Skool verdaag vroeër

As gevolg van die sportnaweek (26 en 27 Julie) te Langebaan Curro het ons besluit om die skool op Vrydag, 26 Julie, vroeër te verdaag. Die hokkiespelers sowel as hul afrigters moet reeds Vrydagmiddag om 13:30 met die eerste wedstryde begin. Gr. 1-3: verdaag om 10:45 Gr. 4-7: verdaag om 11:00 Baie dankie vir die samewerking in hierdie...

Bekers/trofees inhandig

Leerders wat wisseltrofees ontvang het, moet dit asseblief so gou moontlik terugbring skool toe. Handig dit asseblief by juffrou Marietjie in. 

Senior Koor: Tafelberg Koorfees

Woensdag, 17 Julie 2024 Beste Ouers/Voogde, Ek deel graag meer detail met julle rakende ons senior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie). Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer in die Groote Kerk plaas nie) Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 15h45 by HSJvR wees. Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem. Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees. Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel. Kleredrag: DOGTERS • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp • “Soft Shell” baadjie • Geruite rompie / donkerblou langbroek • Swart sykouse • Swart skoolskoene SEUNS • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp • "Soft Shell” baadjie • Khaki langbroek • Swart skoolskoene Kos: Pak asseblief vir jou kind water en iets om te eet in. Ons sal vir die kinders kans gee om rustig iets te eet voor die optrede 18h30 begin. Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop. Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie! Vriendelike groete, Rolene van...

Senior Koor: Koorkamp Vrydag, 19 Julie 2024

Beste Ouers/Voogde, Ons Koorkamp se datum het geskuif na Vrydag, 19 Julie, en vind nie meer Saterdag, 20 Julie, plaas nie. Weens onvoorsiene omstandighede moes die datum verander, en ons hoop dat ons senior koorlede steeds die Vrydag-sessie kan bywoon. Plek: Laerskool Jan van Riebeeck skoolsaal Datum: Vrydag, 19 Julie 2024 Tyd: 14h00 – 15h15 Ek is jammer vir enige ongerief wat hierdie skuif veroorsaak. Ons sien uit na ‘n produktiewe en geïnspireerde tyd saam met die koor, waar ons gaan fokus op die finale voorbereiding en afronding van ons musiek vir Maandag se optrede. Laat weet asseblief indien jou kind nie hierdie oefening kan bywoon nie. Weereens baie dankie vir almal se wonderlike ondersteuning! Vriendelike groete, Rolene van Zyl...

Junior Koor: Tafelberg Koorfees

Woensdag, 17 Julie 2024 Beste Ouers/Voogde, Ek deel graag meer detail met julle rakende ons junior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie). Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer by die Groote Kerk plaas nie) Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 17h00 by HSJvR wees. Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem. Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees. Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel. Kleredrag: DOGTERS en SEUNS Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp Sweetpak (top en broek) Wit sokkies en tekkies Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop. Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie! Vriendelike groete, Rolene van Zyl...

Geagte Ouers / Voogde – 12 Julie 2024

Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel hartlik terug by die skool na ‘n heerlike wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en is ook slaggereed vir nog ‘n besige kwartaal propvol opwindende aktiwiteite wat voorlê. Een van die hoogtepunte vir die kwartaal is ongetwyfeld die twee-jaarlikse konsert wat voorlê. Daar is verder heelwat sport- en ander kultuurgeleenthede (Koor & Eisteddfod) om na uit te sien, veral die jaarlikse interskole wat tuis tydens die naweek van 16 en 17 Augustus plaasvind. Die Suid-Kaap Sporttoer vanaf 10 – 14 Junie 2024 was weereens ‘n reuse sukses en die leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring om teen ander skole, veral buite ons area, te speel asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het nie. Ons het weer nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het dus saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer. Weereens baie dankie aan die personeel (Leon, Lucia, Ischké, Shahneé, Sharon, Maricqe, André, Erick, en Rashard) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na hulle omgesien het. Mnr. Leon, baie dankie en geluk met die reël van nog ‘n puik sporttoer. Op Dinsdag, 09 Julie, het ons Jannies en onderwysers terug skool toe gekeer. Die eerste dag van kwartaal 3 is tradisioneel met ‘n...

Sporttoer: 10-14 Junie 2024

Gedurende die laaste skoolweek van kwartaal 3, 10 - 14 Junie, het 50 van ons leerders na die Suid-Kaap op ‘n Rugby-, netbal- en hokkietoer vertrek. Die opwinding was groot en ons is hier weg in goeie gees. Die Maandag het ons hokkiewedstryde gespeel teen Laerskool Volschenk. Die dogters het 1-1 gelykop gespeel en die seuns het ongelukkig in die laaste oomblikke van die wedstryd 1 – 2 verloor. Ons het daarna na Hartenbos vertrek waar ons  vir die week gebly het.  Van hier af het ons elke dag wonderlike aktiwiteite gedoen en wedstryde gespeel. Dinsdag het ons teen Laerskool Park in Mosselbaai gespeel.  Beide ons o.12 en o.13 netbalspanne het gewen teen uiters sterk kompetisie. Ons rugbymanne het ongelukkig verloor. Woensdag was ons in Oudtshoorn waar ons weer aan netbal- en hokkiewedstryde deelgeneem het. Al ons spanne het gewen. Donderdag was ons by Laerskool Vorentoe in Grootbrak.  Ons netbalspanne het beide hulle wedstryde gewen en ons rugbymanne het in ‘n uiters spannende wedstryd 17-24 verloor.  Ons het in totaal 12 wedstryde gespeel, 8 gewen, 1 gelykop en 3 verloor.  Tussen al die wedstryde het ons leerders baie pret gehad.  Van Redberry Farm waar hulle deur die doolhof kon beweeg en hulle eie aarbeie pluk, ten pin bowling speel, die volstruisplaas in Oudtshoorn geniet tot "sandboarding" in Vleesbaai.  Dit was ‘n onvergeetlike week en ons leerders het dit baie geniet.  Die herinneringe sal nog lank by ons almal...

Senior Koor: Belangrike datums

Daar lê ’n bedrywige en opwindende tyd vir ons senior koor voor, en ek wil graag enkele belangrike datums en tye onder almal se aandag bring.   Dinsdag, 16 Julie: Kooroefening 12h40-14h10  Ons senior kooroefening gaan Dinsdag, 16 Julie, voort soos normaal ter voorbereiding van ons optrede op 22 Julie by die Tafelberg Koorfees. Alhoewel daar ouerbesoeke is en die skool reeds om 13h00 verdaag, versoek ons asseblief dat alle senior koorlede die volle oefening bywoon. Indien daar broers of susters is wie nie koor sing nie, is hulle welkom om by die Nasorg te wag tot 14h10.   Saterdag: 20 Julie: Koorkamp 10h00 - 12h30  Ons reël ‘n lekker oefen en spanbou geleentheid vir die senior koorlede, waar ons spesifiek gaan fokus op die voorbereiding en afronding van ons repertorium en die massakooritmes vir die Tafelberg Koorfees. Volg asseblief hierdie skakel vir meer inligting. Maandag: 22 Julie: Tafelberg Koorfees 18h00  Ons junior en senior kore neem deel aan die Tafelberg Koorfees, en ons kan nie wag om ons nuwe repertorium met almal te deel nie. Verdere inligting rakende hierdie geleentheid sal binnekort uitgestuur word.  Ek vra dat enige afwesighede van hierdie drie geleenthede asseblief persoonlik aan my gekommunikeer word. Ons wil graag ’n positiewe ervaring tydens ons koor se eerste groot optrede hierdie jaar verseker, en hoop dat ons met ’n volledige koor kan werk by al ons oefen geleenthede.  Baie dankie by voorbaat vir almal se samewerking. Ons waardeer dit opreg.  Groete, Rolene van Zyl...

Gr. 7-Musiekkonsert: 16 Julie 2024

Ons Graad 7-musiekleerlinge hou konsert op Dinsdagoggend, 16 Julie, om 07h45, in die skoolsaal. Daar sal dus geen normale saalbyeenkoms plaasvind nie. Ons nooi graag al die deelnemers se ouers/voogde uit om die konsert saam met ons te kom geniet!

Geagte Ouers / Voogde – 14 Junie 2024

So breek die einde van ‘n lang en besige, maar ‘n opwindende kwartaal aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders hartlik gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en –prestasies.  Geniet ‘n welverdiende wintervakansie om sommer alles te doen wat julle die afgelope tyd as gevolg van die eksamen en/of assesserings nie voor tyd gehad het nie. Op Vrydag, 07 Junie, het die oorhandiging van die sporttoerklere vir die Suid-Kaaptoer vroeg die oggend in die saal plaasgevind. Ons was so bevoorreg om ‘n legende in die netbalwêreld, Pumza Maweni, tydens hierdie spesiale geleentheid by ons skool te verwelkom. Sy was so gaaf om die sporttoerklere aan die toerlede te oorhandig. Pumza is ‘n voormalige Protea-netbalspeler en het ‘n ongelooflike 121 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Sy is ‘n ware rolmodel vir ons dogters en dit was ‘n besondere voorreg om haar te kon ontmoet. Die netbaldogters en -afrigters het dit vreeslik geniet om foto’s saam met haar te neem. Baie dankie aan juf. Sharon wat met Pumza reëlings getref het om haar besoek aan ons skool moontlik te maak.    Ons sporttoerspanne het op Maandag, 10 Junie, so net na 08:00 op ‘n luukse bus na die Suid-Kaap vir ‘n weeklange sporttoer vertrek. Die eerste stop en wedstryde het op dieselfde dag teen LS Volschenck te Riversdal plaasgevind waar die hokkiespanne hul eerste toerwedstryde gespeel het. Die o.13A-seunshokkiespan het ongelukkig 1 – 2 verloor, maar die o.13A-dogterspan...

Frank presteer in rugby: Junie 2024

Hiermee wil ons graag vir Frank van der Walt wat op Donderdagaand, 13 Junie, sy WP-Kleure vir rugby ontvang het, hartlik gelukwens en vir hom sterkte toewens vir sy deelname aan die Cravenweek wat vanaf 17 - 20 Junie op Loftus Versfeld in Pretoria plaasvind. Baie geluk ook aan sy ouers Franci en Nel wat hom so getrou langs die rugbyveld ondersteun. Ons is saam met julle baie trots op Frank se puik prestasie. Hy is 'n ware ambassadeur vir ons skool. Ons wens Frank die beste toe! Mag hy baie ervaring opdoen, maar dit in die proses ook geniet....

Kunstefees: Hoërskool Jan van Riebeeck

Kunstefees: Hoërskool Jan van Riebeeck

Hier is nog ’n fantastiese kultuurgeleentheid vir ons leerders om na uit te sien! Hoērskool Jan van Riebeeck bied in Kwartaal 3 ’n Kunstefees aan, wat tussen 22-26 Julie op hul skoolgronde plaasvind. Ons gaan sommer lekker baie Jannies inskryf sodra almal weer terug is by die skool na die vakansie. Ons heg solank die inligtingstuk rakende die Kunstefees hier aan. Intussen hoop ons dat die musiekinstrumente nie té veel stof opgaar gedurende die vakansie nie, want ons spring in Julie flink met ’n propvol kultuurkwartaal weg! Ons leerders neem aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel in Augustus, die Unisa-musiekeksamens is aan die beurt, én ons eie skoolkonsert is in September op die planke. Ons Junior- en Senior koor tree ook by die Tafelberg Koorfees, wat die 22ste Julie by die Grootte Kerk plaasvind, op. Maak gerus kontak met juf Rolene indien daar enige vrae is. 071 877 6720 |...

WP-Gimnastiek Kampioenskappe

'n Hele paar van ons Jannies het verlede naweek in Saldanha aan die WP-Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem. Hulle is almal deel van die Ignite Gimnastiekklub en het baie goed gevaar. Hier is hulle uitslae: Vlak 1 Nina De Villiers - goud Elisa van den Berg - goud Lua Groenewald - silwer Amelie Mouton - goud Gia Kruger - silwer Hanna Louw - silwer Vlak 2 Elizabeth Snyders - silwer Olivia Blackmore - brons Noa Rademan - brons Vlak 3 Bella Naylor - silwer Klara Jansen van Vuuren - silwer Bella Malan - brons Ons is baie trots op...

Welwillendheidsprojek Kwartaal 3 2024: DBV’s

Welwillendheidsprojek Kwartaal 3 2024: DBV’s

Ons reik gedurende die 3de kwartaal uit na verskillende DBV's. Julle is welkom om kos, komberse, speelgoed of halsbande skool toe te stuur. Volg die skakel of kliek op die foto vir 'n resep om hondebeskuitjies te maak. Stuur die bogenoemde voor of op 30 Augustus...

Belangrike Datums

april 2026

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr(apr 8)00:0007(apr 7)23:59Jana Nel (Onderwyser) verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr14:1518:00Skaak: Middagkamp

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

25jun11:0011:00Pearson Hoërskool Jazz Band

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul(jul 27)00:0026(jul 26)23:59Gr.3 - Interne Robotika Kompetisie

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

maart 2027

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

Wys Meer