Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Ek hoop julle het die naweek se sport tuis teen Laerskool Mikro net soos ek en die personeel geniet. Vrydagoggend en -middag het Moeder Natuur haar beste probeer om ‘n demper op die hokkiewedstryde te plaas, maar sy kon egter nie die geesdrif en opwinding stuit nie. Ons spanne het puik gevaar en die sportnaweek teen Laerskool Mikro gaan ‘n jaarlikse instelling word van een jaar tuis en die volgende weg.

As skool verwelkom ons dat ouers/voogde hul kind/ers by sportklubs inskryf om hul kind/ers meer blootstelling aan ‘n spesifieke sportsoort te gee. Al voorwaarde verbonde is dat die skoolsport altyd voorkeur moet geniet. Ek glo dat julle sal verstaan dat ons nie kan toelaat dat ‘n ouer/voog of leerder eerder verkies om ‘n klub tydens ‘n wedstryd te verteenwoordig as om vir die skool tydens ‘n wedstryd, sportdag of toernooie te speel nie. Ons skool het juis nie die getalle nie en daarom versoek ek julle as ouers/voogde om asseblief die reëling te eerbiedig.

Volgende week op Dinsdag, 21 Mei, begin die Junie-eksamen vir die gr. 7’s en die gr. 4 – 6’e begin op Vrydag, 24 Mei 2024. Die assesserings vir die Grondslagfase het reeds verlede week begin en alles verloop klopdisselboom. My beste wense vergesel ons leerders en onderwysers tydens die eksamen, of soos die leerders na die ‘e-woord’ verwys – ‘n woord wat ons nie durf waag om enigsins sommer te besig nie. Hou ingedagte dat leerders assesseringstyd verskillend ervaar. Ons weet dat assessering ongelukkig stresvlakke by meeste leerders verhoog en dit filter ook soms deur na die gesinne. Graag versoek ek julle om ons as personeel te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen te beheer sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres tydens ‘n eksamen is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees.

Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en jou moontlike eie angstigheid daaroor hok te slaan:

  • Berei asseblief betyds voor. Help jou kind/ers om ‘n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd gee om ook te ontspan en vroeg saans in die bed te spring sodat hulle genoeg slaap inkry.
  • Skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer vry van enige stressors by die huis vir jou kind/ers om te leer.
  • Skep ‘n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting wat vry van geraas is.
  • Skep ‘n emosionele band met jou kind/ers dat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Vra vir hulle hoe die eksamen was en spreek positiewe woorde uit. Laat hulle verstaan dat julle vir hulle nog steeds baie lief sal wees, ongeag die uitslae en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel nie.
  • Help jou kind/ers om ‘n gewoonte te kweek dat hulle die regte skryfbehoeftes en die regte toerusting vir die dag inpak.
  • Vermy gejaagdheid, veral om op die nippertjie soggens voor die eksamen jou kind/ers by die skool af te laai, want dit maak leerders angstig.

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir Jack Dawes hartlik geluk te wens met sy opname in die o.12A WP-Hokkie-Sonespan (Durbell). Hokkie by Laerskool Jan van Riebeeck is ‘n baie jong sport wat besig is om te ontwikkel. Dis ook besig om baie gewild onder leerders te word, aangesien dit ook ‘n amptelike Olimpiese sport is. Vanjaar was die eerste keer dat ons leerders, in die geval seuns, gekwalifiseer het om aan die WP-hokkieproewe deel te neem. Aanvanklik het Johannes Mouton, Vincent Oosthuizen en Jack Dawes aan die eerste rondte van proewe deelgeneem. Johannes en Jack het vir die volgende rondte gekwalifiseer, maar net Jack het die span gehaal. Jack neem vanaf 19 – 20 Julie aan die WP-Intersone Hokkietoernooi te Laerskool De Hoop deel. Hiermee ook ‘n pluimpie aan ons hokkie-afrigters wat week-in, week-uit met passie en groot entoesiasme afrig.

Baie geluk aan ons o.10A-, o.11A-, o.12A- en o.13A-netbalspanne wat op Woensdag, 15 Mei, te Laerskool Totius puik tydens die Noordelike Distrikte liga-uitspeelrondte gevaar het. Al vier ons spanne gaan deur na die volgende uitspeelrondte teen ander distrikte wat tydens kwartaal 3 sal plaasvind. Die o.11A- en o.12A-spanne het die finale gewen m.a.w. die uitspeelwedstryde (x4) onoorwonne afgesluit. Ons o.13A-span het slegs die finale wedstryd teen Laerskool Totius verloor, maar hulle moes die laaste wedstryd sonder hul hoof- en hulpdoel speel aangesien Karu Rademeyer en Emma Snijders direk na die 3de wedstryd moes haas om aan die semi-finale redenaarskompetisie van die ATKV (Wes-Kaap) deel te neem. Baie geluk aan ons netbalafrigters en spelers vir die puik prestasie om eerste in hul liga te eindig en dan nog verder vir die tweede uitspeelrondtes te kwalifiseer. Laat my ook toe om al die ouers wat so getrou hul wedstryde lojaal ondersteun, hartlik te bedank.

Baie geluk aan die volgende leerders wat op Woensdag, 15 Mei, aan die ATKV-Redenaars se semi-finale rondte te HS Bellville deelgeneem het: Pieter Rademeyer, Sabine Barnard, Karu Rademeyer, Emma Snjiders en Dané Olivier. Ons is baie trots op julle! Baie dankie juf. Andri vir jou puik leiding en voorbereiding van ons redenaarsleerders. Hulle uitslae behoort binne tien werksdae beskikbaar te wees.

Ons spreekwoordelike dankbaarheidsbeker loop oor. Daarom sluit ek nog steeds af deur my dankbaarheidsjoernaal te deel. Hiermee wens ek vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe:

“Feeling gratitude and not expressing it
is like wrapping a present
and not giving it.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Liewe Ouers/Voogde,

Neem asseblief kennis dat ons ongelukkig op Vrydag, 2 Augustus, afskeid van juf. Izél Storm neem. Sy het besluit om Suid-Afrika vir Budapest (Hongarye) te verruil om leerders se lewens daar ook aan te raak. Hierdie verlies het ons genoodsaak na besluite wat ons leerders se behoeftes eerste stel.

Graag deel ons vir deursigtigheid die volgende met julle:

  • isiXhosa: Na vele gesprekke, het die Beheerraad en die EXCO besluit om isiXhosa-klasse wat leerders (gr. 1-6) elke tweede week by juf. Sharon Mabena ontvang, te staak. Hierdie instelling is reeds ‘n paar keer hersien om die vak so goed moontlik aan leerders te bied. Ons ondervind dat die taal (‘n derde taal) nie met slegs een periode elke tweede week regtig optimaal aangeleer kan word nie. Ons benodig dus meer tyd, maar met ons kurukulum-aanbieiding is daar nie tyd op die rooster om meer isiXhosa- klasse aan te bied nie. Ons is wel van plan om isiXhosa as ‘n buitemuurse aktiwiteit aan te bied, indien daar belangstelling is. Hierdie besluit tree dadelik in werking en die aanbieding sal aan die einde van hierdie kwartaal reeds tot ‘n einde kom.
  • Digitale geletterdheid/biblioteek: Hierdie vak/leerarea word elke tweede week afwisselend met isiXhosa aangebied wat direk deur die besluit geraak word. Ons gaan nou weekliks van die begin van kwartaal 3 hierdie baie belangrike vak aan ons leerders bied wat verseker dat die volle koderingskurrikulum ook aangespreek sal word. Digitale geletterdheid is ‘n baie belangrike komponent van kodering en robotika. Tydens die onderrig van digitale geletterdheid fokus ons onder andere op digitale voetspoor en -veiligheid, navorsingsvaardighede en met die addisionele tyd wat nou toegeken word, sal leerders ook meer geleentheid tot ons ‘nuwe’ mediasentrum se biblioteekboeke kan ontvang. Daar is baie spesifiek op hierdie vak/leerarea gefokus toe ons besluit het om hierdie leerruimte op te gradeer.

Juf. Sharon sal nou vanaf 03 Augustus aangewend word om die volgende vakke van juf. Izél Storm te onderrig tot aan die einde van hierdie jaar:

  • Gr. 5 Eng. HL
  • Gr. 6 Eng. FAL
  • Gr. 5 PSW (soos kw. 1 en 2), en
  • Gr. 7 Aardrykskunde

Verder is die graad 7-klasse van drie na twee verdeel, aangesien die graadgroep baie klein (50 leerders) is. Daar sal dus nie ‘n registeronderwyser in Izél se plek aangestel word nie. Hierdie nuus is reeds verlede week met die graad 7-leerders en ouers/voogde gedeel. Hierdie reëling is ook net tot die einde van hierdie jaar van toepassing. Vanaf 2025 sal daar weer 3 klasse by graad 7 wees.

Baie dankie vir jul ondersteuning in die verband.

Groete
Naas Beets

Volg die skakel vir die amptelike brief.

/ Algemeen, Nuus
Slipperdag: 31 Mei 2024
  • 31 Mei 2024
  • Koste: R20
  • Alle fondse gaan aan die ouetehuis

/ Algemeen, Nuus

Skool verdaag Vrydag, 24 Mei, vroeër a.g.v. Kaapse Afrikaanse Eisteddfod wat vanaf 13:00 by ons skool aangebied word.

  • 12:00 (graad 1-3)
  • 12:15 (graad 4-7)
  • Nasorg sal steeds tot 17:15 voortgaan.
/ Algemeen, Nuus

Met herfs in volle swang begin die winter stadig, maar seker haar merk maak met fyn motreën asook koue en mistige toestande wat die afgelope tyd in die Moederstad voorkom. Die winter het sy eie bekoring en wanneer die koue windjie soggens vroeg aan die blare roer, sou ons seker eerder verkies om ‘n bietjie langer in die bed te bly. Ek glo julle stem saam alhoewel die oggend lug ‘n mens laat bibber, maak die winterreuk daarvoor op veral om die verfrissende koue lug in te asem. Vroegoggend met ‘n heerlike warm koppie boeretroos is die perfekte tonikum om ‘n mens se wintersdag aan die gang te kry, veral op ‘n Saterdagoggend as daar ‘n opwindende sportdag vir die Jannies voorlê.

Graag wil ek die week met jul ‘n netelige kwessie bespreek, naamlik die gevare wat sosiale media vir kinders inhou. Ek besef die gebruik van selfone en/of ander toestelle en natuurlik die gepaardgaande tegnologie is vandag deel van ons kinders se verwysingsraamwerk. Ek moet egter gereeld optree rakende kuberboelie via sosiale platforms wat hoofsaaklik na skoolure plaasvind. Die vraag wat by julle mag opkom, is die volgende: ‘Dit vind buite skoolure plaas en het jy as skoolhoof enige sê daarin?’ My antwoord is heel eenvoudig, ek dink nie ouers besef dat boelie deesdae méér aanlyn as op die skoolgronde gebeur nie. Dit is juis hier waar ek betrokke wil raak, want ons moet saam met julle die kinders leer om in die eerste plek nie die boelie te wees nie. Ek kom al hoe meer agter hoe min ouers/voogde bewus is van hul kind/ers se doen en late op die internet. Selfs volwassenes verstaan nie altyd dat die digitale spoor wat hulle deur die gebruik van die internet los, vir ewig daar gaan bly nie. Wanneer jy ‘n flater begaan, is daar selde iets wat jy kan doen om die saak te verbeter. Onthou die kritiek wat ouers/voogde nie te lank gelede ontvang het nie toe hulle die televisie as kinderoppasser ingespan het om net ‘n bietjie later te kan slaap of ‘n Sondagmiddagslapie te geniet. Dit is egter kinderspeletjies in vergelyking met vandag se situasie.

Verder is daar geen handleiding vir die gebruik van sosiale platform toepassings aan ouers/voogde en kinders beskikbaar nie. Leerders deel dikwels met ons dat van hulle volle toegang tot Instagram, Tik Tok, SnapChat, Facebook en WhatsApp het. Ek dink ook as ouers/voogde moet ons ernstig nadink hoekom ons kinders op sosiale media moet wees en waarom hulle gedurig iets van hulself of ander kinders daarop moet plaas. Indien jou kind/ers ‘n slimfoon besit of toegang d.m.v. ander toestelle tot die internet het, rig ek ‘n dringende versoek om gereeld die gebruik daarvan te ondersoek en/of te reguleer. Baie dankie vir julle ondersteuning in die verband.

Ek glo baie van julle het gewonder wanneer ek iets oor die kontroversiële BELAB-wetgewing gaan noem. Hiermee dan in ‘n neutedop terugvoering rakende die nuwe BELAB-wetgewing wat onlangs deur die Nasionale Raad van Provinsies se verkose komitee oor Onderwys, Tegnologie en Sport goedgekeur is. Die Uitvoerende Hoof van FEDSAS (die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole), dr. Jaco Deacon, som dit soos volg op: die aanvanklike wysigings rakende taal- en toelatingsbeleid, wat die besluitnemingsmag na die onderwyshoof sou skuif, is tot so ’n mate aangepas dat dit steeds ’n funksie van ’n skoolbeheerraad bly. “Dit gee wel beperkte oorsigkapasiteit aan onderwyshoofde, maar met duidelike riglyne oor hoe dit moet gebeur.” Gelukkig vir ons is die voorgestelde wysigings nou van so ’n aard dat openbare skole steeds openbare skole bly wat deur skoolbeheerliggame (beheerrade) beheer word. In die jongste wysigings bepaal die beheerraad nog steeds die toelatings- en taalbeleid sonder dat dit deur ’n onderwyshoof goedgekeur hoef te word. Waar ’n onderwyshoof wel ’n finale besluit oor toelating moet neem, moet die skool se beleid gebruik word. Dit moet in oorleg met die beheerraad geneem word en die administratiewe besluit moet redelik, regmatig en prosedureel billik wees. Dit gee darem vir ons ‘n bietje meer gemoedsrus sodat ons onverpoos met die puik werk by ons skool kan voortgaan tot voordeel van ons leerders.

Graag sluit ek af deur steeds my dankbaarheidsjoernaal te deel. Hiermee wens ek vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe:

“Thankfulness is the beginning of gratitude.
Gratitude is the completion of thankfulness.
Thankfulness may consist merely of words.
Gratitude is shown in acts.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die afgelope week was daar twee openbare vakansiedae. Vorige jare het dit altyd met ‘n lekker langnaweek gepaard gegaan, maar ongelukkig mis ons vanjaar op die meevallertjie uit. Ek dink dit is ook belangrik dat ons nie sommer net die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Daar word elke jaar op die 27 ste April Vryheidsdag in Suid-Afrika gevier. Vryheidsdag is ‘n belangrike dag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis daarom is dit belangrik om ons kinders daaroor te leer asook om die waarde daarvan te verduidelik. Vryheidsdag is juis ingestel om die eerste postapartheid verkiesings te vier. Dit is daarom ‘n viering van vryheid vir alle Suid-Afrikaners. Laat ons nooit vergeet dat die eerste nasionale verkiesing op 27 April 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het waar elke persoon bo die ouderdom van 18 kon stem, maak nie saak watter ras hulle was nie.

Verder is daar op Woensdag, 01 Mei, ook Werkersdag in Suid-Afrika gevier om die werkers van ons land te huldig vir die harde werk wat hulle verrig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Werkersdag het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers asook die regverdige behandeling van werkers. Hiermee wil ons, ons personeel en almal in ons skoolgemeenskap salueer wat hard werk om nie net ‘n verskil in ons gemeenskap te maak nie, maar ook ‘n groot bydrae tot die onderwys asook die Suid-Afrikaanse ekonomie bewerkstellig sodat daar meer werksgeleenthede vir werklose mense geskep kan word. Dit is so hartseer om die stryd te sien wat haweloses daagliks in ons Moederstad moet voer net om te oorleef. Kaapstad en die res van Suid-Afrika word tans gekonfronteer met ‘n reuse uitdaging van haweloosheid. Die getal hawelose mense in die stad word daagliks meer-en-meer en moet tussen motors by verkeersligte loop en bedel net om ‘n geldjie te kry om hul hongerpyne te stil. Ons hoop en vertrou dat die plaaslike-, provinsiale- en nasionale regering die behoeftiges in ons land se nood spoedig sal aanspreek voordat die probleem tot ‘n punt van onomkeerbaarheid bring. Weereens kan ons so dankbaar wees om net ‘n dak oor die kop te hê en kos op die tafel vir ons geliefdes te plaas.

Die bouprojek op die skool se tweede vloer regoorkant die gr. 6 en 4-klasse om ons eie volwaardige leerontwikkelingsentrum te skep, het volgens plan afgeskop. Heelwat van die binnemure van die sportkantoor, Marinda en Suzaan se ‘ou’ kantore en die afrolkamer is deurgebreek. Die van julle wat die afgelope week netbalwedstryde op die hoofnetbalbaan in die vierkant gekyk het, sou beslis die deurbreek na buite bokant my kantoor waargeneem het. Die kontrakteurs werk middae vanaf 15:00 – 23:00 en dus word die funksionaliteit van die skool glad nie deur die bouwerk geaffekteer nie. Die kontrakteurs werk baie netjies en daar is ‘n uitstekende veiligheidsplan in plek om die veiligheid van ons leerders, ouers, voogde en personeel te verseker. Ons kan nie meer wag dat daar genoegsame spasie gaan wees om leerders met spesifieke uitdagings (akademiese, emosionele en sosiale) beter te ondersteun en te bemagtig nie. Die opwindende projek behels ook onder andere die sentralisering van ondersteuningsdienste in een gang met meer moderne en goed toegeruste lokale waar ons al die terapeute, opvoedkundige sielkundige en leerontwikkelingspersoneel kan akkommodeer.

Dan wil ek graag vir die sportkantoor in die bresse tree wanneer dit kom by die reël van wedstryde vir ons wintersporte. Mnre. Leon en Rashard gaan werklik uit hul pad om vir al die wintersportspanne wedstryde te reël, maar ons is totaal afhanklik van die opposisie om ons van spanne te voorsien. Skole onttrek dikwels hul spanne op dieselfde dag van die wedstryde en dit maak dit so moeilik om te bestuur. Hou ook verder ingedagte dat wanneer dit by die kies van juniorspanne kom, word die A-span op meriete gekies, terwyl die B- en C-spanne roteer om almal ‘n speelkans te gee. Ons probeer regtig ons bes om vir almal genoeg speelkans te gee.

Graag sluit ek weer af met ‘n opvolg dankbaarheidsjoernaal, hierdie keer in Engels, en ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek saam met jul geliefdes toe:

“Gratitude is when memory is stored in the heart
and not in the mind”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus
Fotobestellings: Klas- en individuele foto's 2024

Ons foto’s wat in kwartaal 1 geneem is, is gereed om bestel te word.

  • Webtuiste: Lunchbox Photography
  • Wagwoord: JVR2020
  • Lees asb. die instruksies om te bestel op die foto hier onder ingesluit.
  • Bestellings wat voor 24 Mei 2024 op die webtuiste geplaas en betaal word, kry gratis aflewering by die skool.

/ Algemeen, Nuus
  • 10 Mei 2024 tydens eerste pouse.
  • Items vanaf R15 tot R50 te koop.
  • Ten bate van die graad 7-fonds 2024.

/ Algemeen, Nuus

Woensdag, 1 Mei, is Werkersdag en sal daar nie skool wees nie.

/ Algemeen, Nuus

Alhoewel dit amper ‘n week later is, bly Kaperjolle steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 20 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se kalender. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en ‘n hoogtepunt was om die ‘skrikwekkende’ spookhuis te besoek. Leerders het in lang rye gestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ‘n kans is dat ‘n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog kinders fasineer. Die spookhuis is vanjaar kreatief deur die leerderraad in die senior seuns se badkamers aangebied.

Verskeie van ons ouers het tydens kaperjolle aan die straatkoskompetisie deelgeneem. Hulle stalletjies was fraai versier. Ek was nie ‘n beoordeelaar nie, maar is in die afgrond bederf met smullekker happies van verskeie straatkosdisse. Die verskeidenheid disse was hemels en die kompetise was baie sterk. Baie geluk aan Marta se span wat met die louere weggestap het.

Die opkoms van ouers en kinders was verstommend en spreek weer boekdele van die karakter van ons skoolgemeenskap wanneer dit by die ondersteuning van skoolaktiwiteite kom. Die weer het vanjaar perfek saamgespeel, met kostalletjies sonder einde, “live” musiek in die agtergrond, ‘n groot markiestent met gemaklike sitplek om heerlike kos en wyn te geniet. Hierdie kombinasie saam met omgee-mense maak die perfekte resep vir ‘n onvergeetlike ervaring. Ek is uiters trots en dankbaar dat ons ouers/voogde die skool in alle opsigte ondersteun en saam trots op ons puik skool is. Dit dra onder andere kollektief by dat ons skool net van krag-tot-krag gaan. Graag wil ek ons OOV-Voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span asook al die ouers, voogde en personeel wat so hard gewerk het om die sukses van die Kaperjolle te verseker, hartlik bedank.

Op Donderdag, 18 April, het ons jaarlikse Kleiduifskietkompetisie by die Gun Valley Skietbaan te Agter-Paarl plaasgevind. Die weergode het vanjaar besluit om nie soos in die verlede gure weer te stuur nie. Baie dankie aan Safari Outdoor wat jaarliks as die hoofborg optree. ‘n Hartlike dank aan Stephanie le Roux en Ria Hertzog wat die gewilde dag vir die 4de agtereenvolgende jaar gereël het. Die geesdrif en samesyn onder ons ouers het soos ‘n paal bo water uitgestaan.

Op Maandagoggend, 22 April, het leerders, ouers/voogde en personeel ingespring om 1 400 toebroodjies vanaf 06:30 – 07:45 in die saal voor te berei wat ons aan minderbevoorregte skole dieselfde dag te Kunstekaap uitgedeel het. Weereens nog ‘n trotse oomblik om te sien hoe veral leerders bereid is om te help en hulle werklik omgee vir mense in nood. Die skole aan wie ons die toebroodjies oorhandig het, bestuur voedingskemas by hul onderskeie skole en is onder geweldige finansiële druk om hul leerders daagliks van kos te voorsien. Uit die aard van die saak het hulle ons bydrae opreg waardeer en kon ons dankbare glimlagte op verskeie van hul leerders se gesigte plaas. Dit laat my opnuut besef hoe bevoorreg ons as skoolgemeenskap is, want heel moontlik hoef ons nie te stres waar ons volgende maaltyd vandaan sal kom nie. Mag die gawe van dankbaarheid deel van ons lewe word as ‘n mens net weer besef wat God vir ons skoolgemeenskap uit genade doen.

Baie dankie aan ons vyf ouers (Merwe Scholtz, Hugo van den Heever, Susan van der Walt, Marié Cruywagen en Stephen Hitchcock) wat op ons nuwe Beheerraad dien vir hul teenwoordigheid tydens Dinsdag, 23 April, se saalbyeenkoms. Baie dankie aan ons Voorsitter van die Beheerraad, naamlik Merwe Scholtz, wat aan die leerders konteks gegee het rakende die rol van die beheerraad by die skool en hoe daar kollektief saam met die skoolhoof asook EXCO hard gewerk word om die skool na nog hoër hoogtes te neem tot voordeel van ons leerders.

Wêreldboekedag is ook ‘n hoogtepunt vir leerders en opvoeders en die week is dit behoorlik op Dinsdag en Woensdag by die skool gevier. Dit gee vir die leerders die geleentheid om soos hul gunsteling boekkarakter aan te trek. Ons leerders het die geleentheid behoorlik aangegryp en daar is ‘n skouspel van boekkarakters opgelewer om sodoende hul liefde vir boeke en hul gunsteling boekkarakters uit te leef. Leerders het van vroeg af vir my in my kantoor hul spoggerige kostuums kom wys. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat gehelp het met die maak van die pragtige kostuums sodat die boekkarakters letterlik lewendig kon word.

Laat my toe om die volgende leerders sterkte toe te wens vir die finale WP-Netbalproewe wat môre plaasvind:

  • Cato Terblance (o.11)
  • Anouk van der Linde (o.11)
  • Stella Pansegrouw (o.12)
  • Chanelle van Wyk (o.12)

Geniet die netbalproewe en wat ookal die uitslag mag wees, ons bly nog steeds baie trots op julle!

Ons skool is werklik geseënd in baie opsigte en dit gaan werklik baie goed met ons skool en Huppelland, daarom sluit ek af met die onderstaande dankbaarheidsjoernaal en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“As jy geluk wil vind,
vind eers Dankbaarheid.
Dankbaarheid is die tonikum
teen ontnugtering en bitterheid’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

The World Needs a Father Evening
Met Cassie Carstens

Die rol van Pa-wees is nie ‘n maklike een nie, maar uiters belangrik vir ons kinders. Min van ons maak tyd om onsself te verbeter om ‘n beter pa te wees. Kom volgende Donderdag, ons gesels oor die doel van Pa-wees en wat ons kinders werklik nodig het.

/ Algemeen, Nuus

Die wintersportwedstryde is in volle swang en sommer binne die eerste 2 weke van die nuwe kwartaal is skoolaktiwiteite behoorlik aan die gang. Opvallend hoe die wintersportgeleenthede deur ouers/voogde asook oumas en oupas ondersteun word, amper asof dit die skoolgemeenskap nader aan mekaar bring en veral op ‘n Saterdag ervaar ‘n mens die positiewe sportgees en kameraderie onder ouers en voogde. Verlede Vrydagmiddag het ons o.13A hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en graag maak ek melding van die dogters wat 2 van die 3 westryde gewen het en hul laaste wedstryde teen Laerskool Van Riebeeckstrand gelykop gespeel het. Ons seunspan het ook net 0 – 1 teen Laerskool van Riebeeckstrand verloor. Laerskool Van Riebeeckstrand is ‘n heelwat groter skool as ons en weereens kon ons kompeterend wees alhoewel ons ‘diepte’ met die aantal spelers beperk is. Op Saterdag, 13 April, het ons netbalspanne aan 33 wedstryde te Laerskole Sunningdale, Tableview en Kampsbaai deelgeneem. Ons wen 20 van die 33 wedstryde, speel 5 gelykop en verloor slegs 8 van die netbalwedstryde – ek dink dit is merkwaardig en wil graag al die netbalafrigters en -spelers hartlik gelukwens met die prestasie.


Ons o.7 – o.13 Rugbyspanne het ook op Saterdag, 13 April, weg teen Laerskool Sunningdale gespeel. Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan wat hul titaniese stryd 24 – 19 gewen het. Ons opposisie het verseker groter seuns gehad met meerderheid gr. 7-leerders terwyl ons span hoofsaaklik uit gr. 6-seuns bestaan. Welgedaan aan ons afrigters, mnre. Erick en André, asook die seuns wat ‘n klipharde wedstryd vir mekaar en die skool gespeel het.

Dit is dan vir my ook aangenaam om nie net oor sport verslag te lewer nie, maar veral dat daar ‘n opwindende tyd vir die skool se Senior Koor voorlê. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om die toonaangewende koordirigent, Leon Starker, as deel van ons koorspan te verwelkom. Die toevoeging van sy gespesialiseerde kennis en vaardighede, maak dit moontlik om in samewerking met mnr. Ben en juf. Rolene te streef na nuwe hoogtes. Net soos ons ons sportspyskaart uitgebrei en ‘n nuwe sportkultuur gevestig het, beplan ons ook om ‘n uitnemende koor- en musiekkultuur by Laerskool Jan van Riebeeck te vestig. Leon se fokus en bydrae sal wees om aandag aan die uitbou van spesifieke vaardighede te skenk, wat insluit stemontwikkeling en bladlees. Dus vir ons koorvisie om te realiseer, is dit belangrik om meer oefentyd aan die koor toe te staan en daarom verander ons Senior Koor se oefentye vanaf 16 April soos volg:

Dinsdag: 12:40 – 14:10
Donderdag: 07:45 – 08:15

Ons het hierdie tye spesifiek gekies, en die skool se rooster so aangepas dat dit nie met enige akademie, sport, kultuur of buitemuurse aktiwiteite bots nie. Ons verwag daarom van ons Senior Koorlede om volkome toegewyd te wees en die kooroefeninge getrou by te woon. Ons kan slegs as ‘n gemotiveerde en gedissiplineerde span die doelwit van sukses bereik. Alhoewel harde werk by tye van die koorlede verwag gaan word, weet ons dat ons besig is om te skaaf aan ‘n produk waarop ons as Jannies trots kan wees! Baie dankie dat julle ons ondersteun in die verband en ons sien uit na ‘n blink toekoms vir ons kore, wat skitter met nuwe geleenthede vir optredes, deelname aan Eisteddfods en kompetisies, en moontlike koortoere.

Vanaf 10 – 11 April het ons die jaarlikse interne redenaarskompetisie gehou. Ons gr. 1 – 7-deelnemers het hulle puik van hul taak gekwyt. Ek bly verstom oor ons leerders se selfvertroue, woordeskat en kommunikasievaardighede. Om van so ‘n jong ouderdom te skaaf aan ‘n vaardigheid waar jy die gehoor moet dwing om na jou te luister en van jou standpunt te oortuig, is nie vir almal beskore nie, maar tog slaag ons leerders dit met vlieënde vaandels. Ek glo vas dat redenaars leerders aanspoor om hul breinkrag tot die maksimum te gebruik, veral as hulle skielik ‘n gedeelte van hul toespraak vergeet het, dan moet hulle vinnig op hul voete kan dink en improviseer. Baie dankie en geluk aan juf. Andri wat die redenaars met soveel passie bestuur en ons leerders bemagtig om bekwame sprekers te word.

Môre vind die gewilde Kaperjolle vanaf 12:00 plaas en ‘n mens kon reeds die afgelope week al die opwinding aanvoel. Die leerders kan nie meer wag om aan al die speletjies en vermaak deel te neem nie. Baie dankie aan die OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, haar OOV-span asook al die ouers/voogde wat ingespring het om te verseker dat dit weer ‘n reuse sukses sal wees. Kom geniet die kosbare samesyn, straatdiskompetisie en kosstalletjies wat smaaklike disse te kope bied. Die weer gaan ook môre beter as laasjaar saamspeel en ek sien baie uit om julle almal môre by die pretdag vir oud en jonk te ontvang!

Ons skool is so geseënd in baie opsigte as ons na al die suksesse en vooruitgang die afgelope tyd kyk. Laat ons altyd nederig bly. Ek sluit af met die volgende stelling oor nederigheid deur Gordon. B Hinckley en wens ek vir julle ‘n wonderlike Kaperjolle en naweek toe:

“Being humble means recognizing
that we are not on earth
to see how important we can become,
but rather to see how much DIFFERENCE
we can make in the lives of others’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus, Projekte

Ons skool is spesiaal uitgenooi om die Junior Suidoosterfees (22 – 24 April) by die Kunstekaap (Operahuis) by te woon.

Om die enigste Afrikaanse laerskool in die stadskom te wees, is voorwaar ‘n voorreg, maar terselfdetyd ‘n reuse verantwoordelikheid. Ons streef daarna om ons leerders te bemoedig om Afrikaans te bly praat en lees.

Ons is hierdie kwartaal deel van die ATKV se storieleesfeesprojek waartydens elke graad uitgesoekte Afrikaanse leesboeke gekry het om deur te lees. Leerders moet teen middel Julie die boeke klaar gelees het om tydens klastyd te stem vir die boeke waarvan hulle die meeste hou.

Ons is dan ook deur die Suidoosterfees genooi om Maandag, 22 April, – Woensdag, 24 April, die onderskeie Junior programme by te woon om Afrikaans lewendig te hou. Daar is daagliks 1400 leerders wat die onderskeie programme bywoon. Jou kind het ‘n toestemmingsbrief ontvang wat jy moes onderteken om toestemming te gee dat jou kind die program mag bywoon en ook om van die skool se busvervoer gebruik te maak.

Maandag, 22 April – Gr. 1-3
Dinsdag, 23 April – Gr. 4-5
Woendag, 24 April – Gr. 6-7 

Volg die skakel vir die program.

Ons wil graag as ‘n skool vir gr. 4, 5 en 7 hierdie kwartaal die geleentheid gee om self broodjies te kom smeer wat ons Maandagoggend aan leerders sal uitdeel wat die Suidoosterfees se program gaan bywoon. Hierdie broodjies word spesifiek vir skole gegee wat voedingskemas het en nie Maandag by hul skool sal wees om hul pousekos te ontvang nie. Personeel sal ook help met die voorbereiding van hierdie ete. ‘n Groot dankie aan die Welwillendheidskomitee wat aan die stuur is van hierdie projek. Wonderlik om ‘n honger magie vol te maak vanuit warm, vol harte!

Belangrike Datums

april 2026

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

12apr16:0019:00Boston Koorfees - Senior Koor (Hugo Lambrechts Musieksentrum)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr(apr 14)00:0013(apr 13)23:59Marecia van Zyl (onderwyser) verjaar

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15aprHeeldag16ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr(apr 16)00:0015(apr 15)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr(apr 18)00:0017(apr 17)23:59Mardry Wright (Onderwyser) verjaar

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0019(apr 19)23:59Rolene van Zyl (kultuurhoof) verjaar

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

21apr(apr 21)00:0020(apr 20)23:59Marietjie de Kock (leerontwikkeling) verjaar

21apr(apr 21)18:0020(apr 20)18:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

28apr08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

12mei08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

26mei08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

09jun08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

25jun11:0011:00Pearson Hoërskool Jazz Band

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul(jul 27)00:0026(jul 26)23:59Gr.3 - Interne Robotika Kompetisie

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

maart 2027

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

Wys Meer