Sondag, 8 November 2026 | 14:00 | Laerskool Jan van Riebeeck
Die Barbara Schreuder Dansskool bied op Sondag, 8 November, die jaarlikse American Academy of Ballet (AAB) Performance Awards by Laerskool Jan van Riebeeck aan. Vanjaar se beoordelaar is Sidwell Roman van die School of Ballet in Knysna, wat ook as AAB-beoordelaar dien.
Ons dansskool bied eksklusief aan Jan van Riebeeck-leerders opleiding in verskeie dansgenres, met ‘n sterk fokus op goeie tegniek, individuele aandag en die ontwikkeling van elke danser se talent.
Hierdie naweek is dit ons balletdansers se beurt om te skitter! Die AAB-program bied aan dansers die besondere geleentheid om aan ‘n internasionaal erkende balletprogram deel te neem, met pragtige klassieke musiek en voorgeskrewe choreografie.
Hoewel al ons balletdansers AAB-opleiding ontvang, is deelname aan die Performance Awards vrywillig. Ons is daarom besonder trots op die dansers wat ons dansskool hierdie naweek gaan verteenwoordig. Om deel te neem, is reeds ‘n prestasie op sigself!
Ons dansers sien ook reeds met groot opgewondenheid uit na ons jaareindfunksie op Sondag, 6 Desember 2026, waar hulle hul vaardighede in verskillende dansstyle, insluitend prettige danse en selfs ‘n bietjie hip-hop, ten toon sal stel.
Baie sterkte aan die volgende deelnemers:
- Graad 1: Charlie de Klerk
- Graad 2: Heike Louw en Ada Uys
- Graad 3: Mila Maree, Emily Theron, Cornelia Opperman, Emma-Jane Wilke en Lia Sauer
- Graad 4: Ciera February
- Graad 5: Mika van der Walt, Christa-Bella Swart en Hanna Louw
- Graad 6: Heidi van Heerden en Anabel Brink
- Graad 7: Solange Stevens en Jana van Gijsen
- Graad 8: Ella Grey
- Graad 10: Kerala Allewell en Karlien van der Walt
- Graad 11: Lara Basson
Ons nooi almal hartlik uit om ons dansers te kom ondersteun en saam in hierdie besondere geleentheid te deel.
Break a leg, dansers!
Juf. Barbie