Kategorie: Akademie

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom.
Graad 1 – 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 – 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou.
Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie.

Om vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling
Beskik jy oor ’n unieke vaardigheid wat jy graag met ons leerders wil deel? Kontak my gerus by marinda@jvrprim.co.za.
Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning.
🔗 Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER
Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan megan@jvrprim.co.za
Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat.
Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom.
Voorlopige program:
Ouma- en oupadag (19 Sept.)
The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.
Curro-musiekfees (23 Sept.)
Jannies Talent (25 Sept.)
Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8 leerders per groep en kom een keer per week vir 40 minute bymekaar. Leerders gaan vir 5 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ‘n epos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ‘n plek te bespreek.
Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende:
- Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling
- Hersiening van verskillende opsommings
- Luister en konsentrasievaardighede
- Geheue oefeninge
- Beantwoording van toetse en eksamens
Die kursus begin die tweede week van die kwartaal op 28 Julie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie grade:
Neem kennis dat ons vanaf hierdie kwartaal alle leerders vanaf Graad 1–7 se rapporte elektronies en in harde kopie (soos voorheen) sal versprei. Let asseblief op dat ons volgende week ’n e-pos aan ouers/voogde sal stuur om te bevestig dat die korrekte e-posadres bereik word. Jy sal ‘n afsonderlike e-pos ontvang vir elke kind wat jy in die skool het. Hierdie toetslopie sal nie oor enige belangrike inligting beskik nie. Ons het nodig om dit so te doen sodat ons die rapporte die daaropvolgende week, wanneer die skool sluit, aan alle ouers kan stuur. Indien jou e-posadres verander het, moet jy dit asseblief so gou moontlik aanpas.
Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe IKT-verwikkeling en wil ons dank aan Marié Cruywagen, Leon Hanekom en Megan Zondagh uitspreek.
As gevolg van graad 4 – 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 – 3’s sal steeds met buitemuurs voortgaan.
Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen:
- Die graad 7’s verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin.
- Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 – 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 – 6’e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie.
- Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind.
- Dagprogram tydens eksamen:
7:45 – 10:00 – Eksamen skryfsessie
10:10 – 10:30 – Pouse
10:30 – 12:45 – Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. – Rugby en netbal / Di. en Do. – Hokkie en landloop
13:00 Skool verdaag vir almal
*Tweede pouse – onderwysers sal self besluit wanneer dit plaasvind.

Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor ‘n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5’s se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is.
Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3’s ‘n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit was so mooi om te sien hoe hulle mekaar gehelp het, as een sukkel om ‘n spesifieke letter te vind. Hulle het baie hard gekonsentreer om op die sleutelbord te tik en seker te maak hul tik met die regte vingers op die regte knoppies.
Ons sien uit na nog ‘n klomp lekker temas vir Kwartaal 2 in Digitale Geletterdheid.

Graad 4 – 7-leerders gaan volgende week drie dae propvol verrykende aktiwteite geniet. Kliek op die foto of volg die skakel om die PDF af te laai.
Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-spelfees kan toets. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar.
Leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om so gou moontlik die woorde te begin leer. Hierdie leerders sal dan volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg.
Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan veranderinge):
Distrikskompetisie: 28 Augustus 2024
Provinsiale rondte: 14 September 2024
Nasionale rondte: 28 September 2024
Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen (ilsemarie@jvrprim.co.za).
Belangrike Datums
september 2025
oktober 2025
november 2025
desember 2025
januarie 2026
februarie 2026
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026