Skrywer: Suzaan Burger

Netbaluitslae: 10 April 2024

Woensdag, 10 April, het JvR teen Curro Durbanville netbalwedstryde (tuis) gespeel. Die uitslae is soos volg: 0.7A verloor 0-1 0.7B verloor 0-1 0.7C verloor 0-1 0.8A verloor 0-8 0.8B verloor 0-6 0.9A wen 11-0 0.9B wen 4-2 0.10A wen 4-3 0.10B verloor 1-3 0.10C verloor 1-5 0.11A wen 12 -4 0.11B wen 5-2 0.11C wen 3-2 0.12A wen 15-1 0.12B verloor 4-5 0.13A wen 17-14 0.13B wen 5-3 0.13C wen 11 -0 Dit was moeilike wedstryde teen Curro gewees, maar die Jannies het hulle nie laat onderkry deur die geraas van die skare of halftydtellings nie. Ons is baie trots op elke speler. Dankie aan die ouer(s)/voog(de) wat ons Jannies so pligsgetrou by elke wedstryd ondersteun. Graag nooi ons al die ouer(s)/voog(de) uit om die Jannies te kom ondersteun volgende week te Laerskool Totius. Dit gaan ons moeilikste ligawedstryd...

Lees Verder

Veiling 2024: Uitnodiging

Glansryk in Wit! Ons het hierdie tema vir 2024 se veiling gekies omdat dit tot ‘n universele eienskap van die mensdom spreek – die behoefte aan gemeenskap. Die tema simboliseer dat ons diversiteit omarm en dat ons saam sterker is as wat ons apart is, omdat ons ons unieke talente met mekaar deel. “Alles in wit”-partytjies het die afgelope klompie jare al gewilder geraak, onder meer danksy die elegante Dîner en Blanc-byeenkomste wat in Frankryk begin het. Met hul wit uitrustings as ‘n simbool van hul samesyn, bring hierdie sjiek partytjies mense van diverse agtergronde byeen. Terwyl ‘n bietjie pret en intrige ingeweef word, vier hul die mensdom se vermoë om saam positiewe verandering teweeg te bring. Die tema herinner ons ook daaraan dat daar altyd meer is wat ons in ons menslikheid verbind as wat ons verdeel. Die tema sluit daarom goed aan by ons skool se leuse, “Wees Jouself”. Ons moedig gaste vanjaar aan om in wit te skitter as ‘n simbool van ons gemeenskapsbande en die lig wat ons uitstraal. Ons is opgewonde oor hierdie elegante en betekenisvolle tema, maar jou teenwoordigheid is vir ons belangriker as jou uitrusting. As jy dus verkies om in ander kleure te skitter, wees gerus dat ons jou steeds met ope arms sal verwelkom. Kom ons skep saam ‘n atmosfeer van inklusiwiteit, vreugde en bowenal hegte gemeenskap. Ons sien uit...

Lees Verder

Winter- en Somerdrag

Neem kennis dat alle leerders van graad 1 – 7 self mag besluit wanneer hulle winter- of somerdrag wil dra. Belangrik is dat die regte drag gedra moet word.  

Lees Verder

Ouerskapwerkswinkel: 25 April 2024

Ons wil al ons ouers/voogde motiveer om hierdie besondere werkswinkel wat op Donderdagaand, 25 April, om 18:00 – 20:00 in die skoolsaal plaasvind, by te woon. Lynette Beer en Antoinette Steyn is ‘n gedugte span wat baie ervare in hul onderskeie velde is.  Hierdie werkswinkel bied dan ook aan ons as ouers/voogde geleentheid om te reflekteer op ons ouerskapstyl en maniere te vind om ons kind(ers) beter te verstaan. Die kaartjies is @ R55 slegs op Karri beskikbaar.  Indien jy dalk vriende van buite ons skoolgemeenskap wil nooi (wat ons aanbeveel!) vir lekker saam lag en luister, want met hierdie sprekers kan mens ‘n entoesiastiese aanbieding te wagte wees, kan jy vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak om ‘n spesiale betaling te organiseer indien jy dit nie op jou Karri-profiel kan betaal nie. Sien uit om jou daar te sien! Marinda...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 5 April 2024

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die welverdiende ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor die Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral weens die paaie wat die tyd van die jaar buitengewoon besig is en dikwels tragies, as gevolg van motorongelukke, kosbare lewens eis. Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met die wintersport buitemuurse program op ‘n warm Woensdagmiddag om vroegtydig voor te berei vir ‘n besige sportkwartaal wat voorlê. Verder was dit ook my voorreg om die kwartaal met ‘n saalbyeenkoms te kon begin. My saalboodskap het gehandel oor eerlikheid – een van ons kernwaardes – en waarom dit belangrik is om altyd die waarheid te vertel. Laat jul kind/ers julle gerus die legendariese verhaal van Casius Insectus, ‘n lewenheersbesie (ladybird), wat ek met hulle gedeel het, vertel. Min leerders het egter die Afrikaanse woord vir die pragtige besie geken. Baie geluk aan Marcus Sieberhagen (gr. 1) wat vir my tydens die saalbyeenkoms die korrekte Afrikaanse woord vir ‘n “ladybird” kon noem. Ek glo daar is baie volwassenes wat soos ek aanvanklik nie geweet het dat ‘n “ladybird” in Afrikaans ‘n lewenheersbesie is nie. Die lewensles uit die stories handel oor eerlikheid...

Lees Verder

Karu Rademeyer en Emma Snijders presteer in Aksienetbal

Karu Rademeyer en Emma Snijders het gedurende die laaste skoolweek van verlede kwartaal die o.13-Western Cape Coastal-aksienetbalspan by die interprovinsiale toernooi te Alberton, Gauteng verteenwoordig. Die dogters het vir ’n week lank teen sterk opponente te staan gekom, maar is trots dat hulle die silwer medalje kon terugbring Kaap toe! Karu en Emma is beide ook ’n paar keer as speler van die wedstryd...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2024

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy opwagting gemaak met tien bedrywige weke agter die rug. Ek kyk trots terug na al die opwindende aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Ek mag dalk arrogant met die volgende stelling oorkom, maar ek dink dat uitnemendheid in alles wat ons doen soos ‘n paal bo water begin uitstaan, en daarvoor is ek uiters dankbaar en trots. Hartlike dank aan ons wonderlike ouers en voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang. Môre (Donderdag, 21 Maart) word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is hartseer dat so min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo...

Lees Verder

Nuwe Kitaaronderwyser aangestel

Die Musiekdepartement stel graag ons nuwe kitaaronderwyser aan julle bekend. Meneer Brent Januarie het reeds in die eerste kwartaal by ons aangesluit, maar sal vanaf die tweede kwartaal meer leerders by die skool onderrig. Brent is ‘n klassieke kitaarspeler by uitstek en is tans besig om sy MMus by Stellenbosch Universiteit te voltooi. Hy het ook ‘n groot liefde vir jazz en populêre musiekstyle, en tree gereeld saam met plaaslike musiekgroepe op. In sy kapasiteit as kitaaronderwyser, is mnr. Brent betrokke by Laerskool Rhenish in Stellenbosch. Ons sien baie uit daarna om hom meer by ons skool te sien...

Lees Verder

Ouerbesoeke: 8 en 9 April 2024

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak: Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy. Kies die graad waarin jou kind is. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste. Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr....

Lees Verder