Kategorie: Algemeen
Sien die planne van die Sportspaviljoen hier onder:
JvR_Sportspaviljoen - Projek 2025Die Waterbuffel-Burgerfees, wat op 14 Maart by ons skool, Laerskool Jan van Riebeeck, plaasgevind het, was ’n groot sukses! Ons is deur Babylonstoren uitgedaag om ’n hele waterbuffel – in die vorm van ’n burger-marathon oor twee dae – aan te pak.
Met die beste bestanddele, ruimlik deur hulle geskenk, is ons taak aansienlik vergemaklik.
Hier volg ’n paar statistieke:
-
Ongeveer 1 800 patties is ontvang.
-
Oor twee dae het ons altesaam 1 500 frikkadelbroodjies gaar gemaak – waarvan ons onder andere die magies van ons buurskool, Prestwich Primary, gevul het, en 1 000 in ons gemeenskap verkoop het.
Helpende hande het ingesluit:
-
80 ouers wat brood gesny en gesmeer het
-
40 kinders wat die frikkadelbroodjies gebou het
-
25 braaiers
Die gemeenskap van LJvR het heerlik gesmul, en die oorblywende 300 patties is vinnig opgeraap. Die bolletjies wat nie gebruik is nie, is aan Kaapstad Kinderhuis geskenk.
Die samesyn was wonderlik, en die vure het reeds van 16:00 af hoog gebrand. Met lekker musiek in die agtergrond is die feesmaal in volle gees geniet.
Nie net was dit ’n heerlike middag nie – ons het ook R34 860 se profyt vir die skool gemaak!
OOV-groete,
Susan
Ons is ongelooflik trots op Christiaan Cronje (Freestyle, FS-O/10) wat ’n goue medalje gewen het!
Nie net het hy homself met groot waardigheid op die mat gedra nie, maar die afrigters en spanbestuurders het hom ook aangewys as Parow se Junior Stoeier van die Toernooi.
Welgedaan, Christiaan – jy is ’n inspirasie!


Dit is vir ons ’n voorreg om ’n nuwe personeellid, Me. Sue-Ann Bouw, aan u voor te stel en by ons skool te verwelkom. Sue-Ann het op 7 April by ons aangesluit in die rol van Skoolondersteuningsassistent, waar sy hoofsaaklik in Jan Kas werksaam is.
Sy is oorspronklik van Knysna en het in 2021 Kaap toe getrek. Sedertdien het sy by Takealot in verskeie poste gewerk – van aanlynmode tot in die kliëntediensafdeling.
Sue-Ann bring sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede na ons skool se administratiewe span. Ouers/voogde en leerders sal haar vriendelike gesig in Jan Kas en in die administrasieblok sien.
Baie welkom, Sue-Ann! Ons vertrou dat jy baie gelukkig by ons gaan wees.
Anouk en Stella het tydens die vakansie lekker deelgeneem aan die 2025 Interprovinsiale Toernooi vir aksienetbal.
Daar was 12 spanne. Anouk het vir die o.12B-span gespeel, wat 4de geëindig het, en Stella vir die o.13A-span, wat 9de geëindig het. Die toernooi het oor vyf dae gestrek, en die meisies het die Western Cape Coastal-distrik verteenwoordig.
Daar was ook ’n paar oud-Jannies in die o.14A-span: Emma Snijders en Karu Rademeyer, wat 1ste geëindig het, en Jana Oosthuizen en Hila Herzog in die o.14B-span, wat 3de geëindig het.

Juf Marecia

Die jaarlikse Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Groep van 80 sterk JVR-Jannies en ouers het die vierdag-toer met groot entoesiasme aangedurf.
As julle hou van kamp en saam met jou kind ’n onvergeetlike avontuur wil aanpak, dan daag ek die Graad 6-ouers van 2024 uit om die datum vir volgende jaar reeds in die dagboek te plaas: 26 – 31 Maart 2026.
Let wel dat hierdie jaarlikse toer direk met Felix Unite in Namibië deur die Jannie-ouers gereël word. Ek stel voor dat iemand wat reeds roomys langs die rivier geëet het in vorige jare, die huidige Graad 6-span verteenwoordig vir ’n paar reëlings.
Ons deel graag ons ondervinding van hierdie en vorige jare, en ek sal sekerlik weer rasieleier wees vir die 2030-Graad 7’s!
As jy jou hand wil opsteek vir volgende jaar se reëlings, kontak my gerus.
Rudi Barnard (rudi.barnard@gmail.com / +27 72 555 9956)

Graag gee ons erkenning aan een van ons oud-Jannes, naamlik Christiaan Boshoff, wat onlangs sy SA-klere vir “bass”-hengel verwerf het. Die kompetisie het in Witbank onder gure weersomstandighede plaasgevind.
Christiaan is tans ‘n matriekleerling by Paul Roos Gimnasium, en ons is saam met sy ouers, Louis en Esna, baie trots op sy merkwaardige prestasie.


Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende:
1. Beplanning en doelwitte
2. Leestegnieke
3. Luister om te konsentreer
4. Leer tydens klastyd
5. Verskillende opsommingstegnieke
6. Oefening van tegnieke
Die kursus word gratis deur Marietjie de Kock in die Zen Den aangebied. Die kursus begin die 14de April en eindig die week van die 2de Junie. In elke graad is 2 groepe om die leerders wat by verskillende sport betrokke is, te akkommodeer. Leerders woon een van die groepe in hulle graad by. Elke groep bestaan uit 8 leerders.
Tye is as volg:
GRAAD 4
- Groep 1 Maandae 15:45 – 16:30
- Groep 2 Donderdae 14:50 – 15:30
GRAAD 5
- Groep 1 Maandae 16:30 – 17:15
- Groep 2 Donderdae 16:30 – 17:15
GRAAD 6
- Groep 1 Dinsdae 14:50 – 15:30
- Groep 2 Woensdae 15:45 – 16:30
GRAAD 7
- Groep 1 Maandae 14:50 – 15:30
- Groep 2 Donderdae 15:45 – 17:15
Jy kan vir Marietjie de Kock kontak by marietjie@jvrprim.co.za om ‘n plek vir jou kind te bespreek.
Hannah en Stella de Stadler was onlangs op RSG te hoor. Hulle is studente van Alma Nel se dramaskool en het onlangs as gasstemme op episodes van Kiskenades verskyn. Hier is die skakels na die potgooie:
-
Saterdag 15 Maart, Episode 153: Hannah verskyn in hierdie episode.
-
Saterdag 22 Maart, Episode 154: Stella verskyn in hierdie episode saam met Pieter en Jamie Jordaan.
Welgedaan! Julle maak ons baie trots.

Ouerbesoeke vind op 15 & 22 April vanaf 13:30 – 17:30 plaas.
Skeduleer asseblief so gou as moontlik ‘n afspraak met jou kind se onderwyser deur gebruik te maak van die onderstaande skakel:
Hoe werk dit?
- Maak die skakel oop en kies die regte graad
- Rol af na die kalenderafdeling en kies jou kind se onderwyser by die “select staff” opsie
- Kies die datum (15/22 April) en die tydsgleuf wat jou die beste pas
- Rol af en vul alle nodige besonderhede in
- Kliek op “Book”
Week 1:
Week 2:
Week 3:
Belangrike Datums
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026

