Week 5 van kwartaal 3 kom tot ’n einde met die interskole-deelname van die afgelope naweek teen Laerskool Dirkie Uys wat nog vars in ons geheue is. Ons sportspanne het vanjaar weereens deur die bank puik gevaar met die skaakwedstryde wat op Dinsdag, 12 Augustus, hokkiewedstryde wat op Vrydag, 15 Augustus, en die rugby- en netbalwedstryde wat op Saterdag, 16 Augustus, te Moorreesburg plaasgevind het. Laat my toe om al ons eerstespanne (skaak, dogtershokkie, seunshokkie, netbal en rugby) hartlik geluk te wens met hul onderskeie uitslae asook onoorwonne status vir die derde agtereenvolgende jaar: Skaak A-span wen 5 – 1 Dogtershokkie (o/13A) wen 3 – 0 Seunshokkie (o/13A) speel gelykop 1 – 1 Netbal (o/13A) wen 15 – 11 Rugby (o/13A) wen 36 – 28 Gunstige tellingborde is beslis nie al waaroor interskole vir my gaan nie, maar eerder oor sportmanskap, deursettingsvermoë, spanwerk, karakterbou en die geleentheid vir ons leerders om ook nuwe vriende te maak. Ek wil nie graag ’n span uitsonder nie, maar wil spesiale melding van die o/13A-rugbyspan maak. Om tydens halftyd, tydens ’n moeilike en fisieke interskolewedstryd, 10 – 28 agter te wees en dinge werk eenvoudig nie volgens wedstrydplan nie, kon dit vir seker so maklik vir ons seuns gewees het om net eenvoudig op te gee en toe te laat dat die spreekwoordelike God se water oor God se akker loop. Die meeste...
Lees Verder