Skrywer: Suzaan Burger

Geagte Ouers / Voogde – 15 Maart 2024

Kwartaal 1 begin nou vinnig einde se kant toe staan met nog ‘n suksesvolle afsluiting van ‘n akademiese week. Week 9 is soos die res van die kwartaal gekenmerk deur verskeie aktiwiteite wat plaasgevind het. Die week het op Maandag, 11 Maart 2024, met netbal-ligawedstryde weg teen Laerskool Fanie Theron in die Noordelike voorstede afgeskop. Ons netbalspanne het tydens die snikhete dag hulle puik van hul taak gekwyt deur 10 van die 12 wedstryde te wen. Ek wil nie ‘n spesifiejke span uitsonder nie, maar ‘n eerste span van ‘n skool gee maar altyd die sogenaamde pas aan en stel die standaard, dus baie geluk aan die o.13A’s en juf. Ischké met hul puik oorwinning van 32 – 3. Sommige ouers mag dalk nie weet nie, maar ek was voorheen die skoolhoof van Laerskool Fanie Theron en dit was nogal op ‘n manier nostalgies en ironies om na meer as 3 jaar die skool weer te besoek om ons Jannies daar te gaan ondersteun. Ek was omtrent vriendelik deur hul leerders, personeel en ouers ontvang. Dit was ‘n baie spesiale ervaring, veral weens die feit dat hul leerders my nog steeds onthou het en my spontaan kom groet het om te hoor hoe dit gaan. Dit is weer aan my bevestig dat ek vir seker die beste beroep in die wêreld gekies het. Ek is dankbaar dat ek die...

Lees Verder

Jan Kas: Sportsakke

Neem kennis dat ons ‘n paar sportsakke ontvang het indien party ouers daarvoor gewag het. Bestel gerus aanlyn of kom maak ‘n draai in Jan Kas tydens winkelure: Maandae & Woensdae: 07:00 – 08:30 Dinsdae & Donderdae: 13:00 –...

Lees Verder

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid vir ouers/voogde skep om hul kind(ers) se musiekonderwyser te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om met ouers/voogde te gesels oor hul kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, Eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag met ouers wil bespreek. Ons nooi ouers/voogde daarom uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die tyd te bevestig sodat ons die nodige voorbereiding vir die ontmoeting kan tref. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van kwartaal 2 hier te sien. Ek lys ons musiekonderwysers se kontakbesonderhede: Rolene van Zyl | rolene@jvrprim.co.za Ben Reynecke | ben@jvrprim.co.za Larah Eksteen | info@larah.co.za Shannon Cook | shannonsjb@gmail.com Paul Richard | paulrichard07041986@gmail.com Brent January | brentjanuary1305@gmail.com Estelle Slabber | eeslabber@gmail.com Helecia Groenewald |...

Lees Verder

Netbaluitslae: 11 Maart 2024

Die netbaldogters het Maandag teen Fanie Theron gespeel. Die uitslae was soos volg: 0. 13A wen 32-3 0.13B wen 12-3 0.12A wen 20-5 0.12B wen 3-2 0.11A wen 7-4 0.11B wen 4-2 0.11C wen 3-0 0.10A verloor 5-7 0.10B wen 2-1 0.10C verloor 1-2 0.9A wen 11-1 0.9B wen 5-2 Baie geluk,...

Lees Verder

Markdag: 19 Maart 2024

Markdag vind Dinsdag, 19 Maart, vanaf 12:00 tot 12:45 plaas. Dit is die grondslagfase se beurt om markdag aan te bied. Leerders word herinner dat hulle nie klappers of lewende hawe mag verkoop nie. Karri sal vanaf Vrydag tot Maandagmiddag om 14:00 oop wees om ‘n tafel te bespreek indien jou kind(ers) in graad 1-3 iets by die markdag wil...

Lees Verder

Meneer Stoman verlaat JvR

Dit is vir ons baie hartseer om aan te kondig dat mnr. Warren Stoman, na ‘n bietjie meer as 5 jaar, ons skool aan die einde van dié kwartaal verlaat. Hy gaan ‘n nuwe avontuur aanpak en verlaat ongelukkig vir nou die onderwys. Ons wens hom alle voorspoed toe en wil hom hartlik bedank vir die groot bydra wat hy in die tydperk tot die skool gemaak het asook vir die wonderlike rol wat hy in baie Jannies en personeel se lewens gespeel het. Ons wens vir mnr. Warren alle voorspoed toe en gaan hom baie mis. Dit is dan vir ons baie aangenaam om aan te kondig dat mnr. André Lourens mnr. Stoman se graad 7-registerklas en vakke (Engels FAL en Tegnologie) gaan oorneem. Ons wens hom alle sterkte met sy nuwe rol toe en ons weet sommer dat hy ‘n groot sukses daarvan gaan maak! Ons sien ook uit om vir Keenan Faro by ons te verwelkom. Hy is in mnr. Lourens se plek as LO-onderwyser...

Lees Verder

Netbaluitslae te Porterville: 8 Maart 2024

Vrydag, 8 Maart het die netbal-Jannies aan die jaarlikse bulfees te Porterville deelgeneem. Hier volg die netbaluitslae: 0.11A Wen Pomario 11-3 Wen Wesbank 10-9 Wen Piketberg 8-1 Wen Porterville 10-2 0.12A Wen Vredenburg 16-3 Wen HP Williams 8-6 Wen Pomario 13-9 Wen Noord-Eind 14-3 0.13 A Wen Porterville 25-3 Wen Vredenburg 19-2 Verloor Wesbank 13-14 Wen Piketberg 14-6 Baie geluk met hierdie puik...

Lees Verder

Kaperjolle 2024 is om die draai!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00, by die Laerskool ‘n Pretdag vir oud en jonk! Straatkos-kompetisie – kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder) Kosstalletjies: Chip ‘n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling op Karri), en Oompa Loompa Treats Lekkergoedland Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges “Quad” speletjies Spookhuis Uitspan-zone vir groter kinders Musiek Kroegarea Kaartjies is reeds op Karri beskikbaar! Betaal vooraf die volgende: Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes: R165.00 – Wagyu “smash” kaasburger met tjips R150.00 – Panko gekrummelde hoenderburger en tjips R150.00 – Falafel shawarma en tjips R160.00 – Hoender shawarma en tjips (Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.) Teen Donderdag, 18 April: R100.00 – Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg! R230.00 – Kinder vermaak “combo” gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die “combo” van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg). R80 – graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone Kaperjolle Straatkos-kompetisie: SKRYF ‘N SPAN IN! ons hou dan mos van lekkerlip kos, kom kook bietjie bos aan jou eie straatkos Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en ‘n skakel na ‘n WhatsApp-groep om in te skryf. Kaperjolle Wit...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Parow-Oos: 6 Maart 2024

Die eerste liga wedstryd van die seisoen het begin! Baie geluk aan elke span. 0.7 A – verloor 0-2 0.7B – verloor 0-2 0.8A – verloor 1-3 0.8B verloor 0-2 0.9A wen 16-0 0.9B verloor 3-8 0.10A wen 5-3 0.10B gelykop 2-2 0.11A verloor 6-7 0.11B wen 5-1 0.12A wen 16-2 0.12B wen 5-2 0.13A wen 13-11 0.13B wen...

Lees Verder

Jan Kas Tweedehands

Jan Kas verkoop tweedehandse skoolklere! Hoe dit werk: Ouers wat tweedehandse klere het wat te klein is vir hul kind(ers) en bereid is om dit aan die skool te skenk, kan die gewaste klere na Jan Kas toe bring of saam met leerders skool toe stuur (na Suzaan Coetzee se kantoor toe). Merk asb. die sak waarin jy dit stuur met “donasie” indien moontlik. Tweedehandse items wat nog in ‘n goeie toestand is, sal deur die skool teen ‘n laer prys aan ouers verkoop word. Dit sal op die aanlyn winkel wees, gemerk as tweedehandse klere (kies gerus die Tweedehandse-filter) om te sien watter items en groottes tweedehands beskikbaar is. Ouers kan dit dan aanlyn of fisies in die winkel kom koop. Tweedehandse klere kan ongelukkig nie omgeruil word nie. Ouers aanvaar dat tweedehandse items moontlik ‘n haakplekkie of merkie op kan hê. Kyk asseblief uit vir die titel en simbool wat tweedehandse items van nuwe items onderskei. Klere wat a.g.v. hul toestand nie verkoop kan word nie, sal op ander maniere hergebruik word. Ons is besig om ‘n platform te ontwikkel, waar ouers items wat hulle nie wil skenk nie, maar eerder verkoop, kan adverteer. Ander ouers kan dan met die verkoper in verbinding tree om reëlings te tref vir die koop daarvan. Meer besonderhede hieroor sal later...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 8 Maart 2024

Ons gr. 7’s en 5’e het vanaf 28 Februarie – 01 Maart 2024 en die gr. 6’e vanaf 04 – 06 Maart die jaarlikse en gewilde skoolkampe bygewoon. Die gr. 5 – 7-leerders het die skoolkampe terdeë geniet en kon seker nie wag om al die interessante kampstories met julle as ouers/voogde en die ander gesinslede te deel nie. Natuurlik was hulle doodmoeg van die min slaap, die onbekende avontuur en al die opwinding. Tydens die kampe kon ons junior stadsjapies heerlik die natuur verken terwyl hulle in spanne moes saamwerk. Skoolkampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede, vereis deursettingsvermoë en ontwikkel leiereienskappe. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar het verseker hul ouers/voogde se smaaklike en tuisgemaakte kos asook die gemak van hul ouerhuise gemis. Ek glo hulle waardeer en is ook sommer weer van vooraf dankbaar vir al die wonderlike voorregte wat hulle baie keer as vanselfsprekend aanvaar. Die afgelope naweek het ons o.13A-rugbyspan aan die Hoërskool Hopefield Rugbydag op Saterdag, 02 Maart 2024, deelgeneem. Ons seuns het puik gevaar en wen beide wedstryde teen Jurie Hayes Primêr 20 – 5 asook 10 – 5 teen Hopefield Primêr. Wel gedaan, seuns en baie geluk aan ons afrigters, mnre. Erick en André, met die voorseisoenprestasies. Julle maak ons trots. Ons wens vir julle ‘n suksesvolle seisoen toe en mag dit vandag en môre goed tydens...

Lees Verder

Jan Kas: Skoonmaak van vlekke op wit van hemde

Ons het twee weke gelede ‘n nuusbrokkie in die nuusbrief geplaas oor middels wat kan help om vlekke of merke uit die wit van die skool-/sporthemde te kry. Ons het nog ‘n paar produkte getoets en het gevind dat hierdie produk die beste gewerk het – Blixem Water Base Degreaser. Dit is tans op TakeAlot teen ‘n spesiale prys...

Lees Verder

Tennisuitslae: 21 Februarie – 6 Maart 2024

Die afgelope twee weke het ons Seuns B en Gemengde B-span ons skool in verskeie wedstryde verteenwoordig. Die spelers toon uitstaande sportmangees en positiwiteit gedurende uitdagende wedstryde. Ons is trots op elke speler wat die skool se naam hoog hou gedurende hul spel met uitstaande gedrag op die tennisbaan. Die uitslae beloop soos volg: 21 Februarie 2024 Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1 21 Februarie 2024 Seuns B vs. Laerskool Welgemoed, verloor 0-6. Gemengde B span vs. Laerskool CBC Parklands, verloor 0-6. 28 Februarie, 2024 Seuns B vs. Laerskool Mikro, verloor 2-4. 6 Maart 2024 Seuns A vs....

Lees Verder

Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir hul foute te aanvaar?

Jou kind het ‘n fout gemaak of iets verkeerd gedoen. Wat is vir hulle dié ergste? Om dit te erken en bereid te wees om die gevolge te dra. Ongeag jou pogings om die waarde van eerlikheid by jou kind te vestig, mag hy/sy enige iets doen om nié verantwoordelikheid te aanvaar nie. Hoekom nie? Hier volg moontlike redes waaraan ons as volwassenes nie altyd aan dink nie: Vrees vir kritiek/verwerping: Jou kind mag bang wees om jou/die onderwyser/vriende teleur te stel. Deur nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie, hoop hulle om die negatiewe gevolge te ontduik wat mag volg. Hoe wil ek hê moet ander my sien? Kinders, net soos volwassenes, wil gesien word as goed, bekwaam en eerlik. Daarom “beskerm” hulle hierdie beeld deur die blaam op iemand te verskuif of te ontken hulle is skuldig. Hulle glo hulle gaan dan nie gekonfronteer word of iemand nie teleurstel nie. Om die gevolge te vermy: Deur die blaam op ander te plaas, hoop die kind hy/sy gaan die gevolge vryspring wat hy/sy weet gaan volg en waarvoor hy/sy nie kans sien nie. Gebrek aan emosionele regulering: Soms is die emosies wat mag volg – skaamte, skuldgevoelens/ verleentheid – vir die kind nét te veel om te hanteer. Om die blaam te verskuif, gebruik hulle hierdie verdedigingsmeganisme om nié hierdie uitdagende emosies in die oë te kyk nie. So,...

Lees Verder

2024 Beheerraadsverkiesing vir Termyn 2024 – 2027

Neem asb. kennis dat ons slegs vyf benoemingsvorms vir die 2024 Beheerraadsverkiesing teen die sperdatum van 04 Maart 2024 ontvang het.  Daar is net vyf vakatures vir die ouerkomponent van die Beheerraad daarom hoef die volgende nie meer plaas te vind nie: Die eerste benoemingsbekragtigingvergadering op Dinsdag, 05 Maart 2024, om 18:00 in die saal hoef, nie meer te geskied nie. Daar sal ook nie meer op Maandag, 18 Maart 2024 gestem hoef word nie. Dus baie geluk aan die volgende ouers wat die 2024 – 2027 ouerskomponent van die Beheerraad sal verteenwoordig: Merwe Scholtz Susan van der Walt Marié Cruywagen Stephen Hitchcock Hugo van den Heever My beste wense vergesel hulle en ek sien baie uit om die volgende drie jaar saam met hulle die skool na nog hoër hoogtes te lei.   Vriendelike Groete   Naas Beets...

Lees Verder

Fotodag: 12 Maart 2024

Klasfoto’s Individuele foto’s Familiefoto’s – broers en susters word saam afgeneem. Indien julle so ‘n foto wil hê, kan leerders na die saal gaan sodra daar afgekondig word dat familiefoto’s geneem gaan word. Kleredrag: Nuwe JvR-kleredrag. Dogters wat nog nie die nuwe rompies het nie, mag hul skorts...

Lees Verder

Skaakuitslae: 2-3 Maart 2024

Ons leerders het 2 en 3 Maart aan die tweede rondte van die skaak WP-proewe deelgeneem. Chris Derksen, Emma Snijders en Christina du Toit dring na die volgende rondte deur waar hulle die WP sal verteenwoordig. Baie geluk,...

Lees Verder

Welwillendheid 2024

Indien jy belangstel om by die skool se welwillendheid betrokke te raak of te help, sluit gerus by die welwillendheid-groep in die WhatsApp Community aan wat ons binnekort gaan skep. Die doel van die komitee is om te help met welwillendheidprojekte en om op die groep reëlings te tref indien behoeftige leerders van ons skool iets...

Lees Verder