Kategorie: Algemeen
Baie geluk aan ons Jannies wat tot die 2025/2026 Matriekraad verkies is!
’n Spesiale geluk aan Fredrich Erasmus (hoofseun), Luca Zulch (hoofdogter) en Daniel Wasserman (onderhoofseun). Ons is ook trots op die res van die leerderraad wat oud-Jannies is nl. Kate Heyns, Lara Pieterse, Hendrik Bredenkamp, Elle Nortje, Jan Karsten, Carla Snijders en Mia Symington.

Ons o.9-span gaan die naweek deelneem aan die WP Topskole Toernooi.
Ons wens elke speler en afrigter alle sterkte toe – julle harde werk en toewyding bring ons groot trots!
Ons weet julle gaan beslis die Jannie-naam hoog hou en ons skool met trots verteenwoordig. Kom ons staan almal saam agter ons jong kampioene!

Dané Olivier het in Augustus aan die TIME-danskompetisie deelgeneem, waar daar sowat 3 000 inskrywings was in verskeie dansstyle. Sy het uitstekend presteer en plekke in ballet- sowel as kontemporêre solo’s en groepe behaal. Sy is ook aangewys as een van die Top 10 junior dansers.
In Desember gaan Dané Barcelona toe om aan die internasionale Youth Grand Prix-balletkompetisie deel te neem. Sy is een van slegs vyf dansers van haar balletskool wat vir hierdie groot geleentheid gekies is.

Ons sien met groot opwinding uit na Ouma- en Oupadag wat op Vrydag, 19 September, plaasvind. Dis altyd ’n spesiale geleentheid waar ons die belangrike rol van grootouers in ons kinders se lewens vier.
????️ Kaartjies is nou beskikbaar op Karri!
Maak seker jy bespreek betyds om nie hierdie kosbare dag mis te loop nie.
???? Vir meer inligting en besonderhede, sien asseblief hier onder.
![]()
Op Donderdag, 4 September word die sportfoto’s geneem. Maak asseblief seker dat jou kind die korrekte sportdrag het en dit saambring skool toe.
Sien die korrekte drag hier onder:
5 September 2025 Kwartaal 4 fotodag 2025 (1)
- Graad 1: Joshua du Toit (1ste) en Frannie Samuel (2de)
- Graad 2: Izak Steyn (3de) en Mary-Anne du Toit (4de)
- Graad 3: Charles Thompson (1ste) en Petronella Gouws (2de)
- Graad 4: Mika van der Walt (1ste), Mateo Pereira (2de) en Benjie Ntloko (3de)
- Graad 5: Dirk de Jager (2de), Jacob Venter (3de) en Noah Karusseit (4de)
- Graad 6: Ghia Pereira (1ste) en Ella van der Walt (2de)
Welgedaan, Jannies! Julle maak ons trots.
Maak reg vir pret, spanpoging en sportgees!
Saterdag, 29 November 2025, van 08:30 tot 17:30 bied ons die opwindende Ouersportdag aan.
Kom wys jou vaardighede in:
-
Netbal
-
7’s Raakrugby
-
8’s Hokkie
-
Aflosswem
-
Tennis
-
Skaak
Daar is nog slegs plek vir 1 span, bestaande uit 16–20 lede. Moenie uitmis nie – dit beloof ’n dag vol lag, kompetisie en lekker saamwees.
???? Skakel of WhatsApp Danielle le Clus-Rossouw by 082 923 5903 om meer inligting te kry en jou span se plek te bevestig.

Waar Suidoos se spierwit pluime
oor ou Tafelberg afval,
en teen Vlaeberg se hange die
kanonskoot twaalfuur knal:
waar die see se blinkblou branders
teen ou Tafelbaai aanspoel,
staan ons skool, die Jan van
Riebeeck, met ‘n groot en edel doel.
Vas en stewig soos die berge is ons
moedertaal geplant,
liefde daarvoor sal ons uitdra oor
ons hele vaderland.
In ons werk en in ons lewe streef
ons al wat goed is na,
want ons skool sal van ons altyd net
die allerbeste vra.
Woorde: Alba Bouwer
Musiek: H. Pieter v.d. Westhuizen
Belangrike Datums
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026




