Kategorie: Akademie
Donderdag, 21 September, het 16 baie opgewonde wiskundiges gereed gemaak om aan die Melkbos-Wiskundekompetisie deel te neem, ‘n kompetisie waarby ons groot sukses die laaste 6 jaar gehad het.
10 Skole en 39 spanne het op die dag aan die kompetisie deelgeneem. Skole wat tot 5 keer groter as ons is, het deelgeneem: Van Riebeeckstrand, Welgemoed, Table View, Elkanah House, Mikro en selfs Laerskool Bredasdorp het deurgekom vir die kompetisie.
Voorbereiding het reeds in April begin met vroegoggendsessies en ‘n groot groep leerders het die Wiskundedag bygewoon. Ons leerders het nie teleurgestel nie en vir die 7de jaar in ‘n ry met beide bekers huis toe gekom. Die uitslae is as volg:
- Willem Burger, Katia van Wyk, Jan-Willem Silvis en Liza Hertzog is aangewys as die beste span op die dag.
- Gemma de Vries, Karlien van der Walt, Calla van Vreden en Marais Groenewald eindig tweede.
- Lida-Mari Bosman, Hila Hertzog, Pierre-Jacque Smit en Kai Allewell eindig 8ste.
- Annabel Koen, Stella Lamprecht, Liam Joubert en Willem Vorster eindig 11de.
Al die spanne se punte word bymekaar getel om die algehele wenner te bepaal. Met hierdie puik uitslae wen ons ook die skoolbeker.
Baie geluk aan elke deelnemer. Ons is uiters trots op julle! Baie dankie aan meneer Hanekom en juffrou de Villiers wat die ekstra myl geloop het om Wiskunde vir ons leerders lekker te maak.

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope! Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op die 11de en 12de September) in die biblioteek plaasvind. Stuur asseblief ‘n geldjie saam indien leerders belangstel om ‘n boek te koop. Ons sien baie uit!
- Maandag, 11 Sept., 09:30 – 15:30
- Dinsdag, 12 Sept., 07:15 – 15:30
- Betaal met kontant, kaart of Snapscan

Die WOW-distrikskompetisie van ‘n paar weke terug het ongelooflik goed verloop. Ons is baie trots op elke leerder wat deelgeneem en deurgedring het na die provinsiale rondte.
Prestasies per graad tydens die distrikskompetisie:
Graad 1: Alexander Styan (eerste), Wrensch Silvis (tweede), Anya Greeff (derde)
Graad 2: Mika van der Walt (eerste), Elisabet van den Berg (tweede)
Graad 3: Antjie Samuel (eerste), Maia du Toit (eerste), Dirk de Jager (derde)
Graad 4: Ghia Perreira (eerste), Anabella Boshoff (tweede), Ella van der Walt (derde)
Graad 5: Katryn Silvis (eerste), Susie Samuel (tweede), Amelie van der Walt (derde)
Graad 6: Isabella Marais (eerste), Michaan Naylor (tweede)
Graad 7: Liza Hertzog (eerste), Lisa-Mari Bosman (tweede), Katia van Wyk (derde)
Sterkte met die provinsiale rondte wat Saterdag, 8 September, plaasvind! Ons gee volgende week graag terugvoer.
Jannie-wees verg voorwaar ‘n spesiale KUNS. ‘n Kuns wat oor jare bemeester word tot die dag dat jy graad 7 verlaat. Vir sommige is hierdie reis vanaf gr. 00 by Huppelland en vir ander is dit slegs ‘n kort tydperk. Hoe ookal om by Laerskool Jan van Riebeeck betrokke te wees, maak dat jy na leer, die wêreld en sy mense anders kyk. Die lens waardeur ons kyk, help om ons leerders se horisonne net so ‘n klein bietjie meer te verbreed en daarom die idee van die akademiese week met sy anderste benadering en integrasie tot leer. Ons kinders leer en dink lankal nie meer op en aan dieselfde dinge as ons op hul bepaalde ouderdomme nie.
Hier bied ons iets wat nie noodwendig gebottel kan word nie, maar ons weet dat ons met ‘n unieke KUNSversameling besig is waarvan die materiale, aanwendig, proses, begin en eindresultaat verskillend is. Die LS JvR kunsgalery is kleurryk en poog daarin om aan al ons kunswerke spesiale aandag te skenk.
Ons waardeer elkeen wat ons galery so gereeld kom besoek. ‘n Groot en baie spesiale dankie aan elkeen wat betrokke was by hierdie week se verskillende uistallings. Met groot sukses het ons aan die einde van ons KUNSweek gekom. Dankie aan elkeen wat so hard werk om hul ‘kunswerk’ tuis aan te moedig en te inspireer om ‘n groter bydrae aan KUNS te lewer, want leer is lekker!
Besoek gerus die JvR-kiek vir nog baie lekker foto’s oor ons ‘kunsuitstalling’.
Ek is super dankbaar teenoor elke personeellid wat ekstra moeite en geduld aan die dag moes lê – ‘n trefferspan vir seker!
Mag Jannie-wees nog vir lank ‘n spesiale KUNS verg.
Met groot liefde vir ons skool – Marinda Brink

Die Geskiedenistoets wat geskeduleer is vir gr. 4 – 6 vir Vrydag, 1 September, sal met een week uitgestel word a.g.v. die akademiese week. Hierdie toets sal nou op Vrydag, 8 September, geskryf word. Die gr. 7’s se Geskiedenistoets word ook uitgestel, maar daar sal aan hulle gekommunikeer word wanneer hulle dit sal skryf aangesien hulle ‘n Tegnologietoets op Vrydag, 8 September, skryf.
“Juffrou, waarom gaan ons soveel lekker dinge doen as dit die akademiese week is?” vra ‘n leerder aan my terwyl ek die advertensies in die gange aanbring.
“Akademie is lekker! Dis waarom ons lekker dinge doen,” was my antwoord op hierdie vraag.
Dis net hier waar ek besef het watter belangrike rol ons huidige ingesteldheid teenoor akademie speel: Die visie vir ons skool se akademie is om ‘n geïntegreerde, interaktiewe omgewing te skep waarbinne leerders veel meer as net die voorgestelde KABV (CAPS) kurrikulum onder die knie het. Ondersteuning, intervensie, blootstelling en verryking speel alles ‘n kardinale rol in die leerproses.
Met die akademiese week op ons voorstoep is die uit einde om vir ‘n week die ‘normale’ skoolprogram opsy te plaas om sodoende onderwysers en leerders die vryheid te bied om op verskillende maniere en vlakke te leer. Ons betrek dan ook ons breër skoolgemeenskap deur interessant gesprekke, inligting, opleiding, ens. aan te bied.
Dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie te wees!
Die week begin amptelik vandag met ouma- en oupadag asook ‘n spesiale sivviedag … KUNS is … Ons eindig ons week met ‘n hoogtepunt af … kaskarresies bly maar altyd net ‘n groot lekkerte.
Dankie vir die ondersteuning en entoesiasme oor leer en die lekkerte rondom dit.
Marinda Brink

























Op 31 Julie en 1 Augustus vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:
- Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
- Kies die graad waarin jou kind is.
- Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak.
- Op die kalender, gaan na Julie of Augustus en kliek op een van die twee datums hier bo genoem.
- Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op Skooler of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
- Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
- Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
- Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
- Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
- Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
Die skool verdaag op 31 Julie en 1 Augustus vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)
Die bus sal om 13:10 vertrek.
Geen sport sal plaasvind nie.

Dis ‘n KUNS om ‘n jannie te wees …
Gedurende 25 Aug. – 2 Sept. 2023 vier ons die KUNS van jannie-wees. Dit verg omtrent ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie in murg-en-been te wees. Tydens hierdie week staan die ‘akademiese rooster’ soos ons dit ken, stil. Ons wyk van die verpligte KABV-kurrikulum af en gebruik ‘n lekker wye tema (Die KUNS van jannie-wees) om op verskeie areas met ons kern besigheid waarmee ons skool spog en uiters trots is nl. AKADEMIE te integreer. Ons bied die geleentheid aan ons personeel en ouers om betrokke by hierdie week te wees. Hierdie holistiese week sal baie pret en leersame geleenthede verseker. Om blootstelling en leergeleenthede aan leerders te bied sonder dat hulle besef dat hulle met akademie en leer besig is, is die KUNS.
Ons het ‘n soortgelyke week vier jaar gelede aangebied waartydens die klem op Sport in Akademie geplaas is. As gevolg van die sukses van aktiwiteite van daardie week het ons skool besluit om die daaropvolgende jaar hokkie as ‘n formele sport by ons skool aan te bied.
Die idee met vanjaar se Akademiese week is nie noodwendig om iets nuut na afloop van die week by die skool te implementeer nie, maar eerder om Akademie met verskillende leerareas rondom die woord KUNS te integreer. Om daardeur ons skoolgemeenskap te verryk en verder te bou aan die unieke, besondere kultuur wat Laerskool Jan van Riebeeck van ander skole onderskei. Die balans waarna ons skool jaarliks streef, word hiermee gevier, want dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n Laerskool Jan van Riebeecker te wees!
Ek rig ‘n ope uitnodiging aan jou as ouer/voog om betrokke by hierdie week se program te raak – as toeskouer, deelnemer of selfs aanbieder. Hou asb. hierdie ruimte dop, want daar sal weekliks verdere inligting rondom al die bedrywighede van die week geplaas word.
Vir nou is twee goed belangrik:
- Hou die datum op jou kalender oop en raak gerus saam met ons opgewonde!
- Indien jy voel dat jy graag betrokke wil raak, kontak my gerus (Marinda Brink: marinda@jvrprim.co.za). Enige talent, inligting, diens wat jy aan ons leerders kan oordra of jou kennis van ‘n spesifieke onderwerp wil deel, sal ‘n reuse bydrae by ons program kan maak. Dis altyd so lekker indien daar ‘n ouer/voog is wat iets vir ons leerders kan leer of demonstreer of aanbied. Enige voorstel is welkom. Voorbeelde om aan te dink: Dis ‘n KUNS om kuns te waardeer; die Geskiedenis van KUNS; Dis ‘n KUNS om jouself te beskerm, te beveilig; Om gesond te bly, is ‘n kuns; Dis ‘n KUNS om (interessante sport/vaardigheid) te bemeester; Om te kan skryf, is ‘n KUNS, om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak is ‘n KUNS, ens.
Onthou dat ons fokus is om af te wyk van die gewone en om ander, interessante inligting te deel deur heerlike aktiwiteite en leergierige blootstelling te beplan.
Hier volg ‘n lys van bedrywighede wat reeds vir die week beplan is:
- Vrydag, 25 Aug: Ouma- en oupadag met Elsabe Daneel as gasspreker (Die KUNS om in die onthou-gange van ouma en oupa te wandel). Kaartjies binnekort op Karri te koop. (Vir die grootouers)
- Woensdag, 30 Aug:
- Gr. 6 & 7-leierskappraatjie met Lindie Strydom as gasspreker (Die KUNS om leierskap te ontwikkel)
(Vir ons senior leerders) - Jannies Talent (Die KUNS om talente te ontwikkel) – kaartjies binnekort op Karri te koop
(Vir die gesin)
- Gr. 6 & 7-leierskappraatjie met Lindie Strydom as gasspreker (Die KUNS om leierskap te ontwikkel)
- Donderdag, 31 Aug: Personeelopleiding (Sensoriese integrasie en die KUNS om dit aan te spreek (vir die onderwysers)
- Vrydag, 1 Sept: Loslit-dag (Die KUNS van omgee) Kaartjies binnekort op Karri te koop (vir die leerders)
- Vrydag en Saterdag (1 – 2 September): Sportafsluiting: Sport vs Laerskool Welgemoed. Inligting volg later.
- Saterdag, 2 Sept.: Damesontbyt met Lindie Strydom (en nog ‘n verrassing) (Die KUNS van vrou-wees) Kaartjies binnekort op Karri te koop.
*Joga vir ons leerders word reeds ook beplan en sal oor verskeie dae aangebied word.
Hoe om belonings te gebruik / How to use rewards (deur Marike Badenhorst, LS JvR Opvoedkundige sielkundige)
Dit is eksamen en is vir baie ouers en leerders ‘n senutergende tyd. Dikwels voel ouers hul kinders het net daai ekstra bietjie motivering nodig. Dit is nie verkeerd om jou kind te beloon nie, maar dit is belangrik hóé om dit doen. Hier is ‘n paar riglyne:
- Wees baie spesifiek en sorg dat kind presies weet hoe om dit te verdien / Be clear about rewards and how to earn them
Wees spesifiek wanneer jy jou kind wil beloon. In plaas van “ jy kan langer televisie kyk” sê eerder “jy kan ‘n halfuur langer televisie kyk”. Maak ook seker dat jou kind presies weet wat hy/sy moet dóén. In plaas van “maak jou kamer aan die kant”, sê eerder“hang jou klere op, pak jou speelgoed weg en maak jou bed op.” - Prys jou kind se GEDRAG / Praise BEHAVIOUR instead of traits
Prys en gee erkennig aan jou kind se GEDRAG. Wanneer jou kind goed doen in ‘n vraestel, prys hom vir sy/ haar harde werk eerder as vir haar intelligensie/ hoe slim sy is. Wanneer jou kind begin glo dat hy ‘n toets deurgekom het omdat hy slim/ intelligent is, wat beteken dit dan wanneer jou kind swak presteer? Ook, deur gedrag te prys soos harde werk sal lei tot nóg harde werk, maar iets soos intelligensie is buite jou kind se beheer. - Beloon jou kind gereeld en wees konsekwent /Give rewards regularly and be consistent
Probeer om nie een groot belonging te gee vir iets waarvoor hulle lank moet wag nie. Hou by kleiner, gereelde belonings. Dit is vir enige kind moeilik om te wag, wat die belonging minder effektief maak. Gereelde belonings sal jou kind gemotiveerd hou. - Moenie ‘n beloning wegneem vir ‘n ander reël wat oortree word nie / Don’t take away earned rewards
Om ‘n belonging weg te neem wat klaar verdien is, mag jou kind moedeloos maak en laat voel hy sien nooit positiewe resultate vir sy gedrag nie. - “Catch your child doing good”
Sit jou ooraktiewe kind stil? Maak ‘n punt daarvan dat jou kind weet jy het dit raakgesien, ongeag hoe klein dit ookal is. En: doen dit gereeld, minstens twee tot drie maal ‘n dag. Die beste manier om swak gedrag hok te slaan, is om die teenoorgestelde, goeie gedrag raak te sien en te beloon. - Druk altyd deur / Always follow through
Indien jy jou ooreenkoms altyd deurvoer, kry jou belonings oor tyd geloofwaardigheid. - Stel bereikbare doelwitte / Set achievable goals
Indien jou kind glo hy/sy gaan dit in elk geval nie kan bereik nie, hoekom sal hy/sy eers probeer? Die goue reël hier is dat jou kind minstens ‘n “7 uit 10” kans het om sukses te behaal.
Marike Badenhorst (skoolsielkundige) het hierdie week vinnig by die graad 7-klasse kom inloer en hierdie waardevolle inligting met hulle gedeel sodat hulle hul vraestelle op die regte manier kan aanpak. Ons deel graag hierdie wenke met almal (kliek HIER om die PDF-weergawe af te laai). Voorwaar iets om te hou wat leerders tot matriek kan gebruik.
Sterkte met al die eksamen-/assesseringvoorbereiding. Onthou: ons kinders voel ons as ouers se angs en spanning aan en reageer dan daarop. Benader die eksamen as ‘n gewone toets.
Sien asb. die belangrike inligting rakende die organisasie en logistiek tydens die eksamen/assessering: 1 – 14 Junie 2023
Donderdag, 1 Junie – Gr. 7’s begin met eksamen. Skryf in hul registerklasse vanaf 07:45 – 10:10 asook 10:30 – 12:25 (Wiskunde x 2 vraestelle). Res van die skool ruil normaal.
Vrydag, 2 Junie – Gr. 7’s skryf eksamen 07:45-10:10 in hul registerklasse. Res van die skool ruil normaal.
Maandag, 5 Junie – Woensdag, 14 Junie: (Gr. 4-7)
- Konsessie-leerders gaan direk na lokale en bly daar tot eerste pouse.
- Skryfsessie: 07:45 – 10:10 (begin so gou moontlik skryf om te verseker almal het genoeg tyd)
*’n spesiale reëling sal in plek gestel word indien daar om 08:00 – 10:00 ‘n kragonderbreking mag wees. Leerders mag ‘n kopliggie of ander liggie bring om op hul lessenaar te sit tydens beurtkrag. - Gr. 6 en 7-klasse word in ses onderskeie klasse verdeel om eksamenfokus en -dissipline te handhaaf. Hierdie ‘nuwe’ klasse gaan direk na die onderskeie eksamenlokale en sal na eerste pouse by hul registerklasse aanmeld.
- Almal verdaag na eerste pouse na hul registerklasse. Geen klasruiling sal vir gr. 1 – 7 tydens hierdie eksamentydperk (5 – 14 Junie) plaasvind nie.
- Sportoefeninge gedurende skooltyd:
- Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word.
- Toesig sal in graadverband georganiseer word afhangend van hoeveelheid leerders wat nie die bepaalde dag oefen nie. Geen leerders sal sonder toesig gelaat word nie. Graadhoofde moet opname doen en dit kommunikeer.
- Graad 4 – 7’s oefen: 10:30 – 11:30
- Graad 1 – 3’s oefen: 11:45 – 12:50
- Leon, André en Rashard is hierby betrokke.
- Oefendae: Let Wel dat die oefeninge verpligtend is vir spelers wat by ‘n span betrokke is.
- Maandag: Netbal / Rugby
- Dinsdag: Hokkie / Landloop
- Woensdag: Netbal / Rugby
- Donderdag: Hokkie
- Musiekoefeninge gedurende skooltyd: Geen musiekonderrig sal voor eerste pouse plaasvind nie. Kore oefen volgens die rooster:
- Maandae – Junior koor
- Donderdae – Senior koor
-
Skool verdaag vanaf Woensdag, 31 Mei, om 13:00 (gr. 1-3) en 13:15 (gr. 4-7). Periode 7 val outomaties weg.
-
ONTHOU: Alle vraestelle sal met leerders bespreek word. Dis deel van die leerproses. Leerders moet weet waar hulle foute gemaak het. Aangesien Afrikaans, Engels en Wiskunde vakke is wat deurlopend is, word die vraestelle van hierdie vakke vir ondertekening huis toe gestuur – dit mag dalk eers volgende kwartaal geskied a.g.v. die sporttoer.
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027




