Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

So kom ons aan die einde van ‘n eerste ‘vol’ week na ‘n tydperk van 3 lekker ‘korter’ weke. Ek glo almal het die korter weke geniet en tydens die openbare vakansiedae sommer net tyd spandeer aan iets om lekker te ontspan. Soos in my vorige nuusbrief genoem, is die kwartaal besonders lank en ek kan selfs opmerk dat ons leerders uitsien na die kort vakansie wat volgende Vrydag sal aanbreek.

Ons kom ook aan die einde van die formele assesseringsprogram vir kwartaal een. Graag wil ek jul as ouers verseker dat die standaard van akademie by ons skool uitmuntend is waarop ons as skoolgemeenskap baie trots kan wees. Assesserings volg ‘n effektiewe proses van deeglike moderasie en ek as skoolhoof teken elke formele assessering af voordat die leerders dit finaal aflê. Volgende week sal elke leerder ook ‘n rapport ontvang wat dan sy/haar akademiese vordering vir die kwartaal sal weerspieël. Laat my ook toe ook om ons onderwysers onder leiding van ons bekwame akademiese hoof, Marinda Brink, hartlik te bedank vir hul harde werk, omgee en kwaliteitonderrig tot voordeel van ons leerders.

Ek nader ook teen einde volgende week my eerste kwartaal as skoolhoof by ons merkwaardige skool. Ek ontvang die afgelope tyd gereeld die volgende vraag vanaf ouers: “Is jy darem gelukkig by JvR?”. Die antwoord is ongetwyfeld ‘JA’. Wees verseker ek ervaar ongelooflike geluk in my keuse om deel van die JvR skoolgemeenskap te wees. Die besondere wyse hoe julle as ouers en leerders my met ope arms ontvang het, sal lank by my bly. Ek is so bevoorreg om as ‘n skoolhoof by die skool aan te sluit in die jaar wat die skool ‘n honderd jaar oud word. Ek bewonder die ryk geskiedenis en tradisies van ons skool hier in die middel van die stadskom met die ikoniese Tafelberg in die agtergrong terwyl Leeukop en Seinheuwel ons daaglikse skoolverrigtinge fyn dophou – dit is so uniek en kosbaar. Ek het in ‘n baie kort tydjie ‘n baie trotse Jan van Riebeecker geword, want ons skool se leuse, “Wees jouself”, is nie net lippetaal nie, ons leef dit trots uit! Baie dankie vir julle omgee en die moeite wat julle doen om my te laat tuis voel – ek en my gesin het groot waardering.

/ Algemeen, Nuus

Leerders wat belangstel om Donderdag, 22 April, ‘n tafel te bestuur of beman, kan R15 op die Karri-toepassing betaal.

Produkte moet van so ‘n aard wees dat leerders dit self skool toe kan dra, aangesien ouers nie op die perseel toegelaat word nie. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld en geen lewende hawe mag verkoop word nie.

Die markie sal vanaf 09:45 tot 10:45 bedryf word.

/ Algemeen, Nuus

Daar word sportwedstryde vir die tweede kwartaal gereël. Die oranje sporthemde word tydens netbal- en hokkiewedstryde gedra. Dit is dieselfde as die tennis- en kriekethemde. Dogters dra die moulose hemp, en seuns die hemp met moue en ‘n kraag. Plaas asseblief hierdie bestellings voor die skool sluit.

Skakel vir Aanlynbestellings

Klerebanktye: Maandae en Woensdae, 07:20 – 8:00
**Volgende week Dinsdag en Donderdag sluit die skool vroeër. Die klerebank gaan dus nie oop wees nie.

/ Algemeen, Nuus

Let op dat die skool volgende week Maandag tot Vrydag die volgende tye open en sluit:

Maandag
Gr.1-3 09:00 – 11:30 (Conradieveld)
Gr.4-7 Gewone skooldag

Dinsdag
Gr.1-3 Gewone skooldag
Gr.4-7 07:15 – 13:30 (Hoërskool JvR Sportvelde)

Woensdag
Gewone skooldag

Donderdag
Gr.1-3 Sluit 11:45
Gr.4-7 Sluit 12:00
**Die skool sluit vroeër aangesien die personeel se 2020 jaareindfunksie wat a.g.v. die pandemie uitgestel is, nou eers op Donderdag om 13:00 gaan plaasvind. Die bus sal nie hierdie dag beskikbaar wees om leerders huis toe te vat nie, want dit word benodig vir die personeelfunksie. Leerders sal wel steeds die oggend gehaal word.

Vrydag
Gr.1-3 Sluit 10:30
Gr.4-7 Sluit 10:45
**Die bus vertrek om 10:50

/ Algemeen, Nuus

Leerders ontvang vandag die koeverte om die foto’s te bestel wat op Woensdag, 10 Maart 2021, geneem is.

Hoe werk die bestel van foto’s:
1. Leerders ontvang ‘n koevertjie om huis toe te vat met hul gesiggies daarop. Moet asseblief NIE die gesiggies afhaal nie!
2. Vul asseblief alle inligting duidelik en leesbaar op die koevert in.
3. Die verskillende fotopakkette is alles op die koevert aangedui. Merk jou keuse duidelik af.
3. Probeer om die korrekte bedrag geld binne die koevert te sit.
4. Maak die koevert toe en stuur dit skool toe.
6. Indien jou kind(ers) nie ‘n foto gaan bestel nie, stuur asb. die leë koevert terug skool toe.

Wat maak ek indien my kind die koevert verloor het?:
Indien jou kind(ers) die koevert(e) verloor het, kan jy ook foto’s op die fotograaf se webtuiste bestel. Kliek op die skakel: LUNCHBOX PHOTOGRAPHY. Die wagwoord om in te gaan is JVR2020.

NB: Fotogeld gaan NIE deur die Karri toep nie!

Laaste dag vir fotobestellings is Woensdag, 21 April 2021

/ Algemeen, Nuus

Ek hoop en vertrou dat julle ‘n heerlike en geseënde Paasnaweek saam met jul kinders, familie en/of vriende geniet het. Ek glo almal is dankbaar vir die meevallertjie van 4 dae net om weer die spreekwoordelike ‘baterrye te herlaai’. Die kwartaal is redelik lank en soveel is alreeds vermag in ‘n baie kort tydjie. Ons kry so stadig maar seker amper ‘n voorsmakie van ‘n tipe normale samelewing wat ons so mis. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby en daar is net 2 weke van die kwartaal oor en ek wens al ons leerders sterkte toe met die formele assesserings wat nog afgehandel moet word.

Die nuwe Beheerrraad (BR) het hul eerste amptelike vergadering op Dinsdag, 6 April 2021, om 17:30 gehou waartydens die ampsdraers vir die die tydperk 2021 – 2024 verkies is. Dit is dan my voorreg om bekend te maak dat Merwe Schotlz weer as ons BR-voorsitter aangewys is; Izelle Venter is as ons ondervoorsitter en Lucia de Jager as die sekretaris. Wees verseker dat die nuwe BR die skool na nog hoër hoogtes gaan lei en dat die leerders se belange altyd prioriteit sal geniet. Suskesvolle en funksionele skole word gekenmerk deur aktiewe ouerbetrokkenheid en waar alle besluite geneem word in die beste belang van die leerders, en niks anders nie.

Die afgelope week het ons ook afgeskop met die wintersportprogram. Dit voel amper soos ‘n historiese gebeurtenis as gevolg van die lang grendelperiode met al sy drakoniese regulasies. Dit is lekker om te sien hoe opgewonde ons leerders is om weer aan spansportaktiwiteite te kan deelneem.

Gun my ook die geleentheid om juffrou Andri Baird hartlik te bedank vir die reël en bestuur van die interne Gr.2 – 7 redenaarskompetisie vir ons leerders vanaf 6 – 8 April 2021. Ek is nog steeds stomgeslaan met ons leerders se puik redenaarsvermoë, die selfvertroue, die spitsvondigheid en die gemak om voor ‘n gehoor op te tree.

Gister het die FAK (Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge) ons skool besoek om ‘n kopie van die 2020-vertaling van die Afrikaanse Bybel te oorhandig. Elizma Smith, die FAK-verteenwoordiger in die Wes-Kaap, het die nuwe vertaling aan my en die prefekte oorhandig en genoem dat dit die 5de vertaling sedert die eerste vertaling in 1933 is. Dit is so gepas in ons skoolkonteks dat Afrikaans, wat voor 1933 as kombuistaal beskou was, vandag met trots as ‘n onderrigtaal gebruik kan word. Verder vier ons in Afrikaans die 100ste bestaansjaar van ons merkwaardige skool. Voor in die Bybel haal ek die spesiale boodskap van dr. Danie Langner, die Besturende Direkteur FAK aan: “Geluk en dankie vir 100 jaar van toegewyde onderrig in Afrikaans”.

Neem asseblief kennis van die volgende:

1. Merk van leerders se persoonlike besittings
Die hoeveelheid verlore goedere wat ons op ‘n daaglikse basis moet bestuur is besig om hand uit te ruk. Daarom wil ons julle asseblief versoek om voor Woensdag, 14 April, jou kind/ers se persoonlike items duidelik te merk sodat indien ons dit optel, ons dit onmiddellik aan die spesifieke leerder kan besorg. Onderwysers gaan vanaf Woensdag, 14 April, leerders wie se persoonlike items nie duidelik gemerk is nie, wel met ‘n permanente pen merk. Ek vra om verskoning dat die oefening moontlik drakonies klink, maar ek glo julle verstaan dat ons iets daadwerklik aan die saak moet doen. By voorbaat dankie vir julle samewerking in die verband. Groot dankie aan Colitha Janse van Rensburg wat soveel tyd as ‘n ouer insit om die verlore goedere te bestuur.

/ Algemeen, Nuus

In Maart het ons op die waarde, Omgee, gefokus. Dit is waarom ons tee saam met iemand vir wie ons omgee, gedrink het. Hoekom? Dit is lekker as iemand vir jou omgee en luister na wat jy sê.

Jannies gee om vir mekaar!

Hierdie maand fokus ons op die waarde: Gehoorsaamheid.

/ Algemeen, Nuus

Dit is my eer en voorreg om aan te kondig dat die verkiesing van die nuwe Beheerrraad (BR) se ouerkomponent d.m.v. die virtule platform (VotingCrowd) wat op 30 Maart 2021 plaasgevind het, baie suksesvol afgeloop het. Ek vra om verskoning dat julle so lank vir die bekendmaking van die nuwe BR-lede (ouers) moes wag, maar ongelukkig is daar streng protokol wat na afloop van die verkiesing eers gevolg moet word om te verseker die verkiesingsproses was deursigtig en regverdig. Gun my die geleentheid om al 11 kandidate hartlik te bedank vir hul bereidwilligheid om tot diens van die puik skool te staan. Ek glo julle sal saamstem dat hulle uiters professioneel in die verkiesingsvideo’s oorkom en hul uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons skool is baie bevoorreg om soveel kundigheid en ervaring in ons skoolgemeenskap tot ons beskikking te hê.

Baie geluk aan die volgende BR-lede (alfabetiese orde) wat ons ouerkrops verteenwoordig:
1. Marié Cruywagen
2. Esri Marais
3. Merwe Scholtz
4. Izelle Venter
5. Andries Viljoen
Die res van die BR bestaan uit die volgende personeel:
6. Naas Beets (Skoolhoof)
7. Lucia de Jager (verkies om die opvoeders te verteenwoordig)
8. Ischké Felix (verkies om die opvoeders te verteenwoordig)
9. Hannes Muller (verkies om die nie-opvoeders te verteenwoordig)

Graag wens ek die nuwe BR sterkte toe met die belangrike taak wat voorlê. Ek weet die nuwe BR sal die skool na nog hoër hoogtes lei tot voordeel van ons Jannies.

Die einde van die 7de akademiese week bring ons by die begin van nog ‘n langnaweek. Natuurlik is dit Paasnaweek en die afgelope weke het ons honderde paaseiers ingesamel wat ons vir behoeftige kinders geskenk het. Baie dankie aan mnr. Pieter Rademeyer, nuwe skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck, en sy hoofleiers wat vanoggend saam met die twee paashase vir ons leerders en personeel paaseiers uitgedeel het. Die meeste Graad 1’s was uit hulle velle van opgewondenheid om die paashase in lewende lywe en dit nogal in die klaskamer van alle plekke te kon ontmoet, maar hier en daar het van hulle die besoekers versigtig en in ongeloof aanskou. Ons waardeer die spesiale besoek. Die leerders se reaksie was kosbaar.

Net as jy gewonder het waar kom die gebruik van paaseiers vandaan, haal ek graag die volgende aan:

“Paaseiers het ‘n baie lang geskiedenis en die gebruik het reeds voor die geboorte van Jesus begin. Eiers was nog altyd gesien as die simbool van ‘n nuwe lewe. Soos wat die Christendom versprei en gegroei het, is die eier al meer gesien as ‘n teken van Jesus se opstanding uit die graf. Die gebruik om eiers van sjokolade te maak, het in die 19e eeu in Frankryk en Duitsland begin. Die eerste sjokolade-eiers wat op groot skaal gemaak is, was deur Cadbury’s in Engeland. Gebruik gerus ‘n hol (leë) paaseier om vir jou kind te leer dat die graf leeg was, soos wat die eier binne leeg is, en dat Jesus lewe.”

Graag wil ek ons skoolgemeenskap ‘n geseënde Paasfees saam met familie en vriende toewens. Wees asseblief versigtig op die besige paaie en bly veilig.

/ Algemeen, Nuus

Kliek op die foto vir die GOOGLE FORM om in te skryf.

/ Algemeen, Nuus

Kliek gerus op die foto van elke kandidaat wat staan vir die beheerraadverkiesing vir ‘n kort videovoorstelling van hulself en onderaan die foto vir elkeen se CV.

/ Algemeen, Nuus

Hoop en vertrou dat almal ‘n heerlike langnaweek geniet het. Ons het die einde van die 6de akademiese week suksesvol bereik, nog ‘n mylpaal en ons fokus is nog steeds op die 2021 Beheerraadsverkiesing.

Die verkiesing van die nuwe Beheerraad (BR) is naas die Algemene verkiesing die belangrikste gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse skolestelsel en die land as ‘n geheel. Daar is meer as 24,000 skole landwyd wat in Maart en April nuwe beheerrade sal verkies wanneer die termyn van die vorige verkose beheerliggame ten einde loop.

Julle sal later vandag toegang per WhatsApp tot die verkorte CV’s en individuele foto’s van ons 11 genomineerde kandidate ontvang. Om die verkiesingsproses meer te verpersoonlik, het ons op baie kort kennisgewing besluit om ‘n kort video (90 sekondes) van elke kandidaat te skiet waartydens hulle motiveer waarom daar spesifiek vir hulle gestem moet word. Die video’s sal ingesluit wees in die kennisgewing met die foto’s en CV’s.

Die verkiesing vind op Dinsdag, 30 Maart 2021, d.m.v. VotingCrowd plaas. Dié aanlynverkiesingsfasiliteit sal op 30 Maart vanaf 06:00 beskikbaar wees en dit sluit stiptelik om 18:00. Hierdeur wil ons al ons ouers betrek deur die proses so gerieflik moontlik te maak deur in jou eie tyd en plek te stem. Ons sal Maandag, 29 Maart, meer besonderhede stuur oor die aanlynverkiesingsproses. Ek doen dus ‘n ernstige beroep op elkeen om asseblief te stem, want dit bepaal die toekoms van ons skool asook die feit dat die verkiesing net wettig verklaar sal word indien daar ‘n kworum teenwoordig is, m.a.w. 10% van ons ouers moet stem.

Daar is 5 vakante posisies vir die ouerkomponent van die beheerraad waarvoor jy moet stem. By voorbaat dankie dat jy berokke gaan wees deur aan die verkiesing deel te neem. Leierskap in skole was nog nooit so belangrik soos nou nie. Volgens my moet leierskap vandag gebaseer word op deursigtigheid, doelgerigheid, inspirasie en omgee. Graag haal ek John Maxwell oor leierskap aan:

“Leaders become great not of their power but of their ability to empower others.”

Dan wil ek graag al die leerders en ouers hartlik bedank vir al die paaseiers wat so hartlik en ruim vir die liefdadigheidsorganisasie, Lions, vir hul ‘paaseierprojek’ vir minder bevoorregte kinders, geskenk het. (Sien foto hierby ingesluit.)

Hartlike dank aan ons ouers wat aan die meningsopname deelgeneem het om te bepaal of daar belangstelling vir deelname aan ‘n Eeufees Gholfdag is. Dit is dan my voorreg om aan te kondig dat die Eeufees Gholfdag op Vrydag, 28 Mei 2021, te ‘Pearl Valley Gholflandgoed’ sal plaasvind. Hierdie dag sou nie moontlik gewees het sonder die hulp en reëlings van Ria Hertzog en Alet Loubser nie. Baie dankie julle twee en ons sien uit na ‘n heerlike gholfdag en samesyn op die ikoniese Jack Nicklaus-ontwerpte gholfbaan. Verdere kommunikasie sal volgende week volg.

SAMI (SA Memory Institute) nooi alle ouers van ons skool uit na ‘n inligtingsessie op Maandag, 29 Maart, om 18:00 om terugvoer te gee rakende leerprofiele. Kliek HIER vir die Zoom ID en wagwoord en verdere inligting.

/ Algemeen, Nuus

Laaste kans om in te skryf vir die Kleiduif-kompetisie wat op 6 Mei 2021 plaasvind. As jy nie ‘n volle span bymekaar kan kry nie, kan jy steeds deelneem. Vul ‘n INSKRYWINGSVORM in en ons sal almal akkommodeer.

/ Algemeen, Nuus

Bring ‘n piekniekmandjie en ‘n kombers en kom geniet ‘n heerlike fliek saam met jou maats.

Wanneer: Donderdag, 8 April 2021 (18:00 – 20:00)
Waar: Laerskool Jan van Riebeeck-skoolsaal
Kaartjies is beskikbaar op die Karri-toep teen R30 per persoon en sluit ‘n pakkie springmielies in!

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer