Skrywer: Megan Zondagh

Ballet: Performance Awards – Sondag, 10 November 2024

Die volgende dansers neem deel aan die jaarlikse klassieke ballet “Performance Awards” op Sondag, 10 Nov 2024, te JvR @10vm Die beoordelaar is Laurence Kaplan Direkteur AAB NY. Almal is baie welkom om ons pragtige dansers te kom ondersteun. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees met parkering agter die skool.   Deelnemers: Gr1/2 Mila Maree Emily Theron Emma Wilke  Livia-Mae Liebenberg Amatullah Barsadien Heike Janse van Rensburg Vasti Swart Cornelia Opperman Iris Caldeira  Ciera February Sienna Kruger   Gr3/4 Isla Jooste Mika vd Walt Christa-Bella Swart  Heidi v Heerden Natalie Lawson    Gr5/6/7 Solange Stevens  Ella Grey  Gabriella Buckenham  Daniella Boshoff Larah Opperman Jessica Schincariol   Gr8/9 Kerala Allewell Karlien vd Walt  Lara Basson Emma Liebenberg   Break a leg!  x Juffou Barbie   Maak nota asb : Ons jaarlikse “Prysuitdeling en Einddans Funksie” is op Sondag, 8 Des, te JvR. Dis ‘n fees van danse en alle genre: modern, kontemporêr en klassiek. Al ons dansers neem deel met pragtige danse op die mooiste musiek. Kom ondersteun ons asb ! Almal, alle ouderdomme oud en jonk sal dit terdeë...

Lees Verder

Gr.4-7 Prysuitdeling: Aansoek vir Spesiale Toekennings

Alle gr.4 – 7-leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir ‘n spesiale prys by die prysuitdeling.    Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November, by juf. Lucia de Jager in. ‘n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word.   Veelsydigheid...

Lees Verder

Jan Kas sluit Vrydag, 29 November 2024

Jan Kas Sluit op 29 November Neem asseblief kennis dat Jan Kas Vrydag, 29 November 2024, vir die jaar sal sluit. Maak asseblief seker dat alle skoolklere voor hierdie dag bestel word. Die aanlyn winkel sal weer vanaf Vrydag, 10 Januarie 2025, vir bestellings oop wees. Die fisiese winkel maak Maandag, 13 Januarie 2025, oop. Spesifieke tye sal nader aan die tyd deur gegee...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 01 November 2024

Die mooiste, mooiste maand van die jaar is ongelukkig iets van die verlede en vandag groet November-maand ons met ‘n heerlike sonnige dag. Ons weet ook dat November-maand die begin van die sogenaamde ‘silly season’ is. Mense is gewoonlik teen die tyd van die jaar moeg van uitbranding, hulle gemoed is negatief en voel heeltemal oorweldig met die pas waarteen die jaar verbysnel. Ek sien dit elke jaar ook by die skool waar leerders, dikwels van wie ‘n mens dit die minste verwag, die eienaardigste dinge aanvang of selfs kwytraak. Selfs personeel sukkel om kop bo water te hou....

Lees Verder

Kyle presteer in skaak

Kyle het verlede Vrydag en Saterdag aan die “Chess Elevation Series” deelgeneem.     Hy het 1ste plek behaal vir die vlak 2-groep en was die enigste speler in sy groep wat geen wedstryde verloor het nie.    Baie geluk met hierdie puik prestasie, Kyle! Jy maak ons Jannie-harte trots!  ...

Lees Verder

Terugvoer: Oueropleiding met Carla de Beer en selfoonbeleid

Ons was so bevoorreg om Dinsdag, 22 Oktober, in die geselskap van die kundige op sosiale media gebied te kon wees. Carla de Beer het omtrent baie inligting en kennis aan ons oorgedra. Soos sy belowe het, plaas ons die wenke en inligting soos sy aan ons gestuur het hier.   Ons skool het die nodige maatreëls in plek. Gaan lees gerus die slimfoon en -horlosie gebruiksbeleid vir leerders deur.     Slimfoon en -horlosie gebruiksbeleid vir leerders   Volgens departementele riglyne moet alle leerders se selfone tydens skoolure en op die skoolterrein (skoolgronde) afgeskakel wees.   Leerders bring hul selfone op eie risiko skool toe en die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies of beskadiging daarvan nie.   Leerders moet soggens sodra die eerste periode begin hul fone by hul registeronderwyser inhandig sodat die onderwyser die selfone in die klas se kluis kan bewaar totdat die skooldag verby is.   Geen oproepe/boodskappe mag tydens klastyd of op die skoolterrein ontvang of gemaak word nie.  Indien daar ‘n krisis ontstaan, sal leerders wel toestemming ontvang om hul ouers te kontak, maar dan moet die oproep in die teenwoordigheid van die onderwyser (bv. net buite die klaskamer, in die gang) gemaak word.  Indien leerders wel ‘n dringende oproep aan hul ouers wil of moet maak, gaan gerus na ontvangs om die skool se telefoon te gebruik.   Indien leerders hul selfone...

Lees Verder

Die Zen Den gons 

Dis wonderlik hoe die Zen Den besig is om stadig die stigma omtrent angs en oorweldiging van emosies af te breek.  Leerders kry die geleentheid om hulself te reguleer en in die proses beter op hul skoolwerk te fokus. Hulle ontvlug vir enkele minute of sommer ‘n hele pouse na hierdie ruimte waartydens die kalm ruimte wanbalans herstel sodat hulle weer klasuitdagings in die gesig kan staar.   Ons poog om weekliks ‘n skrywe in die nuusbrief te plaas wat volgens verskillende temas sal handel.  Ons het met boelie begin aangesien daar navrae in die ouermeningspeiling hieroor was. Ons voel ook dat ons ‘n opvoedingsplig vanuit die Zen Den het sodat almal so goed moontlik ingelig oor ‘n verskeidenheid onderwerpe kan wees.  Opleiding is tog ons kernbesigheid.   Hierdie week se Jannie-gesprek vanuit die Zen Den, geskryf deur Marike Badenhorst:   Moontlike ouerskapsfoute wat ons mag maak Ouers probeer dikwels hul kinders ongemak spaar Terwyl ons probeer om aan ons kinders die heel beste te bied, skep ons dikwels vir hulle ‘n “mini ideale wêreld” – iets wat ons weet nie bestaan nie. In ‘n gegewe dag ervaar ons kinders deesdae min ongemak: fisies of emosioneel. As hulle verveeld is, gee ons vir hulle ‘n selfoon om hulle besig te hou. As hulle verloor, beloon ons hulle met hul eie “trofee” – hetsy iets wat hulle graag wil hê...

Lees Verder

KENNISGEWING VAN BEGROTINGSVERGADERING: 04 NOV 2024 OM 18:00

Belangike begrotingsvergadering Wanneer? Maandag, 04 November, om 18:00 in die skoolsaal Hoekom? Die nuwe BELA-wetgewing vereis dat minstens 10% van ons ouers (minstens 85!) die vergadering moet bywoon anders het ons nie ‘n kworum nie. Wat?  Ons bied die begroting vir 2025 aan en sal ook ‘n oorsig gee van die skool, BELA-wetgewing en ons breër planne En nog? Vir die wat dit bywoon sal ons ‘n spesiale kaartjie gee sodat jul kind(ers) die volgende dag kan sivvies skool toe dra en ‘n roomys kry! Toesig Juff. Naomi en Anika, sal Maandagaand oor die GF / ISF-leerders wie se ouers die begrotingsvergadering bywoon in hul klasse toesig...

Lees Verder

Kleure Atletiek: Nuwe Datums

Neem asb. kennis dat ons jaarlikse kleure-atletiek se datums verander het: Wo, 4 Desember: Velditems Vr, 6 Desember: Baanitems Baie van ons leerders neem op die oorspronklike datum aan die WP-tenniskompetisie deel. Beide dae vind gedurende skooltyd plaas en verdere inligting sal op ‘n latere stadium volg. Groete,...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 25 Oktober 2024 

Week vier van die laaste kwartaal kom net te vinnig tot ‘n einde met die jaar wat besig is om einde se kant toe te staan. Ek weet nie van julle nie, maar vir my voel dit asof die laaste gedeelte van die jaar net eenvoudig vinniger verby snel as die res van die jaar. Selfs die kersfeesversierings is besig om hul verskyning in winkelsentrums te maak. Oor ‘n bietjie meer as 2 weke begin die Gr. 7’s met hulle finale eksamen by die laerskool en net daarna begin die Gr. 4 en 6-leerders, maar dit nou eers daar gelaat.  Op Dinsdag, 22 Oktober, het ons weeklikse saalbyeenkoms plaasgevind, maar hierdie keer met ‘n bietjie van ‘n verskil. Ons het vanaf hierdie week 10 sitplekke vir ons ouers/voogde wat die saalbyeenkoms graag wil bywoon, gereserveer. Ons sal graag meer sitplekke wil uitsit, maar ongelukkig is spasie ‘n probleem. Ek glo hulle het die saalervaring terdeë geniet en moontlik het kosbare terugflitse van hul eie skoolervaringe in hul gedagtes opgekom. Die saalboodskap is op Dinsdag deur die Graad 7’s gelewer en dit het gehandel oor een van ons vier kernwaardes, naamlik eerlikheid. Baie dankie aan Hila, Jana, Milan en Ané wat die pragtige boodskap in die saal gelewer het. Stuur asseblief vir my ‘n e-pos indien jy ook belangstel om ‘n saalbyeenkoms op ‘n Dinsdag vanaf 07:40 – 08:30 by...

Lees Verder