Kihandré in Gr. 2T is doof en gebruik ‘n spesiale Bluetooth-toestel wat sy onderwyseres se stem direk na sy gehoorapparate stuur. Dit help hom om agtergrondgeraas uit te skakel en beter in die klas te kan hoor.
Die toestel het verlede Vrydag verdwyn, moontlik by die klas of nasorg. Ongelukkig is dit ‘n duur stuk toerusting wat ongeveer R23 000 kos om te vervang.
Indien enige ouer of leerder die toestel gesien of dalk opgetel het, vra ons vriendelik dat dit by die kantoor ingehandig word. ‘n Foto van die toestel word aangeheg (Kihandré s’n het ‘n toutjie aan).
Baie dankie vir julle ondersteuning en hulp.
