Skrywer: Suzaan Burger

Karu en Pieter Rademeyer presteer in Redenaars

Karu en Pieter Rademeyer het die afgelope naweek die Wes-Kaap by die finale ronde van die nasionale Radikale Redenaarskompetisie in Johannesburg verteenwoordig. Pieter het aan die graad 4 Engelse poësie- en prosa-afdeling deelgeneem en goed gevaar. Karu is as die algehele wenner in die graad 6-prosa-afdeling aangewys. Baie geluk. Ons is trots op...

Lees Verder

Daniella Boshoff en Leah de Kock presteer in Paarl Talentkompetsie

Daniella is op 11 November as ‘n finalis in ‘n Paarl Talentkompetisie benoem nadat sy einde September aan ‘n oudisie deelgeneem het. Sy gaan binnekort aan die gala-aand te Laerskool WA Joubert in die Paarl deelneem. Leah de Kock is ook ‘n top 10 finalis in die juniorafdeling en is die enigste instrumentalis tussen 9 sangdeelnemers. Baie geluk, Daniella en Leah! Ons hou vir julle...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 20 Oktober 2023

Uiteindelik daag die somer na ‘n lang afwesigheid in die Moederstad op. Die lekker warm weer is die spreekwoordelike balsem vir die siel, veral na die baie lang en koue winter. Die nuwe seisoen bevestig weereens die prag en praal van Oktober-maand in ons wonderlike land – vra maar vir die digter C. Louis Leipoldt met sy alombekende gedig dat Oktober-maand die mooiste, mooiste maand is: ‘Viooltjies in die voorhuis – Viooltjies blou en rooi! Viooltjies orals op die veld, En orals, ai, so mooi!’ Vandag is dit weer “#Bok-Friday”. Die Springbokke se soeke na glorie loop beslis volgens die ‘Rassie-plan’ al was dit ‘n naelskraap oorwinning met 29 – 28 oor die Franse Hane tydens die titaniese kwarteindstryd op Sondagaand, 15 Oktober. Hierdie senutergende wedstryd het elke Bok-ondersteuner kersregop laat sit met veral die laaste 2 minute wat soos 20 minute gevoel het. Die Bokke het dalk nie hul beste spel op die dag gelewer nie, maar hulle was steeds genadeloos op verdediging en het in die proses die Franse se harte gebreek. Môre sit hulle hul wêreldbeker-rugbyveldtog teen Engeland tydens die semi-finale in Parys te Stade de France voort. Dit is dus belangrik dat jy vandag op “#Bok-Friday” en môre jou Springboktrui, of ‘n Springbok t-hemp, net iets groen en goud met trots sal aantrek om die Bokke te ondersteun. Mag die Bokke die naweek die Pommies...

Lees Verder

Jan Kas-versoek

Baie dankie aan ouers wat reeds Woolworths sakke na die Jan Kas winkel gestuur het, dit werk baie goed! Ons wil graag dit sover moontlik vermy om plastieksakke vir Jan Kas-klerebestellings aan te koop. Indien julle ekstra swart Woolworths sakke tuis het, stuur dit gerus saam skool toe. Die registeronderwyser sal dit na Jan Kas stuur. Baie...

Lees Verder

Nina Lubbe presteer in Karate

Nina het die afgelope naweek aan die Goju Kai Karate WP-Kampioenskappe deelgeneem en twee silwermedaljes in haar oudersdomgroep verower- een vir Kata en een vir Kumite. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Nina!

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 13 Oktober 2023

Dit is my wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ‘n heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om kwartaal 4 met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal 4 is slegs 10 weke lank met heelwat opwindende aktiwiteite wat gaan plaasvind. Die somersport buitemuurse program het alreeds op Dinsdag, 10 Oktober, met mening afgeskop en maak ons gereed vir al die somersportwedstryde, -toernooi en –byeenkomste wat die kwartaal gaan plaasvind. Ek glo julle stem met my saam dat Moeder Natuur maar so spoedig moontlik die somer kan toelaat om Kaapstad en omgewing oor te neem veral na die lang en koue winterweer. Maak asseblief seker dat jy en jou kind/ers op Saterdag, 02 Desember, beskikbaar sal wees vir die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms (baanitems) wat te HS Jan van Riebeeck se sportveld aangebied sal word. Hou die spasie weekliks dop vir meer inligting in die verband. Graag wil ek weer Laerskool Anton van Wouw se koortoer hartlik bedank wat ons op die laaste dag van die vorige kwartaal besoek het. Hulle het ons spesiaal in die skoolsaal kom vermaak met ‘n puik optrede as deel van die laaste skooldag se saalprogram. Hierdie uitstekende koor bestaan uit 67 leerders wat ‘n koortoer vanuit Pretoria na Kaapstad onderneem het. Laerskool Anton van Wouw is ook soos...

Lees Verder

LS Kampsbaai Swemgala: 20 Oktober 2023

Ons het vir die eerste keer vir ‘n swemliga ingeskryf waar ons swemmers aan meer galas gaan begin deelneem. Volgende Vrydag, 20 Oktober, neem ons swemspan by Laerskool Kampsbaai deel. Die dag begin om 15:00 en sal om 16:00 klaar wees. Dit is ‘n aflosgala vanaf o.7 tot o.14. Sien die program vir al die items en die name van elke kind wat gaan deelneem. Die finale program met alle reëlings sal Maandag, 16 Oktober, uitgestuur word. Ons sien uit na die eerste gala van die nuwe seisoen. CBPS Zonal Relay Gala (20 Oct 2023) - Jan van Riebeeck...

Lees Verder

Jannies tree op in Matilda Jr

Wêla Kapela produksies bied aan Matilda Junior by die Toneelhuisteater in Shortmarketstraat net om die draai van die skool. Kom kyk hoe tien van ons leerders in die musiekblyspel skitter. Dit skop die 19de Oktober om 15:30 af. Kaartjies beloop R100 en is op Quicket beskikbaar. Moet dit nie misloop nie! Die leerders wat optree: Mia Bothma Sophia Derksen Pieter Stef Bothma Isla Jooste Hannah Louw Quin du Toit Mia Botha James Botha Ella Gray Ruben Jansen van...

Lees Verder

Oud-Jannies tot verskeie leerderrade verkies

‘n Skool se trots lê vir seker by sy leerders. Daar is iets baie spesiaal wat gebeur sodra ons terugvoer rakende oud-leerders ontvang. Ons spog vandag met leerders wat in 2019 hul graad 7-jaar by ons voltooi het en tot verskeie hoërskole se leerderrade vir 2024 verkies is. Weer eens ‘n bewys dat ‘n Afrikaanse skool glad nie leerders beperk nie, maar eerder die geleenthede bied om teen hul eie tempo te ontwikkel. Ons is baie trots op elkeen van hierdie leerders wat hul skool op verskeie vlakke van leierskap sal ondersteun. Wees Jouself, liewe oud-Jannie! HS JvR – Hoofleier (Mari Swanepoel), Hoofdogter (Liezel Snijders), Onderhoofseun (Peet Karsten). Ander leerderraadslede: Lisa Best, Zazzie Henderson, Daniella Coetzee, Layla Erasmus, Josephina Hellman en Darren Cloete. HS Rondebosch – Bernard Lombaard (leerderraadslid) St. Cyprians – Jacomien van der Westhuizen...

Lees Verder

Koorfees, 17 Oktober: Reëlings

Onthou dat albei ons kore volgende week Dinsdagaand, 17 Oktober, aan die Weskus Koorfees te Table View Laerskool deelneem. Die tyd is 19:00, maar ons kore sal reeds om 17:00 daar moet wees om vir die massakoor te oefen. Onthou dat die verkeer uit die stad laatmiddag baie erg is, so ry maar vroeg. Reël asb. onderling vervoer indien julle nie self daar kan wees nie. Ouers wat kaartjies op die Karri-toep gekoop het, sal dit hierdie week ontvang. Die kaartjies is baie klein. Moet dit nie verloor nie!!! Indien julle nog kaartjies wil koop, kan julle by juffrou Helecia koop. Kleredrag: Alle koorlede dra die nuwe kortmou sporthempie. Almal dra hul sweetpakbroeke. Dra wit tekkies (of naaste aan wit). Bring jou sweetpaktop (oud of nuut) om voor die tyd bo-oor aan te trek ingeval dit koud is. Ons gaan wel sonder dit optree. Indien jy nie die regte kleredrag het nie, probeer asb. by ‘n maat...

Lees Verder

Podiumpret Redenaars – finale ronde uitslae

Vier van ons leerders het aan die finale ronde van Podiumpret deelgeneem. Riley Smyth en Sabine Barnard het aanlyn deelgeneem (video opnames) terwyl Karu en Pieter Rademeyer tydens die vakansie in die Paarl hul stem laat hoor het! Al vier deelnemers het in die kategorie “Afrikaans Redenaarstoespraak – Ervare” deelgeneem. Hier volg die uitslae: Graadwenners se name word op ‘n plaatjie geskryf en in die tuin van die Afrikaanse Taalmonument geplant – sedert 2016 word sprekers met hierdie prestasie vereer. Baie geluk aan Karu Rademeyer met hierdie groot...

Lees Verder

Unisa klaviereksamens: Uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend in hulle Unisa Klaviereksamens gevaar het. Dit wil gedoen wees! Olivia Blackmore, Voor-Graad 1, 85% Stella Zulch, Graad2, 86% Sabine Barnard, Graad 2, 92% Ella Grey, Voor- Graad 1, 92% Frank van der walt, Graad 1, 74% Daniella Boshoff, Voor-Graad 1, 91% Mari Steyn, Voor-Graad 1, 93% Neill Ferreira, Graad 1,...

Lees Verder

Tuindag: Vrydag, 13 Oktober

Ons vier Vrydag Tuindag! Leerders mag Vrydag sivvies dra. Graad 1 – 7-leerders kan Vrydag blommekransies dra wat hulle tuis maak. Graad 1 – 3-leerders kan vanaf môre, 11 Oktober, vetplantsteggies en blomme uit die tuin uit skool toe bring om kransies vir die klasdeure te maak. Indien ouers ‘n paar ekstra takkies, soos Ivy of enige ander loof, skool toe kan stuur vir leerders wat nie ‘n kransie uit ‘n tuin sal kan maak nie, sal dit waardeer word. Ons het Die Burger genooi om Vrydag foto’s te neem. Indien daar ouers is wat nie graag wil hê hul kind moet in Die Burger verskyn nie, laat weet asb. vir Raché...

Lees Verder

Nina Lubbe presteer in Karate

Nina Lubbe het weer haar WP-kleure in Goju Kai Karate verwerf en sy neem die 14de Oktober aan die WP-toernooi in die Paarl deel. Dit is deel van die “opbou” na die Wêreldkampioenskappe wat gedurende 2025 in Tokyo plaasvind. Baie geluk, Nina.  Sterkte met die toernooi wat voorlê. Ons is trots op...

Lees Verder