Skrywer: Megan Zondagh

Gemak vir die sitvlak!

Binnekort beskikbaar: ‘n gemaklike, spons-kussing – perfek vir langs die sportveld of enige skoolaktiwiteit. Sag, lig en dra maklik – jou ideale sitmaat vir ure se ondersteuning en warmte! Bestel nou op...

Lees Verder

Jannies gee om: Kwartaal 2, 2025

Help ons om ‘n verskil te maak – gee jou ou sporttoerusting ‘n tweede lewe! Het jy dalk ‘n bal, kolf of raket wat al ‘n rukkie stof staan en vergaar? Ons almal het daardie sporttoerusting wat net in ‘n kas weggebêre is — gaan loer gerus en kyk wat jy kan opspoor! Ons wil graag ons buurskool, wat tans deur moeilike tye gaan, help deur bruikbare sporttoerusting aan hulle te skenk. Wat soek ons? Ou, maar steeds bruikbare sporttoerusting soos balle, kolwe, rakkette – en enigiets anders wat nog in ‘n goeie toestand is. Waarheen? Bring jou donasie na Juffrou Michelle Compion se klaskamer. Wanneer? Ons versamel van Maandag 5 Mei tot Vrydag 13 Mei. Laat ons saamwerk en sport pret vir almal moontlik...

Lees Verder

Junior en Senior Kooroptrede: Hs JvR Reünie Kultuurkonsert

Ons junior- en seniorkore tree binnekort op by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Reünie Kultuurkonsert. Hier volg die besonderhede: Datum en Tyd: 8 Mei om 18:30. Koorlede moet asseblief teen 18:15 by Hoërskool Jan van Riebeeck aanmeld. Die junior- en seniorkore sal na afsonderlike klaskamers geneem word, waar hulle sal opwarm en wag vir hul beurt om op te tree. Die konsert behoort teen die uiterste teen 20:30 klaar te wees. Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck Kleredrag: Formele somer skooldrag Die konsert is gratis, en ons nooi almal hartlik uit om dit by te woon en die musiek saam met ons te geniet. Kontak gerus vir Juffrou Rolene met enige verdere navrae....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 25 April 2025

Ek glo dat almal ‘n heerlike en geseënde tyd saam met familie en vriende oor die afgelope Paasnaweek geniet het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die Paasnaweek, veral gegewe die feit dat die paaie gedurende dié tyd van die jaar buitengewoon besig is en tragies genoeg dikwels kosbare lewens eis as gevolg van motorongelukke. Ek wil graag vir Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘Paashase’ bedank wat verlede week op Donderdag, 17 April, vir die Grondslagfase-leerders paaseiers kom uitdeel het. Ons graad 1-leerders was in ekstase om die sogenaamde Paashase in ‘lewende lywe’ te ontmoet en vir hulle drukkies te kon gee. Baie dankie aan die leerderraad van die hoërskool vir die wonderlike bederf – ons waardeer dit opreg! Neem asseblief kennis dat volgende week (Week 4: 28 April – 2 Mei) ‘n volledige week van skoolvakansie is. Hierdie welkome blaaskans sluit twee openbare vakansiedae en drie skoolvakansiedae in. Dit is belangrik dat ons nie die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Op 27 April vier ons jaarliks Vryheidsdag in Suid-Afrika – ‘n baie belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is ‘n geleentheid om ons leerders bewus te maak van die waarde van hierdie dag. Vryheidsdag is ingestel om die eerste post-apartheidverkiesings te herdenk – ‘n mylpaal op 27 April 1994, toe alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18, ongeag ras,...

Lees Verder

 Geagte Ouers / Voogde – 17 April 2025

Ons Kaperjolle het darem nét sy eie sjarme en nie eens gure weer kon op die dag die kosbare samesyn van ons skoolgemeenskap demper nie. Die heerlike kuier en samesyn is nog steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 12 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se sosiale kalender, veral vir ons leerders. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en hulle glad nie aan die reënbuie gesteur nie. Volgens die leerders was die besoek aan die spookhuis die gewildste aktiwiteit om te doen. Nie eers ’n skrikwekkende foto van die skoolhoof of gerugte dat spoke in die gange rondloop, het die leerders afgeskrik nie. Volgens die leerders was my ‘gedramatiseerder’ foto blykbaar nie vreesaanjaend genoeg nie en daarom was hulle dus nie bang nie. Leerders het in lang rye tougestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ’n kans is dat ’n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Ek glo dat die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog, ons leerders en selfs volwassenes, fasineer. Baie geluk en ook groot dankie aan ons ouers wat die smaaklikste disse by hul onderskeie stalletjies opgedis het vir ieder en elk om te proe. Die fraai versierde kosstalletjies het die geleentheid...

Lees Verder

Die Waterbuffel-Burgerfees: Terugvoer

Die Waterbuffel-Burgerfees, wat op 14 Maart by ons skool, Laerskool Jan van Riebeeck, plaasgevind het, was ’n groot sukses! Ons is deur Babylonstoren uitgedaag om ’n hele waterbuffel – in die vorm van ’n burger-marathon oor twee dae – aan te pak. Met die beste bestanddele, ruimlik deur hulle geskenk, is ons taak aansienlik vergemaklik. Hier volg ’n paar statistieke: Ongeveer 1 800 patties is ontvang. Oor twee dae het ons altesaam 1 500 frikkadelbroodjies gaar gemaak – waarvan ons onder andere die magies van ons buurskool, Prestwich Primary, gevul het, en 1 000 in ons gemeenskap verkoop het. Helpende hande het ingesluit: 80 ouers wat brood gesny en gesmeer het 40 kinders wat die frikkadelbroodjies gebou het 25 braaiers Die gemeenskap van LJvR het heerlik gesmul, en die oorblywende 300 patties is vinnig opgeraap. Die bolletjies wat nie gebruik is nie, is aan Kaapstad Kinderhuis geskenk. Die samesyn was wonderlik, en die vure het reeds van 16:00 af hoog gebrand. Met lekker musiek in die agtergrond is die feesmaal in volle gees geniet. Nie net was dit ’n heerlike middag nie – ons het ook R34 860 se profyt vir die skool gemaak! OOV-groete, Susan...

Lees Verder

Christiaan Cronje presteer in stoei

Ons is ongelooflik trots op Christiaan Cronje (Freestyle, FS-O/10) wat ’n goue medalje gewen het! Nie net het hy homself met groot waardigheid op die mat gedra nie, maar die afrigters en spanbestuurders het hom ook aangewys as Parow se Junior Stoeier van die Toernooi. Welgedaan, Christiaan – jy is ’n...

Lees Verder

Jannies Talent Inskrywings

Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent! Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree. Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig. Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie! Skryf gerus in deur die volgende skakel te volg: https://forms.office.com/r/JYp5GEvefs?origin=lprLink Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie. Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting: ????...

Lees Verder

Ons verwelkom ‘n nuwe Jannie

Dit is vir ons ’n voorreg om ’n nuwe personeellid, Me. Sue-Ann Bouw, aan u voor te stel en by ons skool te verwelkom. Sue-Ann het op 7 April by ons aangesluit in die rol van Skoolondersteuningsassistent, waar sy hoofsaaklik in Jan Kas werksaam is. Sy is oorspronklik van Knysna en het in 2021 Kaap toe getrek. Sedertdien het sy by Takealot in verskeie poste gewerk – van aanlynmode tot in die kliëntediensafdeling. Sue-Ann bring sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede na ons skool se administratiewe span. Ouers/voogde en leerders sal haar vriendelike gesig in Jan Kas en in die administrasieblok sien. Baie welkom, Sue-Ann! Ons vertrou dat jy baie gelukkig by ons gaan...

Lees Verder