Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus
  • Neem kennis dat ons van vandag af op WhatsApp of e-pos met ouers sal kommunikeer.
  • Aangesien leerders gister uitgevind het in wie se klas hulle volgende jaar is, kan julle ook nou by die klasgroepe aansluit.
  • Maak asb. seker dat jy voor die skool in Januarie open by die Community aansluit.
  • Ten minste een persoon per gesin moet deel van die Community wees.
  • Stuur gerus ‘n WhatsApp aan Suzaan se skoolnommer vir die uitnodiging-skakel na die Community: 0674354050
/ Algemeen, Nuus

Volg die skakel vir die skoolfooie van 2024.

/ Algemeen, Nuus

Hierdie afgelope week was weereens propvol opwindende aktiwiteite wat onder andere prysuitdelings, atletiek, “sing-songs”, “water slides”, klas- en graadpartytjies, ens. ingesluit het.

Hierdie week het die jaarlikse prysuitdelings onderskeidelik vir graad 4 tot 7 plaasgevind. Graag fokus ek eers op die graad 4 en 5-prysuitdelings aangesien die saktyd vir die weeklikse nuusbrief te vroeg in die week is, om ook die prysuitdelings vir graad 6 en 7 in te sluit. Ek sal wel in volgende week se nuusbrief daaroor terugvoering gee. Die graad 4 en 5-prysuitdelings het op ‘n manier informeel, maar tog uiters stylvol plaasgevind. Prysuitdelings is op beste van tye ‘n sensitiewe en kontroversiële onderwerp van bespreking en ek wil julle die waarborg gee dat ons as skoolbestuur baie begrip daarvoor het. Ek glo dat ons skool die erkenningsproses so verfyn het dat ons dit regkry om erkenning aan presteerders te gee sonder om die ander leerders te na te kom.  Ons neem dit egter nog ‘n stappie verder en gee vir elke leerder ‘n persoonlike en unieke erkenning in die saal. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as ‘n laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê. Daar was baie hoogtepunte tydens die prysuitdelings, maar opvallend was die leerders se toejuiging tydens die bekendmaking van die akademiese presteerders. Baie van die top 10 akademiese leerders was aangenaam verras met die aankondiging van hul name en het dit glad nie verwag nie. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien dat ons leerders mekaar se prestasies vier en dit is so spesiaal wat ons skool op nog ‘n manier uniek maak. Hierdie trotse oomblikke sal ek verewig koester en bevestig net weer dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning is op die voorwaarde dat ‘n skool waardegedrewe moet wees en ‘n spesiale etos van omgee en respek omhels.

Op Sondagaand, 04 Desember, om 19:00 het beide ons junior- en senior kore vir die tweede  agtereenvolgende naweek tydens kerssangdienste opgetree en die keer in die pragtige NG Kerk,  Drieankerbaai. Beide kore het hul puik van hul taak gekwyt en weereens ons ouers/voogde en al die Drieankerbaai kerkgangers betower met die sing van pragtige kersliedere. Baie dankie aan ons mammas wat gehelp het om ons leerders as Josef, Maria, die wyse manne en engele aan te trek wat die aand verder ekstra spesiaal gemaak het.

Op Woensdag, 06 Desember, het die velditems van ons jaarlikse kleure-atletiek by die Hoërskool se velde plaasgevind. Baie dankie aan mnr. Leon vir al die puik reëlings asook ons personeel wat toegewyd hul stasies beman en ons atlete aangemoedig het. Graag wil ek ons ouers/voogde bedank wat tyd by die werk afgeknyp het om die dag te ondersteun en luidkeels hul kind/ers aan te moedig om net hul beste te doen. Die pragtige uitsig vanaf die hoërskool se velde met die ikoniese Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel as agtergrond het beslis gehelp om almal se gemoed te lig en die jaar op ‘n hoë noot af te sluit.

Laat my ook toe om Gerhard Conradie hartlik te bedank wat die afgelope week sy span mense gestuur het om die mini-sportveld agter die skool kompos asook ‘n bolaag sand toe te dien. Baie dankie Gerhard, ons het groot waardering.

Volgende week is die laaste skoolweek vir 2023 en sluit die skool op Dinsdag, 12 Oktober, vir almal om 10:30. Ek hoop en vertrou dat almal vandag se kleure-atletiek (baanitems) sal geniet. Ek sien uit om julle daar te sien. 

Graag sluit ek af soos oudergewoonte met my bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Roy T. Bennet oor dankbaarheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet. 

“When one has a grateful heart, 
Life is so beautiful!’’ 

Vriendelike groete 

Naas Beets 
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus
  • Indien jy sukkel om by die skool se WhatsApp Community aan te sluit d.m.v. die skakel wat in Skooler gestuur is, stuur asb. ‘n WhatsApp aan Suzaan se skool WhatsApp-nommer sodat sy die skakel na die Community direk vir jou kan aanstuur: 0674354050
  • Sodra jy by die Community aangesluit het, sal dit in jou WhatsApp chats lê. Jy kan ook die Community in WhatsApp oopmaak deur op die Communities-ikon bo-aan (Android) of onderaan jou skerm (iPhone) te kliek. Die ikon is egter nie in WhatsApp Business beskikbaar nie.
    • Android:   
    • iPhone:
  • Indien jy graag ‘n boodskap per WhatsApp aan ‘n onderwyser wil stuur, gaan asb. na die groep waarby daardie onderwyser betrokke is en kyk in die groep se besonderhede vir sy/haar nommer. Die onderwysers is die Admins in die relevante groepe. Baie onderwysers het ‘n skool selfoonnommer en verkies om daarop boodskappe vanaf ouers te ontvang eerder as hul privaat WhatApp. Respekteer dit asb. deur eerder die nommer van die onderwyser wat in die Community is, te gebruik.
  • Vir verdere riglyne, volg gerus die skakel.
/ Algemeen, Nuus

Maandag, 11 Des:

  • Sivviedag
  • 07:45 – gr. 7-saalbyeenkoms vir Gr. 2-7-leerders (gr. 7-ouers welkom)
  • 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7) – skool verdaag

Dinsdag, 12 Des:

  • Sivviedag
  • 07:45 – skool begin
  • Leerders ontvang vorderingsverslae (rapporte)
  • 10:30 – skool sluit vir alle leerders
  • Nasorg soos normaal
/ Algemeen, Nuus

Met dagbreek vanoggend besef ek met ‘n skok dat dit vandag die eerste dag van Desembermaand is en dit beteken dat Kersfees om die draai is! Waar het die kosbare tyd so vinnig heen gevlieg? In terme van die skool is die antwoord voor die hand liggend: dit was ‘n besondere jaar, ‘n besige jaar propvol opwindende akademiese-, kulturele- en sportaktiwiteite, en wanneer daar ook pret betrokke is, dan vlieg tyd behoorlik verby!

Gister het die finale eksamens vir die gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n sug van verligting gegee, want huishoudings kan weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek graag vir julle die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Ek was so bevoorreg om self die afgelope week aktief by die modereringsproses betrokke te wees. Baie dankie aan ons onderwysers wat so deeglik die antwoordstelle merk om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is wat ons benodig vir die prysuitdelings vir gr. 4 en 5 wat op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember, plaasvind.

Ek het begrip dat prysuitdelings altyd kontroversieël sal wees, maar wees verseker dat die skool prysuitdelings met die grootste respek en omsigtigheid hanteer. Net soos ons weekliks erkenning aan sport- en kultuurprestasie in die saal en nuusbrief gee, wil ons ook graag erkenning vir leerders wat akademies hard werk en presteer gee, want akademie is darem ons kernbesigheid. Ons neem deurdagte besluite rakende die proses van erkenning aan presteerders gee sonder om die ander leerders te na te kom. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê.

Op Sondagaand, 26 November, om 19:00 het beide ons junior- en senior koor in die pragtige NG Tamboerskloof Kerk tydens die jaarlikse kerssangdiens opgetree. Beide kore het hul puik van hul taak gekwyt en al die kerkgangers betower met hulle pragtige kersliedere. Dit was nog een van daardie trotse oomblikke wat ek die afgelope jaar ervaar en weereens besef het wat ‘n wonderlike voorreg ek het om as skoolhoof van dié merkwaardige skool op te tree. Ons sien baie uit na nog ‘n kerssangdiens, die keer by die Drieankerbaai, NG Kerk wat op Sondagaand, 03 Desember, om 19:00 plaasvind. Indien jy die eerste kerssangdiens uitgemis het, dan is dit nou jou kans om dit eersterangs te ervaar. Sien julle Sondagaand.

Op Dinsdag, 28 November, het die gr. 4-leerders Engels geskryf en kon hulle soos hul gunsteling karakter uit hul letterkundeboek (The Foolish King) skool toe aantrek. die gr. 4-leerders het pragtig gelyk en spoggerig in hul kostuums rondgeloop. Baie dankie juf. Marianne vir die wonderlike inisiatief! Dit maak eksamen pret en help sommer ook om in die proses eksamenangs te verminder.

Ons skoolgemeenskap het werklik so baie om voor dankbaar te wees, dus sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Antonia Montoya oor dankbaarheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek sonder enige eksamenstres saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet.

“Find gratitude in little things
and your well of gratitude will never run dry.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Liewe Ouer/Voog

Neem asseblief kennis van die onderstaande boodskap van die “Friends of Tamboerskloof Association” (FOTA)

FOTA wil graag belanghebbendes in die area bewus maak van die voorgestelde ses verdieping woonstelblok-ontwikkeling “The Aloe” bo die “Swiss Tennisclub” op die hoek van Leeukop en Quarry Hill. Julle kan meer inligting oor die projek en die beswaarproses kry by https://tinyurl.com/fotadocs.

Neem asseblief kennis dat alle besware teen 11 Desember aangeteken moet word.

Baie dankie vir julle dringende aandag.

/ Algemeen, Nuus

Ons gr. 4 – 6-leerders het die afgelope week op Dinsdag, 21 November, ook met hul finale eksamens begin en dit eindig op Donderdag, 30 November. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar is gedurende die afgelope twee weke afgehandel, gemodereer en punte is verwerk. Hiermee wil ek ons toegewyde grondslagfase opvoeders en hul klasassistente hartlik bedank vir hul leeue-aandeel in die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar.

Die jaarlikse prysuitdelings vir die Grondslagfase het op Donderdag, 23 November, plaasgevind. Baie geluk aan al ons wonderlike grondslagfase leerders wat op die dag die nodige erkenning vir hul harde werk, toewyding en puik prestasies ontvang het. Julle is almal presteerders wat ons baie trots maak! Baie dankie aan al die ouers/voogde wat in groot getalle die onderskeie prysuitdelings bygewoon het en in die proses dit baie spesiaal vir hul kind/ers gemaak het. Prysuitdelings vir gr. 4 en 5 geskied op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember.

Op Donderdagaand, 16 November, om 18:00 het die inligtingsaand vir gr. 7-ouers van 2024 in die saal plaasgevind. Graag wil ek juf. Charlene (gr. 7-Graadhoof) en haar span hartlik bedank vir die puik aanbieding waartydens die onderskeie vakonderwysers aan die ouers voorgestel is, die gr. 7-kurrikulum met nuwe vakke is verduidelik, besprekings rakende kampe, sokkies, roomysverkope, fondsinsamelingsprojekte, konsert, afskeid aan die einde van die jaar, ens. is in detail hanteer. Ons ouers/voogde het die sessie baie insiggewend ervaar en met geruste harte uit die saal gestap met die wete dat hul kinders volgende jaar vir hul laaste laerskooljaar weer in goeie hande sal wees.

Baie geluk aan Louise en haar Huppellandspan met die uitstekende jaarlikse konsert wat op Vrydagaand, 17 November, in die skoolsaal plaasgevind het. Dit is beslis ‘n hoogtepunt op die Huppellandkalender en is so goed deur die ouers/voogde en familie ondersteun. Die leerders en hul onderskeie opvoeders het die afgelope twee weke baie hard geoefen om die sukses van die aand te verseker.

Ons is verder ook trots op Jan Kas met sy merkwaardige aanlyn aankope platform wat sedert die amptelike opening ongelooflik deur ons ouers/voogde ondersteun word. Ons is nou in ‘n posisie om ons nuwe gemaklike skooldrag onmiddellik aan ons leerders te voorsien. Suzaan kan amper nie voorbly met die bestellings nie en ons moes noodgedwonge nog voorraad bestel om ons ouers/voogde te bedien. Ek glo julle het ook die nuwe aanwysingsborde vir Jan Kas gesien wat beslis sal help sodat almal maklik hul pad na die ligging van ons nuwe klerewinkel sal vind.

Ons innige meegevoel gaan aan die familie van Charl Theron, voormalige voorsitter van ons Beheerraad, wat onverwags die week afgesterwe het. Mag ons gebede die familie tydens die moeilike tyd dra. Ons dink ook aan mnr. Oosthuizen in hierdie tyd, aangesien hy en Charl vir ‘n baie lang tyd ‘n hegte vriendskap gedeel het.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Mandy Hale oor die belangrikheid van ‘n positiewe gesindheid. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende en/of familie geniet.

“A great attitude becomes a great day,
which becomes a great month,
which becomes a great year,
which becomes a great life.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Prysuitdelings is ‘n kontroversiële onderwerp wat ons met die grootste respek by ons skool probeer hanteer. Ons neem dit baie ernstig op om vir elke leerder in die skool erkenning d.m.v. ‘n sertifikaat te gee. Ons poog om wel deurdagte besluite te neem deur leerders aan te moedig terwyl ons ook toekennings wil gee. Net soos by Sport en Kultuur wil ons ook graag spesiale erkenning aan ons leerders gee wat daagliks hul bes doen om ons skool se kernbesigheid, Akademie, ernstig op te neem en op hierdie gebied te presteer. Dis vir leerders belangrik dat ouers hulle ondersteun afgesien van jou eie ervaring van prysuitdelings, daarom nooi ons alle ouers uit om die onderskeie gr. 4 – 7-prysuitdelingsgeleenthede soos hier onder uiteengesit, by te woon. Tydens hierdie geleenthede word die Top 10 Akademiese prestasies per graad aangekondig saam met die eerste drie plekke in Tale en Wiskunde. Hiermee probeer ons motiveer en aanmoedig. Ons weet ook dat dit uiters belangrik is dat die leerders in klasverband aanwys wie hulle dink die maat was wat die jaar hul deel gedoen het, daarom dat daar drie baie spesiale, geliefde toekennings toegeken word nl.

  • Klasburger van die jaar – klas stem
  • Mees vasberade leerder – klas stem
  • Onderwyserstoekenning – onderwyserskeuse

Prysuitdelings:

  • Graad 4 – Dinsdag, 5 Des., 9:00
  • Graad 5 – Dinsdag, 5 Des., 11:00
  • Graad 6 – Donderdag, 7 Des., 9:00
  • Graad 7 – Donderdagaand, 7 Des., 18:00

Dankie vir die ondersteuning. Ons sien uit om jou by hierdie spoggeleentheid te sien.

/ Algemeen, Nuus

Neem asseblief kennis dat die skool op Dinsdag, 12 Desember, sluit en nie soos beplan op Woensdag, 13 Desember, nie. Die amptelike vakansiedag wat op 15 Desember is, veroorsaak dat skole genoodsaak word om een dag vroeër te sluit aangesien daar van onderwyspersoneel verwag word om twee dae nadat die skool gesluit het, admin te voltooi. Nasorg sal soos normaal tot op 17:15 plaasvind. Geen skool of nasorg op/vanaf Woensdag, 13 Des. nie.

Organisasie van laaste twee weke van skool:

  • Dinsdag, 5 Desember
    • Gr. 4-Prysuitdeling 09:00
    • Gr. 5-Prysuitdeling 11:00
    • Skool verdaag 13:00 (Gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7)
  • Woensdag, 6 Desember
    • Atletiek o.10 – Ope (Velditems) 07:45 – 14:00
      • Bus sal beskikbaar wees om leerders na veld te vervoer
      • Bus sal leerders weer terugbring
      • Sien atletiekprogram in Vrydag, 24 Nov., se nuusbrief
  • Donderdag, 7 Desember
    • Gr. 6-Prysuitdeling 11:00
    • Skool verdaag 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7)
    • Gr. 7-Prysuitdeling 18:00
  • Vrydag, 8 Desember
    • Atletiek gr. 1-7 (Baanitems) 06:45 – 15:00
      • Sien atletiekprogram in Vrydag, 24 Nov., se nuusbrief
      • Geen formele skooldag nie
  • Maandag, 11 Desember
    • Gr. 7-afskeidsaal 07:45 – 09:00
      • Gr. 7-ouers welkom
      • Gr. 2-7 woon saal by
      • Gr. 7-rapporte uitdeel
      • Gr. 7’s versier saal vir sokkie 11:00
    • Skool verdaag 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7)
    • Gr. 7-sokkie 18:00 – 21:00
  • Dinsdag, 12 Desember
    • Gr. 1 – 7-saalbyeenkoms – laaste saal vir jaar 08:30 – 10:00
      • Sertifikate uitdeel, Dansoptredes
      • Leerderraad aankondig
      • Afskeid: Helecia Groenewald, Liezel Theron en Suné Alberts
      • Gr. 1-6-rapporte uitdeel
    • Gr. 7-afskeid (nie by skool nie) 10:00 – 12:00
    • Skool sluit vir vakansie: vir almal 10:30
      • As gevolg van vakansiedag, 15 Des., moet skool een dag vroeër sluit sodat onderwysers admin kan afhandel
    • Privaat Dramakonsert 18:00
/ Algemeen, Nuus

Prysuitdeling vir graad 1-3-leerders vind Donderdag, 23 November 2023, in die skoolsaal plaas.

Graad 1 – 08:30
Graad 2 – 10:00
Graad 3 – 12:00

Netjiese skooldrag is ‘n vereiste. Ouers is baie welkom om die spesiale geleenthede by te woon.

/ Algemeen, Nuus

So kom week 6 van die laaste kwartaal tot ‘n einde met die gr. 7’s wat vandag met hul finale eksamen by die laerskool afskop met die skryf van Wiskunde. Die jaar het besonders vinnig verby gesnel en as ‘n mens vinnig daaroor wil reflekteer, wonder ek dadelik hoe is dit moontlik dat dit al amper weer Kersfees kan wees. Die jaar was besonders besig, maar tog was dit ‘n suksesvolle jaar met hope opwinding en sukses. Die somersportbuitemuurse program maak ook vandag klaar met die aflosgala wat by Laerskool Kampsbaai plaasvind. Gedurende die eksamen gaan ons voort met sportoefeninge, maar dit geskied in skooltyd. Ons leerders geniet dit terdeë om tydens die eksamen en veral na afloop van die skryf van ‘n vraestel ‘n bietjie uit die klas te kom om aan ‘n sportaktiwtiteit deel te neem. Dit help ongelooflik baie vir die leerders om die onnodige eksamenangs dikwels onbewustelik onder beheer te kry asook om die eksamenervaring in ‘n positiewe lig te sien.

Ons leerders se merkwaardige deelname en prestasie op kulturele- en sportgebied hierdie afgelope jaar staan uit soos ‘n paal bo water en dit terwyl hul ‘arme’ ouers/voogde onder druk was om al die logistieke reëlings uit te werk en seker te maak hul kinders daag betyds by al die verskillende geleenthede op. Daarvoor salueer ek julle as ouers/voogde asook al die personeel en afrigters wat instrumenteel was tot die suksesvolle skepping van ‘n gesonde sportkultuur by ons skool binne ‘n relatiewe kort tydjie. Daardeur sê ek nie dat ons nou ‘n sportskool wil word nie, maar eerder dat ons onderneem om in die toekoms voort te bou om geleenthede vir ons leerders te skep om te ontwikkel. Graag gebruik ek die voorbeeld van die aflosgalas wat die afgelope kwartaal vir die eerste keer plaasgevind het. Dit was so lekker om verlede Vrydag te sien hoe ons swemmers die aflosgala by die Duitse Skool geniet het. Opvallend vir my was die kameraderie tussen al ons swemmers, selfs tussen seuns en dogters. Dit was werklik ‘n trotste oomblik vir my as skoolhoof om te ervaar hoe die Jannies vir mekaar omgee en vir mekaar uitkyk.

Die lading van al die ‘einde van die jaar’-departementele administrasie beperk ongelukkig my tyd om al die somersportwedstryde by te woon. Gelukkig kon ek op Woensdag, 15 November, ‘n draai by die tennis tuis maak waar ons dogters o.13A teen LS Kenridge o.13A 4 – 2 gewen het asook by die o.11A-kriektspan wat hul laaste wedstryd teen LS Kampsbaai o.11A in ‘n spannende stryd gewen het. Baie geluk aan ons o.13A-dogterspan met die puik oorwinning asook aan juf. Iscké en haar o.11A-krieketspan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het.

My dankbaarheidsbeker loop verder oor as ek sien hoe die vierkant weekliks esteties ‘mooier’ en ‘mooier’ word. Ek wonder nog of julle kan onthou hoe die ‘ou’ vierkant gelyk het? Kom loer gerus en aanskou hoe die voorheen slegs beton-, steen- en ‘harde’-omgewing binnekort in ‘n pragtige lushof gaan verander. Verder probeer ons orals die skoolterrein estieties mooier maak. Graag deel ek dan ook die goeie nuus dat ons hierdie afgelope week begin het om die ablusieareas vir ons inwonende terreinpersoneel op te gradeer. Ek sal julle op hoogte hou soos die projek vorder. Ons wil juis met die opgradering verseker dat ons lojale terreinpersoneel met die nodige respek behandel word deur vir hulle en hul gesinne die nodige ablusie- en wasgeriewe te skep.

Ek word daagliks deur die verjaardag-leerders tot in die afgrond bederf met heerlike soet- en/of eetgoed. Ek maak dan altyd ‘n ophef van die geleentheid om hul verjaardae vir hulle ekstra spesiaal te maak deur vir ‘n spesiale verjaarsagplakker en ‘n klein lekkertjie te gee. Op Vrydag, 10 November, is ek deur die gr. 7-tweeling, Jana en Klare Maree, saam met hul ma met ‘n smaaklike ‘doughnut’ bederf om hul dertiende verjaardag te vier. My beste wense vergesel hulle vir hul nuwe lewensjaar.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende aanhaling deur Roy. T. Bennet oor positiewe denke. Mag julle ‘n wonderlike naweek saam met jul gesin, vriende of familie geniet.

“Don’t be pushed around by the fears in your mind.
be led by the dreams in your heart.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Dit is vir ons belangrik om op ‘n tydige en gerieflike wyse met ouers te kan kommunikeer, daarom kondig ons graag die volgende reëlings t.o.v. kommunikasie vir 2024 aan:

  • Met die volledige implementering van Teams by die skool en die uitbreiding van funksionaliteit in WhatsApp, is besluit om die gebruik van Skooler aan die einde van 2023 op te skort.
  • Die skool het reeds ons eie WhatsApp Community, Ls JvR, geskep. Dié WhatsApp Community, tesame met ‘n aantal WhatsApp-groepe, sal vanaf 11 Desember as amptelike kommunikasiekanaal gebruik word om aankondigings, dringende kennisgewings en reëlings t.o.v. sportoefeninge, wedstryde, optredes e.d.m. aan ouers te kommunikeer. Skooler sal steeds tot einde van die kwartaal gebruik word terwyl ouers kans het om by die WhatsApp Community aan te sluit. Moet asb. nog nie Skooler van jou selfoon af verwyder nie.

Om by die skool se WhatsApp Community-groepe aan te sluit, volg asb. hierdie stappe:

  1.  Gaan in op Skooler en volg die WhatsApp Community-skakel wat later vandag in die Algemeengroep beskikbaar gaan wees.
  2. Sluit aan by die skool se Community.
  3. Jy sal outomaties deel wees van die Announcement-groep waarop ons algemene afkondigings sal maak. Niemand sal jou selfoonnommer in hierdie groep kan sien nie.
  4. Jy gaan ‘n lys van groepe sien waarby jy ook kan aansluit. Kies die relevante groepe en kies die opsie “request to join”. Jou versoek sal met tyd aanvaar word, wees asb. geduldig indien jy nie onmiddellik tot die groep toegelaat word nie. Neem kennis dat jou selfoonnommer wel vir ander ouers sigbaar sal wees in die groepe waarby jy aansluit. Wanneer jy by groepe in die Community aansluit, gee jy toestemming dat die ouers in daardie groep jou nommer mag sien.
  5. Onthou dat hierdie groepe vir 2024 geskep is. Moet asb. nog nie by klasgroepe aansluit totdat jy weet in wie se klas jou kind volgende jaar is nie.
  6. Dit is ouers verantwoordelikheid om by die skool se WhatsApp Community en die relevante groepe wat onder dit val, aan te sluit.
  7. Alle groepe is gestel op eenrigting-kommunikasie en ouers sal dus nie nou op enige groepe boodskappe kan stuur nie. Dit sal verander sodra daar ‘n behoefte in ‘n groep ontstaan vir ouers om met mekaar reëlings te tref.
  8. Daar is ‘n “Create Group”-opsie in die Community. Ouers sal egter nie groepe binne die Community kan stig nie en dit sal slegs as ‘n versoek by die administrateurs van die Community uitkom. Moet dus asb. nie op “Create Group” kliek nie.

Riglyne tot Kommunikasie 

Onderhewig aan ondernemings rondom redelikheid en respek vir die reg op privaatheid, geld die volgende riglyne vir kommunikasie tussen ouers en onderwysers: 

  • Onderwysers is formeel beskikbaar vanaf 07:00 – 18:00 gedurende weeksdae om ouers se oproepe en boodskappe te beantwoord. Slegs in noodgevalle kan buite hierdie ure gekommunikeer word.
  • Neem in ag dat personeel nie noodwendig onmiddellik beskikbaar gaan wees om boodskappe te beantwoord nie. Onderrig in die klas en afrigting op die sportveld geniet voorkeur. Indien daar ‘n dringende versoek gedurende hierdie tyd is, kan ouers die skool se ontvangs kontak om ‘n boodskap te los.
  • Onderwysers sal binne 24 uur op boodskappe en navrae reageer.
  • Onderwysers sal ouers wat versoek het om by ‘n groep aan te sluit binne 24 uur aanvaar.
  • Die skoolhoof is beskikbaar indien daar ‘n krisis is.
  • Vertroulike inligting behoort per e-pos gekommunikeer te word en nie per WhatsApp nie.
  • Minstens een ouer/voog per gesin moet deel wees van die skool se WhatsApp Community.
  • Die volgende is aanvaarbare vorme van kommunikasie tussen ouers en onderwysers: 
    • E-pos;
    • WhatsApp na amptelike skoolnommers soos in die Community aangedui;
    • Telefoonoproep;
    • Afspraak in persoon.
  • Die volgende vorme van kommunikasie met die skool en onderwysers word nie toegelaat nie:
    • WhatsApp stemnotas;
    • Onderwysers betrek by privaatgroepe wat deur ouers gestig is.
/ Algemeen, Nuus

Indien jy graag ‘n kersdonasie d.m.v. Karri vir die terrein-, nasorg- en snoepiepersoneel by die laerskool wil bydra, is jy welkom. Die Karri-insameling maak binnekort oop.

/ Algemeen, Nuus

Aangesien die graad 7’s reeds op Vrydag, 17 November, met eksamen begin, sal die skool vir almal vanaf Donderdagmiddag, 16 November, vroeër verdaag. Hierdie reëling sal tot Dinsdag, 12 Desember, geld.

  • 13:00 – Graad 1-3
  • 13:15 – Graad 4-7
  • Bus vertrek om 13:15

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer