Skaakuitslae: 14 Mei 2024
Die skaakleerders het Dinsdag, 14 Mei, hul tweede wedstryd van die seisoen gespeel en het uitstekend gevaar. Ons het teen Herzlia gespeel en het 6-0 gewen. Ons is baie trots veral op hoe ons leerders die JvR-waardes uitleef. Welgedaan!
Slipperdag: 31 Mei 2024
31 Mei 2024 Koste: R20 Alle fondse gaan aan die ouetehuis
Bordeaux presteer in Judo
Bordeaux het Saterdag, 11 Mei, eerste plek in Judo behaal. Baie geluk, Bordeaux! Ons is so trots op jou vinnige vordering in die sport.
Skool verdaag Vrydag, 24 Mei 2024, vroeër
Skool verdaag Vrydag, 24 Mei, vroeër a.g.v. Kaapse Afrikaanse Eisteddfod wat vanaf 13:00 by ons skool aangebied word. 12:00 (graad 1-3) 12:15 (graad 4-7) Nasorg sal steeds tot 17:15 voortgaan.
Netbaluitslae: 11 & 15 Mei 2024
Saterdag, 11 Mei, het die Jannies te staan gekom teen Laerskool Mikro. Die tellings was soos volg: 13A wen 28-15 13B wen 27-1 12A wen 21-3 12B wen 6-4 12C verloor 5-9 11A verloor 6-17 11B verloor 2-5 11C wen 4-2 10A verloor 6-10 10B verloor 4-11 10C verloor 0-9 9A verloor 7-12 9B verloor 2-5 8A verloor 1-7 8B verloor 0-9 7A verloor 0-8 7B gelykop 1-1 7C verloor 0-5 Ons is trots op al die Jannies! Woensdag, 15 Mei, was dit die Noord-liga se uitspele. Ons spanne het almal baie goed gevaar. Die tellings was soos volg: 0.10A JvR vs Edgemead verloor 4-8 JvR vs Milnerton verloor 4-7 JvR vs Vredelus gelyk 4-4 JvR vs Fanie Theron 4-4 0.11A JvR vs Parklands wen 9-0 JvR vs Sopokama wen 10-1 JvR vs Milnerton wen 16-3 JvR vs Totius wen 10-6 0.12A JvR vs Parow-Noord wen 12-1 JvR vs Elkanah wen 12-5 JvR vs Edgemead wen 9-4 JvR vs Elkanah wen 8-4 0.13A JvR vs CBC St Johns wen 13-2 JvR vs Sophokama gelykop 7-7 JvR vs GoodwoodPark wen 11-6 JvR vs Totius verloor 5-14 Baie geluk aan al ons spanne wat deurgaan na die finale. Ons hou styf...
Doughnutverkope: 17 Mei 2024
Geagte Ouers / Voogde – 10 Mei 2024
Met herfs in volle swang begin die winter stadig, maar seker haar merk maak met fyn motreën asook koue en mistige toestande wat die afgelope tyd in die Moederstad voorkom. Die winter het sy eie bekoring en wanneer die koue windjie soggens vroeg aan die blare roer, sou ons seker eerder verkies om ‘n bietjie langer in die bed te bly. Ek glo julle stem saam alhoewel die oggend lug ‘n mens laat bibber, maak die winterreuk daarvoor op veral om die verfrissende koue lug in te asem. Vroegoggend met ‘n heerlike warm koppie boeretroos is die perfekte tonikum om ‘n mens se wintersdag aan die gang te kry, veral op ‘n Saterdagoggend as daar ‘n opwindende sportdag vir die Jannies voorlê. Graag wil ek die week met jul ‘n netelige kwessie bespreek, naamlik die gevare wat sosiale media vir kinders inhou. Ek besef die gebruik van selfone en/of ander toestelle en natuurlik die gepaardgaande tegnologie is vandag deel van ons kinders se verwysingsraamwerk. Ek moet egter gereeld optree rakende kuberboelie via sosiale platforms wat hoofsaaklik na skoolure plaasvind. Die vraag wat by julle mag opkom, is die volgende: 'Dit vind buite skoolure plaas en het jy as skoolhoof enige sê daarin?' My antwoord is heel eenvoudig, ek dink nie ouers besef dat boelie deesdae méér aanlyn as op die skoolgronde gebeur nie. Dit is juis hier waar ek betrokke wil raak, want ons moet saam met julle die kinders leer om in die eerste plek nie die boelie te wees nie. Ek kom al hoe meer agter hoe min ouers/voogde bewus is van hul kind/ers se doen en...
Jan Kas: Skooltasse
Ons het 'n paar skooltasse ontvang en kry binnekort nog. Dit is die gewone JvR-skooltas. Die duurder Ramble-rugsak sal eers middel-Mei beskikbaar wees. Bestel gerus aanlyn of kom koop in die winkel. Winkelure: Maandae & Woensdae: 07:00 - 08:30 Dinsdae & Donderdae: 13:00 - 14:30 Jan Kas aanlyn winkel: Tuis - Jan Kas Dankie vir julle...
Jannies in WP Bodyboarding-span
Gustav van der Linde, Ané Swanepoel en Anna Louw het al drie die Cape Town Bodyboarding-span gemaak en gaan in September in Port Alfred die WP verteenwoordig. Ons is so trots op hulle! (Anna en Ané verskyn ongelukkig nie op die spanfoto nie)
Bordeaux Wheeler presteer in Judo
Bordeaux Wheeler het die 13de April in die Paarl aan die CWJA NOVICE judo-kompetisie deelgeneem en 'n tweede plek behaal. Hy het ook die 20ste April in Piketberg aan die West Coast Open onder Novice deelgeneem en weer tweede gekom. Daarna het hy aan die West Coast Open deelgeneem waar hy 'n 4de plek behaal het. Baie geluk, Bordeaux, ons is trots op...
Doughnutverkope: 3 Mei 2024
Geagte Ouers / Voogde – 3 Mei 2024
Die afgelope week was daar twee openbare vakansiedae. Vorige jare het dit altyd met ‘n lekker langnaweek gepaard gegaan, maar ongelukkig mis ons vanjaar op die meevallertjie uit. Ek dink dit is ook belangrik dat ons nie sommer net die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Daar word elke jaar op die 27 ste April Vryheidsdag in Suid-Afrika gevier. Vryheidsdag is ‘n belangrike dag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis daarom is dit belangrik om ons kinders daaroor te leer asook om die waarde daarvan te verduidelik. Vryheidsdag is juis ingestel om die eerste postapartheid verkiesings te vier. Dit is daarom ‘n viering van vryheid vir alle Suid-Afrikaners. Laat ons nooit vergeet dat die eerste nasionale verkiesing op 27 April 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het waar elke persoon bo die ouderdom van 18 kon stem, maak nie saak watter ras hulle was nie. Verder is daar op Woensdag, 01 Mei, ook Werkersdag in Suid-Afrika gevier om die werkers van ons land te huldig vir die harde werk wat hulle verrig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Werkersdag het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers asook die regverdige behandeling van werkers. Hiermee wil ons, ons personeel en almal in ons skoolgemeenskap salueer wat hard werk om nie net ‘n verskil in ons gemeenskap te maak nie, maar ook ‘n groot bydrae tot die onderwys asook die Suid-Afrikaanse ekonomie bewerkstellig sodat daar meer werksgeleenthede vir werklose mense geskep kan word. Dit is so hartseer om die stryd te sien wat haweloses daagliks in...
Hokkie-uitslae: 27 April 2024
Ons o.9 en o.10-seuns en dogters het op 27 April aan Table View se mini-hokkiedag deelgeneem. o.9A-Seuns: Vs Kenridge 1-0 Vs Gene Louw 1-1 Vs TV 2-0 Vs Milnerton 0-0 o.9B-Seuns: Vs Kenridge 0-2 Vs Eversdal 2-3 Vs Totius 2-4 Vs Sunningdale 4-0 o.10 B-Dogters Vs Eversdal 0-3 Vs Curro Durbanville 0-0 Vs Rouxville 1-0 Vs Boston 1-1 o.10A-Seuns Vs Gene Louw 1-1 Vs Durbanville 8-1 Vs Sunningdale 4-0 Vs Curro Durbanville 1-0 o.10 B-Seuns Vs Eversdal 1-1 Vs CBC St John's 5-0 Vs Boston 0-1 Vs Parow-Oos...
Hokkie-uitslae: 25 April 2024
Ons hokkie ligawedstryde het die 25ste April teen Sunningdale plaasgevind. Die seuns het tuis gespeel en die dogters weg. Hier volg die uitslae van die dag: Seuns: o.7A 1-1 gelyk o.8A 6-0 wen o.8B 1-0 wen o.9A 3-1 wen o.9B 2-0 wen o.10A 2-0 wen o.10B 0-0 gelyk o.11A 6-0 wen o.13A 1-0 wen o.13B 1-1 gelyk Dogters: o.7A 2-3 verloor o.8A 0-3 verloor o.9A 0- 4 verloor o.10A 0-0 gelyk o.10B 1-0 wen o.11A 2-2 gelyk o.13A 3-0 wen o.13B 1-0...
Skaakuitslae: 30 April 2024
Ons leerders het Dinsdag, 30 April, hulle eerste skaak Ligawedstryd van die jaar teen Laerskool Tamboerskloof gespeel. Dit was vir van ons leerders hul heel eerste skaakwedstryd en ons is baie trots op hulle sportsmanskap. Die telling was 1-5 in Tamboerskloof se guns en ons het baie geleer. Ons sien uit na ons volgende...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027