Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Kan julle glo dat dit vandag presies oor ‘n maand Kersfees is! Ek staan verstom oor hoe vinnig tyd verby gaan en onwillekeurig kom die vraag by my op, maar hoe is dit moontlik dat die jaar so spoedig verby gesnel het? Daar is nog so baie goed wat gedoen moet word. Dis weer vir ons almal tyd om oor die jaar te reflekteer om te bepaal of ons onder andere wel ons doelwitte bereik het. Vanjaar word sover gekenmerk as ‘covid-loos’ of sal ek eerder sê sonder drakoniese Covid-inperkinge en dit plaas sommer gou weer alles vir ons in perspektief aangesien alles wat ons as normaal ken binne ‘n oogwink kan verander. ‘n Ander siening kan moontlik wees dat tyd net vanjaar baie vinniger verby gesnel het aangesien ons dit as ‘n ‘inhaal-jaar’ gesien het en sodoende meer gedoen het om op te maak wat ons tydens die pandemie verloor het. Wat dit ook al mag wees, die jaar staan einde se kant toe!

Hierdie week het gr. 4 – 6-leerders op Dinsdag, 22 November 2022, ook met hul finale eksamen begin. Finale assesserings en eksamens is nou in volle swang terwyl ons leerders skouer aan die wiel sit om net hul beste te doen voordat daar ‘n heerlike en welverdiende vakansie aanbreek. Die assessering vir die grondslagfase het gister geëindig terwyl die gr. 4 – 7-leerders op Donderdag, 01 Desember 2022, hul laaste vak skryf. My beste wense vergesel hulle tydens die eksamen. Daar wag ook vir ons leerders ‘n hele klompie opwindende aktiwiteite wat die laaste 2 weke van die kwartaal gaan plaasvind sodat hulle die jaar op ‘n hoogtepunt kan afsluit.

Op Maandag, 21 November 2022, het die Beheerraad se laaste vergadering vir die jaar plaasgevind. Graag wil ek ons dinamiese beheerraad hartlik bedank vir hul kosbare tyd, waardevolle insette en onbaatsugtige diens gedurende die afgelope jaar. Die Beheerraad het vanjaar 9 keer amptelik vergader onder leiding van ons puik BR-Voorsitter, Merwe Scholtz. Baie dankie dat jul as beheerraadslede jul ongelooflike kennis en vaardighede tot diens van die skool stel om te verseker dat die skool optimaal funksioneer en ons kollektief ‘n leeromgewing skep waar ons leerders floreer, gelukkig is en hulself kan wees.

Graag rig ek die volgende, ernstige versoek rakende die afhaal van leerders aan die einde van die skooldag: Pas asseblief die “drop and go / fetch and leave’’-beginsel toe. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim of heelwat vroeër arriveer om hul kinders af te haal, moet hulle asseblief hul voertuie in die toegewyde parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir jul samewerking en dat ons almal sal konsidireer in die verband.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die laaste kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Show respect to people who don’t deserve it
not as a reflection of their character,
but as a reflection of yours.’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Aanlyn bestellings:

Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto’s te sien. Wagwoord: JVR2020

Stap 2: Bestel en betaal die foto’s op die Luncbox Photography webtuiste.

Indien jy kontant wil betaal en nie aanlyn wil bestel nie, volg hierdie stappe:

Stap 1: Voorbeelde van alle foto’s en koeverte is by die glaskas gang tussen die saal en die dames badkamers beskikbaar.

Stap 2: Kies die foto’s wat jy wil bestel, neem ‘n koevert en skryf dan die KORREKTE KODE wat onderaan die foto verskyn op die koevert.

Stap 3: Plaas die geld in die koevert en stuur terug skool toe. Indien jy kleingeld benodig, sal jy dit later ontvang.

LAASTE DAG VAN BESTELLING: Woensdag, 7 Desember 2022
*Indien jy die afsnydatum mis, sal jy steeds foto’s aanlyn kan bestel, maar jy sal die foto’s by jou eie adres moet laat aflewer en vir aflewering betaal.

/ Algemeen, Nuus

Ons herinner ouers daaraan om asseblief alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, so gou as moontlik skool toe te stuur. Leerders kan die bekers by die biblioteek inhandig. Dankie vir die samewerking!

/ Algemeen, Nuus

Hierdie week het ons op Dinsdag, 15 November 2022, die laaste saalbyeenkoms voor die eksamen begin, gehou. Graag wil ek die Gr. 7’s (Mia Boshoff, Kate Mouton en Liam Botha) wat ‘n pragtige boodskap met praktiese wenke aan die leerders gelewer oor hoe om die komende eksamen aan te pak en nie onnodig angstig te raak nie, hartlik bedank vir die voortreflike aanbieding. Ek besef net weer elke dag die voorreg wat ons het om met merkwaardige leerders te werk.

Vandag begin die Gr. 7’s met hul finale laerskooleksamen en hulle skryf Wiskunde. Die Gr. 4 – 6’e begin op Dinsdag, 22 November 2022, met hul eksamen. Die Grondslagfase het reeds met finale assesserings op Maandag, 14 November 2022, begin. Graag wil ek al ons leerders sterkte met die eksamen toewens. Ons weet julle gaan jul beste gee.

Ek wil julle as ouers/voogde by voorbaat bedank dat julle ons opvoeders kollektief sal help om te verseker dat die komende assesseringsreeks/eksamen nie ‘n angswekkende en stresvolle ervaring vir jul kinders sal wees nie.

Hiermee ‘n paar praktiese wenke om jou kind so goed moontlik vir die komende eksamen voor te berei:

  • Stel ‘n studierooster saam met jou kind op en verdeel werk in kleiner porsies wat nie oorweldigend is nie. Beperk ook die studietyd tot 30 minute per sessie, want laerskoolkinders sukkel om langer as 20 – 30 minute op ‘n slag te konsentreer. Gereelde blaaskanse is belangrik en daar moet ook tyd vir ontspanning geskeduleer word anders mag jou kind die eksamenstudie baie negatief ervaar. Doen gerus saam met jou kind ‘n bietjie oefening deur byvoorbeeld ‘n entjie te gaan stap.
  • Skep ‘n ruimte waar studie in ‘n stil omgewing kan plaasvind sonder dat hul aandag afgelei kan word. ‘n Leerder moet verkieslik by ‘n tafel of ‘n lessenaar sit waar daar genoeg lig is en vars lug sirkuleer. Dalk is dit nie ‘n goeie idee vir ‘n kind om bo-op sy/haar bed te leer nie. Organiseer hul studie-area sodat hulle gemaklik kan fokus en effektief kan leer.
  • Maak seker jou kind eet gesond tydens die eksamen en kry genoeg slaap om optimaal tydens die tydperk te funksioneer.
  • Praat gereeld met jou kind oor hoe hulle elke dag van die eksamen ervaar. Maak dit duidelik dat jy hul vermoë vertrou en gee positiewe terugvoering. Moedig hulle aan om net hul beste te doen.
  • Moet asseblief nie jou kind/ers vir die eksamens bang maak deur hulle byvoorbeeld te dreig dat indien jy nie nou harder gaan leer nie, dan gaan jy die jaar herhaal nie. Dit werk nie, inteendeel dit maak kinders nog meer angstig.

Gedurende week 6 het ons ook die jaarlikse ouerinligtingsaande onderskeidelik op 15 en 16 November 2022 vir die huidige Gr. 3-ouers wie se kinders volgende jaar na Gr. 4 vorder asook die huidige Gr. 6-ouers wie se kinders na Gr. 7 vorder, gehou. Hierdie tipe gesprekke is baie informatief en help om ouers se angstigheid rakende ‘n nuwe fase met meer vakke te verminder. Baie dankie aan al die ouers wat dit bygewoon het asook aan Marinda en die Gr. 4- en Gr.7-opvoeders vir jul puik aanbieding. Laat my ook toe om die huidige Gr. 4- en 7-leerders hartlik te bedank vir die spesiale video’s wat hul onderskeidelik voorberei het om hul wonderlike ervaring van die onderskeie grade vanjaar met die voornemende ouers te deel. Dit is spesiaal en beklemtoon weereens die unieke etos by ons skool.

Baie dankie aan Marlize wat vir ons die afgelope week weer ‘n boekverkoping vanuit die biblioteek gereël het. Die grondslagfase leerders was ook baie bevoorreg om ‘n skrywersbesoek deur Riaan Manser te ontvang. Boekverkopings en voorlees van stories maak leerders baie opgewonde en in die proses promoveer ons die leeskultuur by ons skool. Motiveer gerus jul kinders om boeke by die biblioteek te kom uitneem en dit te lees. Ons weet almal hoe belangrik en verrykend lees is.

Die somerbuitemuurse program het op Donderdag, 17 November 2022, as gevolg van die eksamens tot ‘n einde gekom. Ons beplan egter ter voorbereiding van die kleure-atletiekbyeenkoms (07 en 09 Desember) om atlete gedurende skooltyd, net na die aflê van die daaglikse eksamenvraestelle, vir die byeenkoms voor te berei. Hierdie deelname is vir die atlete vrywillig.

Graag versoek ek weer dat die “drop and go / fetch and leave”-beginsel toegepas sal word wanneer ouers hul kinders kom aflaai/haal. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim, moet hulle asseblief hul voertuie in die parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir die samewerking in die verband.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“To be one, to be united is a great thing,
But to respect the right to be different is maybe even greater’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Lees asb. deur die aangehegde dokument in verband met ons visie vir leer in die 21ste eeu.

JvR Visie vir Leer
/ Algemeen

Gr. 4 – 7-leerders het die geleentheid om aansoek toe doen vir ‘n sport-, kultuur-, of algemene veelsydigheidsprys (gr. 6 en 7) by die prysuitdeling. Belangstellende leerders het vandag ‘n vorm ontvang wat voor of op Vrydag, 25 November, by juf. Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) ingehandig moet word. Alle bewyse van provinsiale kleure of enige ander prestasies moet die vorm vergesel.

Kliek HIER vir die inskrywingsvorm.

/ Algemeen, Nuus

Neem kennis van die volgende skuiwe en veranderinge soos in verlede week se nuusbrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem:

Graag wens ons die volgende Gr.1-juffrouens sterkte toe wat so mooi na die graad 1’s gaan kyk en hulle help om hul volle potensiaal te bereik:

  • Liezel Theron
  • Nicola Swanepoel
  • Helene Slabbert

Ons het ook aanpassings aan die res van die grondslagfase aangebring en deel dus graag met almal:

  • Graad 2: Rache Turner, Anja Nauta (graadhoof) en Naomi Uys
  • Graad 3: Maricqe Coetzer, Heidré Ehlers en Michelle Compion

Ons is hartseer om te noem dat Benita Smit (Grondslagfase Departementshoof) aansoek om ‘n bevorderingspos gedoen het. Ons het nog niks formeel ontvang om te bevestig dat sy wel die pos by Laerskool De Hoop as Grondslagfase Adjunkhoof ontvang het nie. Ons hou egter duimvas dat sy hierdie pos wel sal ontvang, want ons weet dat sy suksesvol in hierdie posisie sal wees. Ons hou almal op hoogte sodra ons formele nuus in die verband ontvang.

Op hierdie noot is ons ook spyt dat Bibi Janse van Rensburg (gr. 5), Nadia Meiring-Stahmer (gr. 4) en Razelle Hanekom (sportorganiseerder) ons aan die einde van die jaar sal verlaat. Beide Bibi en Nadia se mans het bevordering by hul onderskeie werke gekry. Ons is baie dankbaar vir hul puik werk wat hulle by die skool gedoen het en ons wens hulle baie sterkte toe met hul pad vorentoe. Razelle het ‘n pos by die Hoërskool aanvaar. Sy gaan ‘n groot leemte laat, maar ons is opgewonde saam met haar vir hierdie nuwe fase. Sy was vir lank deel van die Laerskool se span en het die sportprogram help op die been kry tot waar dit vandag is. Ons is baie dankbaar vir alles wat sy vir die skool oor die jare gedoen het!

Ons het reeds goeie onderwysers in Bibi en Nadia se plekke aangestel, nl. Erick Snyman (gr. 5) en Ilse-Marie Holtzhausen (gr. 4). Ons weet dat hulle sommer baie maklik by ons skoolgemeenskap sal inskakel.  Verder is ons so gelukkig om Suné Swanepoel in die kodering en robotika pos te kon aanstel wat vir ‘n rukkie in Korea skool gehou het. Baie dankie aan Marnus Visser wat ons hierdie jaar in die pos uitgehelp het!

/ Algemeen, Nuus

Hiermee weer die boodskap soos in verlede week se nuubrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem:

Die jaarlikse begrotingsvergadering, waartydens die daaropvolgende jaar se skoolfondsverhoging bespreek en besluit word, is op Maandagaand, 07 November 2022, om 18:00 in die biblioteek gehou. Die skoolfondsverhoging is eenparig soos volg goedgekeur:

  • Huppelland = 6% verhoging
  • Laerskool = 12% (sien onder)

Graag wil ek al die ouers wat die belangrike vergadering bygewoon het, bedank. Baie dankie aan ons BR-Voorsitter (Merwe Scholtz), ons Tesourier (Susan van der Walt), ons finansiële bestuurder (Liesel Hammond) en al ons begrotingsbestuurders vir jul waardevolle insette en tyd om die effektiewe begroting saam te stel. Daar is ook tydens die vergadering uitgewys dat daar vanjaar meer as R4M aan projekte by die skool en Huppelland spandeer is wat nie uit die skool se begroting kom nie, maar wel uit ruim donasies van ouers. Ons salueer al ons ouers wat die agfelope jaar ‘n finansiële bydrae gemaak het of kosbare tyd by die skool spandeer het om ons skool van krag-tot-krag te neem.

/ Algemeen, Nuus

Beste Ouers/Voogde,

Laerskool Jan van Riebeeck het die afgelope jaar met behulp van ouerdonasies en ruim skenkings heelwat infrastruktuurverbeteringe en opgraderingsprojekte afgehandel. Hiervoor is ons baie dankbaar.

Ons wil graag ook die ablusiegeriewe van die inwonende terreinpersoneel opgradeer. Ongelukkig beskik die skool nie oor die nodige fondse om dit onmiddellik te doen nie en neem ons die vrymoedigheid om vir julle vriendelik te versoek vir ‘n moontlike bydrae om die geriewe vir die inwonende terreinpersoneel op te knap.

Hierdie is ‘n vrywillige bydrae en ons sal volgende week ‘n Karri-toep bydrae skep en aanstuur.

Baie dankie vir jul goedgunstige oorweging.
Vriendelike groete
NAAS BEETS

/ Algemeen, Nuus

Die skool verdaag vanaf net voor die eksamen tot die einde van die kwartaal vir die hele skool vroeër.

Donderdag, 17 November – Dinsdag, 13 Desember

13:00 (Graad 1 – 3)
13:15 (Graad 4 – 7)

*Bus vertrek op hierdie dae om 13:20

Woensdag, 14 Desember

10:30 (Graad 1 – 3)
10:45 (Graad 4 – 7)

*Bus vertrek om 10:50

/ Algemeen, Nuus

Laerskool Jan van Riebceeck sluit week 4 van die laaste kwartaal af met die aanbieding van ‘n suksesvolle gholfdag op Vrydag, 04 November 2022, by die Royal Cape Gholfklub. Die merkwaardige gholfklub is die oudste gholfklub in Afrika met ryk tradisie en geskiedenis waarmee ons skool so maklik kan assosieer. Hierdie spesiale gholfdag dien nie as ‘n fondsinsamelingsprojek nie, maar eerder ‘n dag van samesyn vir ons ouers/voogde wat lief is daarvoor om gholf te speel. Die gholfdag lei tot nuwe vriendskappe, kameradie en bou nuwe netwerke asook om op nog ‘n manier die skool se sukses oor die afgelope jaar te vier. Gholf is egter ‘n sportsoort wat enige sportman baie nederig hou, soos wat deur baie van ons wat aan die dag deelgeneem het, ongelukkkig ervaar het. Ek het die wonderlike voorreg gehad om deel van Andries Viljoen se AVCONENG-span (André Symington en Jan-Jurie Fourie) te wees. Ons het ons gate uit geniet en lekker gelag, want daar is min sportsoorte wat ‘n mens kan uitdaag soos gholf en jou ego super broos laat. Die sogenaamde gholfgode was beslis nie aan ons span se kant nie, maar nie eers hulle kon ons geesdrif demp nie. Baie geluk aan Oloff Sieberhagen en sy span (Louis Boshoff, Adriaan Theron en Jake Rennie) wat die dag puik gespeel het en met ‘n allemintige 93 punte (4bal-samespel met beste 2 punte per putjie) die gholfdag gewen het. Laat my asseblief toe om die organiseerder van die gholfdag, Alet Loubser, hartlik te bedank vir al haar puik reëlings om die 48 spelers op die dag te akkommodeer en spesiaal te laat voel. Laat my ook toe om haar man, Cobus Loubser, wat voorheen ook as Tesourier in ons Beheerraad gedien het, hartlik geluk te wens met sy aanstelling as die nuwe bedryfshoof (CEO) van Curro. Cobus, ons wens jou alles van die beste toe met jou nuwe rol. Ons weet jy gaan ‘n groot sukses daarvan maak.

Verlede Woensdag tydens die o.13A-krieketwedstryd wat tuis teen Laerskool Kampsbaai gespeel is, kon ons ook die nuwe elektroniese tellingbord inwy. Weereens groot dankie aan al die ouers wat ‘n finansiële bydrae gemaak het om die tellingbord te kon aankoop. Ons o.13-krieketspan het die middag in slegs 15 boulbeurte ‘n reuse telling van 166 lopies aangeteken waarvan die openingskolwer, Werner Steyn, ‘n onoorwonne 80 lopies aangeteken het. Nodeloos om te sê dat ons ver gewen het, want die opposisie is vir slegs 55 lopies uitgeboul. Welgedaan aan mnr. Warren en sy span met die puik oorwinning.

Alhoewel ons nou net op somersport fokus, het 11 van ons Gr. 6- en 10 van ons Gr. 5-netbaldogters aan ‘n netbalkamp te Elandsrus naby Driesusters (Karoo-area) oor die naweek van 04 – 06 November deelgeneem. Die netbalkamp is deur die bekende Patrys van der Merwe en Elize Kotze aangebied. Ons netbaldogters en afrigters het ongelooflik baie geleer en dit alles buite hul gemaksone. Graag wil ek die volgende juffrouens hartlik bedank wat ons 21 dogters tydens die naweek vergesel het en veilig teruggebring het:

  • Ischké Felix
  • Lucia de Jager
  • Shahneé Felix
  • Helene Slabbert

Die jaarlikse begrotingsvergadering, waartydens die daaropvolgende jaar se skoolfondsverhoging bespreek en besluit word, is op Maandagaand, 07 November 2022, om 18:00 in die biblioteek gehou. Die skoolfondsverhoging is eenparig soos volg goedgekeur:

  • Huppelland = 6% verhoging
  • Laerskool = 12% (sien onder)

Graag wil ek al die ouers wat die belangrike vergadering bygewoon het, bedank. Baie dankie aan ons BR-Voorsitter (Merwe Scholtz), ons Tesourier (Susan van der Walt), ons finansiële bestuurder (Liesel Hammond) en al ons begrotingsbestuurders vir jul waardevolle insette en tyd om die effektiewe begroting saam te stel. Daar is ook tydens die vergadering uitgewys dat daar vanjaar meer as R4M aan projekte by die skool en Huppelland spandeer is wat nie uit die skool se begroting kom nie, maar wel uit ruim donasies van ouers. Ons salueer al ons ouers wat die agfelope jaar ‘n finansiële bydrae gemaak het of kosbare tyd by die skool spandeer het om ons skool van krag-tot-krag te neem.

Groot opgewondenheid heers vandag by die skool aangesien ons al die 2023 Gr.1’s hul nuwe skool en nuwe juffrou kom ontmoet. Dit dien dan as ons Opedag. Vanaand vind die jaarlikse piekniek saam met hul ouers by die sportveld agter die skool plaas. Dit is vir ons ‘n wonderlike voorreg om al die ‘nuwe’ Gr.1’s by die ‘groot’ skool saam hul ouers te verwelkom. Ons beste wense vergesel hulle met die aanvang van hul laerskoolloopbaan en ons weet dat hulle baie vinnig hul voete sal vind, want die spesiale etos by ons skool bemagtig hulle om net hulself te wees. Graag wens ek ook die volgende Gr.1-juffrouens sterkte toe wat so mooi na hulle gaan kyk en hulle help om hul volle potensiaal te bereik:

  • Liezel Theron
  • Nicola Swanepoel
  • Helene Slabbert

Ons het ook aanpassings aan die res van die grondslagfase aangebring en deel dus graag met almal:

  • Graad 2: Rache Turner, Anja Nauta (graadhoof) en Naomi Uys
  • Graad 3: Maricqe Coetzer, Heidré Ehlers en Michelle Compion

Ons is hartseer om te noem dat Benita Smit (Grondslagfase Departementshoof) aansoek om ‘n bevorderingspos gedoen het. Ons het nog niks formeel ontvang om te bevestig dat sy wel die pos by Laerskool De Hoop as Grondslagfase Adjunkhoof ontvang het nie. Ons hou egter duimvas dat sy hierdie pos wel sal ontvang, want ons weet dat sy suksesvol in hierdie posisie sal wees. Ons hou almal op hoogte sodra ons formele nuus in die verband ontvang.

Op hierdie noot is ons ook spyt dat Bibi Janse van Rensburg (gr. 5), Nadia Meiring-Stahmer (gr. 4) en Razelle Hanekom (sportorganiseerder) ons aan die einde van die jaar sal verlaat. Beide Bibi en Nadia se mans het bevordering by hul onderskeie werke gekry. Ons is baie dankbaar vir hul puik werk wat hulle by die skool gedoen het en ons wens hulle baie sterkte toe met hul pad vorentoe. Razelle het ‘n pos by die Hoërskool aanvaar. Sy gaan ‘n groot leemte laat, maar ons is opgewonde saam met haar vir hierdie nuwe fase. Sy was vir lank deel van die Laerskool se span en het die sportprogram help op die been kry tot waar dit vandag is. Ons is baie dankbaar vir alles wat sy vir die skool oor die jare gedoen het!

Ons het reeds goeie onderwysers in Bibi en Nadia se plekke aangestel, nl. Erick Snyman (gr. 5) en Ilse-Marie Holtzhausen (gr. 4). Ons weet dat hulle sommer baie maklik by ons skoolgemeenskap sal inskakel.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal, Respek, fokus en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Respect is like a mirror,
The more you show it to other people,
the more they will reflect it back!’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus
Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Huppelland nou op sosiale media is. Volg ons gerus:
Deel dit gerus ook met ander belangstellende ouers.
/ Algemeen, Nuus

Ons somersportbuitemuurse program is in volle swang met leerders wat aan verskeie wedstryde en toernooie deelneem. Ongelukkig is die buitemuurse aktiwiteite vir kwartaal 4 van korte duur aangesien daar die laaste kwartaal van die jaar heelwat tyd aan die finale assesserings afgestaan word. Novembermaand het so stilletjies sy vriendelike opwagting gemaak en dit is onvermydelik om te dink dat die somervakansie en Kersfees net om die draai lê terwyl die wêreld stadig maar seker vir 2023 gereedmaak.

Soos genoem in verlede week se nuusbrief het ons o.11-tennisspelers tydens die naweek van 21 – 22 Oktober 2022 puik in die Ceres-Tennistoernooi presteer. Die afgelope naweek was dit die o.13-seuns en -dogters se beurt. Hulle het glad nie op hulle laat wag nie en in die spreekwoordelike voetspore van die o.11’s gevolg met die seuns- en dogterspanne wat beide silwer medaljes tydens die gewilde tennistoernooi verower het. Dit is duidelik dat ons tennis by die skool baie ‘gesond’ is en kan ons teen heelwat groter skole kompeterend meeding. Baie geluk aan die volgende o.13-dogters en -seuns met hul puik prestasie. Ons is baie trots op julle:

Dogters: 
Stella Lamprecht
Katia van Wyk
Liza Hertzog 
Cara Swanepoel

Seuns:
Dawid-Wiese Viljoen
Gustav Pansegrouw
Johan Symington
Pierre-Jaque Smit

Baie dankie aan Andri en Maricqe wat die bogenoemde o.13-tennisspelers oor die naweek vergesel het. Ons is ook baie dankbaar vir al die ouers wat die leerders so mooi tydens die toernooi ondersteun en aangemoedig het.

Op Woensdagmiddag, 1 November, het ons vir die eerste keer op die ‘nuwe’ sportveld agter die skool o.9 mini-krieketwedstryde teen Laerskool Kampsbaai aangebied. Dit was heerlik om saam met ons ouers agter op die veld onder die skadu van die bome ons spanne te ondersteun. Hoe bevoorreg is ons nie, met die ikoniese Tafelberg in die agtergrond, Leeukop en Sienheuwel wat ‘glimlag’ terwyl ons saam met die Kampsbaai-ouers die mini-krieketwedstryde kon geniet. Ons beplan om heelwat somer- en wintersportwedstryde op die nuwe sportveld aan te bied. Ons bespaar soveel tyd deurdat ons nie meer ons Grondslagleerders heen-en-weer tussen die skool en die Conradieveld hoef te vervoer nie. Ek kan nie anders as om weer vir Gerhard Conradie hartlik te bedank vir sy leeue-aandeel in die verbetering van die skoolfasiliteite nie!

Ons atlete het op Vrydag, 28 Oktober, aan Laerskool Bredasdorp se Top 10 atletiekbyeenkoms gaan deelneem. Ons atlete het goed gevaar en baie dankie aan Leon en André wat ons atlete vergesel het. Baie dankie aan die volgende netbalafrigters wat die naweek van 28 – 29 Oktober te Drie Susters aan ‘n afrigtingskamp aangebied deur Patrys van der Merwe en Elize Kotze bygewoon het: Ischké, Shahneé, Sharon, Razelle, Michelle, Heidré, Naomi en Liezel. Ons glo dat hul heelwat nuwe afrigtingstegnieke oor die naweek aangeleer het om te verseker dat ons netbal van krag-tot-krag gaan.

Ons waarde vir die kwartaal is respek. Hierde afgelope week tydens die saalbyeenkoms het juffrou Liezel vir ons ‘n baie mooi boodskap rakende respek gebring. Graag versoek ons ouers en voogde om ons as opvoeders te help om vir ons leerders die belangrikheid van respek vir mense, diere en eiendom vas te lê. Vir my is dit so belangrik dat ons leerders verstaan dat hulle ander mense moet behandel soos hulle self behandel wil word. Deesdae is dit algemeen dat mense mekaar openlik en blatant sonder respek behandel. Dit is ‘n kollektiewe proses waar personeel en ouers/voogde ons leerders moet help om te leer dat alle mense met waardigheid behandel moet word. Ons brose samelewing roep uit vir respek en medemenslikheid.

Graag herinner ek ons ouers/voogde aan die 2023 begrotingsvergadering op Maandag, 07 November 2022, om 18:00 in die biblioteek. Tydens die vergadering word die verhoging van die 2023 skoolfooie goedgekeur.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Treat people the way you want to be treated,
Talk to people the way you want to be talked to,
Everyone deserves respect’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die spreekwoordelike mooiste, mooiste maand van 2022 is stadig maar seker besig om plek vir die vrolike Novembermaand te maak soos tyd ongesiens en onverpoos verby snel. Kwartaal 4 mag dalk kort wees, maar sluit heelwat opwindende aktiwiteite asook finale eksamens en assesseringsweke in. Ons toegewyde opvoeders en die RO-opvoeders is tans hard aan die werk om ons leerders deeglik voor te berei en te bemagtig om die uitdagings van die finale assesserings met gemak te hanteer.

Ons skool het sommer vinnig na die Oktober-vakansie sy operasionele ritme gevind en ons leerders het aan verskeie sportwedstryde, ‘n swemgala en kultuuraktiwiteite deelgeneem. Baie geluk aan ons senior koor met hul puik optrede laasweek tydens die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale. Onder leiding van die Helecia en Ben het hulle as ware ambassadeurs vir ons spogskool opgetree en ons senior- en junior koor eenvoudig van krag-tot-krag geneem. Maak asseblief ‘n nota in jou dagboek om op Sondag, 27 November 2022, die Kerssangdiens by die NG Kerk, Tamboerskloof vanaf 19:00 by te woon. Meer inligting sal binnekort volg.

Ek wil nie graag ‘n leerder spesifiek uitsonder nie, maar ek sal my plig versuim indien ek nie vir Karu Rademeyer hartlik gelukwens met haar merkwaardige prestasie nie. Karu het vanaf 21 – 22 Oktober 2022 aan die nasionale Radikale Redenaarskompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as nasionale wenner in die Engelse afdeling aangewys en het ‘n tweede plek in die Afrikaanse afdeling behaal. Welgedaan, Karu. Jy maak ons baie trots.

Ons o.11-tennisspelers het ook oor die naweek van 21 – 22 Oktober 2022 tydens die Ceres-Tennistoernooi puik presteer. Hierdie gewilde tennistoernooi word deur die meeste top tennisskole ondersteun en ons seunspan het op die einde van die dag ‘n ongelooflike tweede plek behaal. Merkwaardig om te dink dat ons en LS De Hoop se seunspanne presies op dieselfde punte na 2 dae van tennis vir eerste plek geëindig het, maar ongelukkig by die uittel vir die meeste aantal potte gewen, is hulle as die wenners aangewys. Baie geluk aan Anja wat die spanne (seuns en dogters) vergesel het en natuurlik die volgende seuns: Adriaan Wessels, Gustav van der Linde, Nils le Roux en Rafa Lamprecht. Baie geluk aan Rafa wat nog maar in Gr. 3 is m.a.w. nog o.9 is, wat al sy wedstryde oor die naweek gewen het. Welgedaan, Seuns. Ons is baie trots op julle!

Op Vrydagaand vanaf 18:00 – 20:00 het die inwyding van die opgradering van die kroegfasiliteit by die klubhuis te Conradieveld saam met spesiale gaste plaasgevind. Laat my toe om spesiaal vir Oloff Sieberhagen (ouer by Huppelland en by die skool) hartlik te bedank wat die projek befonds en self bestuur het. Die estetiese en die funksionele verbetering aan die klubhuis maak ‘n ongelooflike verskil en ek glo die skoolgemeenskap gaan nog daar sommer heerlik in die toekoms saam kuier.

Die opgradering van die parkeerarea en aanbring van duidelike rigtingwysers op die teer aan die agterkant van die skool is nog nie afgehandel nie. Dus vir die interim periode rig ek ‘n vriendelik versoek dat tydens die af- en oplaai van jul kinders om asseblief die “drop and go / fetch and leave”-beginsel toe te pas. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim, moet hulle asseblief hul voertuie in die parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.

Ek sluit af met die volgende aanhaling deur Albert Einstein wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Everyone should be respected as individuals,
But no one idolized’’
.
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons is baie trots op die volgende Jannies wat tot hul skole se leerderraad verkies is. Laat weet ons gerus indien julle van nog oud-Jannies weet wat by ander skole verkies is (marinda@jvrprim.co.za).

Henry Potgieter verkies as Onderhoofseun 2023 van HS Rondebosch Boys

Adrian Huysamen en Gerard Snijders is tot Hoërskool JvR se leerderraad as hoofseun en onderhoofseun verkies. Annabelle de Jager, Tiana van den Berg, Johan Jordaan en Adam Liebenberg is ook op volgende jaar se leerderraad.

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer