Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Baie dankie aan elkeen wat ons aflaai- en optelbeleid so mooi volg. Ons doen ‘n beroep dat jy asb. versigtig moet wees waar jy jou kind aflaai. Kinders dink en kyk nie mooi nie, hulle hardloop sommer net voor motors in, want om skool toe te kom is hul missie vir die oggend. Maak seker dat jou kind op ‘n veilige plek afgelaai word. Gesels met hulle oor padveiligheid. Ons kinders is vir ons uiters kosbaar en ons wil hulle veilig hou.

/ Algemeen, Nuus

Groot opgewondenheid heers onder die personeel om Maandag, 15 Februarie 2021, ons Jannies te verwelkom. Baie welkom ook aan al ons nuwe ouers by Huppelland en die Laerskool. Wees verseker julle het die beste keuse vir jul kind gemaak en my beste wense vergesel julle vir die nuwe reis.

Alhoewel die aanvang van 2021 ook vreemd is, is ons skool bevoorreg om teen 100% kapasiteit te open, onderhewig aan streng Covid-19 protokol. Ons almal se wens is dat ons so spoedig moontlik kan terugkeer na ‘n tipe normaal, want die buitengewone omstandighede bring dikwels vreemde uitdagings. Daarom wil ek graag Helen Keller aanhaal: ‘’Keep your face to the sunshine and you cannot see a shadow’’. Ek nooi dus die ouers en skoolgemeenskap uit om saam met ons as personeel nie deur die pandemie ontmoedig te word nie. Ons moet eerder mekaar inspireer en onderskraag om uitdagings op ‘n kreatiewe wyse te bowe te kom. Ons moet voortbou en uitreik na gemeenskappe wat swaar deur die pandemie getref is.

Ek is vanaf 1 Januarie in die stoel, voel baie tuis en alles verloop klopdisselboom. Ek was bevoorreg om reeds in die kort tydjie heelwat ouers en leerders te ontmoet en beter te leer ken. Baie dankie vir jul ondersteuning die afgelope tyd en dat julle jul kind/ers aan die skool toevertrou. Wees verseker dat ons alles in ons vermoë doen om die leerders en personeel veilig te hou.

Die 100ste bestaansjaarvieringe het stil-stil begin, maar dit is besig om momentum te kry. Vanaf verlede jaar is daar baie moeite gedoen om die sigbaarheid van die 100ste verjaardag duidelik te maak (sien foto 1, 2 & 3). ‘n Groot dankie word aan Rentia (kunsjuffrou) oorgedra vir die manier hoe sy met ons leerders se pragtige kuns die skool verfraai asook die trotse LS JvR 100-embleem wat sy op ‘n besondere manier in die skoolgange laat pryk.

Helecia Groenewald (musiekdepartement) het vir ons kore die volgende inspirerende Eeufeeslied geskryf en getoonset.

Soos Tafelberg uitkyk oor Kaapstad
So pronk ons skool fors en fier
Soos hy vasstaan in sy fondamente
So eer ons die eeu wat ons vier.

Jan van Riebeeck die beste skool
Jan van Riebeeck bo!
Jan van Riebeeck die mooiste skool
Jan van Riebeeck ONS skool!

Baie dankie Helecia, jy maak ons so trots!

Ter voorbereiding vir die jaar het ons opvoeders insiggewende opleiding (sien foto 4) rakende die volgende onderwerpe ontvang:

● Dispraksia/apraksia
● Inentings vir kinders en volwassenes

Ons doel is om voortdurende gefokusde opleiding aan ons personeel te bied om te verseker dat die standaard en kwaliteit van onderrig uitmuntend bly.

Graag wil ek ook vir Helpende Hand hartlik bedank wat die afgelope week 15 skoolrompies vir ons behoeftige leerders geskenk het (sien foto 5).

Baie dankie aan Huppelland en sy personeel wat op Maandag, 8 Februarie 2021, hul deure oopgemaak het. Sake verloop vlot en die kinders geniet hulle gate uit.

Neem asseblief kennis van die volgende:

1. COVID-regulasies en protokol:

Skooltye:

Skool begin:

Oranjespan kan tussen 07:15 – 07:30 skool toe kom en die blouspan tussen 07:30 – 07:45.

Uitkomtye:

● Graad 1 – 13:00
● Graad 2 – 13:15
● Graad 3 – 13:30
● Graad 4 & 5 – 14:00
● Graad 6 & 7 – 14:10

Siftingstasies:

● Graad 1 – 3 leerders word by hul klasse gesif.
● Graad 4 & 6: Snoepie
● Graad 5 & 7: Buite juf. Storm (gr. 7) se klas

Kleredrag en klerebank:

● Drie dae per week – skooluniform
● Een dag – LO-drag
● Vrydae- LS JvR 100-hempie

*die dae sal deur klasonderwyser bepaal word afhangend van dag waarop klas LO het.
Klerebanktye:

● Maandae- & Woensdaeoggende: 07:15 – 08:00
● Dinsdag- & Donderdagmiddae: 13:00 – 14:20

*Indien jou kind dringend voor Maandag, 15 Februarie 2021 skoolklere benodig, sal die klerebank op Saterdag, 13 Februarie 2021 vanaf 09:00 – 10:30 oop wees.

2. Skoolkwartale 2021

Nuwe skoolkwartale is reeds gekommunikeer.

3. Algemene Vervoervrywaring

Voltooi asseblief die algemene vervoervrywaringsvorm soos deur die klasonderwyser/graadhoof gegee. Hierdie vrywaringsvorm dien slegs in gevalle waar leerders direk na skool na die Conradieveld en/of HS JvR-veld direk na skool vervoer moet word om aan onderskeie sportoefeninge deel te neem. Sodra daar wegwedstryde, uitstappies, kampe, ens. plaasvind, sal ‘n spesifieke vrywaringsvorm met die vervoer duidelik uiteengesit, gestuur word.

4. Klasverteenwoordigers /OOV

Tradisioneel verkies ons klasverteenwoordigers, een per klas, tydens die inligtingsaand aan die begin van elke jaar. Weens die pandemie moet ons egter vanjaar die proses anders hanteer. Gedurende die jaar sal die klasverteenwoordigers betrokke wees by die volgende aksies:
● Fondsinsamelingsprojekte en funksies;
● Organisering van ouerhulp tydens skoolfunksies en byeenkomste
● Direkte kommunikasielyn met ouers in die spesifieke klasgroepe

Indien jy bereid is om as ‘n 2021-klasverteenwoordiger te dien, stuur asseblief ‘n e-pos met die volgende inligting vir Ria Hertzog (OOV Voorsitter) by oov@jvrprim.co.za:

● Jou naam en van
● Jou kind se naam en van asook sy/haar klas
● Jou selfoonnommer
● Jou e-posadres

Baie dankie vir jul bereidwilligheid.

5. Buitemuurse program:

Begin die week van 22 Februarie 2021.

Sport:
Program volg vir nie-kontaksportsoorte.

Kultuur:
Kooroefening met maskers sal in graadverband geskied. Program en indeling volg.

Geniet ‘n wonderlike naweek en ek is so opgewonde om die leerders Maandag te verwelkom.

Vriendelike groete

Naas Beets
Skoolhoof

/ Algemeen, Nuus

Geagte Ouers,

En so kom ‘n unieke en uitdagende jaar tot ‘n einde …

Die koms van die pandemie het ons lewens totaal omgekeer. Normale leefwyse het skielik verander. Nuwe wetgewings en dra van maskers het die nuwe ‘normaal’ geword. Skoolonderrig en skoolgaan, soos ons dit altyd geken het, het ook drasties verander en ons sal dit lewenslank onthou. Alles was ook nie net negatief nie, gelukkig is daar ook silwer randjies. Van die positiewe dinge wat ons geleer het, is hoe ongelooflik aanpasbaar en kreatief ons as Suid-Afrikaners kan wees. Jan van Riebeeck het puik gevaar om te verseker dat ons leerders kon voortgaan om kwalitiet onderrig en ondersteuning te ontvang tydens die moeilike jaar. Baie geluk aan die Beheerraad en Exco wat met kreatiewe idees vorendag gekom het om effektiewe leer en die veiligheid van die leerders, ouers en personeel ten alle tye te verseker. Baie dankie aan die personeel van die skool en Huppelland vir hul harde werk, toegewydheid en bereidwilligheid om altyd die spreekwoordelike ekstra myl te loop tot voordeel van ons leerders! Laaste maar nie die minste nie, baie dankie aan mev. Marinda Brink wat die afgelope tyd as waarnemende skoolhoof die skool puik bestuur het.

Volgende jaar is vir Jan van Riebeeck ‘n besondere jaar – ons gaan die skool se 100ste bestaansjaar vier. Wat ‘n voorreg om as ‘n skoolhoof by ‘n skool te begin wat ‘n nuwe hoofstuk in sy geskiedenis gaan betree en ‘n voortreflike mylpaal bereik. Ek sien voorwaar uit om saam met die skoolgemeenskap ‘n 100 jaar van ‘wees jouself’ en die ryk tradisies te vier.
Die pandemie het bewys dat tegnologie ongelooflike potensiaal het om onderrig en leer drasties te verander. Die 21ste eeu vereis dat ons leerders meer betrokke raak by die onderrig- en leerproses. Leerders moet medeskeppers van kennis in die klaskamer word. Tegnologie-integrasie is baie belangrik en leerders moet kan kies tussen ‘n wye spektrum van metodes wanneer hul leer of take doen. Ek glo dat ons in die toekoms moet poog om ons leerders te leer hoe om te dink, eerder as wat om te dink.

Graag wens ek vir almal ‘n wonderlike en welverdiende vakansie toe. Geniet die spesiale Kerstyd saam met gesinslede en familie. Mag ons ook in die tyd dink aan hulle wat hul geliefdes as gevolg van die virus verloor het.

Veilig reis, lekker rus en ek en my gesin sien uit om julle almal volgende jaar te ontmoet en beter te leer ken.

Groetnis,
Naas Beets

/ Algemeen, Nuus

Vir die skool en sy mense, is ek baie lief en as ‘n mens lief is vir iemand of iets is dit maklik om dinge vir hul te doen. Dit som so te sê my 8 jaar by die Laerskool op. ‘n Plesier om die skoolgemeenskap te dien en ook deel te wees van ‘n ‘familie’ wat vir mekaar omgee. Dankie aan die personeel wat my elke dag laat lag het. Ons het beslis hard saam gewerk en net so hard saam gekuier. Dankie vir wedersydse respek wat deurentyd betoon is. Spesiale dank aan mnr. Oosthuizen wat my vrye teuels gegee het om inisiatief aan die dag te lê en in my vermoëns geglo het van dag een. Dankie aan die Beheerraad en spesifiek tesourier, Cobus Loubser. Jul bron van onuitputbare kundigheid is meer werd as enige formele kwalifikasie. Dankie aan my mede Exco-lede (Marinda, Jodene, Lucia, Benita, Mariëtte en Leon). Saam het ons gegroei en saam het ons mekaar gedra.

Finansies word dikwels gesien as ‘n baie vervelige veld. ‘n Wit en Swart wêreld, ‘n debiet en ‘n krediet, ‘n begroting – iets wat beperk. Vir my is finansies ‘n klomp feite wat ‘n wonderlike kleurvolle storie vertel, dikwels wat mense nie wil sê nie. ‘n Begroting, iets wat vryheid gee, om juis dit te kan doen wat regtig saak maak. Laerskool Jan van Riebeeck se finansies het vir my baie verskillende stories oor die jare vertel en dinge uitgewys waarop ons kon verbeter. Die een storie wat dit my wel vertel het, is ‘n storie van ‘n ouerkorps wat omgee en wie lynreg tot die sukses van die skool bydra. Dankie aan elke ouer/voog wat skoolfonds so presies en op datum betaal, ten spyte van moeilike tye. Dankie dat jul altyd vriendelik en gaaf gebly het, al was daar soms moeilike gesprekke. Doen so voort!

Nou ja, hierdie is my JvR-pad se einde as personeellid, maar beslis nie my einde as JvR-ouer nie!

Mag ons almal saam altyd een doel voor oë hê en dit is om gelukkige kinders te kweek!

/ Algemeen, Nuus

First of all I want to thank God for the 21 years he gave me to work at Jan van Riebeeck and always showed me love. It was God’s grace and him allowing me to leave is still his grace. I want to thank all teachers and children for loving me. We were like a family and I will always pray for you.

“Sometimes God closes doors because it is time to move forward. He knows you won’t move unless your circumstances force you. Trust the transition. God’s got you. Amen.”

/ Algemeen, Nuus

Dit is met ‘n swaar hart dat ek Jan van Riebeeck Dinsdag verlaat. Vir 7 en ‘n half jaar was dit my boekehuis in die skadu van die berg.

Uit die vele hoogtepunte is dit moeilik om iets uit te sonder. Maar niks het my soveel genot gegee soos ‘n kind wat kom sê dat hulle ‘n boek baie geniet het nie. Veral as daardie leerling ‘n nie-leser was. Daar was vir my geen goedvoel-oomblik soos om ‘n graad eentjie se gesig te sien straal wanneer hulle besef hulle kan boeke bo hul leesvlak lees of wanneer hulle ‘n prenteboek beetkry wat presies is waarvan hulle hou nie.

In my tyd by Jan van Riebeeck het my lewe deur meer as 4 seisoene gegaan. Maar in die rondgooi van die lewe, was die skool my veilige hawe. Met kinderdrukkies en briefies, kollegas wat omgee en ‘n ouergemeenskap wat deernisvol en met passie inspring om hierdie skool ‘n skool van uitnemendheid te maak.

Dankie liewe ouers, kollegas en kinders dat ek hier kon leef in my taal. ‘n Stukkie van my hart sal altyd hier bly, waar kind nog kind is en kennis gedy.

Tot weersiens,
Magriet van Zyl
JvR-biblioteek

/ Algemeen, Nuus

Hierdie kwartaal neem ons afskeid van heelwat personeel wat ons hierdie jaar verlaat. ‘n Hele paar van hulle werk al jare by die skool. Met Covid kon ons ongelukkig nie ‘n behoorlike afskeid saam met hulle hou nie. Daar gaan nie hierdie kwartaal ‘n Suidooster verskyn om vir elkeen ‘n afskeidsbrief te plaas nie, maar ons wil wel graag vir elkeen op hierdie platform bedank vir jare lange toegewyde werk.

Juf. Marianna Oosthuizen
Daar’s geen twyfel dat juf. Marianna die tye saam met haar leerders geniet het nie! Daar was genoeg vryheid aan haar leerders gegun om ons leuse, Wees Uself, ten volle uit te leef. Leerders gaan nog vir jare praat van hul gawe graad 1-juffrou, wat altyd mooi lyk en lekker ruik! Op Vrydae is daar altyd klavier gespeel en saam gesing en as ‘n mens op daardie oomblik in haar klas ingestap het, kon jy die lekker atmosfeer aanvoel. Sy het jare lank van die grootste geleenthede by die skool met styl en presisie gereël.

Geniet elke oomblik van die lekker lang vakansie saam met Meneer Oosthuizen. Mag dit vol interessante reise, mooi aande by die lekker huis in Vredehoek, kuiers by vriende en middae by die Mount Nelson wees!

Juf. Magriet van Zyl
Juf. Magriet het toegewyd-wees ‘n nuwe betekenis gegee. Die moeite wat daar in elke boekbespreking, biblioteeklesse en ekstra erkenning vir leerders gegaan het, is inspirerend. Die gretigheid waarmee die tegnologie-uitdagings aangepak is tydens die grendeltydperk was net so lekker om te beleef! Sy het ook hard gewerk om te help om Die Suidooster elke kwartaal suksesvol, betyds en sonder foute uit te bring.

Ons het so baie by jou geleer, veral hoe om weer op te staan en positief te bly wanneer die lewe moeiliker dinge na ‘n mens se kant toe gooi. Die leerders en personeel gaan jou baie mis!

Marili Thompson
Die finansies tannie wat ure voor haar rekenaar deurgebring het om Jan van Riebeeck se boeke te laat klop! Dit voel of sy net-net onder Meneer Oosthuizen was in die rang van die skoolorde. Marili was beslis die perfekte een vir die werk – rustig en kalm in enige krisis, streng, maar altyd bereid om te luister na jou motivering hoekom jy graag ‘n nuwe ietsie vir jou klas wil aankoop, en dan natuurlik uitstekend met syfers, organisasie en kophou met ongeveer 450 leerders se finansiële sake. Baie dankie vir 8 jaar se betroubaarheid en toewyding.

Rose Chikwata
Ma Rose het in die 21 jaar wat sy by die skool gewerk het, gesorg dat die skool se gange blink en later by die Nasorg aangesluit om daar ‘n handjie by te sit. Rose het ’n sagte hart vir kinders en was vir menige leerders hul skoolma wat nooit te besig was om ’n geselsie aan te knoop in Afrikaans, Engels of isiXhosa nie. Ons gaan jou deernis en omgee mis, Ma Rose.

Juf. Michelle-Marié Niemand
Juf. Niemand het aan die begin van die jaar deel van die Jannie-span geword. Sy het onlangs verloof geraak en daar is omtrent opwindende dinge wat vir hulle voorlê! Dit was lekker om haar deel van ons span hierdie jaar te hê en ons gaan verseker haar vriendelikheid mis!

/ Algemeen, Nuus

Die Steyntjie is ons eie skoolbus (vernoem na mnr. Steyn, die busbestuurder) en vervoer elke dag kinders vanaf Bloubergstrand, Table View/Parklands en Milnerton skool toe en in die middae weer huis toe met Table View biblioteek as laaste stop. Almal, van Huppellanders tot Gr.7’s, ry saam. Daar is nog baie plek in die bus vir volgende jaar. Kontak vir Sebastine 082 5779108 of janniesbus@gmail.com vir meer besonderhede.

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan die volgende graad 6-leerders wat verkies is tot die leerderraad van 2021:

Agter v.l.n.r.: Mia Symington, Danny Newton en Alexander Benecke
Middel v.l.n.r.: Fredrich Erasmus, Héloïse Strauss en Luca Zulch
Voor v.l.n.r.: Mieke Hertzog, Jan Karsten, Carla Snijders en Katrien Stimie
Afwesig: Daniel Wasserman en Taniel Webber

/ Algemeen, Nuus

Liewe Jan van Riebeeck-familie

Vandag is daar ‘n behoefte in my hart om met julle te gesels…. in die vreemde omstandighede van 2020…. maar ek weet die skool het net die beste gedoen om alles so glad as moontlik te laat verloop! Welgedaan!

Die tyd het nou aangebreek dat ek ook moet groet na ‘n tydperk van amper 25 jaar! Dit voel soos ‘n leeftyd….wat ‘n heerlike reis was die tyd nie vir my nie!

Eerstens kan ek nie dankbaar genoeg wees dat ons as gesin die voorreg gehad het om deel van hierdie unieke skool en gemeenskap te kon word nie…ons sou nie voor die tyd besef het hoe wêrelde vir ons, as gevolg van hierdie skool en gemeenskap, oopgegaan het nie! Wat ‘n ongelooflike voorreg en daarvoor sê ek net BAIE DANKIE! Ons het sulke hegte vriendskappe opgebou waarvan ons nog steeds deel is.

Dan….my hart se punt….die kinders wat deur my hande gegly het, is natuurlik my hoogtepunt! Daardie onskuld van die kleintjies en opregte sêgoed gaan ek voorwaar oneindig mis! (As ek maar net alles kon neerskryf!) Die afgelope klompie jare was hulle my alles…(dalk ‘n bietjie van ‘n ‘ouma’-gevoel)! Wat ‘n genot om met sulke sponsies te kon werk! Ek het voorwaar so baie van hulle geleer en moes myself dikwels knyp as hulle met sulke waarhede en ‘diepdinge’ uitkom wat my baie laat dink het….mis gaan ek julle verseker!

Op hierdie noot sê ek net tot siens …. met groot dankbaarheid asook met ‘n traan in die oog. Mag die skool net van krag tot krag gaan en alle sterkte word almal toegewens vir die jaar 2021! Mag Kersfees ook net vol vrede, vreugde en geluk wees!

Mooi loop!

Liefde
Marianna Oosthuizen

/ Algemeen, Nuus

Hoërskool Jan van Riebeeck het onlangs aangekondig dat mnr. Pieter Rademeyer as nuwe skoolhoof aangestel is met ingang 1 Maart 2021. Mnr. Rademeyer, sy vrou Jana en hul twee jong kinders, Pieter en Karu, verhuis vanaf Port Elizabeth na die Kaap. Pieter en Karu gaan hier by Laerskool Jan van Riebeeck aansluit.

Ons is opgewonde oor die samewerking wat tussen die Laerskool en Hoërskool sal plaasvind en wens hom en sy gesin alle sterkte toe met die verhuising. Ons weet dat hy sommer baie gelukkig by ons sal wees.

/ Algemeen, Nuus

Ouers en voogde word daaraan herinner dat November die laaste maand vir skoolfondsbetalings is. Maak asb. seker dat die skoolfonds ten volle betaal is.

/ Algemeen, Nuus

Die skool sal elke dag tot aan die einde van die kwartaal om 12:50 (gr. 1-3); 13:05 (gr. 6-7) en om 13:15 (gr. 4-5) uitkom.

Neem asseblief kennis:
Donderdag, 10 Desember – skool verdaag om 12:00 vir gr. 1-3 en 12:15 vir gr. 4-7.

/ Algemeen, Nuus

Beste Ouers

Daar is berigte in die media dat ’n EFF-verteenwoordiger na beide die Jan van Riebeeckskole as rassisties verwys – daar word ook aangedui die skole gaan deur die EFF besoek word. Dit is na aanleiding van die onlangse rasvoorvalle by Hoërskool Brackenfell.

Verder is daar geen inligting beskikbaar nie – óf so ‘n besoek werklik beplan word en indien wel wanneer dit sal plaasvind, is onduidelik.

Hiermee ’n paar belangrike punte van die Beheerraad se kant:

• Sover ons kon vasstel, was daar geen rassevoorval by enige van die skole nie.
• Die veiligheid van ons leerders en personeel is ononderhandelbaar – sou daar enige samekoms van die EFF naby die skool plaasvind, sal verantwoordelike veiligheidaksies geloods word.
• Indien enige samekoms van die EFF plaasvind, sal ouers dadelik per WhatsApp in kennis gestel word.
• Sover ons kennis strek, het die EFF nie aansoek gedoen om ‘n permit te kry vir so ‘n samekoms nie. Sou enige samekoms geskied, versoek ons ouers en enige ander volwassenes wat met ons skool geassosieër word, om geen interaksie met EFF-lede te hê van enige aard nie.
• Die Beheerraad se standpunt rondom diversiteit is as volg en word nie beïnvloed deur die dreigemente nie: Die Laerskool is ‘n gemeenskapskool wat inklusiwiteit en diversiteit omarm, maar ons besef dis ’n voortdurende proses. Ons skool se leuse is ons rigtingwyser – Wees jouself. Ons het die laaste paar jaar aksies geloods om diversiteit te bevorder en is van plan om momentum te hou in 2021.
• Wees asseblief verseker ons bestuur die situasie so goed ons kan in aggenome die inligting wat tot ons beskikbaar is. Daar is op die stadium, geen rede om bekommerd te wees of jou gemoed te versteur nie. Julle is welkom om enige korrespondensie rakende die situasie te rig aan admin@jvrprim.co.za

Vriendelike groete

Marinda Brink
WAARNEMENDE SKOOLHOOF

NAMENS BEHEERLIGGAAM

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer