Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Chrystal Conradie, oudleerder, het haar Westelike Provinsiale Kleure vir Synchro Skaats ontvang! Sy en haar span, Team Velocity, neem deel aan die Nasionale Kompetisie van 10–12 Mei.

/ Algemeen, Nuus
Paarl Gim (onoorwonne) word weer gekroon as die Wildeklawer-wenners. Slegs die beste skole in die land word na hierdie toernooi genooi. Sophia Liebenberg (oud-Jannie) word aangewys as beste binnebaanspeler van die hele toernooi. Ons is ongelooflik trots op haar.
 
 
/ Algemeen, Nuus

Die JvR-skoolgemeenskap word vriendelik deur St Cyprian’s uitgenooi om die vertoning van Peter and the Wolf op 9 Mei by te woon. Die vertelling word deur die bekende akteur, Rob van Vuuren, gedoen en beloof om ’n wonderlike ervaring vir kinders te wees! Die vertoning is ten bate van hul koor wat in Julie na Spanje en Frankryk toer. 

Plek: St Cyprian’s School
Datum: Saterdag, 9 Mei
Tyd: 1) 10h00 – 10h45  2) 11h00 – 11h45
Kaartjies: Beskikbaar op Quicket. Hier is die skakel: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1591434577

/ Algemeen, Nuus

Moedersdag geskenkpakkies kan nou op Karri bestel word. 🌸

Sien asseblief hier onder vir meer besonderhede:

/ Akademie, Algemeen, Biblioteek, Nuus

📚 Ons nooi alle leerders en ouers hartlik uit na ons boekverkope wat van Maandag, 4 Mei, tot Woensdag, 6 Mei, in die Mediasentrum plaasvind.

Daar sal ’n wye verskeidenheid opwindende boeke beskikbaar wees – iets vir elke leser! 📖✨


Kontant én kaart word aanvaar. 💳

Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak aan te vul en jou liefde vir lees verder aan te wakker nie! 📚💛

 

/ Algemeen, Nuus

Ons wil graag alle ouers en ondersteuners bedank vir die belangstelling in die Old School ondersteunerstruie. Ongelukkig het ons nie die minimum aantal bestellings ontvang wat nodig is om voort te gaan met die vervaardiging en bestelling daarvan nie, daarom kan ons nie op hierdie stadium met die projek voortgaan nie.

Ons waardeer elkeen wat die inisiatief ondersteun en belangstelling getoon het. Baie dankie vir jou begrip en ondersteuning.

 

/ Algemeen, Nuus

Liewe Ouers
Ons nooi julle graag uit om nou julle kaartjies vir die veilingsdinee te bespreek.

Besoek gerus die skakel vir meer inligting:
https://share.google/9rKtH6Bvrg6YZU5DS

/ Algemeen, Nuus

Wêreldboekedag was ’n groot sukses! Dit was ’n vreugde om al die verskillende Jaco Jacobs-boekkarakters te sien en die ongelooflike moeite wat leerders met hul kostuums gedoen het.

Baie dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat bygedra het om hierdie dag so spesiaal en suksesvol te maak.

/ Algemeen, Nuus

Sien meer inligting oor die volgende skrywersbesoek hier onder:

Ons is baie opgewonde oor ons skoolkonsert wat hierdie September plaasvind! Elke leerder word versoek om ’n bedrag van R200 by te dra om die kostes van kostuums en grimering te help dek. Leerders sal hul kostuums ná afloop van die konsert kan hou.

Karri sal vanaf Dinsdag, 28 April, tot en met September beskikbaar wees vir betalings.

Baie dankie vir almal se ondersteuning en samewerking om hierdie produksie moontlik te maak.

/ Algemeen, Nuus
Ons skool is opgewonde om hierdie kwartaal ’n welwillendheidsprojek aan te bied om Laerskool Prestwich te ondersteun – ’n minderbevoorregte skool wat hulp nodig het om kos aan hul leerders te voorsien.
Ons gaan blikkies boeliebief insamel, en dit sommer in ’n prettige kompetisie tussen die klasse omskep!
Hoe werk dit?
⭐ Vir elke 5 blikkies boeliebief wat ’n klas insamel, kry hulle 1 blokkie om in te kleur.
⭐ Hoe meer blikkies ingesamel word, hoe voller raak die klas se blokkaart!
🏆 Die klas met die meeste blokkies wen:
🍕 ’n Pizza-partytjie
👕 ’n Sivviedag
📅 Datums:
Begin: 20 April 2026
Sluit: 8 Junie 2026

💛 Elke blikkie maak ’n verskil. Kom ons werk saam en help waar dit regtig nodig is!

/ Algemeen, Nuus

Die Boekbende skop volgende week Woensdag weer af! Ons nooi graag al ons graad 4–7-leerders om dit by te woon.

Kom kuier saam om 07:15 in die Mediasentrum en deel in die lekkerte van lees!

/ Algemeen, Nuus

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons skool Wêreldboekedag op 23 April gaan vier!

Om hierdie spesiale dag te vier, nooi ons al ons leerders uit om soos hul gunstelingkarakter uit een van Jaco Jacobs se boeke aan te trek. Jaco Jacobs vier vanjaar ook die 25ste herdenking van die publikasie van sy eerste boek.

Dit is ’n wonderlike geleentheid om ’n liefde vir lees aan te wakker en kreatiwiteit te vier. Daar sal ook ’n spesiale boekprys per graad toegeken word aan die leerder met die beste kostuum!

Ons sien baie uit daarna om al die kleurvolle en kreatiewe uitrustings te sien. 🎉📖

/ Algemeen, Nuus

Ons Graad 7-leerders hou ’n heerlike doughnutfondsinsameling om hul projekte en aktiwiteite te ondersteun. Doughnuts is beskikbaar teen slegs R15 elk en word Vrydae vars afgelewer.

Ondersteun gerus ons Graad 7’s.

/ Algemeen, Nuus

’n Groep ouers bied tans ’n onafhanklike inisiatief aan waar katoen-alternatiewe vir skooluniforms beskikbaar gestel word.
Neem asseblief kennis dat hierdie projek nie deur die skool of Jan Kas bestuur word nie.

Klere wat aangekoop word, kan nie by Jan Kas omgeruil word nie. Dit is daarom baie belangrik dat leerders tydens die beskikbare aanpassessie behoorlik seker moet maak van die kledingstuk se grootte wat bestel word.

Let ook daarop dat groottes en pryse verskil van dié by die klerebank.

Aanpasdag besonderhede:

📅 Maandag, 13 April 2026

📍 Mediasentrum, Laerskool JvR

⏰ 13:00–17:00

📞 Kontakpersoon: Lian Lombard – 079 933 9925

 

Belangrike Datums

september 2026

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

12sep09:0014:00Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House