/ Krieket, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se krieketuitslae:

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Tennis

Hier volg die week se tennisuitslae:

/ Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus
Drie van ons skool se fluitspelers neem 28 Februarie – 4 Maart aan die South African Flute Festival, wat by Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement plaasvind, deel. Hierdie inisiatief bied die geleentheid om aan meesterklasse by bekende plaaslike fluitonderwysers en die internasionaal befaamde Gareth McLearnon deel te neem, professionele en studente konserte by te woon, om deel te wees van die fluitkoor en ander ensemble geleenthede, en werkswinkels vir onderwysers en leerders by te woon.
 
Ons is baie trots op Dané Walker, Sophia Jooste, en Jenna Erasmus wat aan hierdie wonderlike geleentheid gaan deelneem. ’n Groot dankie aan juf Lily van der Merwe wat die fluit-leerders inspireer en aanmoedig om hul vaardighede op hierdie inspirerende manier te slyp.
 
/ Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus
Dit is amper weer tyd vir ons Kwartaal 1 Musiekkonserte! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, die geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en bedoel om ook met ander gedeel te word.

Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Die spesifieke konserttye sal op ’n latere stadium gedeel word, maar loer gerus na die datums:

Graad 2 en 3 – Maandag, 23 Maart

Graad 4 en 5 – Dinsdag, 24 Maart

Graad 6 en 7 – Woensdag, 25 Maart

Ons Graad 1-leerders tree nie by hierdie konsertgeleentheid op nie. Ons gee hulle nog kans om te ontwikkel en hul voete te vind. 

Vra asb vir juf Rolene of jou kind se musiekonderwyser indien daar enige vrae rondom jou kind se deelname aan hierdie konserte is. Ons help graag.

Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vordering te vier. 

Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Die leerders wat by die skool musiekles neem, kry voorkeur, maar ons akkommodeer graag enige leerder wat musiekles buite die skool neem, indien die program dit toelaat. 

Rolene van Zyl

/ Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus
Ons eerste oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 24 Februarie,  in die groot musiekklas plaas. Ons kan nie wag nie!
 
Die volgende leerders tree op:
 
Joe Barnard – Klavier
Anna-Sophia Leach – Viool
Jacob Venter – Viool
Mila Maree – Klavier
Deon de Kock – Saksofoon
Benjie Ntloko – Klarinet
Michaela Lawson – Klavier
Christina du Toit – Klavier
 
Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:
 
* Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. 
* Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie.
* Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam!
* Gebruik asb. die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.
 
Tyd: 08h00 – 08h30
Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)
 
/ Akademie, Kuns en Kultuur, Nuus, Redenaars, Rekenaars
Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 – 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is.
Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig.
Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig:
  • Pieter-Steph Bothma 
  • Izak Steyn 
  • Lua Groenewald 
  • Pieter Derksen 
  • Henry Jordaan 
  • Christina du Toit 
  • Amalie Janse van Rensburg 
  • Mia Bothma 
  • Stef Nel 
  • Antjie Samuel 
  • Nina Bremer 
  • Chris Derksen 
  • Ella van der Walt  
  • Alida Loubser 
  • Pieter Rademeyer 
  • Bella Naylor 
Ons is baie trots op julle!
/ Algemeen, Nuus

Kom kuier, luister na en kook saam met Rooi Rose se oudredaktrise (Vickie de Beer) wat ‘n kookboek geskryf het om ons kinders te inspireer om gesonder te eet. Haar fokus is op lekker kos wat voedsaam is. Koop gerus jul, jy en jou kind(ers), kaartjie d.m.v. Quicket teen R370 per gesin. Dit sluit ‘n mengbak, houtlepel, bestanddele vir die gereg en die resepteboek in. Dis ook opwindend om te weet dat Antjie Krog saam met Vickie gewerk het om hierdie kookboek ekstra spesiaal te maak. Ons gaan ‘n heilsame aand (Dinsdag, 17 Maart) in ons skoolsaal beleef! Sien jou daar.

Marinda Brink

BESPREEK HIER

/ Krieket, Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae

Hier volg die week se krieketuitslae:

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Tennis

Hier volg die week se tennisuitslae:

/ Koor, Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Nuus
Beide ons kore het hierdie jaar afgeskop met die aanleer van wonderlike nuwe repertorium. Ons senior koor het die afgelope naweek ’n oefenkamp gehad, waar die koormaats mekaar beter leer ken het en hulle goeie vordering gemaak het met hul musiek. Die nuwe koorlede – en veral ons Graad 4’s – skakel sommer reeds goed in by die groep en word mooi deur hul koor-buddies gedurende die oefeninge ondersteun.
Die junior koor het hierdie jaar vir juf Bea de Wit aan die stuur, en saam met mnr Ben is hulle reeds volstoom aan die gang elke Maandag- en Vrydagoggend. Die junior koor het ook Graad 1’s in die koor verwelkom hierdie jaar, en hulle pas baie mooi by die nuwe roetine aan.
Alle ouers wat ’n kind in een van die twee kore het, moet asseblief by die Senior Koor- en/of Junior Koor-WA-groepe aansluit. Daar deel ons belangrike inligting rakende optredes en oefeninge.

Ek bevestig weer ons kore se oefentye:

Junior Koor

Maandag- en Vrydagoggend: 07h45–08h15

Senior Koor

Dinsdag: 07h30–08h30
Donderdag: 11h30–12h30

Indien jy afwesig is vir ’n oefening of optrede, moet ’n verskoning vooraf by juf Rolene (senior koor) of juf Bea (junior koor) ingedien word.

Ons sien julle by die optredes!
 
/ Koor, Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Nuus
Ons senior koor het die afgelope naweek ’n koorkamp gehad waartydens ons 2026 koorleiers verkies is. Baie geluk aan die leerders wat bereid is om die koor te ondersteun deur ’n goeie voorbeeld van dissipline en toewyding te wees, ’n bron van ondersteuning vir hul groepslede, en op wie die koor kan steun vir musikale hulp tydens ons oefeninge. 
 
Ons senior koorleiers vir 2026 is:
Aiyana Alfredo
Alida Loubser
Andrya Robinson
Ella van der Walt
Esme Coetzee
Joan van Vreden
Lea Loubser
Mila Malan
Olivia Blackmore
Quinn du Toit
 
Baie dankie aan elkeen van hierdie leerders vir die groot verskil wat hulle in die koor maak. Ons is baie trots op julle.
 
/ Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus

Die Musiekdepartement stel ’n nuwe inisiatief bekend: Die Koffie-en-Beskuit Konsertreeks! Hierdie platform is geskep om Laerskool JvR se musiekleerders meer geleentheid te bied om aan die vaardighede wat dit van enige musikant vereis om op te tree en hul stukkie met gemak en die nodige musikantskap uit te voer, te slyp. Die konserte vind in ’n kleiner groep plaas, wat dit vir baie leerders makliker maak om voor mense op te tree en op hierdie manier voor te berei om in groter konserte te speel. Die platform bied vir leerders wat vir eksamens of Eisteddfods voorberei, die geleentheid om hulle musiek voor te dra. Vir beginners en leerders wat pligsgetrou oefen, is ons Koffie-en-Beskuit Konsertreeks ook ’n wonderlike kans om hul musiek met hul maats en familie te deel.

Hoe werk dit?
Musiekonderwysers bepaal wie gereed is om deel te neem.
 
Kwartaal 1 Datums: Dinsdae gedurende koorperiode
24 Februarie
10 Maart
17 Maart
 
Tyd: 08h00 – 08h30
 
Plek: Musiekklas
 
Indien daar enige vrae is hieroor, kontak gerus vir juf Rolene.
/ Algemeen, Nuus
Die Boekbende gaan nou elke tweede Woensdag van die maand in die Mediasentrum om 07:15-07:45 bymekaar kom. Kyk asb na die datums in die advertensie, sodat jy nie uitmis nie!
 
Boekbende-groete!
 
/ Algemeen, Nuus
Ouers wat graag hul kind se prestasies en foto’s in die nuusbrief wil laat plaas, word vriendelik herinner dat hierdie inligting vrywillig deur ouers gestuur word. Neem asseblief kennis dat die nuusbrief elektronies versprei word en ook aanlyn beskikbaar is, wat beteken dat leerders se name en foto’s moontlik op die internet en in soekenjins kan verskyn. ’n Bevestigings e-pos sal gestuur word om toestemming vir publikasie te verkry.
Alle inligting en foto’s moet nie later nie as Woensdag om 14:00 gestuur word om in die huidige week se nuusbrief geplaas te word. Laat bydraes sal outomaties eers in die volgende week se nuusbrief verskyn.
/ Algemeen, Nuus
Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club ondersteun deur paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het soos op die prentjie. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer.

Enige donasies word opreg waardeer!