Beste Ouer/Voog

Sekere groottes van die sweetpakbroeke is tans min of uit voorraad. Daar is ‘n probleem met die invoer van die lap en gaan dalk nog ‘n rukkie vat voor ons weer voorraad het. Indien dit die geval is dat jou kind(ers) nog nie ‘n sweetpakbroek het nie en die groottes wat hulle benodig uit voorraad is, dra gerus die ou sweetpakbroek indien julle dit nog het, of koop ‘n donkerblou sweetpakbroek by ‘n ander handelaar (dit kan dan gedra word tot dit te klein is, selfs al lyk dit nie presies soos ons s’n nie). Jammer vir die ongerief!