Skrywer: Megan Zondagh

Belangrike kennisgewing: KI-beleid

Ons wil ouers vriendelik versoek om vroegtydig kennis te neem dat daar ’n belangrike skrywe oor die skool se Kunsmatige Intelligensiebeleid in hierdie week se nuusbrief onder Jannies Gesprekke ingesluit is. Dit is van groot belang dat alle ouers die dokument aandagtig deurlees, aangesien dit riglyne bevat wat ons skoolgemeenskap direk raak. Kyk sommer ook na die kort video opname in die artikel, waar Jannies vertel waarom hulle skool toe kom, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid. Skakel na artikel: In die land van KI is jou brein...

Lees Verder

Belangrike Kennisgewing oor Jan Kas Omruilings

Neem asseblief kennis dat alle omruilings binne 7 dae vanaf die datum van aankoop gedoen moet word. Ons kan ongelukkig nie klere omruil wat maande later, of selfs eers ’n jaar ná aankoop, na ons teruggebring word nie. Dankie vir julle begrip en samewerking....

Lees Verder

Intersenfase Markdag: 2 Oktober 2025

Kom geniet ’n dag vol pret en koopgeleenthede by ons Intersenfase Markdag! Jy kan nou jou tafel op Karri bespreek. ???? Tafels kan vanaf 09:30 opgestel word. ???? Verkope begin om 10:00. Moet dit nie misloop nie – bespreek vandag nog jou...

Lees Verder

Pragtige Musiek in die Welgemeend

16 November – DAGBOEK DIE DATUM EN BESPREEK ‘n Baie besonderse konsert in die Welgemeend-herehuis (op die JvR Hoërskool-terrein), Tuine, Kaapstad, word op Sondag, 16 November, aangebied – om 12:30 en 15:30. Baie bekende Hofmeyr-kunstenaars tree op – in erkenning aan die familie se lang verbintenis met Welgemeend: · Violis, Zanta Hofmeyr · Fluitis, Melané Hofmeyr-Burger · Sanger-liedjieskrywer, Laurinda Hofmeyr · Komponis, Hendrik Hofmeyr – wat komposisies spesiaal vir die konsert skryf.   Kaartjies teen R250 (R200 vir pensionarisse en studente), wat ook verversings insluit, kan by Quicket bespreek word: Hofmeyr Artists in...

Lees Verder

Jantrap: 27 September 2025

Kom trap saam in die mooiste wynlandskap op die 27ste September by Meerendal. Kies tussen ‘n 5km en 10km roete. Almal is welkom. Meer inligting op die WhatsApp-groep.   Sluit hier aan: Jantrap: WhatsApp-Groep...

Lees Verder

Christiaan verower goud in stoei

Ons is trots om aan te kondig dat Christiaan Cronje, op 6 September 2025, aan die Parow Wrestlemania Toernooi deelgeneem het. Hy het in die Freestyle, FS-U/10-afdeling kragte gemeet en met groot vasberadenheid die goue medalje gewen. Baie geluk, Christiaan, met hierdie uitstaande prestasie!...

Lees Verder

Drukwerk by die skool

Het jou kind nodig om iets te print? Moenie bekommerd wees nie, ons help jou graag by die skool! Swart & wit: R5 per bladsy Kleur: R10 per bladsy Gaan betaal eers by tannie Adri (ontvangs) Sy sal vir jou ‘n papiertjie gee met bewys van betaling Stuur die drukwerk in PDF-formaat aan juffrou Marecia by marecia@jvrprim.co.za Drukwerk moet minstens 24 uur voor die tyd gestuur word. Geen onmiddellike drukwerk sal gedoen word...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 12 September 2025

Ek glo dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet. Die warmer weer is so goed vir almal se gemoed en dit het net betyds gekom om die aanvang van ons somersportoefeninge te komplimenteer. Ons het skaars met nog ‘n suksesvolle wintersportseisoen afgesluit en ons skop sommer onmiddellik met die somersportprogram af. Ons leerders geniet werklik die sportaanbieding by ons skool en veral die spanformaat wat deur wintersporte gebied word. Die belangrikheid vir kinders om aan sport deel te neem en in die proses aktief te wees, hoef ek nie vir julle as ouers te verduidelik nie. Die belangrike lewenslesse wat sport bied, kan nie altyd tussen die vier mure van ‘n klaskamer geleer word nie. Ons werk sedert 2022 baie hard om die sport by ons skool te verbeter en meer geleenthede vir ons leerders te skep. Graag deel ek met julle ‘n bietjie wintersport-statistieke (hokkie, netbal & rugby) om die vooruitgang en ontwikkeling van sport by ons skool sedert 2022 te bevestig. Ons leerders het gedurende die 2025-wintersportseisoen (Kwartale 2 en 3) aan 897 wedstryde deelgeneem; dit sluit natuurlik liga-wedstryde, sportdae en toernooie in. Ek dink dit is merkwaardig en ‘n welverdiende kompliment aan die sportkantoor onder leiding van ons Hoof van Sport, mnr. Leon, wat weer vanjaar seker gemaak het dat ons Jannies voldoende wedstrydblootstelling en goeie afrigting ontvang. Sien gerus hier onder die...

Lees Verder

Trots op ons Jannies: Matriekraad 2025/2026

Baie geluk aan ons Jannies wat tot die 2025/2026 Matriekraad verkies is! ’n Spesiale geluk aan Fredrich Erasmus (hoofseun), Luca Zulch (hoofdogter) en Daniel Wasserman (onderhoofseun). Ons is ook trots op die res van die leerderraad wat oud-Jannies is nl. Kate Heyns, Lara Pieterse, Hendrik Bredenkamp, Elle Nortje, Jan Karsten, Carla Snijders en Mia...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 5 September 2025

Die seisoen het gedraai en Septembermaand het die afgelope week sy welkome verskyning gemaak. Vir die eerste keer in my vyf jaar by die skool is ek met heerlike sonskyndae bederf om Lentedag en -week te vier. Ons weet ook dat Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen en warmer weer sommer sonder teenstand aan Kaapstad en omgewing te oorhandig nie. Lentedag word tradisioneel oral in Suid-Afrika op 1 September gevier, maar hier in die Moederstad kan die permanente lenteweer ons heel moontlik op ’n latere stadium beskore wees. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warm, sonskynweer waar die son lekker warm op ’n mens se gesig val, terwyl ons pragtige lentebloeisels kan geniet. Kom ons hoop dat ons ons warm baadjies vir eers kan wegpak en mag die sonnige dae sommer ook ons gemoedstoestand ’n lekker hupstoot gee. Die afgelope naweek het ons ook amptelik die 2025-wintersportseisoen met ’n sportnaweek teen Laerskool Welgemoed in die noordelike voorstede op ’n hoogtepunt afgesluit. Hierdie week het ons eers ’n breek van sport geneem voordat die somersportoefeninge op 8 September afskop. Op Vrydagmiddag, 29 Augustus, het ons spreekwoordelik heelwat houe tydens die hokkiewedstryde teen Laerskool Welgemoed gevat, en was die sterk opposisie die beter spanne op die dag. Graag wil ek hul eerste hokkiespanne (seuns en dogters) uitlig wat met uitmuntende spel die oorhand gekry...

Lees Verder

WP Topskole Toernooi

Ons o.9-span gaan die naweek deelneem aan die WP Topskole Toernooi.  Ons wens elke speler en afrigter alle sterkte toe – julle harde werk en toewyding bring ons groot trots! Ons weet julle gaan beslis die Jannie-naam hoog hou en ons skool met trots verteenwoordig. Kom ons staan almal saam agter ons jong...

Lees Verder