Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Ons wil die res van die maand nog steeds eer en erkenning gee aan al ons kosbare vroue in ons samelewing. Vrouens speel ‘n kardinale rol nie net in hul huise nie, maar ook in hul gemeenskappe. Hulle is altyd diensbaar om te verseker dat hul gemeenskappe vooruitgaan en ontwikkel. Ons salueer julle as vrouens vir alles wat julle vermag het en by voorbaat dankie vir die kosbare rol wat julle elke dag binne ons skoolgemeenskap speel. Ek glo en vertrou dat elke vrou in ons skoolgemeenkap op Dinsdag, 09 Augustus, behoorlik bederf is.

Ek glo dat julle ook met blydskap waargeneem het dat die geslote kringtelevisie kamerastelsel klaar geïnstalleer is. Die nuutste sekuriteitstegnologie word hier ingespan en die kameras bewaak die hele skool se heinings, -mure en -toegangshekke. Verder word al die kameras deur ‘n sekuriteitsfirma 24/7 gemonitor en indien enige ‘onwelkome gas’ dit durf waag om sy/haar voete sonder toestemming op ons perseel te sit, word daar onmiddellik alarm gemaak en die gewapende eenheid kom onmiddellik uit. Verseker gee dit vir ons almal gemoedsrus dat ons leerders, ouers en personeel wat op enige gegewe oomblik op die perseel mag wees, veilig en beskerm sal wees.

Augustusmaand by ons skool word ook gekenmerk deur die begrotingsproses. Die EXCO, begrotingsbestuurders in samewerking met die personeel, is hard aan die werk om die eerste weergawe van die 2023 konsepbegroting teen 16 Augustus 2022 saam te stel. Baie dankie ook aan die FINKOM en BR wat behulpsaam is met die samestelling van ‘n effektiewe begroting wat noodsaaklik is om werk doeltreffend te help beplan, hulpbronne korrek toe te deel en hulpbronbenutting te help beheer en moniteer.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Die eerlikheid maak dikwels seer en dit is dalk die rede waarom so baie mense dit eenvoudig ignoreer.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Augustus-maand het skielik sy vriendelike opwagting gemaak. ‘n Baie spesiale maand inderdaad! Vir die meeste mense is Augustus seker maar net nog ‘n maand, maar Augustus-maand is vrouemaand en ek wil spesiaal die maand aan al ons kosbare vrouens in ons skoolgemeenskap wy. Dit is belangrik dat ons die vroue in ons lewens spesiaal eer en erkenning gee vir die waardevolle rol wat hulle in ons lewe en die samelewing speel.

Op Dinsdag, 09 Augustus, vier ons weer Nasionale Vrouedag. Die eerste Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika is op 09 Augustus 1994 gevier. Die spesiale dag van die skoner geslag gedenk die nasionale optog van vroue in 1956 waartydens hulle petisie aangeteken het teen wetgewing wat swartmense verplig het om ‘n pasboek te dra. Die doel van die pasboek was om die beweging van swartmense gedurende die apartheidsera te beheer en te beperk. Simbolies gedenk Vrouedag die rol wat vroue gespeel het om die mure van diskriminasie af te breek wat onderskeid getref het tussen mense op grond van hulle ras.

In vandag se tye word daar so baie gepraat en gepleit vir vroueregte, diskriminasie teen vroue asook geweld teen vroue. Dit voel vir my asof dit eenvoudig op dowe ore val, want daagliks hoor jy van stygende getalle van aanrandings en selfs moorde op vroue, maar bittermin vervolging geskied. Weereens besef ons die wonderlike voorreg wat ons het om in ‘n veilige omgewing te werk en te woon. Dus doen ek ‘n beroep op al ons Jannies en pa’s dat ons iets spesiaal vir die ma’s en vrouens in ons lewens beplan en dit ten volle saam met hulle op Dinsdag, 09 Augustus 2022, vier. Jannies, bederf gerus julle ma’s tot in die afgrond en gee vir hulle ‘n stywe drukkie om vir hulle te bedank vir alles wat hulle vir julle doen en beteken.

Graag wil ek al die Jannies en ons ouers/voogde hartlik bedank wat die afgelope naweek die lekker sportdag in Robertson ondersteun het. Daar het op Saterdag, 30 Julie, meer as 2000 leerders aan die gewilde sportnaweek deelgeneem. Skole het van heinde en verre gekom om deel te neem. Kompetisie was baie sterk en as een van die kleinste skole wat aan die sportnaweek deelgeneem het, moes ons alles in die stryd werp om kompeterend te wees. Verder het ons weereens besef dat die plattelandse skole nooit onderskat moet word nie. Onderwysers en skoolhoofde van verskeie skole het my genader om ons Jannies te komplimenteer met hul ongelooflike goeie maniere en sportmanskap. Niks meer kan ‘n skoolhoof en skoolgemeenskap trotster maak as dit nie. Dit is die rede dat ek so breë bors op en af gestap het en probeer het om gesig by elke wedstryd te wys, maar dit was weer ‘n uitdaging op sy eie.

Baie geluk aan ons seniorkoor se puik optrede op Dinsdagaand, 02 Augustus 2022, in die Groote Kerk tydens die Hoërskool Jan van Riebeeck se koorfees. Julle maak ons baie trots en ek kan nie wag vir die volgende optrede nie. Die merkwaardige kerk met die ongelooflikste preekstoel is die oudste kerk in die land. Dit is in 1841 gebou en was op die aand die perfekte venue vir ‘n wonderlike koorfees. Baie dankie aan juf. Helecia (dirigent) en mnr. Ben vir die begeleiding asook juf. Heidré wat met die toesig van ons koorlede gehelp het. Laat my ook toe om Hoërskool Jan van Riebeeck en meer spesifiek mnr. Pieter Rademeyer (skoolhoof) hartlik te bedank vir die uitnodiging en sy span geluk te wens met die puik aand.

Verder beoog ons om ‘n elektroniese tellingbord wat vir rugby-, hokkie- en krieketwedstryde aangewend kan word, by die Conradievelde op te rig. Ons benodig egter fondse en ek neem die vrymoedigheid om te versoek dat indien jy sou belangstel om ‘n finansiële bydrae te maak, my gerus by skoolhoof@jvrprim.co.za te kontak.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike langnaweek toe. Geniet die lekker meevallertjie!

“Eerlikheid is die enigste sleutel tot vertroue. Dit kan nooit weer gebruik word as dit eers gebreek is nie.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Juf. Conradie en juf. Burger het in kwartaal 2 met naaldwerkklasse vir leerders begin. 5 Graad 4-leerders het elke Woensdag bymekaar gekom om te werk aan verskeie naaldwerkprojekte. Hulle mees onlangse voltooide projek is ‘n bucket hat. Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt! Baie geluk aan die volgende leerders: Gabriella Buckenham, Nell du Toit, Klara Wessels, Cara Nel en Kyle Meissenheimer.

/ Algemeen, Nuus

Ek glo met twee weke van die kwartaal agter die rug het elke huishouding in ons skoolgemeenskap weer sy spreekwoordelike natuurlike ritme en skoolroetine gevind.

Verskeie sportwedstryde en -oefeninge het ook die afgelope week plaasgevind ter voorbereiding vir die sportnaweek te Laerskool Robertson wat vandag met hokkie afskop en môre met die netbal- en rugbywedstryde eindig. Ek hoop om julle ook by die heerlike sportnaweek te sien. By voorbaat dankie vir hierdie ondersteuning. Bo en behalwe die verskeie sportwedstryde waaraan ons Jannies oor die naweek gaan deelneem, is daar natuurlik die kosbare plattelandse gasvryheid, lekkernye en samesyn om na uit te sien. Diegene wat hierdie geleentheid gebruik as ‘n wegbreek om saam met vriende en/gesinslede te spandeer, moet die pragtige Robertson-omgewing baie geniet en veilig reis.

Dit is dan my voorreg om vir julle kortliks terugvoering te gee rakende ons welwillendheid projek vir kwartaal 2 wat deur juf. Nicola baie suksesvol gedryf is. Deel van Mandela Dag wat op 18 Julie 2022 internasionaal gevier word, is besluit dat ons ons 67 minute gaan verdiskonteer in ‘n voedingskema by Laerskole Ellerton en Prestwich. Baie dankie aan diegene wat ons met die projek bygestaan het om na geïdentifiseerde, behoeftige gemeenskappe uit te reik en te ondersteun.

Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat binne graadverband vir ons die onderstaande voedselprodukte ruim geskenk het:

  • Graad 1: Pilchards in tamatiesous (blikkies)
  • Graad 2: Rys
  • Graad 3: Samp (droog in sakkies)
  • Graad 4: Bruin lensies (droog in sakkies)
  • Graad 5: Sugar beans (droog in sakkies)
  • Graad 6: Soja “Mince”
  • Graad 7: Olie

Op Dinsdag, 26 Julie, het ons Hoofseun (Owen Wiese) en Hoofdogter (Liza Hitge) saam met Stepanie le Roux (Alive Foundation) die bogenoemde skole besoek en die produkte aan die onderskeie skole oorhandig sodat daar vir hul behoeftige leerders voedsame etes voorberei kan word. Ons glo en vertrou dat ons bydrae ‘n reuse verskil in hul lewens sal maak.

Die spesiale “Change Mindset” opleidingsessie wat ons in samewerking met die WKOD op Saterdag, 23 Julie, vanaf 08:00 -15:00 vir al ons terrein- en administratiewe personeel (die laerskool en Huppelland) in ons skoolsaal aangebied het, was uiters suksesvol. Vir die meeste van ons terreinpersoneel was dit hul heel eerste werkswinkel wat hulle ooit bygewoon het. Laat my asseblief toe om vir Alexis Andraos (Sielkundige by WKOD) hartlik te bedank vir die professionele en effektiewe aanbieding asook Jodene vir die wonderlike inisiatief en reëlings.

Verder beoog ons om ‘n elektroniese tellingbord wat vir rugby-, hokkie- en krieketwedstryde aangewend kan word, by die Conradievelde op te rig. Ons benodig egter fondse en ek neem die vrymoedigheid om te versoek dat indien jy sou belangstel om ‘n finansiële bydrae te maak, my gerus by skoolhoof@jvrprim.co.za te kontak.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat fokus op ons waarde vir die kwartaal, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike sportnaweek toe. Hoop om julle almal in Robertson te sien!

“Honesty is the fastest way to prevent a mistake to end up in a disaster”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ek hoop en vertrou almal het die heerlike wintervakansie terdeë geniet en jul spreekwoordelike batterye is ten volle gelaai, slaggereed om die nuwe kwartaal saam met jul kinders aan te pak.

Dit is altyd ‘n wonderlike voorreg om die leerders, ouers, voogde en personeel terug by die skool na ‘n vakansie te verwelkom. Daar heers groot opwinding onder die leerders om weer terug by die skool en tussen hul maats te wees, want hierdie kwartaal is weer propvol sport- en kultuuraktiwiteite en moenie vergeet van ons gewilde konsert wat aan die einde van die kwartaal plaasvind nie.

Die buitemuurse program het sommer op dag een van die nuwe kwartaal in volle swang afgeskop, want ons wil ernstig voorberei vir die belangrike sportnaweek (29/30 Julie) te Laerskool Robertson. Verskeie ander skole gaan ook aan die spesifieke sportnaweek deelneem en ek glo julle sien ook saam met jul kinders en hul afrigters uit om ‘n heerlike naweek in die pragtige platteland of sal ek eerder sê Wynland te spandeer. Die plattelandse gasvryheid en samesyn is altyd kosbaar en ek hoop om julle almal daar te sien. Graag versoek ek dat ons as Laerskool Jan van Riebeeckers sommer in massas sal opruk na Robertson.

Laat my asseblief toe om vir juf. Claudia hartlik geluk te wens met haar onlangse verlowing. Ons wens vir haar en Marshall net ‘n blink en belowende toekoms toe. Graag wil ek verder met die volgende prestasies van ons personeel spog:

  • Juf. Ischké het gedurende die vakansie die interprovinsiale netbaltoernooi saam met Sophia Liebenberg as skeidsregter te Boksburg bygewoon. Sy het na afloop van die toernooi haar SASN-gradering ontvang.
  • Juf. Shahneé het gedurende die vakansie met haar Doves 0/11-netbalspan aan die Wes-Kaap Interdistrikte Netbaltoernooi te Wellington deelgeneem en haar span het ‘n 2de plek behaal en dus silwer medaljes ontvang.
  • Juf. Sharon het ook aan die bogenomede netbaltoernooi deelgeneem en haar Dolphins o/13-netbalspan het die toernooi gewen en goud ontvang!
  • Juf. Madri (nasorghoof) het haar NGOS met cum laude geslaag en sy het nou amptelike onderwyserstatus.

Baie geluk aan die bogenoemde personeellede met jul puik prestasies. Julle maak ons baie trots.

Op Dinsdag, 19 Julie, het ons die kwartaal amptelik met ‘n saalbyeenkoms begin om vir al ons Jannies terug by die skool te verwelkom. Liza Hitge en Owen Wiese het onderskeidelik as die hoofseun en hoofdogter van 2022 ‘n pragtige boodskap gelewer. Hul ouers het ook die saalbyeenkoms bygewoon om hul hoofleierbalkies aan te steek. Baie geluk aan die trotse ouers en ons beste wense vergesel ons hoofleiers met die belangrike leierskaprol wat hulle saam met die leerderraad die res van die jaar gaan vervul.

Ek glo dat julle ook opgelet het dat ons hekke vanaf 19 Julie (Maandae tot Vrydae vanaf 06:00 -18:00) deur PPA se sekuritietswagte beman word. Verder het die installasie van ‘n effektiewe kringtelevisie-kamerastelsel wat die hekke en heinings/mure van die skool 24/7 gaan beman, reeds die eerste week van die vakansie begin en behoort die projek binnekort voltooi te wees. Weereens hartlike dank aan ons Opvoedingstrust wat die bogenoemde sekuriteitsinisiatiewe befonds om die veiligheid van leerders, ouers, voogde en personeel te verseker.

Môre (Saterdag, 23 Julie) hou ons in samewerking met die WKOD vanaf 08:00 – 15:00 ‘n spesiale “Change Mindset” opleidingsessie vir al ons terrein- en administratiewe personeel (die laerskool en Huppelland) in ons skoolsaal. Die formaat is ‘n werkswinkel wat fokus op “Personal Mastery” wat deur Alexis Andraos (Sielkundige by WKOD) aangebied word. Hierdie opleiding maak my baie opgewonde en ek wil vir Jodene hartlik bedank vir hierdie wonderlike inisiatief, want ons terreinpersoneel word dikwels afgeskeep wanneer dit by opleiding kom waarby hulle ook persoonlik kan baat.
Verder beoog ons om ‘n elektroniese tellingbord wat vir rugby-, hokkie- en krieketwedstryde aangewend kan word, by die Conradievelde op te rig. Ons benodig egter fondse en ek neem die vrymoedigheid om julle te versoek dat indien jy sou belangstel om ‘n finansiële bydrae te maak, my gerus by skoolhoof@jvrprim.co.za te kontak.

Ek is vandag verder opgewonde om die volgende besluit van die Beheerraad te deel: Ons skool skakel binnekort vanaf die Google platform na Microsoft Education oor om ons leer en onderrig verder te komplimenteer. Meer volledige inligting sal binnekort gekommunikeer word.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat fokus op ons waarde vir die kwartaal, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike en geseënde naweek toe.

“The naked truth is always better than the best-dressed lie”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Skeduleer solank die datum en tyd in jou dagboek en nooi solank ‘n paar vriendinne om die oggend saam met ons te kom geniet. Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees, so ook alle ander inligting.

/ Algemeen, Nuus

Daar is ‘n vakante posisie (Tesourier) op die beheerraad wat gevul moet word.

Graag versoek ons dat ouers/voogde met ‘n finansiële kwalifikasie/agtergrond wat bereid is om dié rol te vul om ons BR Voorsitter, Merwe Scholtz, by mscholtz@genfin.co.za te kontak.

Ons rig veral ‘n versoek op ouers/voogde met kinders in die jonger grade (Graad R en 1 tot 3) om hierdie posisie te oorweeg. Ons kort ‘n bietjie jong bloed!

Baie dankie vir julle aandag.

Groetnis

Merwe Scholtz

/ Algemeen, Nuus

Hierdie kwartaal plaas ons die waarde Eerlikheid onder die vergrootglas.  Simboliek:   kleur is geel en dier is die by.

Ons streef daarna om in ons daaglikse handel en wandel eerlik op te tree. Wees eerlik met ander en ook met jouself!

BEE HONEST!

/ Algemeen, Nuus

Jannies vir Jesus sal slegs vir hierdie kwartaal elke Woensdagoggend om 07:15 – 07:45 in die saal plaasvind. Alle gr. 1-7-leerders is welkom om dit by te woon! Daar is reeds 60-80 leerders wat entoesiasties deelneem en die terugvoer is ongelooflik positief. Baie dankie aan ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk wat dit lei en so ‘n groot verskil in ons Jannies se lewens maak.

/ Algemeen

Die graad 5-leerders gaan ‘n leierskapkursus bywoon wat deur Lead4Life aangebied word. Hier volg al die belangrike inligting:

Datum: Vrydag, 22 Julie (dit is verpligtend)

Plek: Conradieveld

Tyd: 08:00 – 13:30 (leerders word by die Conradieveld af- en opgelaai)

Daar sal toesig by die Conradieveld vanaf 07h30 die oggend wees.

Vervoer: Daar sal die oggend vervoer na die Conradieveld wees vir die busleerders en leerders wat nie by die Conradieveld afgelaai kan word nie. Daar sal weer die middag vervoer na die skool slegs vir die Steyntjie-busleerders en nasorgleerders wees. Stuur ‘n e-pos (voor Vrydag) aan jou kind se registeronderwyser indien jou kind van hierdie busgeleenthede gebruik gaan maak.

Kleredrag: JvR-sportklere/feeshempie en tekkies/plakkies

Saambring: Hoed (verpligtend), waterbottel, sonskerm, kospakkie (LW geen snoepie nie.)

Die vrywaringsvorm moet voor of op Donderdag, 21 Julie, aanlyn voltooi word.

SKAKEL NA DIE VRYWARINGSVORM 

/ Algemeen, Nuus

Kwartaal 2 kom vandag na 12 weke tot ‘n einde en ek glo dat ons hele skoolgemeenskap baie uitsien na ‘n welverdiende wintervakansie, veral na ‘n baie besige kwartaal vol pretaktiwiteite.

Ek het so ‘n vinnig refleksie van die kwartaal gedoen en met dankbaarheid kyk ek terug na al die aktiwiteite wat die skool die kwartaal suksesvol aangebied het. Dit sluit onder andere die Kleiduifkompetisie, die Kaperjolle, die Veilingsdinee, musiekkonserte, redenaars en Wiskundekompetisies, verskeie Eisteddfod-geleenthede, kooroptredes, markdae, gr. 6-kamp, gr. 7-Oranjerivier-ekskursie, sosiale media praatjie met leerders en ouers, Dapper Stappers, Jannies vir Jesus, UNISA-musiekeksamens, graaduitstappies, assesseringsweke, eksamen, sportdae, toernooie en wedstryde in. Ons spreekwoordelike beker loop oor van sukses, nie op grond van arrogansie nie, maar suiwer op dankbaarheid.

Verblywend is ook die besluit van die regering om die gesigmaskermandaat asook ander Covid-maatreëls uiteindelik op te hef. Dit word so stil-stil gedoen, maar ek glo dit is amper ‘n geleentheid om “maskervryheid” te vier, veral vir ons leerders. Groot was die opgewondenheid Donderdagoggend voor skool toe die leerders by my wou weet of dit waar is dat die dra van gesigmaskers van die baan is.

Dit is dan my voorreg om Owen Wiese en Liza Hitge onderskeidelik as die Hoofseun en -dogter van 2022 geluk te wens. Hulle is vandag tydens die saalperiode aangekondig. Ons beste wense vergesel hulle met die belangrike leierskaprol wat hulle saam met die leerderraad die res van die jaar gaan vervul.

Graag stel ek die gr. 7’s se Top Tien Akademiese presteerders vir kwartaal 2 bekend. Baie geluk en graag gee ons erkenning aan die volgende leerders vir hul harde werk en toewyding:

  1. Lara Basson
  2. Lea Basson
  3. Liza Hitge
  4. Helene Greeff
  5. Adelé Holtzhausen
  6. Mia Janse van Rensburg
  7. Luja Marx
  8. Kate Mouton
  9. Cara Swanepoel
  10. Owen Wiese

Laat my asseblief toe om die personeel van Laerskool Jan van Riebeeck en Huppelland hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Dit was ‘n lang en veeleisende kwartaal wat ‘n besige buitemuurseprogram asook die eksamen ingesluit het. Baie dankie vir jul toegewyde fokus op ons Jannies om seker te maak dat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Laaste maar nie die minste nie wil ek ook ons Beheerraad hartlik bedank vir hulle waardevolle insette en kosbare tyd om te verseker dat ons spogskool van krag-tot-krag gaan. Tydens ons laaste Beheerraadsvergadering op Maandag, 20 Junie, is die volgende belangrike besluite vir jul kennisname rakende die sekuriteit en veiligheid by die skool en Huppelland geneem:

  • Installering van ‘n effektiewe Kringtelevisie-kamerastelsel wat die hekke en heinings/mure van die skool en Huppelland gaan beman.
  • Die kontraktering van opgeleide sekuriteitswagte wat vanaf 19 Julie (die dag wat die skool weer heropen) die hekke vanaf 06:00 – 18:00 Maandae tot Vrydae gaan beman.

Ek glo dat die bogenoemde ‘n groot bydrae tot almal se veiligheid by die skool sal verseker. Baie dankie aan ons Opvoedingstrust wat gaan help om die veiligheids- en sekuriteitsprojek te befonds.

Ek sluit dan af en wens vir almal ‘n wonderlike wintervakansie toe. Reis asseblief veilig en geniet die spesiale tyd saam met jul kinders.

Vriendelike vakansiegroete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Bring-en-Raai kompetisie wat op 19 Augustus om 18:00 in die skoolsaal plaasvind.

  • Skryf ‘n span van 8 lede in en kom neem deel aan die heerlike sosiale geleentheid.
  • Die koste beloop R1600 per tafel en elke span is verantwoordelik vir hul eie drankies en spyseniering, net soos ‘n bring en braai!
  • Daar is plek vir 26 spanne. Ons verskaf die tafel en bankies en jy die res!
  • Wynglase kan per tafel bespreek word teen ‘n kontant deposito, betaalbaar op die aand.
  • Vul asseblief so gou as moontlik jou naam as gasheer of gasvrou op hierdie SKAKEL

Kom speel saam! Dit is een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender.
Kontak gerus vir Karien Zulch indien jy enige vrae het by 083 445 0980 of karienzulch@gmail.com.

/ Algemeen, Nuus

Die assesseringsreeks vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 – 7) kom dan vandag tot ‘n einde en ek is nie seker wie te meeste verlig is nie, die leerders of ons ouers? Moeder Natuur het ons week verder opgekikker met heerlike reën wat salig oor die stad en omliggende areas uitsak.

Hierdie is ‘n baie kort week met ‘n heerlike meevallertjie van ‘n langnaweek voor die wintervakansie volgende week op Vrydag, 24 Junie, aanbreek. Donderdag, 16 Junie, is ‘n belangrike publieke vakansiedag in die Suid-Afrikaanse konteks. Laat ons dus nie vergeet van die sowat 600 jongmense wat op 16 Junie 1976 hul lewens in Soweto opgeoffer het nie. Sowat 200 000 leerders het op dié dag teen die inwerkingstelling van Afrikaans en Engels as die enigste onderrigtaal betoog. Hierdie dag is meer as net ‘n historiese konteks; die dag het ook stem gegee aan ons jongmense oor kontemporêre probleme in ons land, want hulle is die toekomstige leiers. Ons jongmense en kinders word vandag in abnormale omstandighede groot met geweldige groot uitdagings. Ons geslag het dalk nie nou die oplossings nie, maar die jongmense van vandag met hul veerkratigheid en kreatiwiteit sal beslis die bul by die horings pak. Ons moet egter net tyd maak om na hulle te luister en nie hul oplossings eenvoudig net af te skiet nie.

Sondag, 19 Junie, is dit dan ook Vadersdag. Vadersdag word jaarliks op die 3de Sondag van Junie gevier om vaderskap en vaderlike bande te vereer, asook die invloed van pa’s in die samelewing. Mag al die vaderfigure in ons skoolgemeenskap op Vadersdag tot in die afgrond bederf en waardeer word. Baie dankie aan al ons pa’s wat elke dag as geestelike, emosionele en sosiale steunpilare vir ons kinders optree. Baie dankie dat julle nie net voorsieners is nie, maar dat julle aktief by jul kinders se lewens betrokke is deur vir hul liefde en waardering te wys.

Ek sluit dan af met nog steeds dankbaarheid in my hart, veral na afloop van die kwartaal waar ons skool in baie opsigte baie geseënd is: “Dankbaarheid is die kortse weg na geluk”.

Geniet ‘n wonderlike langnaweek saam familie en vriende.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Aangesien ouerbesoeke eers tydens die 3de week van kwartaal 3 plaasvind, sal die afsprake eers vanaf die eerste week in kwartaal 3 gemaak kan word.  Hou gerus die nuusbrief en/of webtuiste in hierdie verband dop.

/ Algemeen, Nuus

Maandag, 20 Junie, tot Woensdag, 22 Junie:

  • Klasruilings vind plaas
  • Leerders dra skoolklere
  • Graad 1 – 3 verdaag 13:00
  • Graad 4 – 7 verdaag 13:15
  • Bus vertrek om 13:20
  • Geen sport nie

Donderdag, 23 Junie:

  • Klasruilings vind plaas tot voor Markdag begin
  • Markdag 11:30 – 12:30
  • Graad 1 – 3 verdaag 13:00
  • Graad 4 – 7 verdaag 13:15
  • Bus vertrek om 13:20
  • Leerders dra sivvies

Vrydag, 24 Junie:

  • Graad 1 – 3 verdaag 10:30
  • Graad 4 – 7 verdaag 10:45
  • Bus vertrek om 10:50
  • Leerders dra sivvies

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer