Kategorie: Sport
Op Dinsdag, 18 Februarie, het ons aan die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag waar meer as 450 atlete van 10 skole deelgeneem het.
Ons het die dag baie goed begin deur 5 van die 8 langafstand-wedlope te wen. Daarna het ons atlete baie mooi presteer op die baan en veld.
Ons kondig nie ‘n wen-skool aan die einde van die dag nie, maar as ons na die punte kyk na afloop van die dag, sou Jan van Riebeeck met die loure weggestap het.
Baie geluk aan Leah Jacobsz wat die beker verower het vir die beste dogter-atleet op die dag.
Baie dankie aan al ons onderwysers wat op die dag diens gedoen het om te verseker dat dit ‘n uiters suksesvolle dag was.
Sien volledige uitslae hier:
Final Results - Interschools Athletics 202523 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die Zone-kampioenskappe deel te neem. Dit vind Saterdag, 22 Februarie by Vygieskraal plaas. Ons hou vir al die atlete duim vas en weet almal sal hulle beste gee.
Sien die uitslae van die senior swemgala hier onder:
Senior Swemgala - UitslaeDinsdag, 18 Februarie, neem 62 van ons atlete deel aan die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms. Dit vind plaas by die sportvelde van Hoërskool Jan van Riebeeck. Alle atlete moet die skool se atletiekdrag dra: die oranje JvR-hemp met sportbroek/-romp. Alle atlete moet om 07:45 op die pawiljoen aanmeld by meneer Rashard. Die dag begin stiptelik om 08:30 en sal ongeveer om 14:30 klaar wees. Atlete wat moet teruggaan skool toe, sal na afloop van die byeenkoms terug skool toe gebring word.
Sien die volledige program hier onder:
Interskole - PROGRAMNeem asseblief kennis dat ons jaarlikse Senior-Kleur Swemgala (Graad 4-7) volgende week Vrydag, 7 Februarie 2025, plaasvind.
Dit is belangrik dat jou kind deelneem indien hy/sy vir die skoolswemspan wil swem. Motiveer asseblief jou kind/kinders om deel te neem.
Die program sal op Whatsapp uitgestuur word.
Groete,
Rashard
Liewe Ouers,
Baie dankie dat julle vir ons jaarlikse Ouer-Kind Sportdag ingeskryf het!
Neem asseblief kennis dat die dag om 08:30 sal begin en rondom 12:00 sal eindig. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees, asook boereworsrolle en pannekoeke te koop wees. Ons nooi julle uit om ons plaaslike verskaffers te ondersteun.
Ons het ons bes gedoen om alle spanne soveel as moontlik speeltyd te gee, en ons vra vriendelik dat alle spanne teen 08:30 teenwoordig sal wees, sodat ons die program kan volg wat môreoggend aangekondig sal word.
Trek asseblief gemaklik aan en let daarop dat daar geen toks toegelaat word nie.
Alle nodige toerusting sal voorsien word.
Ons sien uit daarna om almal te huisves en ‘n wonderlike dag saam te geniet!
Sien almal môre!
Groete,
Rashard
Sien die somer buitemuursprogram vir 2025, kwartaal 1 hier onder:
2025 Buitemuursprogram Kwartaal 1Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027














