2, 4, 5, 9, 11 en 12 September 2024:  19:00 – 21:00 


  1. Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat)
  • Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman. 
  • Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer. 
  1. Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat)
  • Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees. 
  • Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word. 
  • Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer. 
  1. Parkering
  • Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak. 
  • Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak. 
  1. Veiligheid en kontrole: Afhaal van leerders by hul klaskamer
  • Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken. 
  • Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word. 
  • Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie. 
  • Leerders van ouers wat die konsert bywoon, moet wag in die klasse waar daar toesig is en geensins buite wag/rondhang nie.   
  • Leerders moet betyds (nie later as 21:00 nie) gehaal word. 

ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID VERANTWOORDELIK! 

  1. Toesig: Onderwysers sal toesig by die onderskeie klasse hou.
  1. Skooltye:
  • Tydens die week (Ma., Wo., Do. e n Vr.) van die skoolkonsert sal die skool smiddae vroeër verdaag. Tydens hierdie vier dae sal die Dinsdagrooster gevolg word met per. 7 aan die einde van die dag.  

Gr. 1 – 3 om 13:00 

Gr. 4 – 7 om 13:15 

  • Op Dinsdae wanneer daar nie die aande konsertvertonings is nie, sal die skool volgens die normale skooltyd verdaag sodat kooroefeninge steeds kan voortgaan. 
  • Nasorg sal steeds voortgaan. 
  1. Konserttye: (19:00 – ongeveer 21:00)

Leerders moet asb. betyds by hul registerklasse aanmeld. Hulle sal dan gegrimeer word en tyd hê om aan te trek. 

Neem ook kennis dat die grade op 2, 4, 5, 9 en 11 September verskillende tye tydens die konsert klaar maak. Sien hier onder die tye wat die onderskeie grade by hul registerklasse moet aanmeld en afgehaal kan word. Indien jou kind nie op hierdie aande vroeër kan huis toe gaan nie, sal daar steeds tot 21:00 toesig wees wanneer die konsertvertoning verby is. 

*Neem kennis dat die kleedrepetisie Maandagoggend, 2 Sept, gedurende skooltyd plaasvind. 

  1. Grande Finale

Die Grande Finale sal slegs tydens die laaste vertoning, Donderdag (12 Sept.), plaasvind. Alle leerders van Gr. 1 – 7 moet dan tot die einde van hierdie konsertvertoning bly. Die konsert behoort nie langer as 2 ure te duur nie. Ouers wat nie die konsert bywoon nie, moet asb. seker maak dat hulle reeds vir die leerders wag wanneer die konsert klaarmaak. Leerders moet by hul registerklasse gehaal en uitgeteken word. 

  1. Foto’s en ‘n video van die konsert:

Fotograaf:  Annene van Eeden neem foto’s van die konsert (voor en tydens die kinders op die verhoog is). Bestellings kan teen R150 per gesin op Karri geplaas word.  

Videograaf: Daar word ook ‘n video deur Epitome van die konsert gemaak. Bestellings kan teen R180 per gesin op Karri geplaas word. 

  1. Buitemuurse aktiwiteite:

Leerders moet asb. so ver moontlik smiddae probeer rus aangesien dit ‘n lang en uitputtende twee weke vir hulle raak. Daar sal geen buitemuurse skoolsport aangebied word nie en daar sal nie huiswerk gegee word nie. Ons fokus spesifiek op die konsert gedurende die tydperk. 

  1. Etes, peuselhappies in klasse

Dieselfde konsep (bestelling deur Karri-toep) wat gevolg word om etes vir pouses te bestel, sal smiddae (2,4,5,9,11 en 12 Sept.) gevolg word. Die etes sal teen 17:00 elke middag gereed wees om by die snoepie afgehaal te word. 

Geen kosstalletjies of wynverkope sal beskikbaar wees nie. Die snoepie sal ook nie oop wees nie. 

Leerders mag water en peuselhappies klas toe bring wat nie vetterig en morsig is nie. Hierdie reëling sal van graad-tot-graad verskil. Geen etes mag in die klas plaasvind nie.  Leerders moet tuis of op speelgrond/by nasorg klaar eet voordat klasse betree word.  

  1. Grimering en kostuums:

Grimering:   

*Elke graad se grimering verskil afhangend van hul kostuums; 

*’n Voorbeeld sal by die grade beskikbaar wees van hoe grimering moet lyk indien dit iets spesiaal is, ouerhulp sal graad-tot-graad verskil en met ouers gekommunikeer word. 

Kostuums

*Kostuums word netjies na elke vertoning in die klas gehang; 

*Kostuums word duidelik gemerk; 

*Ouerhulp sal net soos by grimering van graad-tot-graad verskil en met ouers gekommunikeer word. 

*Geen kostuum mag huis toe geneem word aan einde van laaste vertoning/Grand Finale nie.