Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Op kort kennisgewing het ons besluit om ‘n foto vir ons Feesboek te neem met leerders, ouers en onderwysers wat tans by LS JvR en Huppelland betrokke is wie se kinders, ouers en/of grootouers ‘n familieverbintenis met hierdie mooi skool het – iets wat ons voorwaar op ‘n foto moet vasvang. Ons moet darem die mooi van generasies by LS JvR op hierdie manier vier! Ons neem die foto op Donderdagoggend, 23 September 2021, om 07:30 agter op die skool se veld. Versprei gerus die woord!

/ Algemeen, Nuus

So kom ons aan die einde van week 7 van kwartaal 3. Week 6 is spesiaal afgesluit met vrolike Loslitdagvieringe. Loslitdag word jaarliks gehou op die eerste Vrydag van September en dit is lekker om deel van ‘n klomp Suid-Afrikaners te wees wat wil bewys dat ‘n klein gebaar van welwillendheid ‘n groot verskil in die lewe van mense met gestremdhede kan maak. Die tema vir 2021 is ‘Durf en Deernis’ en dit is spesifiek geïnspireer deur Disney se onlangse bekendstelling van The Ultimate Disney Princess Celebration wat dan die eienskappe vervat van die treffende tema. Ons Jannies kon hul ondersteuning toon deur geklee as Disney-karakters na die skool te kom. Die spesiale dag het ‘n wonderlike gees van kameraderie en lighartigheid by die skool geskep. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat die dag en mense in nood ondersteun het deur die spesiale loslitdag-plakkers te koop. Ons opvoeders het behoorlik die dag met pragtige kostuums uitgehang en was instrumenteel om die gees van welwillenheid te ontsluit.

Op Saterdag, 4 September, het Meneer Leon en Juffrou Andri die jaarliks Wiskundekamp vir Gr. 6- en 7-leerders vanaf 08:00 tot 17:00 in die saal onder streng Covid-protokol aangebied. Ons is baie dankbaar vir die twee opvoeders se opoffering en passie om Wiskunde by Laerskool Jan van Riebeeck te promoveer en na hoër hoogtes te lei. Hierdie inisiatief is een van die redes waarom ons Jannies juis so puik tydens Wiskunde-olimpiades of kompetisies vaar en ons leerders hulself van ander laerskoolleerders kan onderskei as dit by wiskundige vermoëns kom. Ek glo almal sal saam stem dat Wiskunde beslis kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede ontwikkel, het praktiese toepassings en kan amper as die taal van die heelal gesien word. Ons kry dit beslis by ons skool reg om die opwinding in Wiskunde as vak te ontsluit. Die formule is eintlik maar eenvoudig, naamlik passievolle en toegewyde opvoeders wat die vak terdeë saam met hul onderskeie leerders geniet en elke dag na geleenthede soek om nog iets te leer, en in die proses vlerke aan ons Jannies se toekoms te gee. Mag ons almal daarna streef om lewenslange leerders te word en sodoende ‘n leerkultuur in ons skoolgemeenskap te skep.

Opvallend is die opwinding wat die afgelope 3 weke onder die leerders en afrigters heers weens die feit dat ons vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd wintersportwedstryde teen ander skole en/of sportklubs kon speel. Kosbaar is die stralende gesiggies op die sportveld veral toe ons dogtershokkiespanne by St. Cyprians hulle voete vir die eerste keer op Astro-oppervlakte kon sit. Wen of verloor is vir ons leerders irrelevant, net om te kan kompeteer is vir hulle die beste ding ooit. Nie net het ons skool die ekstra myl geloop om sportoefeninge en wedstryde te verseker nie, maar ook terselfde tyd het die koor, redenaars en Eisteddfod voortgegaan met verskeie uitdagings wat deur die pandemie na ons kant gegooi is. Ek is baie dankbaar vir ons passievolle personeel en afrigters wat verstaan dat kinders aan buitemuurse aktiwiteite moet en wil deelneem. Ons poog regtig om iets ‘normaal’ vir ons leerders te skep en min laerskole kan in terme hiervan saam met ons praat. Welgedaan, Personeel! Ek is baie trots op julle. Hartlike dank aan ons beheerraad vir hul ondersteuning in die verband.

Vandag en môre sluit ons dan wintersport af met ons interne wedstryde. Ek weet die Jannies gaan dit baie geniet! Ons o/13A-netbalspan neem ook môre aan die Wes-Kaap Top Skole Netbaltoernooi te Laerskool Bastion deel asook ons o/12-span wat te Paarl Gimnasium aan ‘n o/12-Netbaltoernooi deelneem. Sterkte en geniet hierdie wonderlike geleenthede!

Ek is ongelukkig nie vandag by die skool nie, aangesien my Pa se troosdiens vandag te Oudtshoorn plaasvind. Ons moes dit as gevolg van Covid al twee keer uitstel.

Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet, wees veilig en graag sluit ek af met die volgende aanhaling deur die bekende Mahatma Gandhi:

“Happiness is when
what you think,
what you say,
and what you do
are in harmony.”

/ Algemeen, Nuus

Ons skool is op soek na ‘n Finansiële Bestuurder. Indien jy van iemand weet wat belangstel, KLIEK HIER om die advertensie op die skool se webtuiste te sien.

/ Algemeen, Nuus

Selfbeheersing is bv. wanneer jy die keuse kan maak, om te weet wat die regte besluit is. Kom ons moedig ons leerders aan om selfbeheersing te toon. Kliek HIER vir ‘n video van onderwysers se insette en HIER vir ‘n video waarin die leerders meer oor selfbeheersing vertel.

/ Algemeen, Nuus

‘n Allemintige vier van ons oud-leerders is verkies tot Wilgenhof (US) se HK van 2022! V.l.n.r. Patrick Kilbourn, Thomas Winter, Emil van der Walt en Theodore Pauw. Julle maak ons trots, Manne!

/ Algemeen, Nuus

Ons is baie trots op ons oud-leerders, Sima en Daniël, wat verlede week as mnr. en mej. Hoërskool Jan van Riebeeck gekroon is!

/ Algemeen, Nuus

Woensdag, 1 September, was amptelik Lentedag en dit op ‘n koue dag! Moontlik het die boodskap nie duidelik by Moeder Natuur uitgekom nie, want die winter is baie astrant om terug noordwaarts te beweeg. Vanuit ‘n meteorologiese oogpunt is die temperature darem net te laag en mag ‘n mens dalk net wonder, is somer nog om die draai? Simbolies is lente die natuur se teken van nuwe lewe soos plante weer begin groei en bloeisels hul welkome opwagting maak. Dalk ook vir ons ‘n nuwe “begin” om al die slegte ervaringe van die pandemie opsy te skuif en die figuurlike dankbaarheidsbril op te sit. Dit was ook wonderlik om te sien hoe ons Jannies en onderwysers lentedag gevier het met onder andere pragtige blommevlegsels in die hare, blommekranse op die kop en inmekaargevlegte blommeringe om die nek. Dit het ons almal sommer lekker geïnspireer en weer hoop gegee.


Die afgelope naweek het die tweede rondte van die Eisteddfod (musiek) onder streng Covid-protokol in die skoolsaal geskied. Ons Jannies het hul puik van hul taak gekwyt en ons is dankbaar vir die ondersteuning en leiding van Juffrouens Helecia, Estelle en meneer Ben. Ons bekwame musiekdepartement beskik oor soveel ervaring en ons kon nie vir beter musiekopvoeders vra nie, aangesien hulle hul daaglikse take met passie, toegewydheid en omgee uitoefen. Ko-kurrikulêre aktiwiteite by ons skool sal altyd hoog geag word aangesien dit instrumenteel is in terme van persoonlikheidsontwikkeling, kulturele vorming en om die Jannies se talente te ontgin. Dalk het julle gewonder waar kom die woord Eisteddfod vandaan? Soos ons dit ken is dit ‘n kunsfees met wedstryde in musiek, digkuns en kunswerke. Die term ‘’eisteddfod’’ wat reeds in die agtiende eeu in gebruik was, is afgelei van ‘n Walliese woord ‘’eistedd’’ wat sit of sitting beteken m.a.w. mense het ‘n kompeterende fees gehou wat hoofsaaklik op musiek en literatuur gekonsentreer het. Die ontstaan en groei van Eisteddfod in Suid-Afrika vanaf 1899 is hoofsaaklik te danke aan Walliese setlaars (meestal mynwerkers) en Afrikaners. Die Eisteddfod is ‘n voorbeeld van gesonde kompetisie met geen wrywing tussen deelnemers nie. Deelnemers kry dikwels die geleentheid om mekaar beter te leer ken en in goeie gees teen mekaar te kompeteer. Hier is beslis ‘n soort van kameradie om mekaar te ondersteun en hulle raak saam opgewonde oor mekaar se toekennings. Dit is ook ‘n baie goeie geleentheid om voor vreemde mense op te tree en selfvertroue op te bou. Ek moedig al ons Jannies aan om in te skryf en hul talente ten toon te stel.

Op Dinsdag, 31 Augustus 2021, het ek die voorreg gehad om die Graad 7’s se Top 10 akademiese presteerders vir kwartaal 2 in die saal aan te kondig. Die Top 10 leerders het elk ‘n spesiale sertifikaat ontvang om erkenning aan hul harde werk en pligsgetrouheid te gee. Ons glo dat dit ook die res van ons Jannies sal inspireer om hard te werk en verantwoordelikheid vir hul eie leer te neem. Hiermee dan die Graad 7’s se Top 10 akademiese presteerders (alfabetiese volgorde) soos einde kwartaal 2:

  • Fredrich Erasmus
  • Mieke Hertzog
  • Jan Karsten
  • Cala Snijders
  • Amelie Snyman
  • Katrien Stimie
  • Héloïse Strauss
  • Mia Symington
  • Taniel Webber
  • Luca Zulch

Baie geluk aan die bogenoemde akademiese presteerders asook hul trotse ouers en grootouers. Baie dankie aan al die opvoeders wat reeds van Huppelland se dae instrumenteel was om ons leerders te bemagtig, te motiveer en te inspireer tot hoër hoogtes. Ons kernbesigheid is akademie en ons is trots op die kwaliteit van onderrig en leer by Laerskool Jan van Riebeeck met die oog op uniekheid van elke Jannie.

Dit spyt my om met julle mee te deel dat die hoof van Huppelland, Mariëtte Herholdt, ons in kennis gestel het dat sy aan die einde van die jaar ons diens gaan verlaat om onder andere meer tyd saam met haar man, Marius, te spandeer. Mariëtte bestuur Huppelland vir meer as 9 jaar baie effektief. Sy het diep spore in die skoolgemeenskap getrap en diep in die harte van ons Jannies en ouers gekruip. Ons sal op ‘n latere stadium formeel van haar afskeid neem. Baie dankie Mariëtte vir wat jy alles vir Huppelland asook die Laerskool gedoen en beteken het. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Ons gun jou egter die tyd van aftrede om kosbare tyd saam met jou man deur te bring. Baie dankie dat jy nog steeds beskikbaar sal wees om vir ons te help.

Graag sluit ek met ‘n vriendelik versoek af dat ons as skoolgemeenskap asseblief nog steeds versigtig en waaksaam rakende die pandemie sal optree. Ons almal is verby ‘keelvol’ vir die situasie, maar hou asseblief in gedagte dat verskeie van ons gesinne nog steeds in isolasie is of selfs positief vir Covid-19 getoets het. Sommige gesinslede se gesondheid is en word tot die uiterste deur die virus beproef. Die derde vlaag is nog lank nie verby nie en vir almal se veiligheid wil ek versoek dat ons Covid-protokolle te alle tye sal toepas. Dit is ‘n groot uitdaging om ‘n skool effektief te bestuur met al die uitdagings wat die pandemie bring. Baie dankie vir julle samewerking in die verband.

Geniet die lente en die naweek. Mag die volgende aanhaling deur Daniel Kahneman vir jou iets tydens die ongekende tye beteken: “It’s a wonderful thing to be optimistic. It keeps you healthy and it keeps you resilient.”

/ Algemeen, Nuus

Neem asb. kennis dat die skooldrag as volg gedra moet word:

  • Dag waarop leerder LO het, mag hy/sy met korrekte LO-klere skool toe kom.
  • Vrydae word Feeshempies (korrekte LO-klere) gedra.
  • Die ander drie dae moet die korrekte winterklere gedra word.

Maak asb. ook seker dat jou kind die huis/motor netjies verlaat met korrekte sokkies, haarbykomstighede, ens.

/ Algemeen, Eeufees 2021, Nuus

Leerders moet asb. almal hulle feeshempies op Donderdag, 9 September, aantrek. Ons gaan individuele foto’s van elke leerder in die skool neem wat ons in ons Feesboek wil publiseer.

/ Algemeen, Nuus

Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust het onder meer ten doel die bevordering van ‘n gemeenskapskool met insluiting van alle leerders. Die trustees het besluit om ‘n verdere ondersteuningsbeurs te bied vir alle leerders waar die ouers reeds vir volledige vrystelling van skoolfonds in lyn met die onderwysdepartement se riglyne goedgekeur is.

Hierdie beurs maak voorsiening vir skoolklere, daaglikse etes, data en ‘n bedrag vir ad hoc uitgawes vir kwalifiserende ouers se kinders.

Vir meer inligting oor wat dit behels en hoe om aansoek te doen, stuur ‘n e-pos aan Jodene by admin@jvrprim.co.za.

Vir meer inligting oor die trust, volg die skakel.

/ Algemeen, Nuus

Ek glo dat ons almal die deelname aan winterspansporte asook lekker sosiale skoolfunksies waar ons as ‘n skoolgemeenskap die hoogte- en laagtepunte saam kan deel, mis. Wat is dan nou nie lekkerder as om rondom die sportveld ons skoolsportspanne aan te moedig nie of om Eisteddfod- en kooroptredes saam by te woon nie? Op Woensdag, 25 Augustus 2021, het ons so ‘n voorsmakie van netbal- en rugbydeelname teen Laerskool Van Riebeeckstrand gekry. Die weer het wonderlik saamgespeel net voor die kouefront sy kloue kon inslaan. Ons seuns was so opgewonde om net weer ‘n rugbywedstryd vir hul skool na amper 2 jaar te kon speel en die stralende gesiggies het elke oomblik terdeë geniet. Nie so seker wie die meeste in hul noppies was nie, ek, die trotse afrigters of die seuns. Dit was vir my amper ‘n emosionele oomblik en ‘n wonderlike voorreg om luidkeels die spanne aan te moedig. Ons rugbyspanne was hopeloos te sterk vir die opposisie se B- en C-spanne, maar dit was ‘n wonderlike geleentheid wat ons koester. Ek is so trots op die manier wat ons seuns rugby gespeel het, hoe hulle hulself gehandhaaf het en as nederige oorwinnaars uit die stryd getree het. Hulle was ware ambassadeurs van ons trotse skool. Ek kon ongelukkig nie die netbalwedstryde tuis bywoon nie, maar as alles volgens plan verloop, speel ons volgende Woensdag netbal teen Laerskool Kampsbaai. Volgens ons netbalafrigters was die middag gevul met ‘n merkwaardige gees van opgewondenheid en sportmanskap. Daar is geen twyfel daaroor nie, sport is goed vir ons leerders se emosionele gesondheid tydens die ongekende tye van onsekerhede. Ongelukkig is geen toeskouers toegelaat nie, maar vasbyt ouers/voogde en hopelik sal ons moontlik binnekort saam luidkeels om die sportvelde ons Jannies kan aanmoedig. Baie dankie aan ons ouers wat vanuit hul motors of vanaf nuwe Kerkstraat ons netbalspanne met passie aangemoedig het.

Ek het ook die afgelope week die voorreg gehad om saam met ons BR Voorsitter, Merwe Scholtz, tydens skoolure deur die skool te stap, die infrastruktuur te inspekteur asook om te wys wat ons op ‘n daaglikse basis by die skool doen. Die pandemie ontneem ouers/voogde die geleentheid om die skool te besoek, sommer net in te loer of skoolaktiwiteite te mag bywoon. Ek glo Merwe sal saamstem dat die klasklimaat hartlik, warm en innemend is. Leerders en opvoeders is ontspanne, beide is bereid om hulself oop te stel en betrokke te wees. Ons omhels beslis ‘n etos waar ons ons leuse uitleef om jou ware self te wees. Die moraal is hoog en ons Jannies is gemotiveerd om te leer en nie eers die pandemie kry ons onder nie. Om vandag ‘n onderwyser te wees is egter nie maklik nie. Ek dink dit is baie uitdagend en ek glo met jul onlangse ervaring as tuisopvoeders gedurende die onderskeie grendelperiodes, vereis dit dalk meer as wat jy as ouer/voog pre-Covid in terme van onderrig gedink het. Ons is regtig geseënd met toegewyde opvoeders, omgee mense wat nie net ‘n salaris soek nie, maar eerder ‘n passie uitleef. Hulle beskik oor ‘n sterk konseptuele begrip van hul onderskeie vakgebiede wat ‘n hoë standaard van leer en onderrig verseker. Vir my as skoolhoof is dit ‘n riem onder die hart om te weet ons opvoeders handhaaf ‘n klasmilieu waarin elke leerder voel hy/sy het ‘n plek om vol te staan en ‘n rol het om te speel.

Kunsonderrig by meeste skole speel dikwels tweede viool, want daar word by die meeste skole eerder gefokus op syfervaardighede en tale. Gelukkig by Laerskool Jan van Riebeeck volg ons ‘n holistiese benadering en het ons al ‘n geruime tyd gelede besef dat ons in ‘n visuele wêreld leef en dat visuele geletterdheid belangrik is om ‘n sinvolle bestaan te kan voer. Vir ons is visuele kunsonderrig uiters belangrik, want dit stimuleer kreatiwiteit en lei tot verhoogde akademiese prestasie. Baie dankie aan juffrou Rentia wat so hard werk om haar vakgebied uit te bou en ook in die proses ons skool binne esteties met ons talentvolle leerders se kunswerke te verfraai.

Vir kennisname: Ons Finansiële Bestuurder, Christoff Bothma, het onlangs bedank en vandag is sy laaste dag by die skool. Christoff het ‘n kort tydjie by ons vertoef, maar ons wil graag vir hom hartlik bedank vir sy harde werk en toegewydheid die afgelope 10 maande en ons wens hom die beste vir sy pad vorentoe. Baie dankie aan Marili Thomson wat gaan instaan totdat ons ‘n nuwe aanstelling gemaak het.

Graag sluit ek dan die laaste keer rakende die waarde van Augustus-maand (verantwoordelikheid) af d.m.v. ‘n aanhaling: “Every privilege comes with a responsibility. If you don’t take the responsibility, you will lose the privilege”

Geniet jul naweek en wees veilig.

/ Algemeen, Nuus

Ons Graad 7’s se Sanitize maskerbonanza!

‘n Masker wat gemaklik pas
Voel soos ‘n ligte hoed en nie ‘n swaar jas
Ene vir jou en ene vir my
So werk ons saam om nie Covid te kry

Handsaniteerder wat nie voel of dit plak
Sag op die hande en vars in die neus
So maak ons sommer gou-gou mak
Daardie lastige ou Corona-reus

Ons Graad 7’s se Sanitize maskerbonanza
is nou aan die loop:
‘n Boks met 50 maskers en ‘n botteltjie fluweel
Net honderd rand en jy kry soveel!

Onthou om vandag nog
vir Mamma en Pappa te sê
Hul moet kliek in die nuusbrief
Om dit ook vir julle te koop!

Ondersteun asb. ons graad 7-inisiatiewe om ’n besondere afskeidsgeskenk aan die skool te kan gee en ‘n gesellige afskeid vir al ons graad 7-leerders te kan aanbied. Maak gerus van ons spesiale afslag-aanbod gebruik om jou gesin se maskervoorraad en saniteerders aan te vul – Kliek op die foto en volg die maklike stappe onder “For school promotion” om die afslag te bekom. Onthou net om jou kind se naam en klas in te sluit, sodat jou pakkie saam met jou kind huis toe gestuur kan word.

 

/ Algemeen, Nuus

Ons gewilde BRING-EN-RAAIVASVRA vind op 17 September plaas en beloof om weer groot kompetisie tussen ons ouers op te lewer. Kry ‘n span van 6 lede bymekaar, skryf in en kom neem deel aan die pret. De Jongh Borchardt speel weer “quizmaster” en beloof om al ons ouers op hul tone te hou.

Kliek HIER om die vorm in te vul.

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer