Kategorie: Algemeen
Kersfees is om die draai! Koop kookboeke as geskenke vir oumas, onderwysers, vriende en familie – en laat die skool daarby baat!
Vir elke kookboek wat teen R200 gekoop word, ontvang die skool R50.
Dis die perfekte manier om iets besonders vir Kersfees of verjaardae te gee, terwyl jy terselfdertyd ons skool ondersteun.
Kies uit vier pragtige kookboeke:
-
Geure deur Lientjie Wessels – eenvoudige resepte met jou gunstelingbestanddele soos asyn, sout en olyfolie. Heerlik en stylvol!

-
Cake It Till You Make It deur Anmar Wilding – stap-vir-stap riglyne om die perfekte koek te bak, met al die geheime vir goeie bakwerk.

-
Going Home deur Sophia Lindop – ’n Lebanese kookboek vol bekende Mediterreense disse soos hummus, laban en kofta. Gesond én smaaklik!

-
The Lockdown Recipe Storytelling Book saamgestel deur Ingrid Jones – ’n nostalgiese versameling resepte vir klassieke gunstelinge soos hertzoggies en sagopoeding.

Sien die volgende skakel vir meer besonderhede oor hoe om te bestel: BESTEL JOU KOOKBOEK
Indien jy graag ’n kersdonasie deur Karri vir die terrein-, nasorg- en/of snoepiepersoneel by die laerskool te maak, is jy baie welkom om ‘n bydrae te lewer.
Die Karri-insameling maak binnekort oop — hou asseblief die toep vir meer besonderhede dop.
Baie dankie vir julle ondersteuning en ruim harte!
Bestellings vir ons splinternuwe ondersteunersdrag deur Old School is nou oop!
As jy nie seker is watter grootte om te kies nie, is jy welkom om by Jan Kas gedurende winkeltye aan te pas.
???? Volg die skakel om jou bestelling te plaas en wys jou Ls JvR-trots!
PLAAS BESTELLING HIER
BESTELLINGS SLUIT : 28 November 2025

Merk jou kalender!
Wanneer: Saterdag, 29 November 2025
Waar: Laerskool Jan van Riebeeck
???? DIE HOOF AKSIE: OUERSPORT (09:00 – 17:00)
Netbal: 09:00-11:00
Raak Rugby: 09:00-13:00
Swem: 13:00
Hokkie: 13:30-17:00
Skaak en tennis: 13:30-17:00
???????????????? VIR DIE RES VAN DIE GESIN (HEELDAG PRETDAG)
???? Kindermarkdag (10:00 – 12:00)
Laat die jong entrepreneurs jou beïndruk!
Kaartjies beskikbaar op Karri.
☕ Koffie Huis & Snoepie
Vir daardie noodsaaklike kafeïen-hupstoot en al die soetgoed.
???? Hoender Burgers & Repies (10:00 – 15:00)
Heerlike kos ten bate van die Kaapstad Kinderhuis.
???? Woodstock Brewery (13:00 – 18:00)
Vir die wat dors is! Gryp tjips, versnaperings en ‘n koue een.
Spesiale Aanbod: Kry jou bier-kaartjie vir R250 vir 5 biere!
Bier-kaartjies beskikbaar op Karri. (verkope sluit 27 November)
???? DIE GROOT AFSLUITING (17:15)
SA RUGBY op die GROOTSKERM in die saal!
Kom geniet die dag saam met ons!

Ons skoolklerebank, Jan Kas, sal op Donderdag, 27 November 2025, om 10:00 vir die jaar sluit vir voorraadopname.
Ons vra vriendelik dat ouers en leerders asseblief alle nodige skoolklere voor hierdie tyd aankoop, aangesien geen verkope ná hierdie datum hanteer kan word nie.
Baie dankie vir julle begrip en samewerking.
Ons is opgewonde om met hierdie oud-Jannies te spog, aangesien die twee seuns tot die leerderraad van Rondebosch Boys’ High School vir 2026 verkies is. Baie geluk aan Taniel Webber, wat as hoofseun, en Alexander Benecke, as leerderraadslid verkies is. Ons wens hulle alle sterkte toe met die belangrike werk wat vir hulle voorlê.

Taniel en sy ouers, Thornley en Elbe Webber.

Alexander en sy ouers, Christo Benecke en Barbara Kemp.
Neem asseblief kennis van die volgende inligtingsvergaderings wat volgende week plaasvind:
Maandag, 3 November: Goedkeuring van begroting 2026 om 18:00 in die skoolsaal (sien mnr. Beets se skrywe). Slegs vir ouers.
Dinsdag, 4 November: Oorgang van graad 3 na 4-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 4-ouers van 2026. Slegs vir ouers/voogde.
Woensdag, 5 November: Voornemende graad 1-ouers van 2026 ontmoet mekaar om 18:00 in die skoolsaal. Slegs vir ouers/voogde.
Donderdag, 6 November: Oorgang van graad 6 na 7-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 7-ouers van 2026. Slegs vir ouers/voogde.
Neem asseblief kennis dat eerskomende Maandag en Dinsdag se periodes omruil. Maandag sal Dinsdag se periodes volg m.a.w. senior kooroefening om 07:30, saal, ens. Die graad 7’s van 2020, wat volgende week met hul matriekeindeksamen begin, kom soos elke jaar vir oulaas ons saalbyeenkoms bywoon. Maak asseblief seker dat jou kind se LO-klere en boeke vir die dag se vakke reg ingepak word. Die buitemuurseprogram sal soos normaal voortgaan.
Dankie vir die samewerking.
Bestellings kan direk via die volgende skakel gemaak word:
https://lunchboxphotography.co.za/schools/jan-van-riebeeck-primary/
Die afsnydatum vir bestellings is Saterdag, 12 Oktober. Ongelukkig sal geen bestellings meer na hierdie datum gemaak kan word nie.
Wagwoord – JVR2020

Ons wil ouers vriendelik versoek om vroegtydig kennis te neem dat daar ’n belangrike skrywe oor die skool se Kunsmatige Intelligensiebeleid in hierdie week se nuusbrief onder Jannies Gesprekke ingesluit is. Dit is van groot belang dat alle ouers die dokument aandagtig deurlees, aangesien dit riglyne bevat wat ons skoolgemeenskap direk raak.
Kyk sommer ook na die kort video opname in die artikel, waar Jannies vertel waarom hulle skool toe kom, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid.
Skakel na artikel:
Belangrike Datums
februarie 2026
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026


