
Inskrywings sluit 13 November, so finaliseer asseblief julle spanne spoedig!
SKRYF HIER IN:
Ouersport en Pretdag Inskrywings
Heerlike pryse is op die spel — baie dankie aan al ons borge wat reeds ingespring het!
🎤 Ope-mikrofoon (Open Mic):
Ons nooi alle leerders en musikante hartlik uit om deel te neem aan ‘n buitelug-ope-mikrofoon op die dag!
- Oop vir sang, elektroniese klawerbord, en enige instrumente wat jy self kan saambring.
- Neem asseblief kennis dat dit ‘n minimale klankopset buite sal wees.
- The Studio – New Rising Arts behartig die musiekstasie.
👉 Stel jy belang om op te tree? Voltooi asseblief die vorm hier:
🎉 Is jy nie een vir op die sportveld of verhoog nie? Geen probleem nie!
Daar is werklik iets vir almal.
Sien julle almal by die Ouersportdag 2026!
