Museum van Honde: Keramiekklasse vir kinders
Op Saterdag, 21 September, bied ons tweetalige keramiekklasse vir kinders aan, waar hulle die kans kry om hul gunsteling hond te beeldhou. Dit is 'n prettige en kreatiewe ervaring onder die leiding van die museum se keramiekkunstenaar, Tania Babb. Bespreek kaartjies hier:...
Musieklesse: Maandag 2 September
Daar sal geen musieklesse op Maandag, 2 September, plaasvind nie. Maandag gaan die kinders en onderwysers volkome fokus op die kleedrepetisie en finale voorbereiding vir die skoolkonsert. Ons gaan Dinsdag, 3 September, weer voort met musieklesse. Kontak my gerus indien daar enige vrae is. Rolene van...
Geagte Ouers / Voogde – 30 Augustus 2024
Augustus-maand het net te vinnig tot ‘n einde gekom terwyl Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen aan Kaapstad bekend te stel nie. Dit is ongelooflik dat ons die een kouefront op die ander kry wat groot hoeveelheid reënvalneerslae bring. Selfs die nuutste weervoorspelling toepassing sukkel om by te hou. Ons weet ook dat Lentedag tradisioneel orals in Suid-Afrika op 01 September gevier word, maar hier in die Moederstad gaan dit ons ongelukkig nog nie op 01 September beskore wees nie. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warmer weer met heerlike sonskyndae en bome vol pragtige lentebloeisels wat die hele omgewing ophelder. Kom ons hoop dat ons warm baadjies binnekort met warmer dae vervang sal word. Graag wy ek die grootste gedeelte van my nuusbrief dié week aan die nuwe leerontwikkelingsentrum wat op Maandag, 26 Augustus, amptelik sy deure oopgemaak het. Hierdie wêreldklas-sentrum met al sy moderne meubels, speelgoed en apparate is tot stand gebring as gevolg van die ruim skenking van Whitey en Annalise Basson asook Mari en Brynn Kushner. Ons is vir julle as familie baie dankbaar en ons is saam met julle baie trots op die merkwaardige ruimte. Na deeglike oorweging en konsultasie is daar op ‘n baie gepaste naam, naamlik Zen Den besluit. Die leerders is eens dat Zen Den ‘n baie “cool’’ naam en plek is. Die betekenis van Zen Den is soos volg: Zen: Dit is die Japanese uitspraak van ‘n Chinese woord wat ‘n gevoel van rustigheid en balans binne jouself verteenwoordig. Den: ‘n Plek waar ons leer om self slim keuses te maak. By die...
Rugby op die grootskerm: Saterdag, 7 September 2024
Foto- en videobestellings: Konsert 2024
Bestellings kan nou op Karri plaas word. Fotograaf: Annene van Eeden neem foto’s van die konsert (voor en tydens die kinders op die verhoog is). Bestellings kan teen R150 per gesin op Karri geplaas word. Videograaf: Daar word ook ‘n video deur Epitome van die konsert gemaak. Bestellings kan teen R180 per gesin op Karri geplaas word. BELANGRIK: Maak asb seker dat jy slegs een keer vir jou gesin bestel. M.a.w. een betaling vir foto’s en een betaling vir die...
Felix-sussies soek verblyf
Konsert: Nasorgtoesig
Goeiedag ouers en personeel. Madri en Felicity by die nasorg wil graag vir die ouers 'n toesig geleentheid bied tydens die konserttyd vanaf 17:15 tot en met 18:00 teen R100 per leerder, per aand. Hulle sal sorg dat leerders 'n ete kry soos vetkoek en sop of 'n boereworsrolletjie. Die leerders sal skoon en netjies 18:00 na hul klasse toe geneem word. Indien jul belangstel kan julle gerus vir Madri kontak by 0712876579....
Oud-Jannies maak ons trots: HS JvR leierskap 2025
Ons is uiters trots op die leerders van HS JvR wat hul skool in leierskapposisies verteenwoordig. Dis die oud-Jannies waarop ons in besonder verheug is! Graad 9 VRL: Carmen Barnard, Johan Symington, Jan-Willem Silvis, Stella Lamprecht en Katia van Wyk. Graad 10 VRL: Cara Swanepoel, Albert Griesel en Helene Greeff. Graad 11 VRL: Daniel Wasserman, Luca Zulch en Fredrich Erasmus. Graad 12 Leerderraad: Roelf v.d. Merwe, Stella Malan, Christian Viljoen, Kianna-Gro Liversage, Emma Bartel (onderhoofdogter) en Lara-Lisa Senekal (hoofleier en...
PlezierMarkt 2024: HS Jan van Riebeeck & Welgemeend
Kliek hier of op die foto vir meer inligting.
Karu presteer in aksienetbal
Karu Rademeyer het die afgelope jaar, as deel van die Western Cape Coastal-netbalprogram, twee aksienetbalspanne tydens hul weeklikse aandligawedstryde verteenwoordig. Karu is die hoofdoel van beide spanne. Tydens die afgelope week se finale rondes, het Karu en haar spanmaats van Thunderballers (o.12's en o.13') en Golden Mustang (o.13-provinsiale spelers) in beide afdelings die goue medaljes verower. Karu is boonop in dié naelbytwedstryde as speler van die wedstryd aangewys. Wel gedaan, Karu! Jy maak ons trots!...
Christiaan Cronje Presteer in Stoei
Christiaan Cronje het Saterdag, 24 Augustus 2024, aan die WP-stoeikampioenskappe deelgeneem. Hy is op 27 Augustus 2024 gekies om deel van die WP-stoeispan te wees. Baie geluk, Christiaan! Ons is trots op jou.
Geagte Ouers / Voogde – 23 Augustus 2024
Na afloop van die jaarlikse Interskole wat oor die afgelope naweek tuis teen Laerskool Dirkie Uys plaasgevind het, kan ek nie anders as om spesiale melding daaroor in my weeklikse nuusbrief te maak nie. Die opwinding met die Interskole het op Maandag, 12 Augustus, met die afskop van die Geesweek begin en die spreekwoordelike kersie op die koek was die ‘Groot Brag’ wat Vrydagoggend vanaf 09:00 – 10:00 in die saal plaasgevind het. Vanjaar het die geeskomitee nog ‘groter’ gegaan en almal se verwagtinge oortref met die aanbied van ‘n baie spesiale ‘Groot Brag’. Indien jy gedink het dat ons ‘n ‘Baby Brag’ aanbied, maak jy ‘n groot fout. Die ’Groot Brag’ is met ‘n spesiale video afgesluit waarin al die personeel hul onderskeie dansies en aksies uitvoer as deel van die ‘olimpiese’ geesvang asook om ons leerders sterkte met die Interskole toe te wens. Dit is weereens ‘n bewys van die goeie gees wat onder die personeel heers asook hul omgee-karakter wat baie kosbaar is. Die Hoërskool Jan van Riebeeck was ook deel van hierdie verrigtinge en onder leiding van hul Interskole rasieleiers het ons sommer heerlik in die saal liedjies gesing en behoorlik geesgevang. Baie dankie aan mnr. Rademeyer wat ook die verrigtinge bygewoon het. Na afloop van die voorstelling van ons eerstespanne is daar nog ‘n spesiale video aan ons leerders vertoon waarin verskeie bekende Protea-sportsterre al ons spanne sterkte met die Interskole toegewens het. Ek wens ons het genoeg spasie in die saal gehad om ook ons ouers te nooi om saam met ons die ongelooflike funksie en gees te kon ervaar. Graag bedank ek...
Konsertreëlings en kaartjies: Augustus 2024
Konsertreëlings: Volg hierdie skakel om die volledige konsertreëlings te sien: https://bit.ly/konsertreëlings2024 Konsertkaartjies: Bespreek by die skakel hier onder: Kaartjies vir 2-11 September 2024 https://qkt.io/vBCzZL Grand Finale Kaartjies - 12 September 2024 UITVERKOOP Vir enige navrae kontak vir Megan per e-pos by:...
Sportuitslae van die week: 16-22 Augustus 2024
Skool verdaag vroeër: Vrydag, 30 Augustus 2024
Neem asseblief kennis dat die skool Vrydag, 30 Augustus, om 12:00 vir GF en 12:15 vir ISF verdaag. Dit is die afsluiting van die wintersportwedstryde teen Laerskool Welgemoed (tuis) met die hokkie wat reeds om 13:00 by die skool sal begin. Netbal en rugby sal Saterdag plaasvind. Hou die programme dop vir meer...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027