Die Kaap van Storms het beslis die naweek van 6 tot 7 April sy naam behoorlik gestand gedoen met sterk winde en stormweer wat genadeloos oor ‘n wye gebied verwoesting gesaai het. Dakplate van skole, huise en besighede is afgewaai, verskeie bome is ontwortel, glasvensters is deur die sterk winde uitgewaai, elektriese kabels is deur die sterk winde uitgeruk wat tot brande gelei het terwyl paaie en brûe weggespoel is. Dit het veroorsaak dat verskeie skole in die Wynland, Helderberg en Overberg vanaf 08 – 09 April gesluit was. Genade was groot vir Laerskool Jan van Riebeeck aangesien ons geboue en dakke geen skade opgedoen het nie. Slegs enkele bome by Huppelland se parkeerarea is omgewaai en moes ons baie takke en blare by beide die laerskool en Huppelland verwyder. Ons gebede gaan uit aan die gemeenskappe wat as gevolg van die stormweer baie skade opgedoen het. Op Saterdag, 06 April, het ons aan die jaarlikse o.10-netbaltoernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem wat puik georganiseer is. Ons o.10A-span het baie goed gevaar. Hulle wen hul eerste wedstryd 10 – 1 teen LS Bellville-Noord, verloor ongelukkig 5 – 8 teen LS Welgemoed, maar wen die 3de wedstryd 15 – 0 teen LS Totius. Ons opposisie vir die 4de wedstryd het ongelukkig nie opgedaag nie. Baie dankie en geluk aan juff. Anika en Marlize asook ons o.10A-netbaldogters wat die dag as ware...
Lees Verder