Ek het al gewonder of dit ‘n versugting is om uit te spreek dat tyd net te vinnig verby vlieg, aangesien ons hierdie naweek spreekwoordelik van Augustus-maand afskeid neem. Dit beteken meer as die helfte van kwartaal 3 is alweer agter die rug. Hierdie week het juf. Cornel (Gr. 5) ook as aflosonderwyser in juf. Mardry se plek by ons aangesluit aangesien juf. Mardry vir die volgende 4 maande met kraamverlof is. Ons beste wense vergesel juf. Mardry, haar man Kyle en baba-Bailey wat binnekort haar opwagting gaan maak. Hierdie naweek sluit ons dan ook amptelik met ‘n baie suksesvolle wintersportseisoen af en besoek ons vir Laerskool Welgemoed in die noordelike voorstede met hokkiewedstryde wat gister- en vanmiddag afgelê word. Netbal- en rugbywedstryde sal môre die amptelike ‘eindfluitjie’ vir die sportseisoen blaas. Ek glo julle het dit net soveel soos ons leerders geniet. Hartlike dank aan ons toegewyde afrigters, ons lojale ouers/voogde wat al die wedstryde so getrou ondersteun het en dan laaste, maar nie die minste nie, ons toegewyde leerders wat getrou hul oefeninge bygewoon het en elke wedstryd net hul beste vir hul onderskeie spanne gegee het – ons is so trots op julle! Die afgelope week het die volgende nie-sportaktiwiteite by die skool plaasgevind: Die bekende skryfster van jeugfiksie, naamlik Christien Neser, het ons skool op Donderdag, 21 Augustus, besoek. Sy het met ons gr. 5-...
Lees Verder