Interskole kuier: Kosbestellings en -program

Ons nooi graag alle lede van die Jan van Riebeeck- en Dirkie Uys-gemeenskap om Vrydag, 16 Augustus, saam op die Boshoffveld (hoërskoolsportvelde) onder die pragtige Tafelberg te kuier. Die hele familie is welkom en kan verversings op die aand koop. Bestel gerus vooraf 'n Butlers-pizza of heerlike Stud-burger. Plaas asb. die bestelling vir etes teen Dinsdag, 13 Augustus, om 10:00 op Quicket. Plaas jou kosbestelling hier: https://qkt.io/AY4V5G By voorbaat dankie vir almal se ondersteuning - ons sien uit na 'n heerlike...

Interskole geesweek

Interskole 2024 is om die draai en dit moenie mis geloop word nie. Hier is die program vir volgende week se geesweek. Ons vertrou dat die Jannies saam sal geesbou!   Kliek op die foto om saam gees te vang:      

Geagte Ouers / Voogde – 08 Augustus 2024 

Op Saterdag, 03 Augustus, het ons skool vir ‘n agtereenvolgende jaar weer ‘n baie suksesvolle mini-sportdag (o/7 - o/9 rugby & netbal) aangebied. Vanjaar was dit ‘n perd van ‘n ander kleur, aangesien dit hierdie jaar soveel groter was met 1 500 leerders wat aan 208 wedstryde deelgeneem het. Vir seker het ons skool nog nooit so ‘n groot sportbyeenkoms aangepak nie. Die weer het vir ‘n slag saamgespeel en ons kon op ‘n perfekte, sonnige dag ons skool aan soveel ander leerders, onderwysers en ouers ten toon stel. Vir ‘n beter dag kon ons beslis nie gevra het nie.  Agter die skerms het die dag verskeie logistieke uitdagings gebied aangesien dit by die skool en Conradieveld plaasgevind het. Onwillekeurig dwing dit ons outomaties uit ons gemaksone. Die mini-sportdag bied ‘n geleentheid vir ons personeel om hulself te bemagtig en te groei. Ons weet almal dat daar geen groei in ‘n mens se gemaksone plaasvind nie. Die dag was uiters suksesvol weens puik beplanning, veerkragtigheid en deeglike uitvoering! Baie geluk en baie dankie aan ons personeel wat so hard gewerk het om die dag se sukses te verseker. Groot dankie ook aan ons OOV-lede, onder leiding van Coreen Scholtz, wat die snoepie by die Conradieveld hanteer het. Ek glo dat ons ouers/voogde saam met ons as personeel en leerders baie trots op die puik mini-sportdag maak.    Die EXCO (skoolbestuur) het vanaf 07 – 08 Augustus hul jaarlikse strategiese beplanningsessie suksesvol afgelê. Hierdie sessie is uiters belangrik om seker te maak ons trotse skool is strategies op die regte pad om ons skool na nog hoër hoogtes saam met...

Geagte Ouers / Voogde – 2 Augustus 2024

Nog ‘n opwindende week het met ‘n bitterkoue Maandagoggend afgeskop terwyl dit nog steeds reën en dit na ’n naweek van erge koue en reën. Ek weet nie van julle nie, maar ek is nou gereed om my ‘verhouding’ met die winterseisoen finaal te beëindig.  Hierdie ‘koue’ behandeling wat ek van die winter kry, sien ek nie meer voor kans nie. Dit is nou tyd om ander seisoene te ontmoet en tyd saam met hulle te spandeer. Aan die ander kant mag ons dalk hier in die stad koud kry, maar ons kan dit nie eens vergelyk met die snerpende koue van die binneland nie, veral op plekke soos Sutherland waar die temperature gereeld gedurende die wintermaande ver onder vriespunt daal. Ek stem ook saam met die ‘wintermense’ dat die winter sy eie bekoring het. Die natuur moet ook tyd kry om te rus, amper te hiberneer om daarna sy prag met die aanvang van Lente met ons te deel.  Gelukkig het die son sy kop die afgelope paar dae uitgesteek om almal se gemoedere op te kikker.  Die afgelope naweek het ons vir die eerste keer aan ‘n sportnaweek teen Curro Langebaan deelgeneem. Hopelik is dit die begin van ‘n langtermyn-reëling van ‘n sportnaweek tussen ons en Curro Langebaan. Die idee is dat hulle ons volgende jaar besoek en ons in 2026 weer by hulle gaan meeding. Dit was ‘n riem onder die hart om te sien hoeveel ouers/voogde die sportgeleentheid in ‘n gesinsnaweek in en rondom Langebaan ‘omskep’ het. Dit het Vrydag amper soos ‘n groot uittog gelyk van ouers/voogde en leerders uit die stad op pad...

Hokkie: JvR vs Blouberg Ridge, 25 Julie 2024

Ons hokkiespanne het 25 Julie teen Blouberg Ridge gespeel: Seuns: (TUIS) O9A wen 9-0  O11A wen 3-0 O13A wen 1-0 Dogters: (WEG) O9A gelykop 1-1 O10A verloor 4-6 O11A wen 6-0 O13B wen 6-0 O13A wen 9-0

Hokkie: JvR vs Langebaan Curro, 26 Julie 2024

Ons hokkiespanne het 26 Julie, weg teen Langebaan Curro gespeel: Seuns: O7B wen 1-0 O7A wen 7-0 O8B wen 5-0 O8A verloor 1-4 O9C verloor 0-5 O9B wen 4-0 O9A verloor 1-2 O10B verloor 0-4 O10A wen 3-0 O11A verloor 1-2 O13A wen 2-0 Dogters: (WEG) O7A wen 4-1 O8A verloor 1-5 O9A wen 2-0 O10B verloor 0-1 O10A wen 1-0 O11A wen 3-0 O13A gelykop...

Netbal: JvR vs Kenridge Woensdag, 31 Julie 2024

0.7A verloor 1-4 0.7B verloor 0-4 0.7C verloor 0-14 0.8A verloor 2-13 0.8B verloor 0-16 0.9A verloor 8-10 0.9B verloor 1-12 0.9C verloor 0-13 0.10A verloor 3-15 0.10B verloor 0-20 0.10C verloor 1-21 0.11A verloor 8-10 0.11B verloor 5-13 0.11C verloor 1-7 0.12A wen 8-6 0.12B verloor 2-14 0.12C verloor 4-12 0.13A verloor 12-32 0.13B verloor 7-18 0.13C verloor...

Netbal: Saterdag, 27 Julie 2024

Saterdag, 27 Julie, was die 0.13A's die enigste netbalspan van ons skool wat kans gekry het om binnehuis te speel. Jannies wen die wedstryd 23-14. Ons is ongelooflik trots op die span en hul uithouvermoë. Baie dankie aan elkeen wat die span ondersteun het. Dit word opreg...

SA Kinderhuis verjaar: Looitjiekompetisie

Vier 216 Jaar saam met SA Kinderhuis en WEN GROOT!  Om ‘n merkwaardige 216 JAAR te vier, hou die SA Kinderhuis 'n spesiale Raffle met ongelooflike pryse, insluitend 'n Limited Edition 70th Anniversary Weber, Rondevlei Wild Geskenkpakke, en nog veel meer! Elke Raffle kos net R216, 'n simboliese verwysing na 216 jaar van liefde en sorg vir ons kinders. HOE OM TE WEN Skryf in via SnapScan - volg die skakel WEN HIER! Besoek ons webwerf - volg die skakel WEN HIER! Daar is geen limiet op die aantal kaartjies wat jy kan koop nie, so gaan groot en maak hierdie viering...

Konsertkaartjies

Ons is opgewonde om aan te kondig dat konsertkaartjies eersdaags op Quicket beskikbaar sal wees. Hou asseblief hierdie spasie dop om presies te weet wanneer kaartjie verkope open. Neem dan asseblief ook kennis dat die konsert vanaf 2 - 12 September plaasvind. As gevolg van die energievlakke en deelname van al die leerders in ons skool, vind die konsert nie elke aand gedurende daardie twee weke plaas nie. Sodra ons gereed is om Quicket oop te stel, sal almal in kennis gestel word. Wees asseblief nog 'n rukkie...

Landloop Wynberg zone wedloop: 24 Julie 2024

Drie van ons leerders het Woensdag, 24 Julie 2024, aan die Wynberg sone landloopwedloop deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar in uiterse nat en modderige toestande. Uitslae: Lukas 17de James 19de Delmar 10de (deur na Cape Metro champs) Baie geluk, Jannies! Ons is so trots op...

Rugby teen Milnerton Primary: 24 Julie 2024

Met afloop van die Kenridge rugbywedstryde, was daar bietjie nabetraging gedoen en het die afrigters skouer aan die wiel gesit met die volgende oefening. Hulle hardewerk was beloon met puik uitslae teen Milnerton Primary Woensdag(24/07) o.7A - verloor 0-2 o.7B - gelykop 5-5 o.8A - wen 5-1 o.8B - wen 4-0 o.9A - wen 4-2 o.9B - wen 4-3 o.11A - wen 24-10 o.11B - wen 26-0 o.13A - verloor 12-24 Sterkte aan al die seuns met hulle wedstryde môre teen Curro...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor