Met verandering kom spanning. Hierdie ontwikkelingsproses skep fantastiese groeigeleenthede. Ons het gedurende 2022 die behoefte identifiseer om ons skoolgemeenskap te help om veranderinge en uitdagings beter te hanteer deur ‘n groei-ingesteldheid te ontwikkel.

Die WKOD het ‘n baie oulike ‘growth mindset’ program ontwikkel waarby ons as loodskool hierdie jaar betrokke is. Natuurlik sal ons meer as verwag doen en hierdie platform gebruik om alle fasette van skool te integreer. Ons doel is om ‘n skoolgemeenskap te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, uitleef. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word.

Ons streef daarna om leerders se ingesteldheid te vernuwe sodat hulle …

  • nie bang sal wees om foute te maak nie – om waagmoed te toon;
  • vrae sal vra al klink dit ‘dom’;
  • nie bekommerd sal wees oor hoe hulle sal ‘lyk’ indien ‘n nuwe vaardigheid/projek aangepak word nie;
  • probeer – al voel dit asof hy/sy nie ‘kan’ nie;
  • uitdagings aanvaar / aangryp;
  • allerhande metodes vind om ‘n probleem op te los
  • positiewe gesprekke met ‘self’ voer
  • ingesteldheid om te leer en te ontwikkel
  • daagliks nuwe konsepte en vaardighede aan te leer

 

Met hierdie oulike karakters (Brein, Katie en Mojo) sal ons die leerders se aandag gevestig hou om in ons doel te slaag.

 

Maak gerus van hierdie ingesteldheid tuis ook gebruik sodat ons spoedig ‘n algehele omgewing van ‘ek kan nog nie nou nie, maar ek sal nog kan’ kan skep.