Glansryk in Wit!

Ons het hierdie tema vir 2024 se veiling gekies omdat dit tot ‘n universele eienskap van die mensdom spreek – die behoefte aan gemeenskap. Die tema simboliseer dat ons diversiteit omarm en dat ons saam sterker is as wat ons apart is, omdat ons ons unieke talente met mekaar deel.
“Alles in wit”-partytjies het die afgelope klompie jare al gewilder geraak, onder meer danksy die elegante Dîner en Blanc-byeenkomste wat in Frankryk begin het. Met hul wit uitrustings as ‘n simbool van hul samesyn, bring hierdie sjiek partytjies mense van diverse agtergronde byeen. Terwyl ‘n bietjie pret en intrige ingeweef word, vier hul die mensdom se vermoë om saam positiewe verandering teweeg te bring. Die tema herinner ons ook daaraan dat daar altyd meer is wat ons in ons menslikheid verbind as wat ons verdeel. Die tema sluit daarom goed aan by ons skool se leuse, “Wees Jouself”.

Ons moedig gaste vanjaar aan om in wit te skitter as ‘n simbool van ons gemeenskapsbande en die lig wat ons uitstraal. Ons is opgewonde oor hierdie elegante en betekenisvolle tema, maar jou teenwoordigheid is vir ons belangriker as jou uitrusting. As jy dus verkies om in ander kleure te skitter, wees gerus dat ons jou steeds met ope arms sal verwelkom.

Kom ons skep saam ‘n atmosfeer van inklusiwiteit, vreugde en bowenal hegte gemeenskap. Ons sien uit daarna om jóú daar te hê – presies nes jy is! Ons kan nie wag om almal daar te sien nie!