Ons skool is spesiaal uitgenooi om die Junior Suidoosterfees (22 – 24 April) by die Kunstekaap (Operahuis) by te woon.

Om die enigste Afrikaanse laerskool in die stadskom te wees, is voorwaar ‘n voorreg, maar terselfdetyd ‘n reuse verantwoordelikheid. Ons streef daarna om ons leerders te bemoedig om Afrikaans te bly praat en lees.

Ons is hierdie kwartaal deel van die ATKV se storieleesfeesprojek waartydens elke graad uitgesoekte Afrikaanse leesboeke gekry het om deur te lees. Leerders moet teen middel Julie die boeke klaar gelees het om tydens klastyd te stem vir die boeke waarvan hulle die meeste hou.

Ons is dan ook deur die Suidoosterfees genooi om Maandag, 22 April, – Woensdag, 24 April, die onderskeie Junior programme by te woon om Afrikaans lewendig te hou. Daar is daagliks 1400 leerders wat die onderskeie programme bywoon. Jou kind het ‘n toestemmingsbrief ontvang wat jy moes onderteken om toestemming te gee dat jou kind die program mag bywoon en ook om van die skool se busvervoer gebruik te maak.

Maandag, 22 April – Gr. 1-3
Dinsdag, 23 April – Gr. 4-5
Woendag, 24 April – Gr. 6-7 

Volg die skakel vir die program.

Ons wil graag as ‘n skool vir gr. 4, 5 en 7 hierdie kwartaal die geleentheid gee om self broodjies te kom smeer wat ons Maandagoggend aan leerders sal uitdeel wat die Suidoosterfees se program gaan bywoon. Hierdie broodjies word spesifiek vir skole gegee wat voedingskemas het en nie Maandag by hul skool sal wees om hul pousekos te ontvang nie. Personeel sal ook help met die voorbereiding van hierdie ete. ‘n Groot dankie aan die Welwillendheidskomitee wat aan die stuur is van hierdie projek. Wonderlik om ‘n honger magie vol te maak vanuit warm, vol harte!