Skrywer: Suzaan Burger

Interim-beheerraadverkiesing

Maandag, 21 September, open die nominasieproses. Kontak gerus vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien jy iemand wil nomineer aangesien daar ‘n spesifieke vorm is wat voltooi moet word. Die aanlynverkiesing sal op Dinsdag, 29 September, plaasvind. Leerders wie se ouers aan die verkiesing deelneem (‘submit’) mag op Woensdag, 30 September, sivvieklere...

Lees Verder

Biblioteekmonitors ontvang hul balkies

Die biblioteekmonitors van 2020 het laasweek hul balkies vir goeie en getroue diens in die skoolhoof se kantoor ontvang. Agter v.l.n.r.: Katja de Villiers, Elle Nortje en Kate Heyns. Voor v.l.n.r.: Tara Janse van Rensburg, Lumarie Fourie en Lili le Roux. Veels geluk, julle is...

Lees Verder

OOV-voorsitter 2021

Nominasies vir ‘n voorsitter om die OOV te verteenwoordig sal op Vrydag, 2 Oktober 2020, sluit. Stuur die nominasie direk aan Marinda Brink: marinda@jvrprim.co.za.

Lees Verder

JvR-Spelfees 2020

Op 20 Oktober hou ons ons eie spelfees! Enigeen kan inskryf en daar is lekker pryse vir die wenners! Inskrywings sluit op 30 September. Kliek op die skakels hieronder vir meer inligting: Inligtingsbrief Inskrywingsvorm...

Lees Verder

Gelukwensing

Graag wil ons vir Dawie Marais, Adri Marais se man, gelukwens met sy aanstelling as bestuurder van die Suid-Afrikaanse Kinderhuis. Ons wens hom alle sterkte toe!

Lees Verder

Somerdrag

Leerders het vanaf 28 September die keuse om somer- of winterdrag te dra. Vanaf 2 November (kwartaal 4), is somerdrag verpligtend.

Lees Verder

Beheerraad-tussenverkiesing

Die WKOD vereis dat interim-Beheerraadverkiesings afgehandel word teen einde September – dit sal aanlyn op Dinsdag, 29 September, tussen 17:00 en 18:00 plaasvind. Ons het intussen besluit om slegs met die herverkiesing van een portefeulje voort te gaan – regsake. Beide Cobus Loubser (finansies en sport) en LJ le Roux (terrein) se posisies sal dan by die 2021-Beheerraadsverkiesing beskikbaar wees. As jy iemand vir die regsportefeulje wil benoem of as jy bereid is om te staan en ‘n nominasie het, kontak asb. vir jodene@jvrprim.co.za. Laerskool- en Graad R-ouers kan staan. Die vorms sal vanaf Dinsdag, 15 September, beskikbaar wees. Nominasies sluit teen Maandag, 28 September, om 19:00. As jy daaraan dink om vanaf volgende jaar op die Beheerraad te dien, is jy welkom om vir Merwe Scholtz (mscholtz@genfin.co.za) of Izelle Venter (iventer@media24.com) te kontak. FORMELE KENNISGEWING...

Lees Verder

Ouerbesoeke 8 – 10 September

Onthou asb. om ‘n afspraak te maak indien jy ‘n bepaalde onderwyser wil kom sien: GRONDSLAGFASE AFSPRAKE & INTERSENFASE AFSPRAKE. Lees asb. deur die reëlings vir die afsprake: 1. Ingang sal vanaf Nuwe Kerkstraat se hek toegelaat word. Ouers sal nie die Kloofstraat-ingang kan gebruik nie. 2. Daar sal onderskeie siftingstasies wees om die nodige veiligheidsregulasies te respekteer. Die grondslagfase sal by die klas waar die afspraak plaasvind, gesif word. Die intersensiftingstasies sal in die parkeerarea naby juf. Marianna Oosthuizen se klas wees asook in die vierkant by die admingebou se ingang. 3. Jy moet ‘n masker dra. 4. Kom asb. so na as moontlik aan jou afspraak die skool binne om verkeer in die gange te minimaliseer. 5. Indien dit nie moontlik is om ‘n afspraak met ‘n onderwyser te maak nie, sal ons dit verwelkom om self ‘n alternatiewe reëling met die spesifieke onderwyser te tref. 6. Ongelukkig sal geen kinders binne die skool toegelaat word terwyl die ouerbesoeke plaasvind nie aangesien ons die hoeveelheid mense binne die skool beperk. Nasorgleerders mag wel by die nasorg wag totdat hulle afgehaal word soos die natuurlike prosedure is. Uitkomtyd: 8 – 10 September 12:45 – Graad 1 en 2 13:00 – Graad 3 – 5 13:10 – Graad 6 en...

Lees Verder

Welwillendheid: Pousekos

Die Welwillendheidskomitee wil baie graag al die ouers bedank wat pousekos aan leerders voorsien het. Toe die skool in die Grendeltyd oopgemaak het, het ouers elke dag aan gemiddeld 27 leerders pousekos voorsien. Die broodjies is met ekstra liefde, bemoedigende boodskappe, vrugte en ‘n bederf-lekker aan die leerders gegee. Baie dankie aan Ria Hertzog, wat die koördineerder was, en haar gedugte span. Die kinders het die kos baie geniet en dit was definitief die hoogtepunt van hulle dag. Dit word opreg...

Lees Verder