem. Beide ons kore het hul puik van hul taak gekwyt met hul uitstekende optredes en keuse van liedere. Hulle het hulself lekker ingeleef en vloeiend gesing met sorgvuldige aandag aan dinamiese kontraste. Baie dankie en geluk aan Helecia, ons dirigent vir beide kore, asook Ben wat albei kore uitstekend met die klavier begelei het. Om ‘n koor af te rig, is uitdagend, want dit behels dat elkeen se individuele sangstem ontwikkel moet word om uiteindelik ‘n eenheid in klank te vorm. Dit was vir seker die beste wat ek beide kore nog ooit hoor sing het. Dit was ‘n voorreg om na hulle te luister en maak my ongelooflik trots op hulle en ons wonderlike skool.

Hierdie week het die eerste wedstryde vir tennis en krieket afgeskop en vanmiddag neem ons aan ‘n swemgala te Laerskool Kampsbaai deel terwyl ons môre aan ‘n o.13A-tennistoernooi te Laerskool Welgemoed deelneem. My beste wense vergesel al ons spelers en mag julle die somersportgeleenthede terdeë geniet.

Ons Jannie-familie het gister twee baba’s ryker geword. Magdel Fourie by Huppelland en haar man, Wynand, het ‘n dogtertjie ryker geword en Maricqe en Cambel Coetzer ‘n seuntjie. Baie geluk! Mag Karli en George baie vreugde en geluk aan julle gesinne bring!

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende bekende aanhaling van Oprah Winfrey. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet met die Springbokke wat ons gaan trots maak.

“If you look at what you have in life,
You always have more.
If you look at what you don’t have,
You will never have enough.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Dit is my wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ‘n heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om kwartaal 4 met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal 4 is slegs 10 weke lank met heelwat opwindende aktiwiteite wat gaan plaasvind.

Die somersport buitemuurse program het alreeds op Dinsdag, 10 Oktober, met mening afgeskop en maak ons gereed vir al die somersportwedstryde, -toernooi en –byeenkomste wat die kwartaal gaan plaasvind. Ek glo julle stem met my saam dat Moeder Natuur maar so spoedig moontlik die somer kan toelaat om Kaapstad en omgewing oor te neem veral na die lang en koue winterweer.

Maak asseblief seker dat jy en jou kind/ers op Saterdag, 02 Desember, beskikbaar sal wees vir die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms (baanitems) wat te HS Jan van Riebeeck se sportveld aangebied sal word. Hou die spasie weekliks dop vir meer inligting in die verband.

Graag wil ek weer Laerskool Anton van Wouw se koortoer hartlik bedank wat ons op die laaste dag van die vorige kwartaal besoek het. Hulle het ons spesiaal in die skoolsaal kom vermaak met ‘n puik optrede as deel van die laaste skooldag se saalprogram. Hierdie uitstekende koor bestaan uit 67 leerders wat ‘n koortoer vanuit Pretoria na Kaapstad onderneem het. Laerskool Anton van Wouw is ook soos ons ‘n Afrikaansprekende skool met ongeveer 800 leerders en hulle is geleë aan die agterkant van die Brooklyn-mall te Pretoria.

Die afgelope vakansie is daar hard gewerk om seker te maak die volgende bouprojekte word so spoedig moontlik afgehandel:

  • Huppelland – die opgradering van die klubhuis, aanbou van ‘n personeelkamer, personeeltoilette, terapiekamers, biblioteek asook ‘n kantoor vir Louise.

  • Ons is tans besig om die ‘ou’ klerebank na die opgradeerde konsertstoor aan die voorkant van die skool te skuif. Die nuwe naam vir die klerebank is Jan Kas. Ons beplan om vanaf 30 Oktober amptelik te open en ‘n effektiewe diens aan ons leerders en ouers te lewer. Verdere inligting in die verband sal binnekort verskyn.

Baie geluk aan die volgende leerders wat puik tydens die WOW-spelfees (nasionale rondte) op 07 Oktober te Stellenbosch gevaar het:

  • Graad 1: Wrensch Silvis (8ste)
  • Graad 5: Katryn Silvis (2de) en Amelie van der Walt (6de)
  • Graad 6: Isabella Marais (15de)

Julle maak ons baie trots!

Graag wil ek ook die volgende musiekleerders gelukwens met hul puik uitslae na afloop van die Unisa-Klaviereksamens. Dit wil gedoen wees!

  • Olivia Blackmore
  • Stella Zulch
  • Sabine Barnard
  • Ella Grey
  • Frank van der Walt
  • Daniella Boshoff
  • Mari Steyn
  • Neill Ferreira

Graag sluit ek af met die volgende bekende aanhaling van Pele en wens ek vir julle ‘n wonderlike kwartaal en naweek toe.

“Success is no accident. It is hard work and perseverance, learning, studying, sacrifice and most of all, love of what you are doing or learning to do.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

‘n Skool se trots lê vir seker by sy leerders. Daar is iets baie spesiaal wat gebeur sodra ons terugvoer rakende oud-leerders ontvang. Ons spog vandag met leerders wat in 2019 hul graad 7-jaar by ons voltooi het en tot verskeie hoërskole se leerderrade vir 2024 verkies is. Weer eens ‘n bewys dat ‘n Afrikaanse skool glad nie leerders beperk nie, maar eerder die geleenthede bied om teen hul eie tempo te ontwikkel. Ons is baie trots op elkeen van hierdie leerders wat hul skool op verskeie vlakke van leierskap sal ondersteun. Wees Jouself, liewe oud-Jannie!

HS JvR – Hoofleier (Mari Swanepoel), Hoofdogter (Liezel Snijders), Onderhoofseun (Peet Karsten). Ander leerderraadslede: Lisa Best, Zazzie Henderson, Daniella Coetzee, Layla Erasmus, Josephina Hellman en Darren Cloete.

HS Rondebosch – Bernard Lombaard (leerderraadslid)

St. Cyprians – Jacomien van der Westhuizen (onderhoofdogter)

/ Algemeen, Nuus

Die kwartaal se Jannies vir Jesus begin weer volgende Donderdagoggend, 19 Oktober, om o7:15 in die saal. Almal is welkom!

/ Algemeen, Nuus

Ons vier Vrydag Tuindag!

  • Leerders mag Vrydag sivvies dra.
  • Graad 1 – 7-leerders kan Vrydag blommekransies dra wat hulle tuis maak.
  • Graad 1 – 3-leerders kan vanaf môre, 11 Oktober, vetplantsteggies en blomme uit die tuin uit skool toe bring om kransies vir die klasdeure te maak.
  • Indien ouers ‘n paar ekstra takkies, soos Ivy of enige ander loof, skool toe kan stuur vir leerders wat nie ‘n kransie uit ‘n tuin sal kan maak nie, sal dit waardeer word.
  • Ons het Die Burger genooi om Vrydag foto’s te neem. Indien daar ouers is wat nie graag wil hê hul kind moet in Die Burger verskyn nie, laat weet asb. vir Raché (rache@jvrprim.co.za).
/ Algemeen, Nuus

Na afloop van 11 besige en opwindende weke kom kwartaal 3 vandag tot ‘n einde met die sluit van die skole vir ‘n kort vakansie voordat ons die finale kwartaal van die jaar aanpak. Indien ons vinnig ‘n kort refleksie van die afgelope kwartaal sou doen, staan die volgende vir my uit:

  • Op Vrydag, 21 Julie, het Stephanie le Roux gereël dat 13 van ons behoeftige leerders se oë by Tomlinson Oogkundiges getoets word. Esna van der Walt en Suna Karsten (almal oud-ouers) het die oogtoetse gratis behartig. Ons is so dankbaar dat 9 van die 13 leerders ‘n pragtige bril ontvang het en ons kan alreeds in ‘n kort tydjie die positiewe impak daarvan op hul akademie sien.
  • Heelwat meer sportwedstryde en toernooigeleenthede is vir ons Jannies gedurende kwartale 2 en 3 geskep met 586 wintersportwedstryde (hokkie, netbal & rugby) wat plaasgevind het. Tydens die laaste wintersportnaweek (01 & 02 September) van die seisoen te LS Welgemoed, het 140 dogters netbal gespeel, 99 seuns rugby, 80 dogters hokkie en 80 seuns hokkie gespeel. Puik wintersportuitslae is ook die afgelope kwartaal behaal soos onder andere ons o.13A-spanne (netbal, rugby, dogtershokkie & seunshokkie) wat onderskeidelik hul wedstryde weg tydens die jaarlikse interskole teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg gewen het. Baie geluk aan Frank van der Walt wat in die WP o.12A-rugbygroep opgeneem is. Baie geluk ook aan juf. Lucia en haar o.11-netbalspan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het. Graag wil ek al ons sportleerders loof vir hul toegewydheid en volgehoue deelname tydens die afgelope winterseisoen. Dan kan ek nie anders nie as om die afrigters hartlik te bedank vir hul opoffering, harde werk en toegewydheid tot voordeel van ons Jannies.
  • Op Vrydag, 25 Augustus, het die jaarlikse en gewilde Ouma- en Oupadag plaasgevind. Oumas en oupas het van heinde en verre gekom om die spesiale dag saam met hul kleinkind(ers) by ons pragtige skool te geniet. Die hoogtepunt van die dag was beslis die insiggewende toespraak deur ons gasspreker, naamlik Elsabé Daneel. Elsabé is nie net ‘n formidabele vrou en aktrise nie, maar ook ‘n oud-leerder en nou ‘n ouma by ons skool.
  • Tydens week 7 van die kwartaal het ons ‘n spesiale akademiese week gevier met die fokus op die KUNS om ‘n Jannie te wees! Die doel van die akademiese week was juis om ons leerders blootstelling aan leer op ‘n kreatiewe vlak te gee. Leer hoef nie noodwendig in die tradisionele sin van die woord byvoorbeeld slegs in die klaskamer plaas te vind nie. Daarom het die leerders aan nuwe, interaktiewe aktiwiteite deelgeneem om hulle juis te inspireer om buite die spreekwoordelike boksie te dink.
  • Op Woensdagaand, 30 Augustus, het die jaarlikse en gewilde Jannies Talent-aand plaasgevind. Weereens laat ons talentvolle Jannies ‘n mens stomgeslaan staan met hul unieke talente en selfvertroue. Weereens wil ek elke deelnemer hartlik gelukwens met hul puik individuele optrede.
  • Op Saterdag, 09 September, het 19 van ons leerders aan die jaarlikse WOW-Spelkompetisie se provinsiale rondte te Stellenbosch deelgeneem en soos oudergewoonte stof in die ander skole se oë geskop. Baie geluk aan die volgende vyf leerders wat vir die Nasionale Kompetisie op 07 Oktober gekwalifiseer het:
    • Graad 1: Wrensch Silvis (2de)
    • Graad 4: Ghia Perreira (3de)
    • Graad 5: Katryn Silvis (1ste) en Amelie van der Walt (2de)
    • Graad 6: Isabella Marais (4de).
  • Ons gr. 6- en 7-leerders het op akademiese gebied nog verder presteer deur die jaarlikse Melkbos Wiskunde Olimpiade vir die sewende agtereenvolgende jaar op Donderdag, 21 September, te wen. Dit is voorwaar ‘n merkwaardige prestasie. Baie dankie mnr. Leon en juf. Andri vir hul leeue aandeel in die verband.
  • Op kultuurgebied het ons leerders puik tydens die jaarlikse Eisteddfod en UNISA- klaviereksamens gevaar. Beide ons senior- en junior kore het ‘n puik optrede saam met Jak de Priester in die ikoniese Groote Kerk op 01 Augustus gehad. Ons skool se toneel- en dramagroep onder leiding van juf. Jana het die naweek van 15 – 17 September aan die Silwervaringfees te Laerskool Bastion deelgeneem. Hulle het puik gevaar en ons leerders het met die louere weggestap. Ons skool het ook die prys vir die beste teks gewen. Baie geluk, julle maak ons ongelooflik trots. Die volgende drie leerders het ook presteer met hul optrede in die kinderkoor vir die produksie Tosca by die Kunstekaap Opera Huis vanaf 12 –17 September:
    • Karu Rademeyer
    • Abigail Fourie
    • Jacob Venter
  • Die viering van Groen Vrydag om die Proteas tydens die Netbal Wêreldbeker te ondersteun asook al die “#Bok-Fridays” vanaf 08 September om die Springbokke se soeke na glorie om as 2023 wêreldbeker-kampioene bekroon te word, te ondersteun.
  • Ons moes ongelukkig die week afskeid neem van oom Steyn wat die einde van die kwartaal aftree. Oom Steyn was sedert 01 Januarie 1997 in ons diens en kan beskryf word as ‘n legende. Sy spesiale verhouding met leerders en ouers het veral uitgestaan en in die leerders se oë was hy eintlik die skoolhoof. Oom Steyn ons salueer jou vir 27 jaar se lojale busdiens aan die skool en ons wens vir jou ‘n wonderlike aftrede toe waar jy genoeg tyd sal hê om jou gunsteling tydverdryf te kan geniet, naamlik visvang. Ons gaan jou vriendelikheid en bedagsaam baie mis!

Bogenoemde is maar enkele hoogtepunte van die suksesvolle kwartaal. Ek glo dat julle ook saam met ons leerders en personeel na die kort, maar lekker Oktober-vakansie uitsien om net weer die spreekwoordelike batterye te herlaai voor ons die pylvak van die laaste kwartaal aandurf. Laat my asseblief toe om ons toegewyde personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toegewydheid, maar veral vir hul omgee-harte om seker te maak ons Jannies kry geleenthede om hul potensiaal te bereik. Graag wil ek my Bestuurspan (Exco) asook ons dinamiese Beheerraad hartlik bedank vir hulle insette en leeue aandeel om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck as een van die topskole in die land onderskei kan word. Mag ons die spesiale etos en kultuur om net jouself te wees by ons trotse skool nog tot in lengte van dae koester.

Laat my ook toe om Juf Suzaan en Gerrit geluk te wens met hul huweliksbevestiging wat môre gaan plaasvind. Ons wens vir hullle ‘n geseënde huwelik en ‘n blink toekoms saam.

Graag sluit ek af met ‘n dankbare hart teenoor ons ouers/voogde wat ons weereens die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Ek waardeer jul betrokkenheid en omgee by die skool asook in jul kinders se lewens. Betrokke ouers/voogde verseker suksesvolle skole wat altyd van krag-tot-krag sal gaan. Ek wens vir julle ‘n wonderlike vakansie toe. Veilig reis en ek sien uit om julle almal op 10 Oktober weer terug by die skool te ontvang.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 06 November 2023, om 18:00 in die Biblioteek sal plaasvind.

Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 23 Oktober 2023, tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. lndien jy belangstel om die 2024 begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat. Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom.

Vind asb. aangeheg die amptelike kennisgewing van die 2024 begrotingsvergadering.

Vriendelike groete,
Naas Beets

KENNISGEWING VAN 2024 BEGROTINGSVERGADERING 06 NOV 2023
/ Algemeen, Nuus
  • Registrasie sluit 23 Februarie.
  • Stuur die bewys van betaling aan Rashard om jou bespreking te bevestig.
  • Gebruik asb. jou naam en Gholfdag as verwysing wanneer jy in die skool se rekening inbetaal.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy ‘n gaatjie of enige pryse wil borg.
  • Daar is slegs 12 4-balle beskikbaar.
  • Die kostes sluit baanfooie en ‘n ete na die tyd in.
  • Gholfkarretjies is bespreek en is vir jul eie rekening.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy enige vrae het: sport@jvrprim.co.za | 067 311 8914

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer