Skrywer: Suzaan Burger

Hoërskoolnuus

Hoërskool Jan van Riebeeck is sedert Julie 2017 ‘n Cambridge Associate School, wat beteken dat leerders van graad 10 – 12 die geleentheid het om ‘n internasionale kwalifikasie te verwerf. Hierdie kwalifikasie word deur Cambridge in die Verenigde Koninkryk onderskryf, en universiteite van regoor die wêreld, asook plaaslik, erken hierdie kwalifikasie. Die vakke wat ons aanbied is Engels, Wiskunde, Fisika en Biologie. Hierdie groep is die eerste wat die CIE (Cambridge International Exam) as eksamen in Wiskunde aflê. Hulle maak geskiedenis, want HS Jan van Riebeeck is een van die eerste Afrikaans mediumskole in die land wat ons leerders die geleentheid bied om hierdie kwalifikasie te verwerf. Leerders van omliggende skole kan ook by ons skool se klasse inskakel. Lila en Nina Ferreira, Mila Yssel, Emil van der Walt, Tiaan Theron en Theodore Pauw was op Laerskool Jan van Riebeeck! Kontak gerus vir me Lizette Visser (Lizette.visser@janvanriebeeck.co.za) vir meer inligting. Voor vlnr: Lané Beyer, Lila Ferreira en Nina Ferreira Agter: Mila Yssel, Emil van der Walt, Tiaan Theron, Dirk Maree en Theodore...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Curro Century City

Die reën het ons vir ‘n rukkie van die bane af gehou, maar dit kon ons nie keer nie en almal was vinnig weer besig om te speel. O/9 A 10 – 0 (wen) O/10 A 10 – 3 (wen) O/11 A 5 – 8 (verloor) O/12 A 12 – 16 (verloor) O/13 B 10 – 9 (wen) teen hul O/13A span Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die eerste helfde van die seisoen. Baie sterkte aan al ons senior spelers met die...

Lees Verder

Sportdag te Goudini: Netbaluitslae

Rawsonville met hul mooi uitsig en gasvryheid het nie Saterdag teleurgestel nie. Die oggend het koel begin en ons spelers moes omtrent draf om warm te word. Nadat die son ‘n bietjie later sy kop uitgesteek het het die dag nog lekkerder geword. O/9A 17 – 1 (wen) Goudini O/9A 9 – 5 (wen) FD Conradie O/10A 8-6 (wen) Goudini O/10B 1-4 (verloor) Goudini O/10A 11-8 (wen) FD Conradie O/10B 4-11 (verloor) FD Conradie O/11A 3 – 13 (verloor) Goudini O/11B 2-3 (verloor) Goudini O/11A 18 – 0 (verloor) FD Conradie O/11B 3-6 (verloor) FD Conradie O/12A 12 – 8 (wen) Goudini O/12B 15 – 0 (wen) Goudini O/12A 9 – 7 (wen) FD Conradie O/12B 5-2 (wen) FD Conradie O/13A 14 – 4 (wen) Goudini O/13 A 17 – 20 (verloor) FD...

Lees Verder

Skaak-nuus

Vyf Jannies het op 18-20 Mei aan die Wes-Kaap skole skaak-kampioenskappe te Kleinmond deelgeneem. Die kinders het volgens geslag en ouderdom meegeding. Gerard Snijders en Peet Karsten het aan die seuns o/13 kategorie deelgeneem, Carla Snijders aan die dogters o/11 kategorie, Jan Karsten aan die seuns o/11 kategorie en Petrus Bosman aan die seuns o/9 kategorie. Die Jannies het almal baie mooi gespeel. Petrus was 4de in sy ouderdomsgroep met ‘n uitstekende 5/6. Gerard, Jan en Carla het elk op 4/6 geëindig en Peet op 2/6. Die kompetisie was straf en ons is sommer baie trots op...

Lees Verder

SAMF-Wiskundekompetisie

Baie geluk aan die volgende leerders wat almal na die tweede rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie deur is. Die volgende rondte vind op 1 Augustus plaas. Meer inligting sal volg.    

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 1 Junie

Baie geluk aan Isabella Pretorius in Gr 4 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Het julle geweet dat die skool betaal word vir ons herwinde papier. Dit is nou wel nie duisende rande nie, maar dra tog by tot die instandhouding van die depot. Ons word meer betaal vir wit papier – maak dus seker dat julle alle wit papier in die gemerkte wit wieldromme gooi. Om dieselfde rede moet alle gladde karton asb in heldergroen papier igloes gegooi word (platgetrap) en nie by die riffelkarton nie.Baie dankie vir almal se samewerking...

Lees Verder

Vakansiesorg Junie 2018

Vakansiesorg is beskikbaar vanaf 25 Junie tot 13 Julie. Vul asb. die vorm in as julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak. Aansoeke sluit 15 Junie. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com ) of bring die hardekopie Nasorg toe. Daar sal ook hardekopieë by Nasorg beskikbaar wees. Aansoek en vrywaringsvorm: Vakansiesorg Junie...

Lees Verder

Kommunikasie: Whatsapp vervang SMS

Ons is in die proses om SMS’e met Whatsapp te vervang. Sodoende spaar ons ‘n hele paar rand en kan ons meer gereeld dringende boodskappe aan ouers kommunikeer. Stoor asb. die skool se selfoonnommer in jou selfoon as “LJvR Whatsapp” sodat jy Broadcast boodskappe sal kan ontvang. Indien die nommer nie in jou selfoon gestoor is nie, sal jy nie die boodskappe ontvang nie. Die nommer is: 066 143 4003 Ouers wat nie Whatsapp het nie, sal steeds SMS’e ontvang. Ons huidige SMS stelsel sal ook as rugsteun gebruik word tot einde van die jaar. Daar sal geen groepe in Whatsapp gestig word nie. Ouers se inligting bly vertroulik en niemand gaan mekaar se boodskappe kan sien nie. Die Whatsappnommer is slegs vir eenrigtingkommunikasie van die skool na ouers. Moet asb. nie op boodskappe reageer nie. Whatsapp sal nie nuusbriefinligting, inligting op die webtuiste of datums in die Google kalender en die webtuiste se dagboek vervang nie, maar eerder die SMS’e wat gewoonlik uitgestuur is om dringende boodskappe oor te...

Lees Verder

Diversiteit en bemarking subkomitee

Ouers wat belangstel in die diversiteit- en bemarkingsportefeulje en lus is om deel te word van dié subkomitee, stuur asb. ‘n e-pos aan Izelle Venter wat die portefeulje op die beheerraad behartig. In breë trekke sal die komitee elke tweede maand vergader om insette van ‘n diverse groep ouers aan te hoor asook om praktiese implementering te help dryf. Izelle se e-posadres is iventer@media24.com. Dit sal gaaf wees as jy voor 11 Junie kan laat...

Lees Verder

Nuusbrief van 25 Mei 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 25 Mei 2018 Landloop: Heathfield Primary GEKANSELLEER Vrydag, 25 Mei 2018 Sivvies Vrydag, 25 Mei 2018 Semi-Finaal Redenaars Vrydag, 25 Mei 2018 Skaak @ St.Cyprians Saterdag, 26 Mei 2018 Sportdag GOUDINI HOëRSKOOL Sondag, 27 Mei 2018 Deon (onderwyser) verjaar Maandag, 28 Mei 2018 Netballiga Goodwood Park Dinsdag, 29 Mei 2018 Izél en JC (juffrouens) verjaar Woensdag, 30 Mei 2018 Rugby @ Sunningdale (WEG) Woensdag, 30 Mei 2018 Netballiga Curro Century City Donderdag, 31 Mei 2018 Charlene (juffrou) verjaar Donderdag, 31 Mei 2018 Ellerton Primary Entrepeneursdag Vrydag, 1 Junie 2018 Landloop: Fish Hoek Primary School Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee Maandag, 4 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin Dinsdag, 5 Junie 2018 Geen saal Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet Vrydag, 8 Junie 2018 Landloop: Bishops Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroep besoek ons Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert Dinsdag, 19 Junie 2018 Geen...

Lees Verder

Gr.6 Kamp, terugkeertyd

Die Gr.6’e wat van die kamp af terugkom, sal om 13:00 terug wees by die skool waarna hulle huistoe kan gaan. Die SMS-netwerk wat ons gebruik ondervind tans probleme en ons sal dus nie ‘n SMS kan uitstuur nie. Laat weet ander Gr.6 ouers asb....

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 25 Mei

Jannie van die week is Noah Thau in Graad 1 – baie geluk – hou aan om getrou te herwin! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Dit is interessant dat Amerika wel 34% van hulle rommel herwin, maar ongelukkig 25% van die wêreld se rommel produseer. Sien die foto. Hierdie wys weer hoe belangrik die drie R’e is: “Reduce, Reuse and...

Lees Verder

Entrepeneursdag, Ellerton Primary

Volgende Donderdag (31 Mei) hou Ellerton hul Entrepreneursdag by ons. Ons herinner die kinders om `n geldjie te bring. Donderdag se pouse begin 10:00 en eindig gewone tyd,nl 10:31 met die klok. Dit sal weer onder die blou afdakke by die rugbyveld...

Lees Verder