Die WOW-distrikskompetisie van ‘n paar weke terug het ongelooflik goed verloop. Ons is baie trots op elke leerder wat deelgeneem en deurgedring het na die provinsiale rondte.

Prestasies per graad tydens die distrikskompetisie:

Graad 1: Alexander Styan (eerste), Wrensch Silvis (tweede), Anya Greeff (derde)
Graad 2: Mika van der Walt (eerste), Elisabet van den Berg (tweede)
Graad 3: Antjie Samuel (eerste), Maia du Toit (eerste), Dirk de Jager (derde)
Graad 4: Ghia Perreira (eerste), Anabella Boshoff (tweede), Ella van der Walt (derde)
Graad 5: Katryn Silvis (eerste), Susie Samuel (tweede), Amelie van der Walt (derde)
Graad 6: Isabella Marais (eerste), Michaan Naylor (tweede)
Graad 7: Liza Hertzog (eerste), Lisa-Mari Bosman (tweede), Katia van Wyk (derde)

Sterkte met die provinsiale rondte wat Saterdag, 8 September, plaasvind!  Ons gee volgende week graag terugvoer.