Podiumpret Redenaars: Augustus 2024

Baie geluk aan die volgende leerders se prestasie tydens die finaal van Podiumpret se redenaarskompetisie: Petronella Gouws (Graad 2): 10de in kategorie Jean-Jacques Rossouw (Graad 2): 23ste in kategorie Ons is baie trots op julle!

Disco vir ‘n doel! SA Kinderhuis (SACH)

Quicket: Maak 'n donasie hier Die SA Kinderhuis (SACH) is ons gemeenskap – afgesien daarvan dat die huis net om die draai is van die skool, ken julle baie kinders wat daar is en was. Die sowat 40 kinders in ons sorg word mooi na gekyk deur die wonderlike bestuurspan wat afhanklik is van donateurs en fondsinsamelings. Baie van julle doen reeds jul deel en help waar julle kan daarvoor is ons as die raad, baie dankbaar. Die jaar wou ons iets nuut probeer en ons wil graag ons Jannies-skoolouers ook daar hê (en bring almal wat lekker is saam). Okay ja, dit is ‘n persoonlike versugting om weer saam met lekker mense ‘n dansvloer vol te pak, te eet en te kuier. Daarom hou ons ‘n disco op Media24 se besonderse Nasdakvenue saam met Kaapstad se top-geleentheidsorganiseerders XL Events en internasionale DJ Marné (wat ook weet hoe om middeljariges aan die gang te kry). Dis Vrydag die 6de September (die Bokke speel die volgende dag). TV-sjef Herman Lensing se span gaan heerlike kos maak en daar sal genoeg borrels, wyne en biere wees. Dis alles ingesluit. Die borge help sodanig dat omtrent jou hele kaartjieprys na SACH toe kan gaan. Baie mense vra of ons gaan aansit vir ete: Nee, dis ‘n informele storie – maar jy gaan gemaklik kan sit of staan en eet. En jy kan aantrek wat jy wil! Die wat die Disco-tema wil gestand doen, is welkom. Sien asseblief die skrywe vir nog inligting. As jy dit nie kan maak nie, kan jy ook op Quicket ‘n donasie maak. Hoop ons sien jou op...

Senior Koorlede: Optrede by saalbyeenkoms, 27 Augustus 2024

Alle Senior Koorlede moet asseblief Dinsdagoggend, 27 Augustus, teen 07h00 by die skool wees om op te warm voor hul optrede by die saalbyeenkoms. Laat weet asseblief vir juf. Rolene indien daar koorlede is vir wie dit nie moontlik is om vroeër by die skool te wees nie. Baie...

Abi Fourie presteer in gimnastiek: September 2024

Abi Fourie het op 9 Augustus WP-kleure vir Ritmiese Gimnastiek ontvang. Baie geluk, Abi! Sy gaan in September die Wes-Kaap verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Ons is baie trots op jou!

Algemene konsertreëlings 2024:  Somewhere over the rainbow 

2, 4, 5, 9, 11 en 12 September 2024:  19:00 – 21:00  Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat) Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman.  Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer.  Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat) Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees.  Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word.  Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer.  Parkering Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak.  Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak.  Veiligheid en kontrole: Afhaal van leerders by hul klaskamer Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken.  Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word.  Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie.  Leerders van ouers wat die konsert bywoon, moet wag in die klasse waar daar toesig is en geensins buite wag/rondhang nie.    Leerders moet betyds (nie later as 21:00 nie) gehaal word.  ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID VERANTWOORDELIK!  Toesig: Onderwysers sal toesig by die onderskeie klasse hou. Skooltye: Tydens die week (Ma., Wo., Do. e n Vr.)...

Interskoleprogram

Volg die skakel hier onder vir die volledige program: https://bit.ly/interskoleprogramaug24

Geagte Ouers / Voogde – 16 Augustus 2024

Die jaarlikse interskolestryd tussen die Laerskole Jan van Riebeeck en Dirkie Uys is weer op hande. Dit is dan my eer om al ons besoekers vanaf Moorreesburg hier in die pragtige Moederstad hartlik te verwelkom. Ons wens vir julle ‘n wonderlike interskole-ervaring toe en by voorbaat dankie aan ons skoolgemeenskap wat ons besoekers met ope arms sal ontvang.  Dus het week 6 van die akademiese kwartaal tradisioneel met die ‘Geesweek’ afgeskop as deel van die jaarlikse Interskolebyeenkoms. Om gees te vang het ons vir elke dag die afgelope week ‘n spesifieke tema gehad en dit sluit die volgende in:  Maandag, 12 Augustus:  Ouma- en Oupadag  Dinsdag, 13 Augustus:  Olimpiese Spele  Woensdag, 14 Augustus:  Bloudag met die wedstryde tussen Onnies en Ouers/voogde  Donderdag, 15 Augustus:  Country vs Country Club  Vrydag, 16 Augustus:  Oranjedag, ‘’Groot Brag’’ en hokkiewedstryde  Saterdag, 17 Augustus:  Rugby- en netbalwedstryde  Die interskole is vir seker ‘n wonderlike tyd van die jaar vir die leerders daarom het hulle behoorlik die afgelope week geesgevang en getrou elke dag volgens die bogenoemde temas aangetrek. Ons weet die mededinging tydens die interskole gaan fel wees daarom wil ek by voorbaat ons ouers/voogde bedank vir hul onvoorwaardelike ondersteuning asook die daarwees wanneer daar gewen word, maar belangrik ook as daar verloor word. Mag ‘n gunstige tellingbord bloot ‘n meevallertjie wees. Verloor is nooit lekker nie, maar soos ek gereeld tydens die saalbyeenkomste vir ons Jannies leer: ‘n mens leer dikwels net as jy verloor. Mag goeie sportmansgees vanjaar se wenner wees.  Laat my ook toe om al ons organiseerders, onderwysers, afrigters en personeel wat die opwindende geleentheid moontlik maak hartlik te bedank vir hul harde...

Jan Kas: Nuwe tye

Neem asseblief kennis dat Jan Kas-tye aangepas is en vanaf Maandag, 19 Augustus, gevolg sal word.  Die nuwe Jan Kas-tye is as volg: Maandag & Woensdag: 07:00 - 08:00 Dinsdag & Donderdag: 13:30 - 14:30 Spaar tyd en koop aanlyn! https://jankas.jvr.digital/koop/ Items wat aanlyn gekoop word, word by jou kind se klas...

Barbara Schreuder Dansskool: Moderne dans assessering en belangrike datums

Belangrike datums om van kennis te dra: Saterdag, 24 Augustus: Modernedans Assessering@JvR Saterdag, 9 November, en Sondag, 10 November: American Ballet Awards @JvR   Die Barbara Schreuder Dansskool neem deel aan die jaarlikse Moderne Dans Assessering op Saterdag, 24 Augustus 2024, te JvR  Program A @ 11.00vm  Program B @ 1.30 nm Mev Belinda Mesecke van Durbanville is die beoordelaar.   Dansers demonstreer verskeie genres Moderne dans bewegings en interessante danse insluitende voorgeskrewe Eisteddfod danse op musiek van toeka tot nou. Almal is baie welkom! Kaartjies by die deure. R60 Volwassenes R40 Skoolgaandes   Ons is baie trots op die volgende dansers wat deelneem : Juniors Gr1 tot Gr 4 Mila Maree Emily Theron Emma-Jane Wilke Livia-Mae Liebenberg Amatullah Bassardien Heike Jansen van Rensburg Vasti Swart Cornelia Liebenberg Anya Greeff Ciera February Iris Caldeira Sienna Kruger Ella Fischer  Mika vd Walt Christa-Bella Swart Lucy le Roux  Heidi v Heerden Natalie Lawson Ella Nel   Seniors :Gr 5 en ouer Solange Stevens Gabriella Buckenham  Ella Grey Jessica Schincariol Larah Opperman Daniella Boshoff Karlien vd Walt Kerala Allewell Lara Basson  Emma Liebenberg   BREAK A...

Konsertkaartjies: Augustus 2024

Die tyd stap nader en ons is amper gereed om die kaartjieverkope oop te maak! Die kaartjieverkope vir die konsert sal op Maandag, 19 Augustus 2024, open. Hou asseblief die WhatsApp announcement groep dop! Die skakel na Quicket sal daar gedeel word.  

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor