Die prysuitdeling is om die draai! Gr.4 – 7-leerders kan aansoek doen vir die volgende spesiale toekennings by die prysuitdeling:
 
Algehele veelsydigheid t.o.v. akademie, sport en kultuur: Gr.6 en 7
Mees veelsydige sportleerder: Junior (gr.4/5) en Senior (gr.6/7)
Mees veelsydige kultuurleerder: Junior (gr.4/5) en Senior (gr.6/7)
 

Die vorm en bewyse (afskrifte) van die leerder se prestasies moet voor of op 20 November by juf. Lucia de Jager ingehandig word. Geen e-posinskrywings/bewyse sal aanvaar word nie.

Laai vorm hier af – Veelsydigheid Gr. 4-7 2026